Gebede versoek

Post Reply
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Gebede versoek

Post by Marc »

Ok manne waar begin mens........

Die laaste vier weke was aan en af, op en af .... en na vandag het ons uiteindelik 'n idee waarnatoe ons 2013 gaan lei.

Chenique se LCH is terug, kan nog niks in haar bloed toetse kry nie, maar al die ander goeters is daar en die bloed sal eers wys as dit al redelik gevorderd is. Sy het ook in twee weke so 500gr verloor {Waar's die sug imoticon}.

Vandag het ons beenmurg laat trek vir verdere toetse en ook om te bevestig hoe agresief hulle die behandeling gaan moet maak. As dit nie in haar murg is nie gaan dit aansienlik "ligter" behandel word en maak haar mortaliteit syfer ook aansienlik laer. Sy het maar baie seer vanaand, maar gelukkig het Liewe Jesus haar pa 'n Medic gemaak.

Die toetse gaan so 1-2 weke neem en dan moet hulle met die Amerikaners konsulteer oor watter behandeling mees van pas gaan wees die keer.

Ek vra dat julle steeds sal saam bid asseblief en Glo dat die pad nie verniet is nie, God het 'n plan met ons elkeen en niks is buite Sy beheer nie !!!

Ek het weer vandag met 'n Pa gepraat wat sy dogter na twee jaar se harde baklei {drie amputasies later} verloor het en dertien jaar later sukkel hy nogsteeds om dit te verwerk. Sy was vier jaar oud gewees. Daar is baie siek kinders daar buite, elke aand. Bid gerus aanhoudend vir hulle, al weet ons nie wie hulle is nie, hulle het julle elke dag nodig.

En as jy gelukkig is om gesonde kinders te h?, waardeur hulle elke liewe dag, hou op om hulle voor die TV/rekenaar te plant na ete en neem hulle uit/lees een boek saam en spandeer gerus meer tyd saam as familie. As jy hulle wil vermoor oor hulle jou brusend maak en grensloos irriteer, haal asem en s? dankie Here dat ek kinders het wat my huis kan omkeer en gesond genoeg is om my te kan opwerk. Ander sou enigiets gee om met hulle kinders by die huis te kon raas vir net een dag .....

Dankie manne

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Gebede versoek

Post by vlakvark1 »

Sterkte Marc ons dink aan die tyd vir julle wat voorl? en bid vir julle
Mag God by julle wees
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Gebede versoek

Post by DWB »

Marc, ons bid vir julle.

Niks is groter as ons GOD se almag nie!

Mag Hy genesing bring.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Gebede versoek

Post by BRNO (Pierre) »

Marc wrote: En as jy gelukkig is om gesonde kinders te h?, waardeur hulle elke liewe dag, hou op om hulle voor die TV/rekenaar te plant na ete en neem hulle uit/lees een boek saam en spandeer gerus meer tyd saam as familie. As jy hulle wil vermoor oor hulle jou brusend maak en grensloos irriteer, haal asem en s? dankie Here dat ek kinders het wat my huis kan omkeer en gesond genoeg is om my te kan opwerk. Ander sou enigiets gee om met hulle kinders by die huis te kon raas vir net een dag .....
Hierdie is so waar. Ek het gister daar in Deon se wereld langs n graf my niggie net sien staar na die kis van haar vyftienjarige dogter, wat geneem is in n motor ongeluk. Daai vrou, pa en broer is gebreek.

Marc, hier op die forum het jy al n vriend geword, en vanaand bid ek vir n vriend se kind verligting, en uitkoms. Baie sterkte vir die tyd wat voorle!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Duppie 22-250
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Tue May 01, 2012 11:28 pm

Re: Gebede versoek

Post by Duppie 22-250 »

Marc

sterkte Maat ons dink aan julle en hou julle in ons gebede.

hou ons op hoogte ons GLO dit sal net beter gaan nogmaals sterkte. Sy Genade is vir ons genoeg.

groete Louis
22-250 ruger m77
357 mag uberti
7x64 brenneke remington 700
12 boor over and under brno
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Gebede versoek

Post by Kalahari »

Marc

Sterkte ou maat, mag julle krag en seen van Bo ontvang.
Bid vir julle
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Gebede versoek

Post by kopskoot »

Marc

Ek admireer jou kalmte, en dat jy die met ons deel. Ek het n benoudheid oor my, en my trane le vlak terwyl ek hierdie post lees. Ek het self n klein, besige seuntjie en kan net probeer dink hoe jy vannand voel.

Wel sterkte mater, en al ken ons mekaar nie is jy welkom om enige tyd te skree as ek iets kan doen.

Ek dra jou, jou dogtertjie en jou familie op waneer ek vanaand stil raak.

Sterkte, en hou ons asb op hoogte.
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2488
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Gebede versoek

Post by Flip Nel »

Marc sterkte bid vir jou
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Gebede versoek

Post by Frikkiedbr »

Marc jy het trane in my oe gesit met daai van waardeer jou kinders as ons het.
En ja dit is nie lekker om te sien iemand wat jy so lief het agter uit gaan nie en mens kan omtrent niks doen nie.
Dit is glad nie lekker nie, en ja God het 'n plan met alles.

Baie sterkte daai kant en ons sal bid. En julle en ander ook op dra na God.
Hy is almagtig en sy liefde is groot, al vertsaan ons dit nie altyd nie.

Groete
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Gebede versoek

Post by Gerhard »

Marc,

Jy en jou familie maar veral Chenique is in my gebede...

Ek het laas jaar Feb my suster aan kanker verloor.

Soos jy reeds gese het.

Geniet en waardeur elke oomblik.

Chenique is n bakleier wees sterk vir haar wanneer sy moeg is en baklei saam met haar...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Gebede versoek

Post by VdWalt »

Sterkte - ons bid vir julle.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gebede versoek

Post by Wouter Roets »

Marc

Ek vermy al vir n paar dae hierdie stukkie want ek was juis bang ek gaan lees wat ek nou net het! Ek sit hier met hoendervleis en trane wat dans in die oe! Ek kan myself nie eers indink hoe moet julle voel nie.

Wat kan n mens anders se behalwe ons neem julle op in ons gebede en hou julle op n spisiale plek in ons gedagtes. Baie sterkte in hierdie ontsaglike pad voorentoe!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Gebede versoek

Post by Carl »

Marc, baie sterkte. Ek bid vir jou en jou vrou vir krag en standvastigheid in geloof, vir Chenique vir genesing en dat die Vader julle al 3 in sy hande sal toevou.
Dankie vir jou mooi boodskap!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Gebede versoek

Post by matewis »

Wees sterk Marc, dink regtig aan julle.

Jesaja 40
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Gebede versoek

Post by PJS »

Sjoe Marc jy maak n mens stil met jou woorde. My koring is nog groen op die lande en daarom kan ek my net indink hoe moeilik dit moet wees. Die pad wat Hy vir ons uitwerk is nie altyd die maklike weg nie, daarom kan ek maar net vir jou en jou familie bid dat julle die genade, vertroosting en leiding van die Heilige Gees kan ontvang om die moeilike tyd meer draaglik te maak.
Groete,
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Gebede versoek

Post by Louis102 »

Marc, ek glo baie van ons het, soos ek, nie die regte woorde nie.  Weet net dat ons vir julle bid.  Ek het 2 gesonde kleingoed en het hulle vanoggend 'n ekstra stywe dankbare drukkie gegee.

Sterkte & wysheid.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Gebede versoek

Post by SV MAD (Henk) »

AI Marc. Staan sterk, God sal met julle wees. Wees sterk voor jou dogter en familie en help hulle, en as jy net wil praat, kom praat hier.

Here God, help U asb vir Marc en sy gesin in hierdie tyd
Amen
ek soek nog wapens...
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Gebede versoek

Post by Hugov »

Vreeslik baie sterkte Marc.
Bid vir julle as familie.
Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Gebede versoek

Post by LoveHenties »

Wat kan mens s?? Ek dra julle in my gebede.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Gebede versoek

Post by Jakkalsgat »

Marc

As ek op unread posts click en hierdie een kom op is daar altyd 'n beklemming om my hart want ongelukkig voorspel die topic onheil en vriende se seer, ek sukkel om ander mense se seer te hanteer.

Ek het reeds vir jou en jou gesin opgedra aan ons Vader net soos vele ander hier voor my, wat nou moet gebeur is dat ons eerstens moet glo en tweedens vertrou op ons Skepper volhard in gebed en staan sterk ou maat.

Hou ons op hoogte, julle sal hier deur.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Gebede versoek

Post by Marc »

Manne Glo wat julle wil en getuig soos julle wil

Vandag hol die kleinding in die huis rond en het haar Nanny teen die mure uit so besig is sy  ;D Dit alles met 'n wond op haar ruggie waarvan die pleister nog nie eers geruil is nie so vars is die seer. Ek gaan niks verder s? nie  ;)

As haar leiding en ongemak 'n verskil in iemand anders se lewe kon maak, was alles die moeite werd. God gee ons niks wat ons nie sal kan dra nie, ons is rustig en Glo en Vertrou dat dinge sal loop soos hulle moet....elke goeie dag is een vir die boeke en elke rowwe een is die volgende more reeds vergete. Ons bou ons toekoms op vandag en top nie oor more se sorge nie.

Baie dankie aan jul elkeen vir julle ondersteuning, self julle wat nie komentaar lewer nie. Jy sal "sien" wat jy moet en "lees" wat nodig is  :angel: So is ons elkeen se pad gel?. Hierdie Forum is my tweede huis en julle my familie.

Gese?nd aan julle elkeen, as ek Oom Pine se woorde mag leen  8)

Sal julle op hoogte hou van enige groot verwikkelinge.

Mooiloop
Marc
Last edited by Marc on Thu Sep 06, 2012 5:05 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Gebede versoek

Post by DWB »

Amen.

Marc, jy en jou familie is inspirasie en 'n voorbeeld vir ieder en elk.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Gebede versoek

Post by Jaco Swart »

Marc.

Dis goeie nuus as die kleinding rondhol.

Sterkte aan julle.

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Gebede versoek

Post by Freddie101 »

Ai, Marc.
Kan net se sterkte. Dink aan jou.
Freddie
yol bolsun
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Gebede versoek

Post by Izak H »

Naand Marc

Sterkte in hierdie onseker tyd, ek bid vir jou en jou gesin/familie. Mag julle God se nabyheid op besonderse maniere ervaar.

As 'n man se kind so siek is maak dit jou klaar en kan net die Here en vriende jou dra, soos ek ook 'n paar jaar terug ervaar het, die aand het my vrou swanger en gelukkig gaan slaap en binne 48 uur in Bloem in ICU gele.

Image

Dis waar ons begin het amper 5 jaar terug op 31 weke, 56 dae in ICU. Taffie se groot pel !

Deel met ons, dit maak jou/julle las ligter, want ons help dra !

Sterkte Izak H
Post Reply