Page 7 of 57
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Apr 03, 2011 10:50 am
by Jagtersdok
Arnoldus
Jou ou doring. Baie mooi!
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Apr 03, 2011 11:54 am
by Francois Marais
Arnold
Daai 223 gooi groot............
Mooi loop
Francois
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Apr 03, 2011 4:13 pm
by Ponkie
Manne
As my roer darem so kan gooi! Ek kom brag bietjie op skuld!

Hierdie is 'n maat van my se inskietgroep op 200m met 'n Ruger 243 en 26'' varminter loop.
[img width=560 height=420]
http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 4-1900.jpg[/img]
Hierdie is sommer 'n paar R1 patrone op 200m met die 308. wou vir interesantheid kyk hoe hulle group. wel, ek moet se dat ek slegter verwag het. Daar was 'n ligte briesie van links af en die mees linkerkantse skoot is Tiny se 7x57.
[img width=560 height=420]
http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 4-1822.jpg[/img]
Groetnis
Ponkie
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Apr 04, 2011 1:53 pm
by baboonstalker
Arnold,
Ek dink jy kan maar die 223 vat op daardie springbokjag, maar hulle sal moet ligloop!
Ek het self lekker begin op die rooibok. (Ek het selfs gedink " hier skop die 30-06 gat vandag")
[img width=560 height=420]
http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... 2-1124.jpg[/img]
Die grond was egter nader as wat ek gedink het en toe kom ek sommer lekker hard en vinnig af aarde toe.
Een ding wat ek gesien het is dat ek nog bietjie met die 30-06 sal moet skiet voor ek weer die koedoes aandurf, ek het skielik 'n redelike flinch met die geweer.
Pieter
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Apr 04, 2011 4:36 pm
by 243Songdaug
Manne, ek hou mos nou net mooi niks van die blink tape idee nie - die enigste gate wat ek gewoonlik kan sien is ander mense se gate en gewoonlik sit hule op die verkeerde plek!
Ek plak maar altyd die teikens aan die agterkant toe - dan skiet die eerste en ook die 10de ou op dieselfde teiken. Ek ken kanne wat verskrilike klein groeperings op 'n sticker kan skiet! Kom praat bietjie uit KSV.....ons hoor graag van jou.
Manne julle gooi netjies - ek en my 243 AI begin mekaar nou vind, hopelik kan ek een van die dae weer 'n paar foto's oplaai.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Apr 04, 2011 10:52 pm
by James Wilson
243Sondag, dit help ook net tot op n punt. my 300 het n 6.5-20x 50 op. jy kan die gate voor of agter plak of sommer net oop los, ek sien alles. en nou skiet ek saam met manne wat groter vergrotings het as ek. gate sal daar gate wees, maar as gate my afsit op papier, sal daar baie goette wees in die natuur wat my gaan pla.
tog verstaan ek waarvan jy praat, ek wens ek kon elke papier teiken op n skoon teiken skiet, dit sou darrem die idiaal wees.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Apr 04, 2011 11:55 pm
by 243Songdaug
Jagbehep, stem met jou saam - gate sal daar gate wees. Skiet self 'n lieflike 8-32 x 56 NXS op my 243 AI en dan skiet ek ook 'n 4.5-14 x 56 VXL. Met die NXS is alle gate redelik duidelik sigbaar - solank die mirage ons nie takel nie!
Ek probeer om nie meer as 1 kompitisie op 'n teiken te skiet nie, wat beteken dat daar relatief min gate op 'n teiken sit. Party klubs sien ek plak met sulke helder geel/swart plakkers die gate aan die voorkant toe. As ek die dag met die NXS skiet kies ek vir my 'n plakker en dan sit en skiet ek net op die betrokke plakker! Die blink tape bevoeter my bietjie, as hulle nie blink nie dan sien ek gate waar daar nie gate moet wees nie, maar dit gebeur darem net met die kleiner vergroting teleskope - met die ho?r vergrotings kan jy die selotape beter sien.
Die anderkant van die munt is ook nou weer nie lekker nie - van die manne het die sleg gewoonte aangeleer om al hul skote bymekaar te skiet en dan sit jy met 'n teiken met so 'n gapende stuk gat - reg op die blad! Dan kan jy ma plak soos jy wil die volgende skut het 'n pragtige kol om op te skiet.
Flip, my dinges jeuk nou behoortlik om 'n paar skote te gaan skiet!!!
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Wed Apr 06, 2011 6:02 pm
by Nico Harris
Het vandag bietjie met so paar impala koeels gaan speel!
My .243 het n 11mm groep gekry met die 65gr teen 3500ft/s! toe ek die 3 skiet met n 1 gr minder lading toe pas die 6 skote nog in n duim!
My 30-06 het met die 130gr koeels 3000ft/s gelry en hulle in net meet as n half duim gesit! toe ook die lading wat 1gr laer is geskiet en weer alles in n duim!
My 9.3x62 het die 180gr koeels teen so 2500ft/s gestoot en het so duim en n half geskiet! dink as ek die spoed op vat na so 2700ft/s toe sal die groepe ook kleiner word-want hoe hoer my lading gegan het hoe kleiner het hulle geword!
Groete
Nico
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Wed Apr 06, 2011 8:30 pm
by 243Songdaug
Nico, dit lyk sommer netjies man! Ek en KSV kom nou reeds van die baan af - het so bietjie die Vlakte en Bosveld tabelle loop oefen vir die komende naweek se President Streekskiet.
Alles het net mooi geloop, as dinge net Saterdag wil loop soos vanmiddag geloop het is ek en KSV na die naweek elkeen 'n Platinum balkie ryker!
Het sommer weer gesien hoekom ek oor die R600 vir 'n pak 155gr Sierra Palma's betaal het - die punte hou daarvan om in klein groepies bymekaar te sit.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Apr 07, 2011 7:00 am
by Nico Harris
243SD met watse ysters gaan julle skiet?
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Apr 07, 2011 9:16 am
by 243Songdaug
Met die 2 beste kalibers op die mark 243 eb 308!
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Apr 11, 2011 6:58 pm
by Nico Harris
was toe weer terug skietbaan toe met die 9.3x62 en die 180gr impala koeels- en teen 2650 maak hy so

17mm
eks heel tevrede!
Groete
Nico
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Apr 19, 2011 9:59 am
by KSV
243Songdaug wrote:
Ek plak maar altyd die teikens aan die agterkant toe - dan skiet die eerste en ook die 10de ou op dieselfde teiken. Ek ken kanne wat verskrilike klein groeperings op 'n sticker kan skiet! Kom praat bietjie uit KSV.....ons hoor graag van jou.
Ja mater.
Een van ons junior lede was eendag op die baan en met die oplak van die teikens besluit hy mos hy moet nou 'n stukkie mascing tape in die middel van die V-kol plak. Ek is toe die eerste persoon wat op daai teiken skiet. Toe ek deur die teleskoop kyk sien ek die wit kol. Dog toe dis die palstiek wat hulle opgeplak het wat so blink waar die teiken geskeur het. Dink ek het toe een skoot bietjie getrek, amper 'n vol tal geskiet daai dag.
Maak mooi!
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Apr 19, 2011 12:14 pm
by 243Songdaug
Jou mos ges? hier is manne wat KAN skiet.
Ou Hein, niemand kan dit by jou wegvat dat jy 'n netjiese skoot kan aftrek nie. Jy moes foto's van daai sticker groepering gevat het.
Gaan skiet ons middel Mei op Sandveld die Vrystaat President skiet? Jy moet nog kwalifiseer vir die President skiet Nasionaal?
Mooi dag.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Apr 19, 2011 12:17 pm
by Geno
243Songdaug wrote:
Gaan skiet ons middel Mei op Sandveld die Vrystaat President skiet?
Songdongelong,
Is jy tevrede met jou hemde?
Onthou, KSV moet ons PH van die 11de tot die 15de Mei daar by Dibeng....
As jy daai tyd daar rond is, moet jy uitslat sodat ons kan bladskud!
Groete,
Eugene
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Apr 19, 2011 12:19 pm
by Freek
Ja, as dit by fyn skietkuns kom dan kan dinge moeilik raak en as 'n man nie talent het nie gaan jy nie veel vorder nie. Sterkte Hein en SONGDONGELONG met jul voorbereiding. Wys ons bietjie die groepe hier, altyd lekker om te sien as 'n ander man reg kry wat ek nooi sal kan doen nie.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Apr 19, 2011 11:15 pm
by 243Songdaug
Haai Geno.
Mater - ek sal beslis plan maak om daar uit te slaan. Sal maar die nuwe baas se stert blinklek vir 'n dag of wat af. Al is dit dan nou net om bietjie te kom kuier.
Is biae tevrede met die hemde - die span is net op die stadium 'n probleem, ons kry dit net nooit reg om as 'n voltallige span op 'n skiet te wees nei - moet alewig van reserwes gebruik maak.
Sal by KSV hoor dan bring ek vir my 'n bottel of 2 Jerepico saam....

en een groot beker.
Sien uit om julle te ontmoed.
Jaco
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sat Apr 23, 2011 2:52 pm
by 243Songdaug
Geno.
Het met KSV gepraat - dit lyk daar loop 'n springbok met my naam op rond - nou moet ek net my shutdownskedule op die Cinveyors deurgaan en dan moet ek die baas oortuig dat ek nog 'n vrydag in die jagseisoen moet afkry - as ek nie afkry nie - kom kuier ek na werk.
Groete.
Jaco
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Apr 24, 2011 10:30 pm
by James Wilson
die eerste keer dat ek die guts het om onder hierdie afdeling te post!! dit is die resultate van so 6 maande se projek(
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=7) , waar ek probeer het om weer my skoonpa lus te maak vir jag. sy geweer moes n scope kry maar daarvoor moes spesiale mounts gemaak word, en een van die lede(Nico Harris) van Jaracal het heel goedgunstig sy ou dies vir ons geskenk. Donderdag die geweer by die gunsmit gaan haal. vandag, die eerste keer ladings gaan toets. hierdie groep van 7,5mm is die eerste van die ladings wat ek getoets het. my skoonpa is uit sy vel

( my skoonpa dink nou herlaai is maklik, al probeer ek ook wat se of verduidelik) ;)
[img width=560 height=420]
http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... C00331.jpg[/img]
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Apr 25, 2011 12:44 pm
by Armand Steenkamp
Baie mooi.Lekker as mens na jou harde werk die vrugte kan pluk!
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Apr 25, 2011 2:41 pm
by Nico Harris
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Apr 25, 2011 8:00 pm
by James Wilson
100 grn hornady- 32grn S341 standard primers. almal remington doppe 2508f/s
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sat May 14, 2011 1:16 pm
by Monrique (SJ)
Laat ek ook maar my 1ste papier bok opsit.
Ek kom nou net van die n plaas af waar ek bietjie gaan papierbokke skiet het. Het net PMP fabriek ammo oorgehad en het hierdie 20.5mm groep op 100m geskiet. Dit is nadat ek my .303B se basis en ringe "gelap" het met daai lekker nuwe tooljie van my, en die nuwe 3-9x40 Burris op hom gemount het in bietjie ingeskiet het.
[img width=560 height=420]
http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 011004.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 011002.jpg[/img]
Sorry vir die foto kwaliteit, het met die selfoon geneem.
Groetnis
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sat May 14, 2011 2:12 pm
by Armand Steenkamp
Aitsa! Kyk nou daai mooi groepie! Wanneer sit jy vir ons n groep op met daai 308 van jou

?
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sat May 14, 2011 2:14 pm
by Monrique (SJ)
Sodra hy klaar is mater.
Groetnis