Langafstand jag en Etiek

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by James Wilson »

Ludwig, ek verstaan wat jy se dat mense wil oorhoops raak oor die etiek van langafstandskiet en dan terwyl hulle nie die nodige ondervinding het dan geen probleem het om n jak oor ver afstand te skiet nie. Dit is bloot teenstrydig.

Ek sal nie sommer n jak op n ultra ver afstan skiet nie, bloot omdat die kanse daar is dat ek hom maklikker gaan mis en sodoende hom slim maak, hier moet ek dit duidelik stel dat dit dan nie vir my gaan oor etiek nie, meer oor taktiek.

Emosies is n vreemde ding en ek sien dit borrel gereeld oor as daar oor langafstand skiet gepraat word. Ek glo as jy weet wat jy doen( en dit impliseer n klomp goed) dan het ek nie n probleem met langafstand jag nie. Ek voel egter emosie in die jagveld is n goeie ding, mits jy in beheer van jou emosie is. Goeie emosie gaan jou dwing om jou weergawe van etiese jag na te streef. Ek het n probleem daarmee as emosies met manne weghardloop en hulle vir my hulle weergawe van jagetiek wil voorskryf asdie een en enigeste.

Persoonlik het ek net een probleem met my eie emosies in die jagveld en dit is as ek n jakkals sien. Ek slaag nie daarin om suksesvol oor jagetiek te gesels as daar van jakkalse gepraat word nie. Persoonlik sien ek jakkals beheer, nie eens as jag nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by JohanP »

Ek verstaan plaagbeheer, en die redes daarvoor, maar wat in ag geneem moet word, is dat jakkalse nie saans in hulle kroeg sit en planne maak hoe om boere moedswillig te benadeel nie, (daar is amptenare wat dit dalk doen ;-) )
Jakkalse doen wat hulle doen, net soos wildehonde, leeus en die res.
Dit strook egter nie met fee boerdery nie.

So of die jakkals nou ? plaag is of nie, die jakkals verdien dieselfde "etiese" optrede van ons as mens af (ons kan deurdenkte besluite neem) as enige ander dier.

As jy die vermoens beskik om akkuraat op daai afstand enige teiken te kan tref, sal dit nie oneties in my o? wees om die jakkals te skiet nie.
Maar as jy nie ? wildsbok op daai afstand wil aandruf nie, omdat jy bang is jy kwes, maar bereid is om met "plaag diere" te "mors" is dit ? hele ander saak, en nie reg in my o? nie
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2153
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Koos Barnard »

Ludwig
Ek stem heeltemal met jou saam oor die die etiek ding - ek het een stel etiese re?ls en dit geld vir alle diere en roofdiere en plaagdiere. Dit is ook soos iemand anders genoem het, jakkalse maak nie elke aand om die kroegtafel planne oor hoe hulle die boere kan beduiwel nie. Hulle doen net wat hulle doen en ons skep die ideale geleenthede vir hulle om dit te doen - lekker vet vleis, baie daarvan en maklik om te vang.

Etiek en geld (in hierdie geval) hang baie nou saam. As die jakkalse gras gevreet het of net insekte, sou hulle veel minder geskiet gewees het. Iemand het eenmaal vir my ges?: "Daar is manne wat hul eie ma's se kele sal afsny vir geld." So, die jakkals vat aan die manne se geldsakkies en dis die groot probleem met "jakkalsetiek". Ek ken iemand hier in die stad wat gekant is teen jag, maar as hy 'n blou-aap sien storm hy om sy windbuks uit te haal. Want die ape doen glo skade aan sy huis en steel sy kos, suiker, ens. Etiek het baie te doen met hoe dinge ons persoonlik raak. Let wel, lees mooi wat ek skryf. Ek s? nie 'n mens mag nie beskerm wat joune is nie en ek glo dat jakkalse beheer moet word. Maar soos Ludwig s? ek ook dat 'n mens nie verskillende stelle re?ls moet h? nie.

Ek weet dis maklik vir my om te praat want ek boer nie vir 'n lewe nie, maar soms dink ek sommige manne gaan te ver. Ek het onlangs in Suidwes gejag. Op een plaas is daar, behalwe vir die wind geen veldgeluide nie. Die mense daar roei alles voor die voet uit, selfs maanhaarjakkalse word op sig geskiet. Dit was die eerste keer dat ek op daardie plaas gekom het en ook die laaste, jy sien nie eens 'n mier daar loop nie. In vier dae het ek een verdwaalde vlakhaas gesien en die het die mense se windhonde gevang toe oomblik toe hulle die haas sien. In my lewe het ek nog nie sulke "natuur vernielsugtige" mense gesien nie. Die rede: "die wilde goed pla by my skaap".
Mooi loop
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by DawieKotze »

Ludwig..

Hierdie laaste paar posts laat my terugdink aan die amperse groot moeilikheid wat Nadia in was oor haar post hier (nr 26 en verder)........

http://jaracal.com/index.php/topic,7406 ... #msg141001

In my o? bly die prinsiep (en etiek) presies dieselfde............ :angel: :angel: :angel:

Groete

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by BLOK »

Twee mooi engelse aanhalings.

"I may shoot farther than most hunters. But I dont shoot farther than I can hit."


"We shoot as if one bullet was all we had. We know that if we dont hit fatally with the first bullet, it's a lost opportunity. We'll probably never see that animal again"
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by James Wilson »

Ludwig, Koos,  Ek is besorg dat pns hier oor n saak gesels waaroor ons in bree trekke eindelik saamstem. Ek het al vorige kere genoem dat seke debatte sukkel om te vlot agv die beperkte geskrewe manier om jouself uit te druk op die formaat. Hierdie is dalk eerder n gesprek vir die kampvuur, waar dinge dalk maklikker sal vlot. Intussen gesels ons maar verder, maar wil ek net weer se ek dink ons stem oorhoofs saam.

Ludwig en koos maak baie belangrike stellings teenoor een stel reels asook geld geispireerde mense wat voor die voet uitroei.(Koos as ek jou eendag ontmoet sal ek jou my persoonlike opinie gee oor n mens wat bakore skiet. Intussen aavaar maar dat ek dit ten sterkste veroordeel.) Onaanvegbare stellings waar daar nie regtig veel oor gese kan word nie en waarmee ek saamstem. Ek weet Ludwig se irritasie is mense wat langafstand jagters kritiseer oor die etiek van lang skote maar dan omdraai en dit op n jakkals toepas asof niks vout is nie. Ek het begrip met Ludwig se frustrasie en die woord hipokraat kan hier gebruik word.

My verskil hier, en ek aanvaar dat ons dan hier van mening verskil, is dat dat ek jakkals beheer nie onder jagetiek sien nie. Dit beten nie ek gaan nou wreed teenoor n jakkals optree nie. Hoekom sal ek?

Maar as ek dielfde stel reels toepas by jakkals beheer as jag dan beteken dit ek sal nie klein jakkalse by hul gat skiet niewant ek sal mos ook nie n klein sprinboklammertjie skiet nie. Ek sal nie n dragtige teef skiet nie want ek sal nien dragtige sprinbok skiet nie. Ek sal nie slagysters stel vir jakkalse nie want ek sal nie n strik stel vir n sprinbok nie. 

Dus kan ek nie een stel reels he vir jag en probleemdier beheer nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by James Wilson »

Ok, solank ons sensitief is oor ons handel en wandel met die skepping sal die meeste van ons seker met mekaar in bree trekke raakpunte beleef.

Die etiese vraagstuk van langafstand jag, kan moontlik ontspoor as ons probleemdiere in meng by die vraag. Die etiek rondom langafstand jag maak ek vir myself op as die jag van diere wat ek na die dood van die dier verder gaan benut, dus in my geval vleis. Dit is dus die tipiese jag wat ek boek van vlakte wild, maar dan skiet ek die diere bloot oor n verdere afstand.

Is ek bekwaam en toegerus om hierdie normale vlakte wild jag oor verdere afstande te doen? Dit is vir my die etiese vraag. As iemand homself geskool het om dit te kan doen het ek geen etiese dilema met langafstand jag nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by BLOK »

Ludwig wrote: Die doel sal wees om as jy agter die geweer is, en aanl? op 'n bok, jou die vraag te vra, is ek seker ek kan 'n goeie eenskoot doodskoot maak? Wel, as jy nie seker is nie, en hoop jy maak 'n goeie skoot, wel dan is jou afstand te ver. As jy hoop jy skiet 'n bok raak, begin ons na oneties beweeg.

Dan kom ons weer mooi uit by daai 2 aanhalings.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by ROBBIE1 »

Manne, ek het Julie die jaar vir die eerste keer in die vrystaat gaan blesbokke en swartwildebeeste uitskiet by n boer wat te veel het.  Ons moes 70 blesse en 20 swb afhaal.  Ek kan 200m met gemak skiet, dit stres my nie, maar kyk toe die eerste 7 blesbokke geval het, toe raak hulle brieke los!! Hein, n outfitter wat vir my uitskiet en ek het met sy 338 geskiet.  Dit begin toe 250, 270meter skote raak en toe raak ek bang....... Hein het my egter gedwing om ook te skiet, en toe word dit 300m +, toe wil ek niks meer weet nie!! Ek kan redelik goed skiet, en op daardie stadium het daar al so 25 bokke gele, almal mooi skote, geen kwes en rondhol bok nie. 

Kyk, as ek alleen was, het ek lankal gestop, want ek het nie daai ervaring nie, maar ek was nie, en het Hein my elke keer gese hoeveel ek moet kompenseer, en het elke bok geval.  Die laaste paar het ons tussen 360 en 380meter geskiet.  Wat n belewenis was dit.  Ek kan vir julle se, ek het nog nooit so gevoel nie, en ek jag al 30 jaar.  Mens kry mos nou hierdie gevaarlike teleskope wat jy net bietjie aanstel as dit verder raak, ons het nie so een gehad nie, en het hy deur die range finder gekyk en dan gese, vat 8 duim op, en ja dan doen ek so, en daar le die bok!

Nou ja, wat ek hiermee wil se is net die volgende: Mens leer deur iets te doen, self te doen.  As ek net gesit en kyk het, sal ek dit nooit in my lewe waag om dit te doen nie, maar MET DIE REGTE LEERMEESTER kan jy dit doen.  Eties kan ek ook nou se dat ek dit wel gedoen het, eers teen my wil, want ja, ek was juis bang ek kwes, maar na daardie trip kan ek ook se dat ek wel die selfvertroue het om dit weer te doen, op my eie.  Dit is net uiters belangrik dat jou wapen en amunisie reg is, moenie so iets gaan probeer met goedkoop amunisie nie, betaal eerder paar rand meer en sorg dat die bokke val.

Groetnis
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by James Wilson »

Robbie, ja kyk etieses jag  gesprek en spesifiek dan nou hier die etiek rondom langafstand jag kan maklik in n mynveld ontaard. Waar manne wat eindelik saam stem met mekaar begin verskil. As jy werklik langafstand( en almal se persepsie oor dit verskil ook nog). Wil doen dan moet jy ure en ure wat later dae kan word eers op die baan spandeer, waar jy dan jou toerusting en jouself kan beproef.

Elke man maak soos dit vir hom reg voel, persoonlik sou ek nie in n situasie van langafstand skiet ingedwing wou wees nie. In jou geval het dit goed uitgewerk.

Ek dink dit is Blok of Ludwig wat dit mooi opgesom het deur te se "when in doubt leave out!"
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by ROBBIE1 »

Hi James.

Dis verseker! Kyk op die skietbaan is ek nie bang nie, het al 300m geskeit, maar in die veld is dit iets anders ne, die wind waai mos maar ltyd in die vrystaat, en die groot probleem by my is dat ons vir MY slaghuis gaan uitskiet! So, dan het n man seker nie te veel van n teepraat kans nie ne, maar ja, verseker moet jy maar eers bietjie skietbaan toe as jy vrystaat, kalahari of namib gaan jag, nie net om etiese redes nie, maar vir jou bankbestuurder se gesondheid ook!  :D

As jy nie seker is nie, los - dis n feit, in die vlakte of die bos, maak nie saak nie, daaraan glo ek ook. 

Groetnis
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Jean Marais »

Dis 'n interessante kwessie die...

Ek dink Ludwig het 'n baie waar ding ges? toe ek hom 'n vraag oor "minimum toerusting vereistes vir langafstand skiet" gevra het. Ek plaas sy antwoord hier, vir die wat dit dalk gemis het:

http://jaracal.com/index.php/topic,1539 ... #msg195806

Ek glo elke skut/jagter en sy toerusting het sekere beperkings, en om eties te jag, moet die jagter daardie beperkings ken, en respekteer. Jy kan jou beperkings verbeter deur baie te oefen, beter toerusting aan te skaf ens, maar jy sal ALTYD een of ander vorm van beperking h?. Wat Ludwig in sy antwoord aan my ges? het maak volkome sin, en ek gaan dit ook so toepas. Buite dit, begin jy kanse te vat, en dan kom die etiese jag kwessie beslis na vore.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek sit nou al vir n ruk lank en lees almal se insette en gedagtes oor langafstandskiet hier op die forum. Dit is verseker n gesprek en stokperdtjie wat groot opgewondenheid veroorsaak onder die meeste jagters en skuts. Ons almal was verseker vasgenaal voor die kassie as daai gecamo'de man met die swart en groen strepe oor sy gesig agter daai roer met die lang scope inskuif en die "baddie" oor n enorme afstand tussen sy kykers piets! Daar is maar net iets in die meeste mans se breine wat gefasineerd is met n persoon wat oor groot afstande n koeel op n tiekie kan plaas.

Hier is deesdae n enorme klomp vra oor langafstandjag met woorde van wat sal genoeg wees vir blouwildebees en dies meer op so en so afstand. Dit is vir my duidelik opvallend in die antwoorde dat daar vinnig is om na so en so Amerikaanse jagter te verwys. Wat ek hiermee probeer se is dat daar maar bitter min praktiese ervaring hier tussen ons sowel as in SA is. Ja hier is manne wat uitmaak maar hulle hou n bitter lae profiel en n mens lees of hoor nie baie van hulle nie.

Luddie nou voor jy dalk dink ek is besig om op jou tone te trap wil ek reguit se dit is geensins my bedoeling nie. Jy kan basies enkelhandig die eer kry vir die belangstelling wat hier op Jaracal heers in langafstand skiet en jag en dit is great! Wat ek hier probeer se en ek voel dit is op die regte plek waar ek dit opper is dat mense vir eers net moet mooi staan en dink hieroor. n Persoon soos Piet Breet wat verseker een van die beter skuts in SA of selfs die wereld is vind dit moeilik om op afstande van 700m of meer n gong time and again raak te skiet. Pieta ek probeer ook nou geensins op jou tone trap nie maar se net weer wat jy al klaar vir ons almal gese het. Hier na 500m raak dinge moeilik en ek dink nie veel mens gaan met my stry hieroor nie. Ek dink nie die meeste van ons het nie die vaagste benul wat dit verg om op hierdie afstande eenskoot doodskote elkekeer te kan skiet nie.

n Ander aspek wat my pla is spesifiek ons diere in Afrika. Ons kan net nie ons diere met Amerika en Europa vergelyk nie. Energievlakke en koeelkonstruksies wat daar werk kom maar net nie die mas hier op nie. Ons sien dit onder algemene jagafstande. As ek kyk hoe sukkel die algemene jagter om n blou wildebees op 100m met n 30-06 met 180gr koeels neer te sit, wil my hare reis as ek lees dat manne hulle op 800m met kalibers soos 6.5 en dies meer wil plat trek. Moet my asb nou nie verkeerd verstaan nie, ek se nie die kalibers en koeels kan dit nie doen nie. Wat ek wel se is hou n oop kop. Hoefeel manne het al n blou wildebees presies reg geskiet met n genoegsame kaliber net om hom 4 ure daarna die doodskoot te gee? Ek vir een kan my hand opsteek.

Wat ek net julle almal wil atend op maak en in dieselfde asem julle kan kry om so bietjie daaroor te dink sal ek baie bly wees. Hierdie IS n relatiewe nuwe en onbekende jag aspek en hanteer dit asb met die omsigtigheid wat dit verg van n poinier wat dit betree. Gaan hierdie koeels oor genoeg penetrasie beskik met gepaardgaande permanente wondkanale om ons diere te dood op hierdie afstande? Vrae soos, is n 140gr 6.5 koeel teen 1400ft/sek genoeg om deur n blou wildebees op 800m te skiet? Vra asb en dink hieroor VOOR ons dit gaan aanpak.

Wat ek net wil vra is dat ons nie hierdie aspek van jag n slegte naam gee oordat ons nie genoeg gedink, gevra en geoefen het voordat ons hierdie dinge aanpak nie.

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Thu Nov 22, 2012 8:51 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Piet Breedt »

Dankie Wouter vir die mooi kompliment. Ek is geensins n expert op die lang afstand skiet ding nie, maar wil graag my beperkte ervaring met julle deel.

My toerusting is verskriklik akuraat en ek skiet verbasende klein groeperings tot so op 350m, waar ons kompetisie se maksimum afstande l?. Ek het gistermiddag weer hierdie 5 skoot groep geskiet in n 12 - 16 mph wind toe ek spesifiek toetse gaan doen het om my wind drift te vergelyk met verskillende kalibers, en ook met dit wat my Kestrell en Bullet Flight program vir my s? dit moet wees.

[img width=560 height=373]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... sie003.jpg[/img]

Vir my is daar n geweldige groot verskil in die skiet op n baan waar jy al die hulpmiddels het soos bekende en baie akurate afstande na jou teiken, n stabiele altyd konstante l? posisie, windvlae oor die hele afstand tot by die teiken, en n spotter wat vir jou jou eerste skoot kan aandui, en proefskote.

In die jagveld is dit totaal anders, en moet jy in n groot mate staatmaak in dit wat jy hier by jou sien en voel gebeur, en die wind sterkte wat jy by jou meet, sonder proefskote.

Ek aanvaar en besef dat daar manne is wat wel op die lang afstande jag, maar ek wonder hoeveel van hulle die diere met die eerste skoot n doodskoot gee. Vir myself is dit op hierdie stadium definitief nie n opsie en sal ek beslis nie n bok van enige grote op so afstand wil skiet, alvorens ek nie baie, baie oefening in sit. Die probleem bly nogsteeds die veranderlikkes soos wind en mirage wat oorkom moet word  met die eerste skoot sonder hulpmiddels soos op n baan.

Toe ek gister na my skietsessie besig was om op te pak so teen laat middag, hoor ek n jakkals skreeu in die vlak regs van my en so skuins van voor teen die wind wat toe al baie sagter waai. Ek klim op my skietstoel en soek deur my scope. Ek sien hom toe in die vlak besig om te jag. Ek range hom toe op 457m met my Leica 1600 en verstel gou my .22 250 se turret en mik af teen die wind wat toe net net van regs voor kom. Ek wag dat hy dwars draai en mik net regs van sy boud wat regs staan, dan kan die wind my koe?l inbring sodat ek die hele lyf het om mee te werk as die wind my na links druk. My eerste skoot is mis, en ek sien ek het te veel wind toegelaat. Tot my verbasing spring die jakkals en kyk om hom rond, maar staan weer stil. My tweede skoot volg ek vinnig op en mik op sy boud sodat die wind my kan inwaai. Toe die skoot klap, sien ek letterlik net hare waai, en hoor hoe hy doep maak. Toe ek nader ry sien ek dat hy nog leef en skiet hom n tweede skoot in die nek. Die eerste raak skoot het die wind my toe byna niks ge druk en sit die skoot in die boud waar ek ge mik het.

[img width=358 height=480]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 250001.jpg[/img]

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 250002.jpg[/img]


Dit was maar op 457m, en nie naastenby op 700m of v?rder, en reeds het ek so maklik n oordeels fout kon maak. Dit bevestig maar net vir my dat ek nie maklik indien ooit n bok op die vreeslikke langafstande sal probeer skiet. Daar is net te veel wat kan foutgaan. Dit is maar my eie beskeie opinie.

Die manne wat dit wel doen, moet baie selfdissipline aan die dag l?, en wag vir absoluut idiale kondissies, wat baie selde plaasvind. Daar is net te veel veranderlikkes wat jy nie kan waarneem tussen jou en die teiken om n sekere doodskoot te kan skiet na my mening. Maar ja, met die regte toerusting en baie, baie oefening in jag toestande is dit seker moontlik, maar ek wonder wat die boffins se waarlikke hit ratio is, as hulle dit eerlik wil s?.

Daarby wil ek dit onomwonde stel dat ek glad nie my beperkte skiet ondervinding oor die lang afstande wil vergelyk met die manne sin wat dit gereeld doen en as hul sport beoefen. Ek kan ook glad nie my bevindinge vergelyk met die manne wat uitstaan in hul sport van langafstand skiet, en sal dus hul glad nie kan beoordeel.

Ek praat maar van my en al die ander met beperkte ondervinding en oefening oor daardie afstande. Ek weet net vir n feit, ek sal nie geld uithaal en so skoot waag op n bok.
Last edited by Piet Breedt on Thu Nov 22, 2012 8:34 am, edited 1 time in total.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Piet Breedt »

Ludwig, dit wat jy hierbo noem is weereens n bewys dat ons nog vreeslik baie het om te leer, en daarom sal ek self glad nie so n skoot op n bok vat nie, en moedig glad nie ander aan om te probeer, tensy jy baie, baie ure se oefening agter die blad het en met reelmaat n 8" gong kan raakskiet oor 700m in byna enige kondisie. Ek self het gesien dat my misskoot hopie doppe baie groter is as die hopie wat ek die gong mee raak geskiet het op 734m en 825m.

Daardie manne wat dit gereeld doen het n obsessie met langafstand skiet en beoefen dit met elke moontlikke geleentheid. Ons almal weet wat Gary Player ges? het toe iemand vir hom s? dat hy "lucky" was na n goeie hou. Sy antwoord "The more I practise, the lucky'er I get"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Wouter Roets »

Pietta en Luddie

Bitter baie dankie vir julle deel hier met ons. Ek hoop regtig mense lees hierdie raak en neem dit ter harte want dit is ontsaglike belangrike aspekte hierdie. In algemene jaggesprekke word afstande en raakskote baie ligtelik rondgegooi asof dit iets is wat natuurlik kom vir baie skuts. Dit is nie so nie en die enigste manier hoe dit wel met sukses gedoen kan word is deur bitter baie ure op die oefenveld. Ek is ook altyd lief om golf te vergelyk met skiet en as jy in ag neem dat daar etlike honderde oefenballe geslaan word vir elke hou wat in kompetiese geslaan word deur die profesionele manne kan dit so bietjie perspektief ook bring op wat gedoen moet word deur n langafstand skut om suksesvol te wees in sy veld.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Jean Marais »

Noudat ek deur hierdie laaste paar poste lees, besef ek maar net meer en meer hoe ingewikkeld dinge op laaaang afstande kan word. Vir my persoonlik gaan die langafstand skiet nie noodwendig oor die aanl? en doodskiet van 'n jagdier op groot afstande nie. As gevolg van die geweldige klomp faktore wat oor die gehele afstand 'n rol speel, gaan dit vir my eerder om die sportkant van langafstand skiet. Die genot van 'n suksesvolle lang skoot op 'n gong of 'n ballon vol water kan net soveel plesier verskaf as op 'n jagdier, met die verkil dat daar dan geen sprake van 'n kwesskoot bestaan nie.

Wat Wouter s? is baie waar, en dis dat langskote skiet vir baie jagters/skuts 'n idealisering is. Almal is egter nie suksesvol daarmee nie. Wat ek wel wil bys? is dat selfs 'n ou soos Michael Schumacher eers op iets soos 'n skopfietsie basiese motor bestuur aangeleer het, en algaande homself verbeter het tot die F1 kampioen wat hy toe later geword het. Langskootskiet moet ook so benader word. Ongelukkig, en selfs met die beste toerusting laat party skuts se persoonlike vermo?ns hul net eenvoudig nie toe om oor groot afstande akkuraat te skiet nie, want as dit wel die geval was, was ons almal "Piet Breedts" gewees.

Wat ek wel wil bys? is dat daar kollektief, maw ouens wat rerig kan ver skiet, 'n kennis- en vaardigheidspoel ontwikkel behoort te word, wat belangstellendes in die langskiet miljeu kan bystaan en leer sodat die wat regtig oor daardie vermo? beskik, behoorlike en verantwoordelike leiding kan ontvang.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Eugene »

Dankie aan Ludwig, Wouter en Piet Breedt en al die ander ouens wat hier help met raad en ook net deelneem! Julle maak dit vir my baie interessant!  :)

Ek kan redelik goeie papier groeperings op 200m skiet en is naby aan 'n 25mm papier groepering op 300m. Maar as ek op 120m op 'n bok aanl?, pak die bokkoors my soms so beet, dat ek nie eers op daardie afstand 'n kopskoot sal kan skiet nie! Ek wil nie weet wat gebeur op 600+m nie....

Ek dink almal moet onthou dat papierskiet en bokskiet, nie dieselfde ding is nie en dat die adrenalien/bokkoors 'n groot invloed kan en gaan h
Aim small, miss small
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by swc-tr »

Piet Breedt wrote: Vir my is daar n geweldige groot verskil in die skiet op n baan waar jy al die hulpmiddels het soos bekende en baie akurate afstande na jou teiken, n stabiele altyd konstante l? posisie, windvlae oor die hele afstand tot by die teiken, en n spotter wat vir jou jou eerste skoot kan aandui, en proefskote.

In die jagveld is dit totaal anders, en moet jy in n groot mate staatmaak in dit wat jy hier by jou sien en voel gebeur, en die wind sterkte wat jy by jou meet, sonder proefskote.

Dit was maar op 457m, en nie naastenby op 700m of v?rder, en reeds het ek so maklik n oordeels fout kon maak. Dit bevestig maar net vir my dat ek nie maklik indien ooit n bok op die vreeslikke langafstande sal probeer skiet. Daar is net te veel wat kan foutgaan.

Piet
As 'n langafstand teikenskiet Bisleyskut ondersteun ek 110% wat jy hier s?, die feit dat iemand dalk goed vaar op 'n skietbaan met al die gepaardgaande hulpmiddels, beteken nie dat hy outomaties met langafstand jag suksesvol gaan wees nie.

Ek is van mening ons dink almal ons is baie beter langafstand skuts as wat werklik die geval is, jou ondervinding met die gongskiet op langafstand bevestig dit.
Wil dit amper waag om te s? dis totaal oneties om te probeer jag op afstande langer as 400m, dis maar my gevoel, maar elke man soen moes maar sy vrou op sy eige manier.......
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Gerhard »

swc-tr wrote:
Piet Breedt wrote: Vir my is daar n geweldige groot verskil in die skiet op n baan waar jy al die hulpmiddels het soos bekende en baie akurate afstande na jou teiken, n stabiele altyd konstante l? posisie, windvlae oor die hele afstand tot by die teiken, en n spotter wat vir jou jou eerste skoot kan aandui, en proefskote.

In die jagveld is dit totaal anders, en moet jy in n groot mate staatmaak in dit wat jy hier by jou sien en voel gebeur, en die wind sterkte wat jy by jou meet, sonder proefskote.

Dit was maar op 457m, en nie naastenby op 700m of v?rder, en reeds het ek so maklik n oordeels fout kon maak. Dit bevestig maar net vir my dat ek nie maklik indien ooit n bok op die vreeslikke langafstande sal probeer skiet. Daar is net te veel wat kan foutgaan.

Piet
As 'n langafstand teikenskiet Bisleyskut ondersteun ek 110% wat jy hier s?, die feit dat iemand dalk goed vaar op 'n skietbaan met al die gepaardgaande hulpmiddels, beteken nie dat hy outomaties met langafstand jag suksesvol gaan wees nie.

Ek is van mening ons dink almal ons is baie beter langafstand skuts as wat werklik die geval is, jou ondervinding met die gongskiet op langafstand bevestig dit.
Wil dit amper waag om te s? dis totaal oneties om te probeer jag op afstande langer as 400m, dis maar my gevoel, maar elke man soen moes maar sy vrou op sy eige manier.......
Ek stem 100% saam met wat julle hier bo gese het...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Gert Odendaal »

Met al die dinge wat nou gese is rakende lang -afstand skiet...al die fasette wat in plek moet kom voordat daar enigsins gewaag kan word om `n bok of enige dier op afstande verder as 400m te skiet(soos Piet verduidelik het hoe moeilik dit is om daardie Jakkals(probleem dier) op `n lang-afstand te skiet wonder ek of `n skut (ongeag hoe goed die skut dink hy kan skiet) nie die tipe skietwerk net op papier en staal moet doen as afstande  verder as 400 meter geskiet moet word nie...? Maar dan sal elke skut self moet besluit wat etiese skote vir hom of haar beteken...Ek dink dit sal vir baie manne op die forum `n uitdaging bly, sommige sal dit na baie oefen reg kry, sommige sal dit verseker nooit regkry nie....Wouter, die opmerkings wat jy gemaak het rakende die diere van Afrika maak verseker baie sin, spesifiek die Blouwilde-bees , ek dink verseker dit is die een enkele bok wat seker die meeste gekwes word...en dit in gewone jag afstande....
Maar jy het ook genoem dat die skiet afdeling pioniers werk gaan wees...daarom sal dit sekerlik deursigtig en met deeglike beplanning benader word, want die manne op hierdie forum is verseker die deursnee etiese jagter wat omgee, en bewaar...ek sien regtig uit daarna om julle in aksie te sien en te volg hoe julle dit gaan doen...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by BLOK »

Ek herhaal weer daai twee gesegdes.

"I may shoot farther than most hunters. But I dont shoot farther than I can hit."


"We shoot as if one bullet was all we had. We know that if we dont hit fatally with the first bullet, it's a lost opportunity. We'll probably never see that animal again"


Na al die gesels op die forum oor langafstand skiet of jag, om daarby aan te sluit is dit mos nou die rede hoekom ons met die tipe kompetiesies gaan beginne. Almal weet daar is laankal manne wat skote verder vat op diere as 400m, nou moet ons net sorg dat as daai skote gevat word dit eenskoot doodskote is.

Almal behoort tog al teen die tyd te weet die minste etiese skiet is as jy nie weet of jy gaan doodskiet nie maw skote waag. Nou het ons die kans om daai risiko uit te skakel deur die kompetiesies waar ons saam en bymekaar kan leer.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by James Wilson »

Ludwig wrote: Asb manne. Etiek is net jou eie opinie, net soos jou geloofstandpunt. Moenie ander oneties noem as dit buite jou raamwerk val nie.

Hieroor voel ek ook sterk.  Ek glo wat ons hier doen is, noem dit maar baanbreker werk tov langafstand jag en elke persoon se persoonlike morele kompas.  Hierdie is vir ons almal nog redelik onbekend en ek glo saam saam voel voel ons ons pad oop waar ons met n rein gewete die natuur kan benut op n wyse waar dit vir elke persoon gemaklik is met sy eie waarde stelsel. 

Persoonlik kan ek die lus om ver te jag netnie afskud nie. Ek het die laaste ruk did skietbaan sie agterste skietpunt begin gerbuik, en al wat ek kan se is:"Dit gaan nie goed nie!!"  Op die oomblik is nie net my toerusting nie op standaard nie, maar meer belangrik my eie vermoens is ver benede standaard.

Wat  ek reeds uit  hierdie gesprek gekry het, is dat ek begin eksperimenteer het met langer afstande as normaal, gesien ek kan dit nie doen nie en begin om my skietvermoe en toerusting op te skerp. 
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Piet Breedt »

Wat Ludwig s? is baie waar. Dit sit nie in enige ou se broek om dit te kan doen nie. Daar is toegewyde manne wat n wetenskap maak daarvan en baie oefen. Hulle doen dit met reelmaat en laat dit vir ons leuke  maklik lyk. Maar nie een van ons besef wat se baie ure se voorbereiding en geld gaan daarin om suksesvol te wees.

Ek skiet baie maal gonge staan uit die vuis op 300m, en dit net agv baie oefening. Dit lyk maklik, totdat jy dit self probeer. Net so is die langafstand jagters in n klas van hul eie agv al die toewyding en baie oefening.

Daarom dan wil ons hierdie branchild van Blok op die been bring om vir onsself en ander te wys dat dit glad nie so maklik is soos dit lyk op n video.

Ek het so ruk terug 19 jakkalse in een aand geskiet, warvan 8 oor die 400m in die nag was. Dit was net nadat al die lande bewerk en oop was, en na ek een so 2 skote mis geskiet het, en gesien het waar my koe?l op n 350m setting vasslaan. Ek het terug gerange vanaf die jakkals na die bakkie en kon die afstande bevestig. dit gebeur nie elke aand nie. Daar was absoluut geen wind en die toestande was idiaal. Ander aande sukkel jy om gereeld op 300m raak te skiet.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Langafstand jag en Etiek

Post by Dimitri »

1. Regarding distance and ethics:
If you can consistently shoot acceptable groups at a given maximum distance under certain field and weather conditions then the shot is ethical up to that distance and under those conditions. If that happens to be 701.6m then so be it.

2. Regarding the value we place on different animals:
I believe all humans should stand for the humane treatment of all animals. If an animal - whatever animal - is going to be killed for whatever reason then we should take every reasonable step to ensure that it is done as quickly, cleanly and humanely as possible. If a herd of elephants cross out of Kruger every night for a week and destroy Japie van Zyl's pampoenland it does not mean that (should he be able to get the necessary permits) it would be acceptable to take 400m shots at them unless you fall into (1) above, and have the right equipment. So too for jackals. 

Before I get labelled a Greenie again because I stand for the humane treatment of animals, I will also state that I am a hunter and I am most certainly NOT an animal rightist. There is a vast difference.
Post Reply