Dankie Jackie
Ek is veral lief vi kindes wat lief is vir die natuur

en dan natuurlik ewig dankbaar teenoor hulle ouers wat hulle so grootmaak

Daar's net te veel "coach potatoes" daar buite, ek ky die volgende generasie verskriklik jammer en hoop net daar bly iets vir hulle oor, want vandag se kinders stel net nie meer regtig belang nie
So baie goed loop vandag net reg, ironies nadat ons sulke slegte nuus moes ontvang, die Baas weet waarmee Hy besig is
So vandag hoor ons dat Chenique se toets uitslae wys dat 33% van haar beenmurg besmet is met die LCH selle, tegnies sit dit is ons nou in 'n slegter posisie as toe ons afgeskop het want toe was dit nog nie in haar murg nie, maar net in die been. So ja n?, harde bene l? voor vi Sussa, die behandeling gaan rof gaan die keer, al wat ek kan Vrae is dat die Oom daar Bo haar tog sal stuif vashou en dat alles, soos laas, binne 'n oogwink sal verby wees
Ons kan maar net Glo en Vertrou, dinge is uit ons hande en ons troos ons daarin dat die span Dokters en Profs wat haar behandel van die beste in die land is
Ek het vroe?r vir Deon genoem dat dinge darem snaaks verloop, vandag was ironies die eerste dag in weke wat sy nie mank geloop het nie. Sy het amper gesond voorgekom

So weet die liewe Vader ook net hoe om alles te hanteer, soms dink ek ons moet net leer om die stuurwiel te los en die Autopilot te vertrou, maar aai die mensdom en sy eie hardkoppige wil wat altyd dinge "self"wil probeer regkry
Nou ja eers genoeg, ek sal laat weet hoe haar behandeling gaan verloop. Ons gaan eers 'n vol ligaam CT doen en dan hoor of die fonds die beter duurder medikasie sal betaal. Een ding op 'n slag
Gese?nde aand vir julle, gee julle kiddies tog elkeen 'n stuiwe drukkie vanaand
Mooiloop
Marc