Kat+Jak

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kat+Jak

Post by Freek »

Ek stem saam met jou Jacques, ou Thinus se trok lyk baie mooi. Ja jong vir 'n vlintergat soos ek spot ek maar altyd dat geld nie 'n probleem is nie, maar die uitdaging is om die regte kleur kar te koop... ;D Dit laat my so bietjie beter voel.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Kat+Jak

Post by Yalair »

Feek
Kry eerder hessian as skadunet as jy moet koop. Skadunet blik as lig oor hom val hessian werk mooi ja kan dit sommer self cammo maak met 'n blikkie groen verf
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Kat+Jak

Post by Caller »

Freek

Kom ek stel gou die ding in beter perspektief. Die camonet kamoufleer vantasties, hy is relatief duur, maar jy sal agterkom hy raas nogal (veral in lig tot matige wind) en haak aan alles en laat sukkel jou as jy alleen is of iemand (plaashulp/drywer/gids) nie die toemaak storie lekker ken nie (onhandig in die donker). As jy een moet koop, haal die metaal ringetjies af (kap teen bakwerk).

Hessian werk ook mooi en is goedkoop, en in die winterveld (dro? gras) smeld hy mooi saam met die dro? gras (oorspronklik/nie geverf nie), maar sy enigste nadeel is dat hy, nes die camonet, baie SPASIE op jou bak IN BESLAG NEEM. Veral as jy 'n "dubblecab" ry.

En ja, die skadunet blink, krul later op en vat die meeste spasie van al die toemaak materiale.

Ek gebruik 'n goedkoop laken tipe materiaal (R8.00/meter [1.2m breedte]) wat die ou milit?re bruin, kleur het. Die lap wat die hele voertuig toemaak, pas in 'n Chekkers sak, agter die bakkie se sitplek. Lekker klein en uit die pad.

Maak soos jy smaak my mater.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kat+Jak

Post by Freek »

Goeie tips... 8)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Pieter101

Re: Kat+Jak

Post by Pieter101 »

Hi almal, het gemaak soos Hein verduidelik het. Hoop julle kan die foto sien. Boer langs Hunter's Moon (Waar MOERSE kat geskiet is). Hierdie 2 het ek ook daar geskiet, was nog biki onervare,toe kom hulle maatjies weg >:(
Laat weet asb as jul dit nogi kan sien nie.
Pieter
Image
Last edited by Pieter101 on Tue Feb 24, 2009 8:36 am, edited 1 time in total.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Kat+Jak

Post by jaracal »

Pieter
As jy nou modify druk op jou skrywe sal jy sien hoe die adres lyk. Dit het img voor en /img agter in hakkies. Dit is maar net die kode dat die servers weet jy laai nou 'n foto anders gee hulle net die adres as 'n link.

groete

Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Kat+Jak

Post by 222 »

Hoop dit werk, die een laas Vrydagaand geskiet. Jong teef het nie kleintjies gehad nieImage

Image
Pa se seun met sy eerste ("katkoors" kat)


Image
Buurman het die een by die Aartappelstoor doodgery. Jong kat 8kg. Bies het nog uit sy bek geloop. Was agter 'n jong ystervark aan
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
tafjak

Re: Kat+Jak

Post by tafjak »

222

Man jy gooi mooi met daai roer.

Taffie
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Kat+Jak

Post by 222 »

Dankie

Die manne spot maar as ek die "lig in die broek" 222 uithaal.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kat+Jak

Post by Christo »

222

Jy moet daai seun pap voer broer

Nie dat hy dit seker nodig sal h? om sy pa se skoene vol te staan eendag nie , of hoe

Mooi katte

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Kat+Jak

Post by 222 »

Dankie Christo

Laat ek dit so stel, die mannetjie wil meer jag as skoolwerk doen. Ons wil die naweek as die lewe hou weer 'n draai gaan ry. Wil dit ook nou nie baie hard s? nie maar die mannetjie skiet BAIE BAIE beter as sy pa.  ;D ;D. Snaak maar as maniere (hy is nou 12) terugkom dan moet mens weet hy wil gaan jag >:(. Dit is net lekker om te weet dat daar iemand is wat dieselfde belangstellings deel. Ek glo mos vas dat hulle van kleins af moet weet hoe om die ysters te kan hanteer.

Groete
Gerrie
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kat+Jak

Post by Christo »

222

Is lekker om te hoor daar is nog pa's met die probleempie. Moes laas Saterdag 3 saamneem vir die baanskiet en toe wal gegooi en toe net een saam gevat anders kry ek nie kans om self te skiet nie. Seker ook die rede hoekom ek moet herlaai anders sou ek bankrot geskiet gewees het. Skiet deesdae glad nie meer self 'n Springbok of Rooibok nie, ek kry nie kans na die seuns klaar is nie.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Roelo
Full Member
Full Member
Posts: 157
Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am

Re: Kat+Jak

Post by Roelo »

Ou Piet ek sien die foto mooi, maar as jy teen huntersmoon boer moet jy daai tata vol maak met die gevaartes anders gaan jou vee boerdery dit nie maak nie.Daar bly senior gevaartes met meesters grade
Geweldig man Geweldig
Dirk

Re: Kat+Jak

Post by Dirk »

Daardie stywe rooikat laat my dink aan die jagter uit De Aar wat sommer 'n hele "Deep Freez" vol jakkalse het. As die boer nie saam gaan veld toe nie, kan hy maar later kies en keur watter van hulle wil hy vir die aand betaal.
tafjak

Re: Kat+Jak

Post by tafjak »

Nee Dirk, jy grap seker net!!

Taffie
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Kat+Jak

Post by Louis Kriel »

Izak H wrote: Freek
Jammer dat ek nou eers antwoord, was so `n bietjie weg van die huis/rekenaar. Ek gooi my bakkie toe met `n stuk hessian wat swart en groen geverf is. (Sal volgende keer probeer om `n gekleurde bakkie te koop)
Izak
So iets? Hierdie ou s? dis sy geheim om baie goggas te skiet!
Image
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Kat+Jak

Post by 222 »

Moertoe, hy gaan nie weer vang nie

Image
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
tafjak

Re: Kat+Jak

Post by tafjak »

222

So lyk 'n trofeekat! Mooi man. Darie roer skiet ook baie mooi, of is dit die baas?

Taffie
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Kat+Jak

Post by 222 »

Taf

Ons het vreeslik gesukkel om die ding in die hande te kry, alles probeer, geroep, hokke gestel, die laaste 2 aande in die effe koeligheid gery maar niks het gehelp nie (al wat gehelp het was die IETSIE. Jy weet mos 'n laaang lynstaan in 'n kort glas ;D). My buurman het toe met die idee vorendag gekom om slagysters om die karkasse te sit en dan die radio kliphard tussen die ooie met die lammers. Die Weste-wind het die nag gewaai en die vangste was aan die westekant gewees, hy sit toe die radio so 80m Oos van die vangs. Onnodig om te s? maar die foto is die bewys van die sukses. Wys seker maar net weer 'n keer dat elke probleem 'n oplossing het en dat 'n boer 'n plan maak.

Nou ja wel dit het 12 lammers gekos maar hy sal verseker nie weer vang nie, kon ongelukkig nie die ding meet en weeg nie want die buurman het hom gevat om opgestop te word.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Kat+Jak

Post by Frederik »

Ek wil nog bitter graag 'n lekker rooikat skiet.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
D4D
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Thu Oct 21, 2010 10:03 am

Re: Kat+Jak

Post by D4D »

Hier is so `n paar foto`s

My groot hond
Image

Ek en Namib se jag sessie met Namib die skut.
Image

Hierdie man het vir my `n paar skaap gekos,Hy was nie so groot nie maar was lekker vet van al die dorper en Van rooi vleis.
Image
D4D
Ambessa

Re: Kat+Jak

Post by Ambessa »

Hallo D4D
D4D wrote:...Hier is so `n paar foto`s... ...het vir my `n paar skaap gekos,Hy was nie so groot nie maar was lekker vet van al die dorper en Van rooi vleis.
Dankie. Miskien het ek dalk die skaletjie en tapetjie se data misgelees...?

Ambessa
Last edited by Ambessa on Wed Feb 16, 2011 8:36 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Kat+Jak

Post by Boertjie »

D4D

Jy moet fokus, oom Am gaan pak gee oor gewig en lengte.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kat+Jak

Post by Christo »

D4D wrote: Image
Hulle het sekerlik nie daar bly hang nie. Nie goeie publisiteit nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
D4D
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Thu Oct 21, 2010 10:03 am

Re: Kat+Jak

Post by D4D »

Jammer oom Am

Hierdie kat was geskiet voordat ek nog geweet het van die forum, maar sal nie weer vergeet van die mates en van die gewigte nie
D4D
Post Reply