Page 7 of 400

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Thu Jan 02, 2014 11:51 pm
by Cobus(Cobb)
Nee wat, ek sou als net aflag...maar nou ja.
Cheers dan Pieta, dit was lekker met jou op die forum, gaan jou mis.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 5:58 am
by Geno
PM een van die Admins.
Jaracal
Wouter Roets
Louis102
Francois Marais.

Hulle kan rekeninge delete.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 8:12 am
by NicoSmit
ai ai dat ek julle almal moet reg help dis eintlik spuit poep!

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 8:46 am
by Marc
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 40#p341740
Pieter Willem Vorster wrote:
Koos Barnard wrote:Naandse
Die Swarovski teleskoop is verkoop.
Mooi loop
Koos, hoe kan jy 'n geskenk verkoop? ???

Oom PW met alle respek gesĂȘ, dink bietjie gou soos 'n grootmens oor hierdie stelling van Oom. Neem is ag die skrywer se agtergrond en belange. Was dit nou regtig nodig om so snedige en sarkastiese insinuasie te moes maak op 'n openbare forum ???

Ek dink regtig die Mods moet mense wat net heeldag sulke afbreukende en negatiewe tiepe komentaar lewer, vas vat. Ek het met 'n goeie gemoed opgetsaan vanmore, maar na net twee plekke waar Oom "probeer bydrae" het is my gat sommer suur. Dis onnodig man en ek is nie die enigste ou wat so voel nie. Hiers vir Oom smiley's :P :P :P

Dink bietjie voor Oom iets uitbraak op iemand anders se skoene

Hiers die ander een, help my gou verstaan hoe dit 'n bydrae gelewer het tot die onderwerp :'(

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 11#p341745
Pieter Willem Vorster wrote:Wat van hierdie?
http://www.faze.co.za/Oom%20Pine%20se%2 ... tories.htm

Groetnis

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 8:52 am
by Frederik
Marc, Stem saam met jou Oom Pieter het niks beter om te doen nie hy moet seker baie alleen wees dat hy 24 uur op die forum sit.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 8:54 am
by Louis102
Piet-Skiet wrote:..... Waar delete ek my account. Ek soek onder my profile settings mar kry niks nie? .....
Piet-Skiet, jy het 'n PM.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 8:56 am
by FCLoretz
Pieter Willem Vorster wrote:
Koos Barnard wrote:Naandse
Die Swarovski teleskoop is verkoop.
Mooi loop
Koos, hoe kan jy 'n geskenk verkoop? ???
Pieter Willem Vorster wrote:Wat van hierdie?
http://www.faze.co.za/Oom%20Pine%20se%2 ... tories.htm

Groetnis
Oom PWV, jy het op hierdie einste draad baklei met Jaco. Maar tog ploeter jy voort op dieselfde ou trant en hijack die topics met jou "slim" kommentaar. Is dit regitg nodig? Doen jy dit vir jou eie vermaak, want niemand anders hier vind enige genot daarin nie!!!

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:11 am
by Witpietskiet
Marc, Frederik en Frederick dankie vir die waarheid.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:12 am
by Beretta
Ja dit lyk vir my ou Einstein pik n traan ;D ;D ;D
Beretta ;D

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:17 am
by Marc
Stefan764 wrote:Ek dink regtig ons moderators moet ophou "versigtig wees om op tone te trap" en sulke tipe goed dadelik van enige topic verwyder. Ek dink nie dit voeg enige waarde by nie, inteendeel, manne raak opgewerk en n nice topic is in sy moer.

My gevoel is dat 90% van die "krapperigheid op die forum ontstaan uit dit. En ek sluit myself glad nie uit nie, ek maak ook af en toe n onvanpaste opmerking om n grap te prober maak maar partykeer moet daar n streep getrek word EN opgetree word, maak nie saak teenoor wie dit is nie.

Beter kon ek dit nie self gestel het

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:18 am
by LongWolf
dankie vir wat ek kon leer by die mense wat weet,
maar in die vervolg dink ek, as ek iets wil weet sal ek sekere lede pm vir hulp.

die heeldag en aldag se gebraak hou ek nie van nie, en het nie aangesluit daarvoor nie.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:20 am
by Koos Barnard
Dankie Marc, Frederik, Frederick en ander. Net vir die wat nie die stukkie oor die Swarovski gelees het nie. Nie Swarovski of Whysall het my ooit enigiets verniet gegee nie. Vir al die Swarovski produkte wat ek ooit besit het en steeds besit, het ek betaal. Die tyd toe ek vir Whysall gewerk het, het ek wel nie retail betaal nie, maar ek het vir elke Swarovski betaal. Andrew Whysall kan getuig dat ek tans nog afbetaal aan 'n Swarovski Z6 wat ek in 2013 gekoop het.
Mooi loop

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:21 am
by Eugene
LongWolf wrote:dankie vir wat ek kon leer by die mense wat weet,
maar in die vervolg dink ek, as ek iets wil weet sal ek sekere lede pm vir hulp.

die heeldag en aldag se gebraak hou ek nie van nie, en het nie aangesluit daarvoor nie.
Voel dieselfde, maar jy ken daai gesegde: If you want peace, get ready for war first.....

Dalk goed om die harde gesprekke vroeg in die jaar te praat, dan kan die res van die jaar hopelik glad en vreedsaam verloop....

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:24 am
by Beretta
Dankie Koos
Ja die geskenk storie het my ook baie die m@#r in gemaak.
Beretta

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:29 am
by LongWolf
Eugene wrote:
LongWolf wrote:dankie vir wat ek kon leer by die mense wat weet,
maar in die vervolg dink ek, as ek iets wil weet sal ek sekere lede pm vir hulp.

die heeldag en aldag se gebraak hou ek nie van nie, en het nie aangesluit daarvoor nie.
Voel dieselfde, maar jy ken daai gesegde: If you want peace, get ready for war first.....

Dalk goed om die harde gesprekke vroeg in die jaar te praat, dan kan die res van die jaar hopelik glad en vreedsaam verloop....
Eugene

dis net jammer dat ouderdom nie n refleksie is van volwassenheid nie.

ek vat die lewe op met n lag, ek glo dit hou my siel gesond,
maar daar is n plek en tyd vir als in die lewe.

respek.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:44 am
by Eugene
Beretta wrote:Dankie Koos
Ja die geskenk storie het my ook baie die m@#r in gemaak.
Beretta
Vir my ook! Want ek kry amper nooit nie..... >:(

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:47 am
by JACQUES BOTHA
ek is ook n ou so lus vir hijack ek steel sommer my eie bakkie ! enjoy die braaksels ensomeervoorts

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:48 am
by James Wilson
JB, jou vuilgoed!! Ek soek jou al heel more! Waaaaas jy? Die eerste skote moes al geklap het, bel my gou

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 9:49 am
by ROBBIE1
Jaco, ek stem hier 110% saam met Piet Skiet, aan die einde van jou LANG post, se jy dat nie een van die lede direk aangevat is nie, wat noem jy dan die feit dat jy direk Piet brandmerk as graad1, en oom PW ook direk aanvat my vriend. Die "skimp" in die rigting van die gemors wat in die lagspiere afdeling is, is ook taamlik onvanpas, en dink ek weet almal op wie dit gemik is..............

Nee jammer, jyt die draad begin, moet jy nou nie weg hol as die kombuis te warm word nie, en boonop sommer als van jou wil verwyder nie, jyt gese ons moet nie kwaad word nie, nou doen jy dit!

Piet, soos Jaco in daai selfde post se, is hier plek vir almal, ek sukkel self my gat af met die spelling checker, en gaan glad nie meer op die foon op die forum nie, dit is net so n beslommernis, so moet jou nie steur aan iemand wat jou afkraak nie, ek dink werklik Jaco skuld jou n verskoning, as hy groot genoeg gaan wees om dit net so in die openbaar te doen as wat hy jou beledig het. Wat oom PW betref lyk dit of daar n persoonlike ding tussen die 2 manne is, wat ek nie dink op die forum hoort nie!!!

Ek se weer, dis tyd vir almal van ons om bietjie groot te word, jy ook Jaco, die feit dat n mens n "vrye se" het, gaan nog steeds gepaard met menslikheid, en my mening is dat jy en almal van ons nog steeds die ander party se gevoel in ag MOET neem. Die forum is nog myne nog joune nog oom PW sin, so neem mekaar in ag, en sorter eerder n problem met n PM uit as op die forum, dit is onsmaaklik on onvanpas.

My 1/2 sent!!!!

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 10:22 am
by James Wilson
Koos Barnard wrote:Dankie Marc, Frederik, Frederick en ander. Net vir die wat nie die stukkie oor die Swarovski gelees het nie. Nie Swarovski of Whysall het my ooit enigiets verniet gegee nie. Vir al die Swarovski produkte wat ek ooit besit het en steeds besit, het ek betaal. Die tyd toe ek vir Whysall gewerk het, het ek wel nie retail betaal nie, maar ek het vir elke Swarovski betaal. Andrew Whysall kan getuig dat ek tans nog afbetaal aan 'n Swarovski Z6 wat ek in 2013 gekoop het.
Mooi loop

More Koos. Dankie, maar jy het gladnie nodig om jouself aan ons te verduidelik nie. Dit is jammer dat dit op n punt gekom het waar jy dit nodig gevind het. Ek hoop nie dit gaan beteken dat jy in die toekoms gaan ophou om jou items hier te adverteer nie?


Manne, kom ons vat hierdie nou maar net weer as n les. Dink voordat jy post. Moenie post as jy nie waarde toevoeg tot die gesprek nie. As jy kwaad is moenie in woede reageer nie, wag eers n ruk. As jy klaar gepost het, lees net eers weer jou post deur, maak foute reg en besluit dan voor jy post: IS HIERDIE POST VAN MY, IN DIE BELANG VAN DIE FORUM EN DIE GEES WAT DIT NASTREEF?.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 10:32 am
by Carl
Soms is die rede vir swak spelling nie net luiheid nie, dink nou net jy vat 'n man persoonlik aan en die rede is meer as dit.
http://en.wikipedia.org/wiki/Dyslexia
Pel van my is 'n neuro chirug, niemand sal reken hy is nog in graad 1 nie ;)

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 10:47 am
by Jakkalsgat
Robbie

Ek het nog glad nie weggehol nie en staan by wat ek in die "post" waarna jy verwys het gese het. Ek gaan nogsteeds nie vir Oom Pieter of vir Piet om verskoning vra nie aangesien ek steeds voel dat dit die waarheid is en die gemors in vir die lagspiere weet die betrokke persoon presies hoe ek sowel as ander lede oor dit voel en se ek weer ek kyk nie eers na dit nie maar maak dit nie van hom 'n slegte mens nie. Wat spelling aanbetref is dit maar net so dat party mense nie kan spel nie soos ander mense nie hulle tafels ken nie en kan jy daaraan doen net wat jy wil as jy nie "spellcheck" of "calculator" gebruik nie gaan jy dit nie regkry tensy jy weer terug verwys na jou spelreels nie. Swak spelling maak nie dat iemand se antwoord meer of minder werd is nie maar as jy blatand alle reels van skryf verontagsaam en mens jou bydraes moet ontsyfer le die probleem by jou en wys dit op 'n tekort aan selfdissipline en respek. Piet het al in die verlede ook gegroet en mense wat dreig om te loop doen dit selde dit is die manne wat net ophou deelneem en wegraak waaroor jy bekommerd moet wees.

Ek het nie gese ek wil my goed verwyder nie maar as julle nie van dit hou wat ek se of gese het nie vra die Mods om dit te verwyder, jy is wel reg oor een ding ons moet bietjie groot word.

Jy is egter welkom om my te bel dan kan ons dit bespreek, moet egter nie vir my PM stuur nie my vingers raak moeg as ek so baie moet tik.

Hijacking en braaksels

Manne die onderwerp is begin oor daar te veel "hi - jackings" op ander onderwerpe gedoen word net soos in twee onderwerpe hier bo en kom die tipe van onderwerp algemeen op ander forums ook voor waar 'n gedagte oor iets anders relevant of nie tot 'n onderwerp by jou opkom en dan in plaas daarvan dat jy daardie onderwerp "hi jack" vat jy dit na hierdie onderwerp en plaas jou gedagte dan hier. Soos Marc en Oom Koos vanoggend gedoen het en was ek maar te bly dat die onderwerp terug is op die spoor. Ek is grootliks self aanspreeklik vir die ontsporing van hierdie onderwerp :-[ omdat ek my persoonlike verskille hier kom probeer besleg het.

Ek voel ons moet tog probeer om hierdie onderwerp lewendig te hou en hom gebruik vir die doel waarvoor hy daar is. Nou, ons kan manne spesifiek en persoonlik vra om die onderwerp hier te kom "hi jack" en met mense hier verskil maar anders as die voorbeeld wat ek en ander hier gedoen het.

Kom ons bly in die baan en "Hi Jack" die ander onderwerpe hier.

Groete
Jaco

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 10:52 am
by Eugene
James Wilson wrote:
Koos Barnard wrote:Dankie Marc, Frederik, Frederick en ander. Net vir die wat nie die stukkie oor die Swarovski gelees het nie. Nie Swarovski of Whysall het my ooit enigiets verniet gegee nie. Vir al die Swarovski produkte wat ek ooit besit het en steeds besit, het ek betaal. Die tyd toe ek vir Whysall gewerk het, het ek wel nie retail betaal nie, maar ek het vir elke Swarovski betaal. Andrew Whysall kan getuig dat ek tans nog afbetaal aan 'n Swarovski Z6 wat ek in 2013 gekoop het.
Mooi loop

More Koos. Dankie, maar jy het gladnie nodig om jouself aan ons te verduidelik nie. Dit is jammer dat dit op n punt gekom het waar jy dit nodig gevind het. Ek hoop nie dit gaan beteken dat jy in die toekoms gaan ophou om jou items hier te adverteer nie?


Manne, kom ons vat hierdie nou maar net weer as n les. Dink voordat jy post. Moenie post as jy nie waarde toevoeg tot die gesprek nie. As jy kwaad is moenie in woede reageer nie, wag eers n ruk. As jy klaar gepost het, lees net eers weer jou post deur, maak foute reg en besluit dan voor jy post: IS HIERDIE POST VAN MY, IN DIE BELANG VAN DIE FORUM EN DIE GEES WAT DIT NASTREEF?.
Baie goeie raad!

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 11:05 am
by Mac
Taffie,
So paar dinge wat my dwars in die krop steek:

1. 270 kalibers
3. 223 kalibers
Vat jy my ook maar laag, ne, en dit so vroeg in die nuwe jaar. Sies vir jou.

Was jy toe by John gewees?, jou oproep gemis.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Fri Jan 03, 2014 11:13 am
by Jakkie07
Carl wrote:Soms is die rede vir swak spelling nie net luiheid nie, dink nou net jy vat 'n man persoonlik aan en die rede is meer as dit.
http://en.wikipedia.org/wiki/Dyslexia
Dankie Carl.