Page 8 of 9
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Apr 29, 2025 5:08 pm
by Capt. Yoda
Lekker size vark daai
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jun 09, 2025 9:24 am
by heywillie
Het einde Mei in Baltimore se omgewing gaan jag.
Kon 2 rooibokke en 'n vark met die 375 Ruger bykom.
Rooibokke was op 24m en 34m geskiet. Vark op 49m.
R Ooi.jpg
R Ram.jpg
Vark.jpg
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jun 09, 2025 10:49 am
by DWB
Lekker! Geluk!!!
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jun 09, 2025 11:54 am
by heywillie
Kon die 270gr Peregrine VRG3 uit die vark herwin. Het hom reg van voor geskiet, effe laag deur die snoet, maar die punt is reg deur in die enjin kamer in.
270gr VRG3a.jpg
270gr VRG3b.jpg
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jun 09, 2025 3:46 pm
by JAGTERSREG-JRM
Eerste dier met die 45/70 in 2019
Ek het n Vortex 3-9 teleskoop op die Marlin 45/70 monteer en die dag toe die jag begin staan die kruishaar skoon skeef. Net daar besluit ek ek ruk hom af en skiet met die fabrieks gaaitjie visier. Het sommer so vinnig op 50m geloer wa slaan hy vas op n miershoop ......so 2 duim laag maar die vertikale lyn was presies......Rukkie later het die Wildebees n geleentheid gegee. Moet se dit was nogals n lekker jag in die ruigtes.
Dis nou na paar jaar terug maar vermoed teen die tempo wat mens se oe agteruit gaan sal die tipe jag nie meer vir lank moontlik wees nie.
Ek ys vir die dag wat ek nie meer my Merkel 470 kan geniet nie!!!
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jun 10, 2025 8:39 am
by HeinSavage
Kobus,
‘n Ou “rooi kolletjie” verleng darem die oë se vermoë nog ‘n paar jaar….
Sent from my iPhone using Tapatalk
Oop visier bende.
Posted: Tue Jun 17, 2025 12:17 pm
by tau
Ek was baie bevooreg om in die noorde van Namibia teen die rooilyn te gaan jag. Dit is 4000km retoer tot daar en terug, maar dit was die moeite werd.
Maroelaboom area het ontsettende mooi reën ontvang en die bos wat baie ruig en die gras lank. Die jag was baie uitdagend en lekker.
Ek het my geliefde .375 Ruger saam geneem met 'm Aimpoint Micro op.
Ek kon 1 x eland bul, 2 x Vlakvark bere en 2 x BWB bulle suksesvol jag.
Ek het in 2006 5 dae in die area Elande gejag sonder sukses te voet. So my wens was vir 'n groot bul in die drie dae se jag.
Die veld is tans pragtig Ons het na 2km 'n trop van 3 bulle se poor gekry wat vars was en na 7km en 100meter se kruip kon ek op 50meter die kleinste bul in die trop skiet.

Toe ek by hom kom het eers besef hoe groot hy is.

Die GS Custom 265gr HV het mooi gewerk en aan die anderkant van die bok onder die vel gesit.

Bok se groote langs ‘n polo
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jun 17, 2025 12:29 pm
by DWB
Baie Mooi Tau! Julle het seker gesk#t om daai bok in daai Polo te laai!
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jun 17, 2025 2:13 pm
by Capt. Yoda
John, jys baie donkerder as wat ek onthou
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jun 17, 2025 2:35 pm
by tau
DWB wrote: Tue Jun 17, 2025 12:29 pm
Baie Mooi Tau! Julle het seker gesk#t om daai bok in daai Polo te laai!
Daai man het 3 x vlakvarke daarin gelaai!!!! Was die bouer by die lodge

Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jun 17, 2025 2:40 pm
by tau
Die plaas waar ons gejag het het baie wild en die eienaar het 'n shoot and sell permit.
Hy het gevra ons moet vir hom extra wild skiet en kon na 16:00 in hides gaan sit en skiet. EK het dit twee aande gedoen en elek aand 'n vark geskiet. Dit is baie effektief, maar ek gaan stap eerder in die veld as om so te sit my ADHD sal dit nie maak nie.
Kon die vark aand een skiet en besef toe ek het op 50meter tussen die ogies gemik en toe val die skoot regs... my Aimpoint het losgekom!!!
Aand twee se vark:

Oop visier bende.
Posted: Tue Jun 17, 2025 3:00 pm
by tau
Soos genoem die boer het vleis gesoek om te verkoop die groep het in totaal 2 x Kameelperde 3 x elande, 5 x BWB en 7 Vlakvarke geskiet waarvan ons net 2 x elande en die vlakvarke gevat het die res is verkoop aan slagters met 'n shoot and sell permit.
Die boer het gevra dat ons net nie binne die wildskamp trofee Kudu en ELande skiet nie en dan ook geen Zebra's, Waterbokke en klein wild nie. Buite die wildskamp was enige dier behalwe monster Kameelperde reg gewees om te jag.
Ek het my Eland bul gekry so wou fokus op wat hy wou "cull" in sy wildskamp. Hy wou graag BWB en Kudu koeie verminder so ek het op hulle gefokus.
Ek was dag twee al 06;40 in die veld met my gids al was dit nog donker. Ons het vroeg 'n Kudu spoor opgetel en begin volg. Teen 08:30 loop ons trompop in hulle vas en ek skiet op 40meter 'n baie gemaklike kopskoot op 'n groot koei........ wel ja ne 23 kilometer later en wat soos 40 liter bloed voel verloor ons die koei.

Bloed waar bok gestaan het met impak van skoot.
EK het 1.5 dae agter haar aangeloop voordat die bloed opgehou het en ander koudoes bo oor haar spoor geloop het. Die Boesmans se spoor vermoë is bitte rgoed en om 23km op 'n spoor te bly vat baie stamina en kennis.
Ou lesse nuwe probleme mens vergeet mos graag. Kopskote en groot monos koeels is nie so great plan nie. Soms al is jy 100% seker van jou skoot gebeur daar snaakse dinge. Dit is die eerste groot bok wat ek in my lewe verloor en dit met my .375 !!!!
Bloed 24 uur later en waar ek dink die Kudu geslaap het
Ek het uiters sleg gevoel ek hou nie daarvan dat diere lei nie.
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jun 17, 2025 4:44 pm
by tau
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jun 17, 2025 8:33 pm
by Koos Barnard
Baie geluk John! Lekker om te lees en pragtige foto's. My hart trek met 'n punt Suidwes toe.
Mooi loop
Re: Oop visier bende.
Posted: Wed Jun 18, 2025 10:03 am
by Wouter Roets
Baie geluk John met n bitter lekker jag. Jammer oor die koedoe, maar soos die manne se as jy nog nie gekwes het nie het jy nog nie genoeg gejag nie. Pragtige area daai.
Groetnis
Wout
Re: Oop visier bende.
Posted: Wed Jun 18, 2025 10:35 am
by tau
EK moet nou met julle deel want dit klink onwerklik.
Ek skiet die tweede BWB teen my sin amper. Soos genoem die boer het gevra dat ons hulle skiet as ons kans kry oor hy teveel in sy wilds kamp het.
Die gidse hou van jag, dit is in die Boesman mense se bloed so as jy nie iets skiet nie na 8-10 ure op die voet verstaan hulle nie. Die BWB het verseker 'n doods voordeel gehad by Sanlam of Discovery. Ons sit plat en doodstil toe ons hom gewaar en hy kom al nader. Op 70meter sê ek nee, op 50 meter nee...so maak ons 'n merk in die sand as hy verby dit kom sal ek hom skiet. Op 30meter raak my selfbeheering min en ek vaal soos enige swak gedisiplineerde jagter.... Ek skiet die groot bul van voor in die kop. Soos verwag val hy net daat nadt die GS custom 265gr hom tref.
Die gidse is bly en ons stap nader. Ek tik sy oog en besef hy id dood, maar sy oog reageer nog so liggies. EK trap sy horing vas en die gids steek sy slagaar af en druk die mes in die nekwewel/ kop aansluiting in die bok gee so paar styf trekkings en alles is verby.
Die gids trek my mes uit die bok en vee hom skoon teen die vel....volgende oomblik staan daardie dooei bok op!!! hy jaag die gids met sy mes in sy hand en hol tensminste 10 tree regop. Die ander gids hol weg met my ontlaaide veilige wapen in sy hand reguit in 'n Dolhout boom vas. Die bok se kop en voorkwart tuimel na voor en hy hardloop met sy kom in die sand seker nog 20meter. Ek gruip my geweer by die gids en hulle skreeu skiet hom, skiet hom.
Ek en hulle weet die bok is dood en nog 'n skoot gaan geen verskil maak nie. Ek skiet maar oor ek weet BWB is dood, maar tog beweeg hy nou hier rond soos 'n D8 high track gat in die lig. Ek skiet vir sy kop en hy val weer dood. Ek kom by die bok en tik op sy oog hy is dood helemal dood. My tweedeskoot was laag en het nie die brein getref nie. Een gids staan en lag die ander een vryf sy kop ernstig van die Dolfhout boom impak. Ek staan verstar en besef ek het 'n charge oorleef van 'n dooie BWB.
Klinies dood, maar in die werklikheid nie!!!
Re: Oop visier bende.
Posted: Wed Jun 18, 2025 11:35 am
by Capt. Yoda
tau wrote: Wed Jun 18, 2025 10:35 am

Jip ek het julle mos vertel laas jaar het die selle ding met my gebeur, 2 keer met selfde RHB.
Hyt my onderstebo geskop na hy dood was toe hulle sy keel af sny en toe in die goons geskop na hy weer dood was agter op die cruiser en toe op gestaan het met ons saam hom agter in die cruiser.
Re: Oop visier bende.
Posted: Sat Jul 05, 2025 8:14 am
by Eduard Venter
Vir 'n slag weer bietjie kans gekry om self iets te jag met die oop visiere. Ek het een van my pelle 'n kans gegee om eerste te skiet. Bos was verskriklik ruig so het maar sukkel gegaan om 'n oop lyn te kry. Na so uur se bekruipery uiteindelik die groot bul geskiet terwyl hy deur 'n gangetjie in die bos loop. Ek kon sien die skoot val mooi, en so 50m verder die bul hoor neer slaan. Toe ons nader gaan sien ek die jong bul staan en kyk vir sy maat wat geval het en ek kon darem 'n skoot met die 375 kry op so 20m. Dit was al amper donker in die ruig bos so ek het opsetlik bietjie hoog geskiet dat die bulletjie net daar kan val.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Sep 12, 2025 8:40 am
by heywillie
Ek het geleentheid gekry om die laaste naweek in Augustus in Musina se wêreld teen die Sand rivier te gaan jag.
Oudergewoonte het ek die 375 Ruger ingepak.
Daar gekom, het die plaas bestuurder my ingelig daar is 'n njala bul met my naam op.
Dit is 'n spesie wat ek nog nie gejag het nie, dus het die opgewondenheid hoog geloop.
Ons is nie lank na my aankoms in die veld in. Het 'n paar bulle raakgeloop, maar nie een van hulle kan gegee nie.
Dit het lekker warm geraak hier teen 11uur se kant (±36°C), so ons is terug kamp toe met die plan om weer so 2uur uit te gaan.
Soos bespreek is ons 2uur te kant weer veld toe.
Na so 2ure se loop, het ons 'n bul gesien wegbreek in die ruigtes in. Ons het hom stadig agterna gesit.
Hy het in die skadus vir ons gestaan en kyk en ek het 'n skoot gekry op so 30m.
Die skoot het geklap en die bul het net daar geval.
Eers toe ons by hom kom, het ons werklik gesien watse mooi ou bul dit is.
Als het baie mooi uitgewerk - my eerste njala, gejag met die 375, oopvisier, in een van die mooiste dele van ons land.
Die kersie op die koek - sy langste horing het die maatband op 30" getrek !
Njala.jpg
Njala1.jpg
Njala2.jpg
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Sep 12, 2025 8:48 am
by Henna308
Daai lyk baie lekker Willie! Geluk met die mooi bul.
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Sep 12, 2025 8:58 am
by DWB
AITSA!!!!!!!! Baie Geluk!!!!!!!!!!!!!
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Sep 12, 2025 9:09 am
by Capt. Yoda
Besonderse mooi bul, baie geluk Willie!
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Sep 12, 2025 12:16 pm
by partner
Pragtige Bul. Baie Geluk.
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Sep 15, 2025 10:12 am
by Wouter Roets
Baie geluk Willie met n besonderse bul! Well done!
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu Sep 18, 2025 9:22 am
by Frederik
Netjies almal ek moet se die jaar se jagte was nou nie so opmerlik soos die vorige jare nie miskien bou dit net op vir lekker groot jagte volgende jaar.
Niks met die Lott geskiet die jaar nie.