Page 79 of 80
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Apr 19, 2023 9:14 pm
by Bismarck 1941
Dagse almal.
soos talle lede op die forum deel ek die passie & liefde & respek vir vuurwapens.
Ek herlaai self vir my pistole & geweer(308,.natuurlik die beste uitvindsel na gesnyde brood

) & wag tans vir my volgende lesensie.
Sien uit daarna om meer te leer op die forum.
Groete H.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Apr 28, 2023 9:10 pm
by Baartens
Hello
Ek is Tiaan en is nou baie goed met herlaai nadat ek al die informasie op die internet hierdie week gelees het. Kry my eerste spul herlaaitoerusting die naweek - vermoed ek gaan vinnig nederig word.
Verder droom ek van ver skiet, nadat ek werklik goed word in herlaai.
30-06,303,223,9mm,12GA
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sat Apr 29, 2023 1:43 pm
by tripodmvr
Baie welkom aan julle 2. Herlaai tegnieke verbeter met tyd, kennis en verkryging van raad.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon May 01, 2023 8:33 am
by Bismarck 1941
tripodmvr wrote: Sat Apr 29, 2023 1:43 pm
Baie welkom aan julle 2. Herlaai tegnieke verbeter met tyd, kennis en verkryging van raad.
Baie dankie Oom Tripodmvr,. sal beslis kom raad vrae in die nabye toekomstyd

Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Jun 13, 2023 3:41 pm
by oomsarel
Hi Ouens ek nuut hier,van George
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Jun 13, 2023 3:57 pm
by Nico de Jager
Welkom Oom Sarel! Lekker om oom hier te hê.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Jun 14, 2023 10:08 am
by oomsarel
Hi Ouens, oomsarel is my naam en ek is van George .
Ek jag met .270 Voere
Dankie vir aanvaarding
Groete uit baie nat en koue George
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Jun 23, 2023 6:26 am
by Gawie(13mm)
Welkom aan al die nuwe manne.
Staan nader en gesels saam.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Dec 25, 2023 2:49 pm
by BennieZ
Hi Manne Ek is Bennie van Brits NW
Ek is opsoek na vol kolf vir my Brno 8x60s
Laatweet asb
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Feb 20, 2024 4:39 pm
by PJ8010VH
Middag manne. My naam is Flip. Ek woon in die noordwes in Rustenburg. Was jare terug lid gewees, maar was vir lank onaktief. Ek het sommer van voor af aangesluit as om my ou password te soek. Ek lees baie van die post op die forum wanneer ek op die web na inligting soek. Ek is n kranige herlaaier. Ek herlaai vir sowat 15 kalibers op die stadium, jag, skiet en gewere is dis uit die aard van die saak my passie, alles van windbuks, boog tot kettie!!
Sien uit daarna om betrokke te wees
Dankie
Flip
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Feb 20, 2024 9:47 pm
by tripodmvr
Baie welkom terug, Flip. Ek is agter met my 6 kalibers waarvoor ek herlaai. My QL kennis is egter op datum en ek help graag om gewere op skoot te kry.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Feb 21, 2024 11:37 am
by Wouter Roets
Welkom aan al die nuwe lede. Trek n stoel nader aan die kampvuurtjie en maak julself tuis.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Feb 29, 2024 11:56 am
by Stukkies
More aan al julle mede jagters. My naam is Pieter en ek woon in Randburg. Ek het as kind gereeld in die jag veld gekom en baie bokke laat bakkie ry met my ou Amajuba kettie. Dit was my uopa se wapen wat ek geerf het, maar soos die tyd verloop het het ek minder tyd aan dit spandeer en vir die laaste 15 jaar nie in die veld gekom nie tot onlangs toe ek per toeval n oproep kry van iemand wat 'n jag partner vir n paar dae soek. Ek het weer daai passie ontdek en my ou kettie afgestof, ongelukkig is sy loop nou al goed uitgeskiet en is dit nou tyd dat hy finaal gaan rus in die kluis, ek het hom nou vervang met 'n nuwe Howa 1500 in 300 PRC. Dit is heerlik om by 'n groep soos die te kan aansluit.

Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Mar 07, 2024 9:01 pm
by tripodmvr
Welkom Pieter. Kuier lekker saam. Van 303 na 300PRC is nogal 'n groot sprong.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Feb 06, 2025 1:40 pm
by BenLG
Middag.
My naam is Ben.
Van Lady Grey.
Jag as vrieskas leeg raak en ongediertebeheer as kans kry.
Hou van veldskiet, gong en teiken.
Dankie vir aanvaarding
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Feb 06, 2025 1:50 pm
by Ratel
BenLG wrote: Thu Feb 06, 2025 1:40 pm
Middag.
My naam is Ben.
Van Lady Grey.
Jag as vrieskas leeg raak en ongediertebeheer as kans kry.
Hou van veldskiet, gong en teiken.
Dankie vir aanvaarding
Welkom by ons kampvuur Ben.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Mar 13, 2025 12:24 pm
by Old Toppie
Goeie Dag almal
My naam is Toppie, actually Soutie Toppie thanks to my Swaar, dankie vir die aansluit.
Ek is mall oor guns, hunting en herlaai...my deel gedoen in die ou Lugmaag...toe dit nog n maag ,was, gedoen.
Herlaai al vir 40 jaar en leer nog elke keer as ek laai
Looking forward to reading and digesting....
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Mar 14, 2025 5:56 am
by Jassie
Môre Top
Welkom hier. Jy kan maar foreign praat as jy wil. Uit nood verstaan die afrikaanse boys ook deesdae die soort mense.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Apr 07, 2025 5:25 pm
by Victorbo
Goeie dag almal
Ek is hier uit Randburg. Ek jag al my lewe lank en is nou net so oor halfpad na my 100 tal toe in ouderdom. Ek het 3 kalibers. Savage.243 Lightweight hunter wat my jong seun baie geniet. My "Old Faithfull" , Musgrave 30-06 en my hart se punt. Sako .375 H&H. Hoewel ek al lank jag het ek vanjaar besluit om te begin herlaai. Ek hoop maar net ek beseer niemand om my nie:)
Sien baie uit om in die lekker groep deel.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Apr 08, 2025 6:50 am
by tripodmvr
Kom gesels saam. Praat met ons oor die herlaai. Hier is talle manne met blink idees en baie kennis.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Apr 09, 2025 7:51 am
by VictorG
Goeie dag Victorbo
Voel baie welkom hier!!
Ek is driekwaret na my 100 tal
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Apr 09, 2025 7:52 am
by VictorG
Goeie dag Victorbo
Voel baie welkom hier!!
Ek is driekwart na my 100 tal
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Apr 11, 2025 8:44 am
by Jorrie Jordaan
Goeie dag almal
Ek is Jorrie Jordaan van Bloemfontein. Baie dankie vir my toelating tot die groep.
Ek het vir baie jare - heeltemal te veel - nie geskiet nie. Ek het nou weer begin jeuk, so ek krap! Om te herlaai het ook begin jeuk. Aangesien ek 'n totale leek is daarmee, sal ek graag wil leer uit al die kundiges se kennis en ervaring. Dis juis hoe ek op die blad afgekom het. Ek sien inligting op die blad oor handwapen jag. Dit is ook iets wat ek oorweeg en oor oplees.
Ek sien baie uit na 'n nuwe fase...
Groete.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Apr 11, 2025 9:09 am
by Geno
Jorrie Jordaan wrote: Fri Apr 11, 2025 8:44 am
Goeie dag almal
Ek is Jorrie Jordaan van Bloemfontein. Baie dankie vir my toelating tot die groep.
Ek het vir baie jare - heeltemal te veel - nie geskiet nie. Ek het nou weer begin jeuk, so ek krap! Om te herlaai het ook begin jeuk. Aangesien ek 'n totale leek is daarmee, sal ek graag wil leer uit al die kundiges se kennis en ervaring. Dis juis hoe ek op die blad afgekom het. Ek sien inligting op die blad oor handwapen jag. Dit is ook iets wat ek oorweeg en oor oplees.
Ek sien baie uit na 'n nuwe fase...
Groete.
Welkom, buurman.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Apr 22, 2025 12:17 pm
by Roeloff12
Goeie dag almal.
Ek het net weer aangesluit agv epos adres wat verander het.
Hou nogsteeds van jag/visvang en golf.
Groete