Page 6 of 6

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sat Aug 10, 2024 12:44 pm
by Giepie
Van die kalibers is vir my bietjie lig. Dalk ok vir teiken, maar jag van daardie grootte bok?

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sat Aug 10, 2024 1:00 pm
by Capt. Yoda
Giepie wrote: Sat Aug 10, 2024 12:44 pm Van die kalibers is vir my bietjie lig. Dalk ok vir teiken, maar jag van daardie grootte bok?
108gr ELD uit n 6SLR op 379m, dwars deur en sy hart en longe was jellie

Daai Whitetail wat die tyken op gemaak is is maar bq groter as n blesbok. My swaartse blesbok het ver oor die 50kg uit geslag en ekt hom op 600m met daai selle combo geskiet

Skootplasing bly maar die ding maar dit gese geniet ek deesdae bokke hier voor jou te skiet sonder laat hul eers van jou weet

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sat Aug 10, 2024 3:27 pm
by Giepie
Dalk is ek net nog geïndoktrineer met "the bigger, the better". Het darem self al 'n blesbok op 430m met my 270w moes skiet, ons kon nie nader kom nie en daar het nog niks die dag geval nie. Dan ook 3 springbokke op so 380m. Maar ek verkies hulle nader, vir my selfvertroue. :)

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sun Sep 01, 2024 8:18 am
by Lategan1
Erik Cortina se opvolg op die vorige.

Die eintlike vraag is: Tref die koeël waar jy mik op 500m?

https://www.youtube.com/watch?v=W87BhujiqeI

Beste.