Page 7 of 9
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue May 16, 2023 2:17 pm
by OupaZA
Jinne die fotos maak my nou erg lus!!
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Jun 23, 2023 12:52 pm
by heywillie
Ek het die afgelope naweek geleentheid gekry om in Musina se wêreld te gaan jag. Ek het belsuit om vir Stompie (Howa 375 Ruger 20") saam te vat. Met die son op my rug en die wind in my gesig, is ek agter 'n klein troppie rooibokke aan. Ek kon net nie naby genoeg kom nie en hulle is op die einde toe daar weg met 'n groot spoed. Ek besluit toe om in die skaduwee van 'n boom te staan en kyk wat om my aangaan. Nie 5minute nie, toe kom daar twee varke in die oopte voor my ingedraf. Ek kyk vinnig deur die verkyker en kies toe om die beer dop te hou. Ek sit vir Stompie stadig op die stokke en wag dat die varke tot stilstand kom. Hulle sien of ruik my glad en kom al ander aangedraf, reguit op my af. Ek het begin dink hulle gaan nog in my vas hardloop. Op so 25m gaan staan albei van hulle plank dwars voor my en ek laat gaan 'n skoot op die beer. Hy val in sy spore met 'n vreeslike geskreeu. Hyt vir so paar sekondes gelê en skop en toe opgestaan en probeer weg hardloop. Hyt so skuins gehardloop soos iemand wat te veel gevat het, in 'n bos vas. Hyt so 5m anderkant die bos omgeval. Wat 'n lekker ervaring !
WhatsApp Image 2023-06-23 at 12.34.07.jpg
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Jun 23, 2023 2:30 pm
by DWB
Lekker!!!!!!!!!!!!
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Jun 23, 2023 4:07 pm
by Rudi Fischer
Welgedaan
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jun 26, 2023 10:02 am
by herman.bonsma
JP Sauer & Son - 7.9x57J Mauser. Die Vlakvark was so 75m op ‘n damwal toe ek hom op die blad skiet. Hy het vorentoe gestorm & in die diepkant van die dam ingeval, morsdood. Ek het alleen gejag & die vark het so 1 meter onder die water ingesak. Dit was ‘n groot alleenstryd om hom terug op droë grond te kry.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jun 26, 2023 10:06 am
by DWB
Lekker!!!!!!!!!
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Jun 30, 2023 6:34 am
by Alwyn
Diep mooi!! Darm was hy klaar af gewas vir die slag kamer

Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Jun 30, 2023 10:22 am
by Wouter Roets
Alwyn wrote: Fri Jun 30, 2023 6:34 am
Diep mooi!! Darm was hy klaar af gewas vir die slag kamer
Ja hy kort nog net conditioner en n blow wave! Mooi gedaan daar!
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Jun 30, 2023 10:27 am
by Wildjagter
Was self die afgelope naweek geseënd met n mooi beer op die voet in die Thabazimbi streek. Varke ploeg n ou land mooi om op die plaas so ons sien hulle gereeld daar. Vrydagoggend op die voet, so 1km van die kamp af, toe loop ons in die beer vas waar hy reeds vir ons staan en kyk daar waar hy besig is om te skoffel. Skoot was so 70-80m en het mooi geloop van n skietstok af. 375 H&H Mag met n 250gr Frontier Spartan is skuins onder die linkeroog in en agter by die nek uit. Bitter lekker!
IMG_20230623_104042.jpg
IMG-20230623-WA0012.jpg
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Jun 30, 2023 10:35 am
by DWB
Welgedaan!
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Jun 30, 2023 12:47 pm
by heywillie
Lyk my die wielneuse kry swaar onder die Oop Visier Bende !
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Jun 30, 2023 12:59 pm
by Capt. Yoda
Jis is n mooi Ot daai
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jul 04, 2023 10:01 am
by OupaZA
Baie Mooi Wildjagter!!
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu May 09, 2024 2:32 pm
by Stephan86
Ek was die naweek in die bevoorregte posisie om die mooi nyala bul by vriende te gaan jag. Soos jul in die fotos kan sien het die bok my eers die geleentheid gebied laat die middag na ons 'n hele middag in die veld spandeer het. Ons het hom gekry waar hy in 'n donker bos homself mooi weg gesteek het en was dit nie vir hom wat sy kop geskut het nie, sou ons hom mis.
Ons het hom tot op so 30m bekruip maar kon eers nie 'n skoot kry nie, die bok het vorentoe getrap en sy kop en nek het in 'n oopte verskyn. Ek kon die 375H&H optel en het gemaklik en stil die visier op sy nek kon hou en die sneller rustig afgetrek. Die bok het net daar geval en ons kon die mooi fotos neem met die son wat sak oor die bosveld. Die was vir my 'n besonder spesiale geleentheid om so 'n besonderse bok oop visier te kon jag.
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri May 10, 2024 8:06 am
by Wouter Roets
Baie geluk Stephan met n pragbok! Dit wil gedoen wees.
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri May 10, 2024 12:38 pm
by heywillie
Baie mooi bok en mooi geskiet ook
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri May 10, 2024 12:49 pm
by DWB
Lekker!!!!!
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Apr 29, 2025 10:43 am
by DWB
Kon darem eerste bloed trek met die 500 Jeffery.
20250427_153410.jpg
Dis darem 'n 500 kaliber vark wat 47kg uitgeslag het na 'n dag se hang.
570gr Spoor Bullet Co teen 2180fps
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Apr 29, 2025 12:36 pm
by Lategan1
Netjies - sou darem graag wou by wees om dit te aanskou.
Beste.
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Apr 29, 2025 3:45 pm
by Capt. Yoda
Lekker Deon, jy maak my elke dag net meer lus om my een 300wm n 416ruger te maak
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Apr 29, 2025 3:47 pm
by DWB
Hehehehe go for it!
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Apr 29, 2025 3:54 pm
by Capt. Yoda
Nee ek gaan verseker ek en Wout praat al so jaar oor my plan, sodra dinge net bq rustig raak aan my kant
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Apr 29, 2025 4:12 pm
by tau
DWB wrote: Tue Apr 29, 2025 10:43 am
Kon darem eerste bloed trek met die 500 Jeffery.
20250427_153410.jpg
Dis darem 'n 500 kaliber vark wat 47kg uitgeslag het na 'n dag se hang.
570gr Spoor Bullet Co teen 2180fps
Lyk soos 2 x skote voor die kop...daai ou 500tjie sukkel maar
Pragtige roer DWB!!! hoop jy kry baie plesier uit hom.
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Apr 29, 2025 4:31 pm
by DWB
@Tau ek kan jou waarborg daar was net een nodig

Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Apr 29, 2025 4:36 pm
by DWB
Ag net so bietjie ekstra perspektief...
20250427_155439.jpg
20250429_163601.jpg