Page 75 of 80

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Jul 01, 2019 4:51 pm
by Apie
.338sabi wrote:Goeie dag.
My naam is Kobus Smit.
Ek het vir my .338 Sabi laat bou deur Eugene Combrink van Nelspruit.
Ek wil graag met mense gesels wat ook so n kaliber het.

Groete
Kobus
Lekker kaliber!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sat Jul 06, 2019 6:07 pm
by ettiennebos
Goeie dag aan almal.
Ek is Ettienne Boshoff, woonagtig te Welgemoed, Kaapstad.
Ek jag gewoonlik so 4-5 maal per jaar in die Noord en Oos Kaap en Namibie.
Groete
Ettienne

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sun Jul 07, 2019 8:26 am
by PWV
Welkom ettieninnibos. Nou hoekom het jy my nog nooit saamgevat nie?

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Tue Jul 09, 2019 8:53 am
by KosieKleilat
Hallo daar

Ek is Stanley van die Paarl.

Puik forum wat julle bedryf met baie inligting om deur te werk.
Groetnis.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sat Jul 13, 2019 2:43 pm
by AndrePM
Middag manne, julle forum is baie interesant en leer mens baie. Dankie vir die toelating, bly om te sien dat manne bereid is om hulle kennis te deel. Wag op die oomblik vir my 6.5 Creedmoor lisensie. Hou aan met julle goeie werk.
Andre (Brackenfell Kaapstad)

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sat Jul 13, 2019 5:40 pm
by THOMAST
Welkom Andre, gaan jy herlaai?

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Thu Jul 18, 2019 11:41 pm
by AndrePM
Naand Thomast. Dis die plan, voel ek wag al n ewigheid vir my lisensie. Lyk my niks gebeur meer vinnig nie. Lekker aand

Sent from my PRA-LX2 using Tapatalk

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Fri Jul 26, 2019 2:03 pm
by akading
hello Julle,

Iets het seker iewers fout gegaan, maar ek deel graag my info vir julle.

ek is al van 2013 n deel van die forum, en het baie hare terug wel gepost, maar geen probleem.

Ek bly huidiglik in die buiteland, maar kom nog gereeld SA toe. Ek het nog besighede in SA.

sover die gewere betref wil ek vir sekuriteids rede nie alles deel op die internet nee, maar ek kan wel se dat ek van die mees gewildste kalibers besit. ;)

Ek moet se die forum is n geweldige bron van informasie, en het al bitter baie hier geleer.

Nuwe aansluitings

Posted: Sun Aug 04, 2019 7:59 pm
by KaalVoetKlong
Naand se Nuweling hier hoop om baie te leer by julle
Jaan Van saldanha

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sun Aug 04, 2019 8:44 pm
by Aceofspades
Kaalvoetklong en Akading, weereens, dan , baie welkom. Kom begin maar 'n vuurtjie en kyk hoe de tonge lek. Moet asseblief net nie daardie gekleurde poeier goed kom ingooi nie.

Kriek

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Thu Aug 29, 2019 11:17 am
by Jako
Midag almal.my naam is jako brits van witbank.
Ek jag met n 303 lee Enfield.
Eks hier om te leer.
Lee's graag artikels raakende jag en herlaai
Van 303 geweere.
Groete jako

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Thu Sep 19, 2019 11:42 am
by FransCloete
More More

Ek is Frans van Ellisras. Die Hart van die Bosveld

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Thu Sep 19, 2019 12:40 pm
by FHM
Dagse Frans en al die nuwe manne.
Bly om julle hier by ons vinnig-groeiede laer te kan betrek.
Span uit en kom rus en skerts saam ons onder die boom :)
Sien uit na julle bydraes.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sat Sep 28, 2019 7:29 pm
by Boesman1
Naandse almal

Ek is Luhan Jonck van Oudtshoorn en is al n rukkie op die forum.

Het al baie hier geleer en is n groot wapens entosias.

Groete uit die kleinkaroo




Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sat Sep 28, 2019 7:58 pm
by Pvdw
Welkom Boesman. Klink my jy ken al die forum so effe. Geniet dit hier!!

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sat Sep 28, 2019 8:01 pm
by Blitzzz
Welkom Boesman. Hier gaan dit lekker. Glo ons gaan nog saam lekker leer. Geniet die forum.
Vertel ons bietjie meer van jou wapens en jou jag of skiet metodes.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Sat Sep 28, 2019 8:15 pm
by Boesman1
Dankie pvdw en Blitzzz

Ek jag al van dat ek 13 is met my pa se gewere, maar die gogga het lelik gebyt so 6 jaar terug toe ek my bevoegdheid gekry het en aansoek gedoen vir my eerste geweer wat n Howa 308 was.

So het ek en my broer van daar af elke winter so elke 2de naweek gaan jag op Familie en vriende se plase saam met n lekker groep manne. Is maar hoofsaaklik trek kudus so dit kos maar bietjie werk om hul te kry.

Ek het so 3 jaar terug aangesluit by NHSA waar ek my toegewyde jagters kurses en sport skiet kurses gedoen het, wat toe veroorsaak het dat my bank bestuurder begin benoud word het.

Ek het van daar af vir my n paar kalibers aangeskaf.

Nog n 308 “want hoekom nie”
260 AI
300 wm
6mm creedmoor
300 wsm
6.5-06
204 ruger
22 lr
12 boor haelgeweer



Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Dec 23, 2019 3:47 pm
by Dirkie vd Westhuizen
Dagse almal,

My naam is Dirkie van der Westhuizen. Ek is van Northam, Limpopo.

Hoop om dit hier te geniet en te leer!

Groete
Dirkie

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Mon Dec 23, 2019 5:34 pm
by tripodmvr
Welkom Dirkie. Het baie jare so noord-oos van Oppikoppi gejag. Lekker jagwereld in en om Northam

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Tue Dec 24, 2019 3:15 pm
by Parker
Welkom Dirkie. Sommer van net hier anderkant my. Vertel ons gerus waarmee jy skiet/jag ens.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Tue Jan 21, 2020 7:47 pm
by CZW
Naand Almal,

Wayne hier van Pretoria.
My kluis huisves tans n .243 Sako, 7mm Rem Mag Voere en n 12GA Beretta haelgeweer.

Die herlaai gogga is besig om sy kop uit te steek en daarmee saam is ek nou besig om te kyk na n 308.
Ek het nog baie om te leer oor herlaai prosedures en al die "Ins en Outs", maar sien baie uit.

Heerlike aand verder.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Thu Jan 23, 2020 8:36 am
by swc-tr
Welkom Wayne, glo jy gaan dit hier geniet.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Tue Feb 25, 2020 9:59 pm
by Strydni
Goeie dag almal,

Ek is Niel Strydom en bly in Vryburg. Skiet 6.5creedmoore en 300WM. Nie veel van 'n hengelaar nie. Skiet graag heel jaar deur.

Groete

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Tue Feb 25, 2020 10:21 pm
by tripodmvr
Baie welkom Niel. Daar is ander manne van Vryburg hier. Hoop hulle kom gesels ook met jou.

Re: Nuwe aansluitings

Posted: Wed Feb 26, 2020 7:13 am
by Plaashaas
Baie Welkom aan die nuwe manne. Moenie bang wees om te post nie. Daar is nie iets soos n dom vraag nie.