Page 8 of 80

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Wed Aug 24, 2011 12:58 pm
by BLOK
Nou gesien dis jy mr. Kok hoe lyk dit in Vryburg hooe dit wat nie weg gewaai het nie is weg gebrand

Blok

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Wed Aug 24, 2011 4:06 pm
by Hein (Haan)
Jes Blok

Is bly om n bekende ook raak te loop :D
Ja wat ons probeer maar aan gaan tussen die rook en wind wat so erg is.
Hoe lyk dinge nog da in potch?

Groete

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Wed Aug 24, 2011 4:17 pm
by BLOK
Hier loop alles ook soos die wind dit wil he. Nie geweet jy hou ook van skiet nie, so leer mens mekaar met die tyd ken

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Thu Aug 25, 2011 4:26 pm
by BLOK
Eric dis mooi om te kom groet so mis jy jou naam. ;D

Welkom

Blok

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sun Sep 04, 2011 5:46 pm
by foxbat25
Dags? Manne,

Ek hang nou al 'n rukkie hier in die donkerte buite die lig kol rond en lees graag wat julle manne s?.  het darem al so paar jakkies op die kerfstok, meeste geskiet met ry en soek metode.  Sal graag nog die roep dink wil probeer.

Geniet dit
Eugene
Dunnottar

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Sep 05, 2011 10:54 am
by 2.1
Welkom aan al die nuwelinge. Geniet dit

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Sep 12, 2011 2:10 pm
by Philip
Hello almal,
My naam is Philip Moolman.Ek is n boogjagter asook n geweerjagter wat basies vir al my kalibers herlaai.Vir die afgelope omtrent 30 jaar is ek n biltong/trofee en boogjagter vir oor die 20 jaar.Die groot 5 ontduik my nog,maar verder het ek omtrent al ons gewone wild gejag.
Ek maak ook my eie pyle op en bou my eie snare en kabels ook.
Groetnis

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Sep 12, 2011 2:22 pm
by BLOK
Welkom Philipm geniet hom

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Tue Sep 13, 2011 3:31 pm
by DawieKotze
Welkom Philip!

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sun Sep 18, 2011 6:17 pm
by Jeep 1
Hallo almal

Ek is jp Marais ek kom van Kookhuis af ek is nog jonk en wil baie leer op die Forum.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sun Sep 18, 2011 6:27 pm
by Izak H
Welkom Jeep

Hier gaan jy baie leer, jy gaan net baie moet lees. Kry sommer die ou man dat hy ook saam lees, haha!!!!

Groete Izak

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Sep 19, 2011 4:40 pm
by Nuweseun
Welkom JP

Jys by die regte plek, hier gaan jy baie leer, daar is 'n klomp baie wyse manne hier op die forum.

Geniet dit

Nuweseun

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Sep 19, 2011 6:27 pm
by BLOK
Jeep1

Welkom en lekker leer, onthou hier skryf jy nie eksamen nie so vat jou tyd ;) :D

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Thu Sep 22, 2011 8:29 pm
by visstok
goeie dag almal, eks Alex Badenhorst en eks verslaaf aan jakkals en rooikat roep! Ek jag net deeltyds, elke kans wat ek kry, werk as n meulenaar en hou my baie besig. ek jag op my ouers se grond in die oos kaap en dan in die vrystaat, ek bly in wesselsbron. Het nou al vir so 2 weke op die forum rond gesnuffel en vind al die praadjies baie interesant, sien uit om saam te gesels!!!

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Thu Sep 22, 2011 9:56 pm
by theedge
great om van jou te hoor welkom maat

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Fri Sep 23, 2011 7:52 am
by JPS
Hartlik Welkom Alex.

groete
JP

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Fri Sep 23, 2011 7:57 am
by BLOK
Visstok

Welkom en ek hoop jy word gehook hier.

Blok

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Thu Sep 29, 2011 9:33 pm
by PJS
Naand manne

Ek is ook al n geruime tyd hier op die forum, maar ek lees eerder as wat ek praat.  Julle manne het baie kennis. Dankie tog daarvoor. Dan kan ek ook leer. In elk geval ek is ook woonagtig in Potchefstroom soos sommige van julle. Sal graag meer  Jakkie se kind wil skiet, maar het nie altyd die geleentheid nie. Ken darem so n boer of twee in die omgewing, maar hulle is nie so aktief agter jakkie aan soos ek sal wil nie.
Dankie vir al die insiggewende sake wat julle kwyt raak.
Groete,
PJ

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Thu Sep 29, 2011 10:04 pm
by langloop
Welkom!  Hoop jy gaan dit geniet!

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Fri Sep 30, 2011 7:35 am
by BLOK
Daarshy

PJ welkom hier op die forum ek is bly jy het toe kom aansluit jy sal dit geniet en al daai vrae wat jy altyd het hier sal jy antwoorde kry.

Pasop net die site raak verslawend

Blok

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Oct 03, 2011 9:15 am
by BIG LION
Dag manne.

Jacques van Namibia, ek is `n nuweling op die Forum en geniet elke oomblik van alles. `n mens leer baie by die ouer manne wat baie kennis het.
Soos hulle altyd se " LAAT DIE KOPPE KRAAK"
Groete
Jacques

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Tue Oct 04, 2011 5:46 pm
by Louis Steyl
hallo. Eks louis van namibia. wag nog vir my licence vir my nuwe 243 ruger m77 target. ek het mooi raad gekry van wat se KD ek moet op sit. dankie aan Francois se broer.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Tue Oct 04, 2011 6:23 pm
by engels
Goeie naand, ek is Nico Engelbrecht en lees die Forum reeds vanaf 2010 en geniet dit terde?. Was egter baie versigtig om op die forum deel te neem en my vrae te vrae n.a.v. die teregwysings t.o.v. die korrekte terminologie maar hopelik het die saak nou tot 'n slotsom gekom..

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Tue Oct 04, 2011 6:31 pm
by Jaco Swart
Engels

Baie welkom hier..
engels wrote: Was egter baie versigtig om op die forum deel te neem en my vrae te vrae n.a.v. die teregwysings t.o.v. die korrekte terminologie maar hopelik het die saak nou tot 'n slotsom gekom..
So hoop ons maar almal.

Groetnis