Page 5 of 6

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Tue Aug 06, 2013 9:17 am
by cassie_calvinia
ek steur my nie veel aan somchem se goed nie.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Sun Mar 02, 2014 8:21 pm
by wouter Stols
Ludwig

Dankie vir al die raad vir kalibrasie. ek kry ongelukkig nie die Somchem link oop nie!

" tabel van Somchem kruite se termochemiese eienskappe. Click here to download"

Kan jy hom dalk vir my mail na vectracon@absamail.co.za

Dankie

Wouter Stols

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Sun May 25, 2014 7:22 pm
by fredd
Dit is vreemd dat QL die .243 win se weighting factor aangee as 0.65 en die .308 win as 0.5

Die 243 is mos meer 'overbore' as 'n .308 so dit moet eintlik 'n kleiner waarde as die .308 se 0.5 wees?? ???

So ook is die 260rem, 7mm-08, .243 AI almal 0.5

0.75 Cylindrical cases
0.5 bottleneck cases
0.33 overbore bottleneck cases

Fred

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Fri Nov 06, 2015 8:27 am
by ruaanb
Ek het ook nou begin speel met QL en vir Manie email gestuur oor nuutste info vir QL vanoggend. Ek het nogal vinnig terugvoering ontvang as volg.

"Ek het so 2weke gelede begin om die nuutste termochemiese inligting te kry.

Ek wag tans op die chemiese resultate wat nodig is om die termochemiese data te bepaal, dan stuur ek dit vir Dr. Hartmut Broemel – Quickload – hy sal dan die inligting wat nodig is vir die program na my stuur en ons sal dit op die Somchemreload website plaas. Intussen het ek nie nuwe data nie."

Wat dit ook al mag werd wees.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Fri Nov 06, 2015 9:48 am
by Gian_dP
ruaanb wrote:Ek het ook nou begin speel met QL en vir Manie email gestuur oor nuutste info vir QL vanoggend. Ek het nogal vinnig terugvoering ontvang as volg.

"Ek het so 2weke gelede begin om die nuutste termochemiese inligting te kry.

Ek wag tans op die chemiese resultate wat nodig is om die termochemiese data te bepaal, dan stuur ek dit vir Dr. Hartmut Broemel – Quickload – hy sal dan die inligting wat nodig is vir die program na my stuur en ons sal dit op die Somchemreload website plaas. Intussen het ek nie nuwe data nie."

Wat dit ook al mag werd wees.
Klink belowend

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Sun Jun 11, 2017 7:46 pm
by gtjscholtz@gmail.com
Naand manne, wil net graag hoor, moet ek QL vir elke wapen en elke kruit kalibreer?

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Sun Jun 11, 2017 7:53 pm
by tripodmvr
gtjscholtz@gmail.com wrote:Naand manne, wil net graag hoor, moet ek QL vir elke wapen en elke kruit kalibreer?
Elke geweer van jou het verskillende looplengtes, dopvolumes, TPL, doplengtes en dan ook verskillende koeëls wat gebruik word.

Vir elke koeël wat jy per kaliber en ook elke dryfmiddel aangewend moet jy berekeninge doen per geweer.

'n Koeël van 150 grein gaan nie noodwendig dieselfde kalibrasie waardes gee as 'n 180 greiner nie. Die BRF kan gering of baie verskil. Dit kry jy slegs deur daardie koeël in die geweer te skiet.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Sun Jun 11, 2017 8:01 pm
by gtjscholtz@gmail.com
Baie dankie,dit maak sin. So leer ek weer iets

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Jun 12, 2017 7:53 am
by Joe13
Goeie dag manne,

Baie lekker gelees nou, ek stel baie belang om met quickload te begin, ek laai al jare net met my ladings en vanuit somchem boekie.

Waar begin n mens met quickload? waar kan ek hom koop en hoe maklik is dit om alles op te stel?

Vriendelikke groete.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Jun 12, 2017 8:05 am
by tripodmvr
quickload quicktarget software - Neco
www.neconos.com/details3.htm
QuickLOAD/QuickTARGET version 3.9 is supplied with a comprehensive "USER FRIENDLY" MANUAL included on the QuickLOAD CD-ROM disk. $152.95 plus ...

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Jun 12, 2017 8:15 am
by Joe13
tripodmvr wrote:quickload quicktarget software - Neco
http://www.neconos.com/details3.htm
QuickLOAD/QuickTARGET version 3.9 is supplied with a comprehensive "USER FRIENDLY" MANUAL included on the QuickLOAD CD-ROM disk. $152.95 plus ...
Baie dankie, is $152.95 die moeite werd? Ek neem aan ek moet n chrony hê?

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Jun 12, 2017 8:23 am
by tripodmvr
Joe, weeg kostes van program op en dink dan oor hoe jy ons kan misbruik. Ek sal veel eerder sorg dat ek eerstens 'n chrony kry en dan hulp hier vra met QL. As jy dan later liefs self jou eie ladings wil bereken , kan jy spaar en dan aankoop.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Jun 12, 2017 8:31 am
by Swede
tripodmvr wrote:Joe, weeg kostes van program op en dink dan oor hoe jy ons kan misbruik. Ek sal veel eerder sorg dat ek eerstens 'n chrony kry en dan hulp hier vra met QL. As jy dan later liefs self jou eie ladings wil bereken , kan jy spaar en dan aankoop.
Stem saam 'n chrony is soos belangrik soos matryse, jy kan nie herlaai sonder een nie.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Jun 12, 2017 8:54 am
by Joe13
Dankie manne, enige spesifieke chrony waarna ek kan kyk? Ek is gelukkig naby meeste vuurwapen winkels in PTA.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Jun 12, 2017 9:00 am
by tripodmvr
Prochrono Digital

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Jun 12, 2017 9:01 am
by Swede
Ek het die Pro-Chrono, nie eendag se probleme.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Jun 12, 2017 10:41 am
by Gawie(13mm)
tripodmvr wrote:Prochrono Digital
Netso.
Doen presies soos geadverteer.
Geen onnodige bedrading en skermpies wat die wereld vol lê nie.
Relatief goedkoop om te vervang as jy hom kwes. >:D

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Jun 12, 2017 11:05 am
by Swede
Ek het nog nooit 'n error lesing gehad nie en dit se baie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Tue Jul 04, 2017 2:00 pm
by HugoLap
Middag Almal
Ek sien almal sê dat slegs die BRF aangepas moet word om QL te balibreer.
EK vra nou maar net.
Daar is informasie op Somchem se web werf beskikbaar soos
Ratio of Specific heats,
Density and
Heat of Explosion.
Moet dit ook aangepas word in QL voor ek die BRF begin verander om te kalibreer of moet ek nie hieraan raak nie?
As ek dit wel verander, gee dit vir my totale ander ladings.
???

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Tue Jul 04, 2017 3:17 pm
by Hein22

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Jul 05, 2017 9:28 am
by HugoLap
Dankie Hein22
Ek het dit al gelees.
Soos ek gesê het, ek vra maar net.
Ek is maar so bietjie OCD en wil alles weet.
:angel: ???

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Jul 05, 2017 10:52 am
by tripodmvr
HugoLap wrote:Middag Almal
Ek sien almal sê dat slegs die BRF aangepas moet word om QL te balibreer.
EK vra nou maar net.
Daar is informasie op Somchem se web werf beskikbaar soos
Ratio of Specific heats,
Density and
Heat of Explosion.
Moet dit ook aangepas word in QL voor ek die BRF begin verander om te kalibreer of moet ek nie hieraan raak nie?
As ek dit wel verander, gee dit vir my totale ander ladings.
???
Ek gebruik syfers van 2012 om my QL berekeninge te doen. Prakties word goeie resultate verkry.

Somchem het weens hul wisselvallige lotte die waardes so aangepas dat dit verseker dat jy lae ladings bereken vir S335 en S365. Synde ek bewus is van die' groot verskille in prestasie, kompenseer ek daarvoor as ek beginladings aanbeveel. Met werklike resultate wat geskiet is pas QL self aan by die spoed verkry.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Fri Aug 11, 2017 9:33 am
by Monster
Hi Kerels

Ek sien die heat of explosion vir s365 het verander by Somchem. Wat moet mens dan nou gebruik?
Ou
Propellant Flame Temperature Specific Energy Heat of Explosion Ratio of Specific heats Covolume Gas volume @ 25°C Density
(K) (°C) (°F) (J/g) (J/g) (Cal/g) (Cp/Cv) (cm³/g) (cm³) (g/cm³)
S365 2 974 2 701 4 893 1 015 3 685 880 1.241 1.014 777.1 1.6
Lot 80

Nuut
Propellant Flame Temperature Specific Energy Heat of Explosion Ratio of Specific heats Covolume Density
(K) (°C) (°F) (J/g) (J/g) (Cal/g) (Cp/Cv) (cm³/g) (g/cc)
S365 2 995 2 722 4 932 1 015 3 983 952 1.241 1.01 1.55

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Fri Aug 11, 2017 4:01 pm
by tripodmvr
My kalibrasies met my ou data werk baie goed. Ek gaan nie nou syfers aanpas nie.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Fri Aug 11, 2017 5:49 pm
by Monster
Die waardes maak alles skeef trek. Gaan ook die ou waardes gebruik.