Page 6 of 10

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 03, 2015 8:28 am
by DWB
Geno, net vir jou:

Dis hoe dit gedoen word!

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 03, 2015 8:41 am
by Geno
Jis! Dit is mos nou 'n rush! Ek wil ook!

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 03, 2015 9:24 am
by Ben
Ek het nou skoon hoendervleis!

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 03, 2015 10:13 am
by Frederik
Vir my is luiperd en honde die regte manier van luiperd jag baie aksie en kan vinnig gevaarlik raak.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 03, 2015 10:19 am
by DWB
Ek stem Frederik!

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 03, 2015 12:13 pm
by DawieKotze
Daai is nou adrenalien inspuiting!!

Ek sal darem maar op my senuwees wees in hierdie situasie as die kliënt so met oorgehaalde geweer agter my loop die heeltyd. Kan seker nie anders wees op so 'n jag nie.

Groete

Dawie

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 03, 2015 1:22 pm
by Ashley
Daai is intense.. :o

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 03, 2015 1:52 pm
by FHM
Ek weet nie of julle gesien het hoeveel kere is daar wapens met toe slotte op mekaar se rug gewys nie. Ek sal beslis nie kliprante bestyg of afklim met n man wat n gelaaide wapen of toe slot het wat agter my opklim of afklim nie. Aan die ander kant, in die situasie kan mens dit kwalik bekostig om met n ongelaaide wapen te beweeg want jy sal nie tyd he as kietsie vir jou kom om te laai nie. Dus is dit 'damn of you do and damn if you don't' soos die Ingrish se. Dus is die speletjie beslis nie vir my nie - nee dankie! Gelaaide wapens agter jou met rowwe / ruig terrein en kietsie voor jou, - eish watter kant is die gevaarlikste met die een?

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 03, 2015 2:54 pm
by JDKey
Wow, ek moes halfpad deur die video pause om asem te skep.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 03, 2015 6:10 pm
by Thunderhead
Ek het nog altyd dit geniet om luiperd te bait. Die klient skiet hom maar ek het hom uit oorle. Met honde is daar net meer aksie. Dis niks lekker om te weet die kat is naby maar jy weet nie waar nie. Die gevaar met soveel mense is as die kat tussen julle beland ,almal be@## hulself en skote klap in gevaarlike rigtings.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 03, 2015 7:28 pm
by Blouwdraad2
As die luiperd so bietjie meer moed in sy stormlopie gehad het, kon dinge lelik uitgedraai het!Bitter goeie kamera werk onder die omstandighede!

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Thu Nov 05, 2015 3:32 pm
by DWB
Nie almal se 5m lyn is ewe vêr nie:

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Thu Nov 05, 2015 3:39 pm
by Frederik
Perfekte voorbeeld van 'n PH wat nie beheer vat oor sy klient en situasie nie.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Thu Nov 05, 2015 4:54 pm
by Koos Barnard
Dan wil dit nog vir my lyk die fris PH hardloop heel voor toe die manne begin toon klap

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Thu Nov 05, 2015 6:55 pm
by Thunderhead
Die PH moet mos die groep uit die gevaar lei dis hoekom hy voor is.
Ek mos self paar keer weghol, grootvoete jag in n trop is nie vir sissies nie.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Thu Nov 05, 2015 7:06 pm
by Frederik
Daar is nie gestaan en op die olifant geskree en gefluit nie 'n skoot bo die kop sou die olifant draai. Die olifant was ook nog ver uit gevaar sone, hy was net nuuskierig soos wat hulle gewoonlik maak.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Nov 06, 2015 10:06 am
by kopskoot
Daai klient was skuitbang, en het die hele situasie veroorsaak. As hy langer gewag het, sou daai jong bulletjie ( nie skietbaar in my opinie) heelwaarskynlik omdraai het of indien nie, sou hy 'n baie beter breinskoot kon skiet en die ou grote sou net daar geval het.

Op daai afstand,sou Karl Stumpfe nog eers 'n paar emails gestuur het, voor hy hy sy klient toestemming sou gee om te skiet en dan daarna sy geweer van sy skouer afgehaal het ;D

Ek moet egter byse, dat die hel wat losbars na daai skoot,van die trop wat in alle rigtings begin hardloop,met bome wat breek en trackers wat skree, 'n heeltemal ander emosie in 'n mens wakker skud as die gemiddelde sondagskool uitstappie. :o

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 17, 2015 6:28 am
by DWB
Nog 'n baie nice video.

Lank, maar die moeite werd om te kyk.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 17, 2015 7:51 am
by Frederik
Baie mooi video dit lyk soos 'n paradys.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 17, 2015 8:06 am
by kopskoot
Great video. Daai plek lyk soos die dieretuin met al die wild, wonder waars dit. Scouts lyk soos Zim s'n

Keep them coming Deon

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 17, 2015 8:24 am
by Wouter Roets
Deon

Ja-nee daai is verseker n spesiale jag in n absolute paradys.

Groetnis
Wout

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 17, 2015 8:46 am
by Frederik
Roger Withall Safaris in Humani.
Die gebied word baie goed beheer as 'n mens so kyk om so tank van 'n buffel te soek oor al die ander goeie bulle. Help ook om later in seisoen te jag laat die wild water toe trek hierdie video het my PH dae laat mis.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 17, 2015 8:50 am
by Geno
Great video, kamerawerk, PH en klient!

Deon, jy mag maar 'n goeie video uitkrap. Jy is beter daarmee as wat ek met geraamtes in kaste soek! ;D

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 17, 2015 8:51 am
by Jakkalsgat
Dankie Deon, great video

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Nov 17, 2015 9:03 am
by DWB
Hierdie een het Gerhard vir ons uitgekrap.

Geno, maar saam maak ons 'n mean team :D :D