Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek is glad nie 'n kompetisie skieter of pro skut nie maar wil net bietjie "brag" met my 3 skoot groepering Saterdag op 200m, ek weet dit is nou nie goeie groepering nie maar vir my standaarde is dit flippen goed!!! Ek weet vir party is dit niks om sulke groepe te skiet Saterdag na Saterdag. Iemand het eendag vir my gesê "Daai groepe skiet gaan baie vinnig 'n siekte word", ek moet sê dit voel darem lekker!!! 168gr Custom Comp / 30-06
Sent from my iPhone using Tapatalk
Nee wat op 200m is daai baie netjies en jy het rede om bly te wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Springkudu wrote:Fantom, nou laat jy my groepe bollie lyk!!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
My groep was op 100m geskiet so mens kan nie regtig die twee vergelyk nie.
My geweer hou nogal baie van die 168gr Nosler Custom Competitions so ek sal hulle as my baan punte gebruik. Wag net tot Safari weer 'n uitverkoping het dan gaan ek 1000 van hulle koop.
Krokodilspruit vanoggend amper geen wind 100 meter 3 skote met die Carl Gustav 6.5 x 55 sporterized en Nightro demper. 41.5gr S365, 140gr S&B rapsie oor 2500 fps. Tpl 78mm, Nikon prostaff 3-9 x 40. Het die 400 meter gong ook lekker gekap nadat ek uit gevind het hoe hoog bo die gong ek moet mik.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Frederik on Mon Oct 24, 2016 11:54 am, edited 1 time in total.
Hallo almal.
Ek is so in my skik met die 223'tjie, dat ek myself skaars kan inhou.
Musgrave Mod90 Mini
Redfield Revenge 6-18x44 teleskoop
3 skote op 100m
25.5gr S321 agter n 50gr V-Max.
Oor 'n skiet tafel geskiet met tweepoot voor en sandsakkie agter.
Weet nie of ek dit sommer weer sal regkry nie, maar ten minste weet ek nou my geweer is op sy nommer
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dag vrinne, ek het self gister gou met die 204 Ruger n paar skote loop skiet. Ek is bitter in my skik met die geweertjie
Die groepie meet net so oor die 15mm
Grooetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Haha oom PWV ek het hom dam gekry dat hy 5 skote in 30mm skiet op 200m. Maar ek was die swak skakel in die ketting daar..
Die boonste groepie was nou nie op 100m geskiet nie maar op 114m. Ek was te lui om die tyken nader te skuif
Armand Steenkamp wrote:Haha oom PWV ek het hom dam gekry dat hy 5 skote in 30mm skiet op 200m. Maar ek was die swak skakel in die ketting daar..
Die boonste groepie was nou nie op 100m geskiet nie maar op 114m. Ek was te lui om die tyken nader te skuif