Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hallo manne,
Ek, Ludwig, en Frans het saterdag weer 'n afspraak op die plaas waar ons in Desember 18 jakkalse geskiet het. Hopelik kry ons nog 'n klompie gerol!
Geno wrote:
Hallo manne,
Ek, Ludwig, en Frans het saterdag weer 'n afspraak op die plaas waar ons in Desember 18 jakkalse geskiet het. Hopelik kry ons nog 'n klompie gerol!
Groete,
Eugene
Roer hulle
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Ek kon saterdag 3 jakkies kry. n groot reun van so 5jaar en 2 tewe van so 2-3jaar.
Moes kort kort onder die bome skuiling soek vir die reen om verby te gaan.
My hart is seer vandag. Geweer is darem klaar oppad na die dokter toe vir 'n kolf oorplanting. Al wat ek sal s? is daar was 'n jakkals, 'n skop met 'n stewige skoen, en 'n geweerkolf wat in die pad was betrokke. Verder sal ek nie uitbrei nie.. Ons kan maar net lag!
C.J.
Ps: nou kan ek net rugby kyk die naweek!
Last edited by C.J. on Fri Apr 13, 2012 2:16 pm, edited 1 time in total.
My hart is seer vandag. Geweer is darem klaar oppad na die dokter toe vir 'n kolf oorplanting. Al wat ek sal s? is daar was 'n jakkals, 'n skop met 'n stewige skoen, en 'n geweerkolf wat in die pad was betrokke. Verder sal ek nie uitbrei nie.. Ons kan maar net lag!
C.J.
Eish!! Sorry man! Nooit lekker oom so iets te hoor nie.
C.J. wrote:
Al wat ek sal s? is daar was 'n jakkals, 'n skop met 'n stewige skoen, en 'n geweerkolf wat in die pad was betrokke. Verder sal ek nie uitbrei nie.. Ons kan maar net lag!
Sorry om van jou geweer te hoor, maar jy moet ons die storie vertel.
Jy kan nie n man so lus maak vir lag en dan terug hou nie.
CJ,
Hoe lyk jou toon? Issie lekker om 'n stukkende roer te h? nie.
Ekself kon darm 3 jakkalse plat kry laasnag.
Een reun het 'n 75gr V-max op 150m gekry na ek sy teef op 50m geskiet het. Skoot net bo die nekwerwels. Na so 20min toe staan die bogger op en begin draf met sy af nek en al. Ek kon hom darm weer op 265m platskiet.
Soos hulle s?: hindsight is always 20/20 vision. Ek en die boer het gaan jag, van ons eerste staanplek af na ons tweede ry ons toe 'n Jak raak wat padlangs hardloop, ek kon hom toe stop maar van agter af. Toe ons daar stop klim ek met my geweer af en die boer ook uit, ons wou hom toe verlos, ek staan met my geweer in my hand en die boer gee 'n wilde skop sonder om mooi te kyk, my geweer en die Jak is toe met een skop kastoe! Ek wonder nou nog of ek nie maar moes gemis het nie. Kon toe darem nog 2 kry met sy geweer. Die fluit het mooi gewerk met die min wind.
Groete,
C.J.
Ps: ek kry toe gister oom Louis se klanke en nou kan ek nie jag nie!
Last edited by C.J. on Sat Apr 14, 2012 11:31 am, edited 1 time in total.
Ek't nou net no.15 geskiet. Gaan so uur slaap, dan 'n dag roep weer maak. Ek hoor nog omtrent 13 jakkalse om my, maar almal is onmonntlik om in die donker by te kom. Redelike moeilike terrein.