Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by FHM »

Jakkalsgat wrote:
FHM wrote:
Jakkalsgat wrote:Nee wat oor 'n naweek lyk Jaracal soos die gange van staatsdepartement, spookagtig :o
Of soos die gange van die meisiekoshuis op Wollies (40 jaar terug....)
Hoekom, ek kan net dink oor hulle spinnekopplaag gehad het

&@%#$ BOKS !
Lekker Saterdag en res van naweek met joune ou mater!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Fanta300 »

Ek het 'n Kinetic Bullet Puller by Carl gekoop vir R200. In plaas van om hom te betaal vra hy toe dat ek eerder die R200 op sy naam inbetaal vir die kompetisie.

Ek dink dit is 'n briljante idee. Hy raak ontslae van iets wat by hom stof vergader, ek kry wat ek soek (teen amper die helfte van die prys van 'n nuwe een), die kinders baat daarby en Carl het 'n kans om 'n prys te wen. Is dit nou nie 'n wen/wen/wen situasie nie.

Ek is seker ons het almal goed wat by ons lê en stof vergader wat iemand anders kan gebruik, en as die kinders daarby kan baat, hoekom nie?

Bo op alles het hy nog gesê as hy die Rooibok prys wen (wat hy self borg) dan kan ek hom kry.

Wat kan 'n man nou nog meer vra. ++>:

Dankie Carl
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Jan Thuynsma
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Mon Jan 09, 2012 4:54 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jan Thuynsma »

junglejulian wrote:Hi eugene!

Kyk asb of jy my betalings ontvang het.ek het maandag 1 en vandag 3 kaartjies gekoop.

Groete
Maar wat gaan jy met jou eie stoel maak? :laugh:
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

PRYSE

Prys van kaartjies is R50 en om in aanmerking te kom vir 1 van die jagpryse moet 'n deelnemer 4 kaartjies koop, m.a.w R 200 koop vir 'n deelnemer 1 kans in die gelukstrekking vir een van die jagpryse. Onthou dat daar slegs 1 van elke jagprys beskikbaar is en as 'n prys reeds gekies is, kan 'n deelnemer nie weer die prys opeis nie. Al die eerste pryse is jagpakkete en nie 1 word bo die ander gestel nie omdat dit alles volgens ons baie goeie pryse is. Wenners sal in volgorde van trekkings kans kry om prys te kies en in rangorde van trekking voorrang geniet m.a.w eerste nommer getrek is 1ste plek en so voorts.

Die jagpryse is as volg:

1) Thwanejag, 2 x Blouwildebeeste (koeie) + 2 x Rooibokke (ooie) + 2 nagte se verblyf vir 2 jagters by die Lodge, Borg - Marius Barnard - Thwane lodge
2) Ribbokjag, 2 x Vaalribbokke te jag + etes en verblyf ingesluit - Calvinia - Borg: Cassie van Calvinia
3) Bergskaapjag, 1 x Bergskaap jag, dagfooie ingesluit maar verblyf en etes uitgesluit (Bergskaap nie gewaarborg) - Carnarvon - Borg: CF Roux - slegs vir fikse jagters wat kan stap!
4) Bosvarkjag, Oor honde (dagjag) skiet of steek (mes) Bosvarke dood, soveel as wat jy kan maar jy mag net 1 karkas gratis huistoe vat - Groblersdal, Marblehall of Settlers - Borg : Jaco Prinsloo + Slagskaap wat dieselfde tyd as wat jy die jag gaan doen afgehaal kan word by borg: Smitstertjies op Bronkhorstspruit
5) Blouwildebees jag, die wenner se verblyf, slag en jagfooi borg Hein Stander van Kalabaspan , dan gee Robbie van Die Wildshoekie n Bwb bul om te jag en doen die bewerking vir hom gratis.
6) Rooibokjag, 1 x Rooibokram + 2 nagte se verblyf en 2 jagdae bygestaan deur Carl as gids met 1 Steak en rooiwyn ete vir 2 persone op jagplaas, Borg - Carl

Julle sal oplet dat daar geen waardes hieraan gekoppel word nie omdat alles droomjagte is.

Na die afloop van die trekking van bogenoemde pryse sal daar nog ten minste 9 troosprys trekkings wees en elke R50 kaartjie wat 'n deelnemer gekoop het besorg aan hom een kans per trekking.

Troosprys trekkings:

Trekking 1 - 1 stel Predator camo klere Langbroek, hemp, baadjie en n pet. - Borg: Berkeley Geer - Predator
Trekking 2 – Gonge stel en raam - borg : Jungle Julian
Trekking 3 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
Trekking 4 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
Trekking 5 – R500 S&O Voucher - borg S&O Pretoria
Trekking 6 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
Trekking 7 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
Trekking 8 – Lapping tool 25mm of 30 mm - borg: Monrigue
Trekking 9 – Reaktiewe teiken - .22 - borg : Jungle Julian
Trekking 10 – Reaktiewe teiken – 9mm - borg : Jungle Julian

AANSPORINGSPRYSE

1) Eienaar van kaartjie nommer 125 kry 2 bottels Fleur du Cap Cabernet Sauvignon - Borg: JacovdW - Distell Kelders
2) Eienaar van kaartjie nommer 250 kry 2 bottels Fleur du Cap Merlot - Borg: JacovdW - Distell Kelders
3) Eienaar van kaartjie nommer 375 kry 'n Bottel Baines Cape Mountain Whiskey in 'n geskenkblik (Baines is aangewys as die beste graan whiskey in die wêreld op die World Whiskey Awards) - Borg: JacovdW - Distell Kelders
4) Die eienaar van kaartjie nommer 500 sal die gelukkige wenner wees van 'n Jaracal, Jaghemp en Pet - Petrie - Borg: Greyghost gear
5) Die prys vir die deelnemer wat die grootste bydra maak is as volg:

Kombinasie van voorsit skietstoel - borg: Jungle Julian en Silent hunting Hunt Buddy - borg: Silent hunting waarde geskat op ongeveer R2000 hierdie is goeie kombinasie vir manne wat in die volgende seisoen bietjie voorsitjag wil doen.

DATUMS EN DUUR VAN KOMPETISIE

Die kompetisie begin amptelik op Vrydag, 1 November 2013 en sluit op Sondag, 15 Desember 2013 om 23h59.

TREKKING

Trekking geskied op Woensdag, 18 Desember om 19h00 lewendig op die forum.

REELS

1. Aangesien hierdie kompetisie 'n Jaracal inisiatief is, is dit net oop vir Jaracal lede, jy gaan nie kan deelneem as jy nie 'n lid is met lid naam nie.
2. Slegs lede wat 4 (R200 plus) en meer kaartjies gekoop en betaal het tot en met die afsluiting sal in aanmerking kom vir die eerste 4 pryse.
3. Slegs kaartjies wat betaal is of bewys van betaling gelewer het op afsny tyd sal in aanmerking kom vir trekking.
4. Versending van pryse sal vir die wenner se eie rekening wees.
5. Die beoordeelaar en organiseerder mag nie deelneem nie.
6. Borge kan wel deelneem maar sou hy sy eie prys wen word die trekking vir daardie prys oor gedoen en gaan dit na die volgende gelukkige kaartjie se eienaar.
7. Die beoordeelaar se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word na trekking hieroor nie.
8. Geen pryse kan vir kontant geruil word nie.
9. Pryse kan nie oorgedra word na iemand anders nie

BORGE

Elke borg sal geleentheid gegun word om fotos, webtuistes en inligting hier te plaas.

BEOORDELAARS EN ORGANISEERDERS

Rekenkundige beampte - Jean Marais
Regsadviseur - Eugene Harmse
Administratiewe Beampte - Jaco Stander
Persoon wat trekking hanteer - sal op dag van trekking bekend gemaak word deur rekenkundige beampte en slegs hy sal weet wie dit is tot dan.

Bankbesonderhede

E Harmse/Jaracal Kersfonds
FNB Wilkoppies
Rekeningno: 6243 721 2179
Takkode: 250-053

Met inbetalings gebruik asb jou Jaracal naam as verwysing anders sal dit gesien word as skenking

Faks bewys van betalings deur na 0866965803 of E-Pos jacostander@telkomsa.net

Sodra jy bewys van betaling deur gestuur het en my PM gestuur het sal ek jou PM stuur met jou nommer of nommers, hou asb die nommer vir jouself en sal dit net ek en jy wees wat die nommer sal he. Nommers word toegeken in volgorde wat betalings gemaak word. Vir elke vier R50 inskrywings sal jy een ekstra nommer kry wat begin met 'n G wat gebruik word vir groot inskrywings.

Manne gaan groot, hierdie is pragtige pryse en klink vir my na 'n lekker kersgeskenk van pa aan pa.

Groete
Jaco
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by PaulM »

Jakkalsgat wrote:Nee wat oor 'n naweek lyk Jaracal soos die gange van staatsdepartement, spookagtig :o
Kyk, ons geen nie om om deur die week niks te doen en te Jaracal nie, maar wraggies, oor die naweke wil ons darem bietjie rus.... ;D ;D
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by ROBBIE1 »

Hoe lyk dit met n update?
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

More

Update is as volg:

Vonds staaan op R 29 700, 584 kaartjies reeds betaal en nommers oppad na hul base toe.

nommer 600 is 'n skamele 16 kaartjies weg en sal die wenner die eienaar wees van 6 bottels Van Loveren wyn

Groete
Jaco

Ps: Gaan netnou bietjie fotos laai van pryse
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by G-force »

Jaco ek het n betaaling gemaak.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by ROBBIE1 »

Daars hy Ge, dink ons het hom oor die R30k gestoot nou, hoop daai wyn kom Pretoria toe!!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Marc »

Geluk Ge ;D

Waar le die volgende kerf Jaco :)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by tafjak »

Manne

Hier gaan nog ge-kompetisie word! Mooi en hou maar dop.

Mooiloop
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Beretta »

Jaco
Jis my maat maar jy roer die storie baie mooi WELL DONE
Beretta
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Marc »

Hoor hier kom nog smart pryse by, die is loshande die beste kompetisie wat ek nog in my lewe gesien het. Mens kan amper n prys per deelnemer begin waarborg ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Carl »

Marc wrote:Hoor hier kom nog smart pryse by, die is loshande die beste kompetisie wat ek nog in my lewe gesien het. Mens kan amper n prys per deelnemer begin waarborg ;D
Nou praat jy Marc, die "odds" is beter hier as die Lotto en die SAAK nog beter!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by G-force »

Numenor gee een reflex en een gewone supressor as n prys.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Eugene »

G-force wrote:Numenor gee een reflex en een gewone supressor as n prys.
Ge, dankie vir jou moeite en bydrae hierin en dra asb ook ons dank oor aan Numenor! :)

Hierdie is 'n wonderlike ding kerels en al gee die anti-jagters ons hel op facebook en in die media, wys die samewerking en ondersteuning in 'n projek soos hierdie, dat jagters in werklikheid goeie mense is en nie bang is om te gee vir 'n goeie doel nie!

Selfs die jakkalsjagters! ;)
Aim small, miss small
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

PRYSE

Prys van kaartjies is R50 en om in aanmerking te kom vir 1 van die jagpryse moet 'n deelnemer 4 kaartjies koop, m.a.w R 200 koop vir 'n deelnemer 1 kans in die gelukstrekking vir een van die jagpryse. Onthou dat daar slegs 1 van elke jagprys beskikbaar is en as 'n prys reeds gekies is, kan 'n deelnemer nie weer die prys opeis nie. Al die eerste pryse is jagpakkete en nie 1 word bo die ander gestel nie omdat dit alles volgens ons baie goeie pryse is. Wenners sal in volgorde van trekkings kans kry om prys te kies en in rangorde van trekking voorrang geniet m.a.w eerste nommer getrek is 1ste plek en so voorts.

Die jagpryse is as volg:

1) Thwanejag, 2 x Blouwildebeeste (koeie) + 2 x Rooibokke (ooie) + 2 nagte se verblyf vir 2 jagters by die Lodge, Borg - Marius Barnard - Thwane lodge
2) Ribbokjag, 2 x Vaalribbokke te jag + etes en verblyf ingesluit - Calvinia - Borg: Cassie van Calvinia
3) Bergskaapjag, 1 x Bergskaap jag, dagfooie ingesluit maar verblyf en etes uitgesluit (Bergskaap nie gewaarborg) - Carnarvon - Borg: CF Roux - slegs vir fikse jagters wat kan stap!
4) Bosvarkjag, Oor honde (dagjag) skiet of steek (mes) Bosvarke dood, soveel as wat jy kan maar jy mag net 1 karkas gratis huistoe vat - Groblersdal, Marblehall of Settlers - Borg : Jaco Prinsloo + Slagskaap wat dieselfde tyd as wat jy die jag gaan doen afgehaal kan word by borg: Smitstertjies op Bronkhorstspruit
5) Blouwildebees jag, die wenner se verblyf, slag en jagfooi borg Hein Stander van Kalabaspan , dan gee Robbie van Die Wildshoekie n Bwb bul om te jag en doen die bewerking vir hom gratis.
6) Rooibokjag, 1 x Rooibokram + 2 nagte se verblyf en 2 jagdae bygestaan deur Carl as gids met 1 Steak en rooiwyn ete vir 2 persone op jagplaas, Borg - Carl
7) Blesbokjag, 1 x Blesbok, dagjag naby Carltonville, borg - Eddie Cik

Julle sal oplet dat daar geen waardes hieraan gekoppel word nie omdat alles droomjagte is.

Na die afloop van die trekking van bogenoemde pryse sal daar nog ten minste 13 troosprys trekkings wees en elke R50 kaartjie wat 'n deelnemer gekoop het besorg aan hom een kans per trekking.

Troosprys trekkings

Hiedie trekking geskied op presies dieselfde manier as Jagprystrekking en kan jy wenners kies in rangorde van trekking watter een van die pryse hy kies en weereens kan elke prys net eenmaal gekies word.

1 - 1 stel Predator camo klere Langbroek, hemp, baadjie en n pet. - Borg: Berkeley Geer - Predator
2 – Gonge stel en raam - borg : Jungle Julian
3 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
4 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
5 – R500 S&O Voucher - borg S&O Pretoria
6 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
7 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
8 – Lapping tool 25mm of 30 mm - borg: Monrigue
9 – Reaktiewe teiken - .22 - borg : Jungle Julian
10 – Reaktiewe teiken – 9mm - borg : Jungle Julian
11 - Numenor Reflex Supressor - borg - Numenor - gereel deur G-Force
12 - Numenor gewone supressor - borg: Numenor - gereel deur G-Force
13 - Spotlight dimmer - borg: Pitsmit

AANSPORINGSPRYSE

1) Eienaar van kaartjie nommer 125 kry 2 bottels Fleur du Cap Cabernet Sauvignon - Borg: JacovdW - Distell Kelders
2) Eienaar van kaartjie nommer 250 kry 2 bottels Fleur du Cap Merlot - Borg: JacovdW - Distell Kelders
3) Eienaar van kaartjie nommer 375 kry 'n Bottel Baines Cape Mountain Whiskey in 'n geskenkblik (Baines is aangewys as die beste graan whiskey in die wêreld op die World Whiskey Awards) - Borg: JacovdW - Distell Kelders
4) Die eienaar van kaartjie nommer 500 sal die gelukkige wenner wees van 'n Jaracal, Jaghemp en Pet - Petrie - Borg: Greyghost gear
5) Die eienaar van Kaartjie 600 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
6) Die eienaar van Kaartjie 700 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
7) Die eienaar van Kaartjie 800 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
Die eienaar van Kaartjie 900 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
9) Die eienaar van kaartjie 1000 wen 'n jag by Kliplaat (springbok en Koedoe) manlike diere geborg deur Tafjak
10) Die prys vir die deelnemer wat die grootste bydra maak is as volg:

Kombinasie van voorsit skietstoel - borg: Jungle Julian en Silent hunting Hunt Buddy - borg: Silent hunting waarde geskat op ongeveer R2000 hierdie is goeie kombinasie vir manne wat in die volgende seisoen bietjie voorsitjag wil doen.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by ROBBIE1 »

Eugene jyt nou n lekker ding aangeraak! Hoekom reel ons nie dat die oorhandiging op Kyknet Ontbytsake uitgesaai word en dat Beeld en Raport berig daaroor nie, dit is lankal tyd dat die greenies sien ons doen meer as hulle vir ons natuur en medemens!

Een van die dames wat die golf borgdag elke jaar reel ten bate van Loerie, het my gister gebel, en ons genooi om die kersboom op 7 Des'13 by die kinderhuis te kom bywoon. Wat dink julle, moet daar nie dalk n afvaardiging gaan nie?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Eugene »

ROBBIE1 wrote:Eugene jyt nou n lekker ding aangeraak! Hoekom reel ons nie dat die oorhandiging op Kyknet Ontbytsake uitgesaai word en dat Beeld en Raport berig daaroor nie, dit is lankal tyd dat die greenies sien ons doen meer as hulle vir ons natuur en medemens!

Een van die dames wat die golf borgdag elke jaar reel ten bate van Loerie, het my gister gebel, en ons genooi om die kersboom op 7 Des'13 by die kinderhuis te kom bywoon. Wat dink julle, moet daar nie dalk n afvaardiging gaan nie?
Robbie, hoekom nie? Kom ons hoor wat sê Jaco en Jean en natuurlik Hein, want die Jaracal naam is tog sy eiendom. Wie ken iemand by Kyknet of Beeld?
Aim small, miss small
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by henried »

Robbie, ek stoei al 4 jaar vir publisityd, die manne is maar taai...

Die Wild&Jag en African Bowhunter tydskrifte was my wel goed gesind aan die begin, as iemand hulle kontak kan hulle dalk 'n mooi artikel plaas. Ek het ook al met Ontbyd sake gesels, hulle was ook goed gesind teen oor LCA.

Ek het 'n kontak by African Adventure tydskrif, sal hoor wat hulle sê, hulle het ook al atrikles van LCA gedra.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Skuus ek is natvadoek, dit sal seker leker skietgoed wees maar ons gaan nie van 'n mooi projek 'n sirkus maak net om 'n hou in te kry teen die groenes nie. Goed soos geregistreerde kompetisie en ontvanger en al daai goed draai ook in my agterkop.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by ROBBIE1 »

Hoor wat jy se Jaco. Die ontvanger glo ek nie sal mens drama gee nie, dis mos nie winsgewend en gaan direk aan liefdadigheid, die geregistreerde kompetisie ding het ek geen kennis van nie, is daar iemand wat meer lig kan werp daarop?

Ek het maar net so sit en dink, ons doen altyd alles soos die Bybel se, die linker hand weet nie van die regter hand se dade nie, maar is dit nie dalk tog tyd dat ons as jagters ook op ons regte begin staan, en dit wat ons doen in die lig laat openbaar nie, dit sal dalk baie mense met ander oe na ons laat kyk, dis maar net n voorstel manne.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jean Marais »

ROBBIE1 wrote:Hoor wat jy se Jaco. Die ontvanger glo ek nie sal mens drama gee nie, dis mos nie winsgewend en gaan direk aan liefdadigheid, die geregistreerde kompetisie ding het ek geen kennis van nie, is daar iemand wat meer lig kan werp daarop?

Ek het maar net so sit en dink, ons doen altyd alles soos die Bybel se, die linker hand weet nie van die regter hand se dade nie, maar is dit nie dalk tog tyd dat ons as jagters ook op ons regte begin staan, en dit wat ons doen in die lig laat openbaar nie, dit sal dalk baie mense met ander oe na ons laat kyk, dis maar net n voorstel manne.
Robbie

Hierdie is my siening, so moet my asb nie met 'n sweep bykom nie.

My siening is dat hierdie 'n "Slegs Jaracal lede" ge-inisieerde fondsinsamelingsprojek is. Anders sou ons dit oopgemaak het vir almal om in te deel. Ek dink nie ons moet loop en bragg met wat ons hier aan die doen is nie. Dis vir my amper "fariseeragtig" (Sjoe maar dit klink kras, maar ek bedoel dit baie opreg) Dit gaan tog op die ou einde vir so 'n ongelooflike goeie saak.

Ons gaan hopelik van die trekkingsgeleentheid iets baie mooi maak, mooi fotos neem, en dit dan hier op die forum kom plaas sodat almal dit kan deel. Ons sal binnekort meer besonderhede daarvan hier plaas.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by ROBBIE1 »

>:D

Sal nie die sweep uithaal nie Jean, moenie stress nie, eks die vrede maak tipe . . :laugh: .

Nes julle manne voel, soos ek se, net n voorstel gewees.

++>:
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by henried »

Julle doen niks verkeerd nie! As dit is, is dit nie met opset, maar laat die die rekenmeester en Tax experts hier op antwoord.

Julle kan baie trots wees op wat julle regkry met die Kersfonds, en dit in 2 maande!
Post Reply