Page 7 of 80
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Jul 26, 2011 11:22 am
by Tru-Life
Goeiedag,
My naam is Pieter van Zyl. Ek kom oorspronklik van Messina en is in die jagbedryf. Ek het in die ou bedeling in Zimbabwe my leerling "PH" gedoen en later my eksamens hier in S.A. gedoen. Ek konsentreer hoofsaaklik op luiperd jag maar doen enige jag. Ek het heelwat probleem luiperde afgehandel.
Ek het per ongeluk by die form uitgekom, maar is dankbaar daar voor.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Jul 26, 2011 2:19 pm
by prohunt
Welkom Pieter, hier is sommer baie kennis onder een dak.....geniet.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Jul 26, 2011 2:24 pm
by BLOK
Tru-Life
Klink of jy die lewe truly geniet met jou katjagtery. Baie welkom en geniet hom.
Blok
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Jul 26, 2011 7:05 pm
by DawieKotze
Dags? Pieter en welkom!!
Eish - die luiperdjag (-skiet) probleem is 'n hewige topic deesdae! Ek staan buite (is ongelukkig nie 'n wild- of veeboer of PH nie), maar persoonlik sal ek hom nie wil skiet nie - hy's te mooi vir my! Ek verstaan en respekteer egter al die betrokkenes se standpunte en is seker dat indien ek vee en/of wild verloor agv luiperds, sal my standpunt verander.
Snaaks - ek voel nie dieselfde oor jakkalse en rooikatte nie

Miskien is ek skeinheilig, maar daai goed teel mos makliker en vinniger as 'n luiperd?
Anycase - nogmaals baie welkom en geniet die forum - baie nice manne met baie kennis hier!
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Jul 27, 2011 6:06 am
by 2.1
Tru-Life wrote:
Goeiedag,
My naam is Pieter van Zyl. Ek kom oorspronklik van Messina en is in die jagbedryf. Ek het in die ou bedeling in Zimbabwe my leerling "PH" gedoen en later my eksamens hier in S.A. gedoen. Ek konsentreer hoofsaaklik op luiperd jag maar doen enige jag. Ek het heelwat probleem luiperde afgehandel.
Ek het per ongeluk by die form uitgekom, maar is dankbaar daar voor.
Welkom en praat lekker saam.
Groete
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Aug 02, 2011 2:39 pm
by Kruitkop
Dagse
Ek het my vriend
Google geraadpleeg oor
scope inligting en nou lees ek al n paar dae hier.
Dis altyd lekker om op n forum aftekom waar deelnemers met kennis hul mening uitspreek,
dit maak die besluite soveel makliker, altans dis wat ek gedink het.

Nou sit ek eers met n tammeletjie,
want daar is nou termes en dinge waaran ek nog nooit eers van gehoor het nie.
Ek weet sommer hierdie forum gaan my hele
budget opfoeter, maar ook dit sal goed wees.
O ja, laastens, ek skiet maar soos my g@t, maar is mal oor die veld.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Aug 02, 2011 2:52 pm
by theedge
Kruitkop wrote:

Welkom maat
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Aug 02, 2011 3:20 pm
by Raven
Kruitkop,
Welkom hier by ons, hoop jy geniet dit.
Kruitkop wrote:
O ja, laastens, ek skiet maar soos my g@t....
Solank jy jou net nie self in die g@t skiet nie....

(Grappie)
Jy sal definitief goeie raad hier kry.
Raven
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Aug 02, 2011 5:04 pm
by DawieKotze
Welkom - hiers meer kennis op die forum as op Google!!

Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Aug 02, 2011 5:14 pm
by 2.1
Kruitkop wrote:
Dagse
Ek het my vriend
Google geraadpleeg oor
scope inligting en nou lees ek al n paar dae hier.
Dis altyd lekker om op n forum aftekom waar deelnemers met kennis hul mening uitspreek,
dit maak die besluite soveel makliker, altans dis wat ek gedink het.

Nou sit ek eers met n tammeletjie,
want daar is nou termes en dinge waaran ek nog nooit eers van gehoor het nie.
Ek weet sommer hierdie forum gaan my hele
budget opfoeter, maar ook dit sal goed wees.
O ja, laastens, ek skiet maar soos my g@t, maar is mal oor die veld.
Baie welkom.
Ek is seker al jou relavante vrae sal beantwoord word.
Geniet!
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Aug 05, 2011 7:12 am
by gillie
Goeie more menere (en dames as hier van julle is)
Johan is die naam, jag met 'n Musgrave M90 dirty-06. Geniet "wingshooting" net so baie, besig met die aansoek vir die Beretta S56E.
Is nuut in die herlaai arena en gaan julle nog baie pla met simpel vrae.
Lekker Vrydag !
Groetnis
O ja... is vanaf die "big smoke"...oftewel Gangsters Paradise waar my beste vriend my .40S&W is

Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Aug 05, 2011 10:45 am
by DawieKotze
Welkom Gillie!!
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sat Aug 20, 2011 11:51 am
by Hasie
Hasie
My naam is Andre Haasbroek en ek is van caledon
Ek's n Besproeiingskonsultant
Jag al jare en is mal oor die buitelewe
Luister en lees graag wat julle manne als te se het
Groete
Hasie

Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sat Aug 20, 2011 12:11 pm
by Ponkie
Hasie
Welkom hier!!
Hier is twee manne op Stellenbosch saam my in die koshuis wat van caledon af is. Pieter en Con Blom. Jy ken hulle seker? Twee boeties wat witwarm op 'n rugbyveld is!
Groetnis
Ponkie
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sat Aug 20, 2011 12:29 pm
by wlm
Hallo Manne
My naam is Willem Symington. Boer in Williston ,Noord Kaap met Dorpers. Jag meeste van die tyd springbok met ,n 223. Wag in spanning vir 308 plankgeweer,lisensie reeds goedgekeur wag net vir die kaartjie. Lees alte lekker op die forum.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sat Aug 20, 2011 1:23 pm
by Monrique (SJ)
Baie welkom aan Hasie en wlm hoop julle geniet dit hier op die forum, en deel julle raad en ondervinding met ons ook asb.
Groetnis
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sun Aug 21, 2011 8:17 pm
by Boerseun
hi
Ek is al `n paar maande op die forum, dit is `n top forum hierdie en ek het al baie geleer en gaan nog baie leer.
Ek is vanaf prieska waar baie jakkies is.
groete
Boerseun
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Aug 22, 2011 10:02 am
by vlakhaas D
More aan almal ek is j.j. Husselman ek bly in windhoek Namibia en ek het by 'n vriend gehoor van julle site.
Ek probeer ook om die jakkalse bietjie te roei so ja dankie vir die voorreg sal bietjie lees hier wat werk en wat kan 'n mens als aanvang.
groete
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Aug 22, 2011 10:27 am
by Frikkiedbr
Goeie Dag manne , baie welkom hier, hoop julle leer lekker hier

Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Aug 22, 2011 2:18 pm
by Flip Nel
Middag Manne
Ek is Flip nel, woon in Oshakati, het die forum raakgeloop op die internet toe ek iets gesoek het. lief vir jag en my 9.3x62, met my 300 Win 'n kort koppie behind soos hulle s?
Hou daarvan om met nuwe dinge te speel en te toets, en ja dit het al 'n duur speletjie geword maar bly nogsteeds lekker.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Aug 23, 2011 2:24 pm
by DawieKotze
Welkom aan al die nuwe manne!!
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Aug 24, 2011 8:57 am
by Vantheman
Hallo Manne
My naam is Johan, ek bly in Zeerust.
Ek lees nou al geruime tyd julle forum en het besluit om aan te sluit.
Ek sit juis nou met 'n dilemma oor die keuse van vervaardiger.
Geniet die forum baie en hoop om dit nog vir lank te doen.
Dankie.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Aug 24, 2011 12:47 pm
by Hein (Haan)
Hi my naam is Hein en ek is van Vryburg lees al n paar weke die forum
hoop ek sal lekker kan saam praat
Hein

Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Aug 24, 2011 12:48 pm
by Geno
Welkom Hein,
geniet die forum!
Groete,
Eugene
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Aug 24, 2011 12:50 pm
by BLOK
Hein wie??
Baie welkom