S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast area

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Nickvn »

Petrus se eerste bok. Nie sleg vir n eerste nie........
Darem so n paar GT strepe gekry by pa.
IMG_2229.jpg
Ek het ongelukkig nie fotos van Johan se bokke nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Nickvn »

Hugo, Jaco en Attie kom skiet bietjie

Die hugo hunting mobile, alles saam gebring behalwe die "kitchen zink", ek dog hulle gaan uitkamp vir n week. :laugh:
IMG_2265.jpg
Hugo trek eerste bloed met hierdie skoot, baie min vleis skade........... ek los maar dat hy vertel. ;)
IMG_2232.jpg
Hy het ook die mooi ram gebere.
IMG_2236.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Nickvn »

Nou ja toe kom Jaco aan die beurt met hierdie een (eintlik belowe aan Johan :): ) en nog twee ander SWB.
IMG_2242.jpg
Hierdie was n spanpoging.................. Ek los dit ook maar vir hulle om die spasie in te vul. Ou Hugo gaan darem beter slaap vanaand.
IMG_2252.jpg
Ou Attie verloor toe kop na hy sy mooi Blesbok om gestamp het en weet nie watter een om te vat nie.
IMG_2261.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Jean Marais »

Nickvn wrote:Vinnige terug voer met n paar fotos vir julle.
Die oggend vroeg was maar koelerig met ryp. Ons skiet gou in voor ons na die wildskomp ry.
IMG_2212.jpg
Hier is die manne se bokke.

Gideon
IMG_2214.jpg
Jean
IMG_2220.jpg
Soos ek reeds genoem het, was die jag baie lekker gewees. Nadat ons daar aangekom het, en die gewere ingeskiet het, is ons na die jagkamp toe. Ons was lekker opgewonde oor wat voorlê en kon nie wag om in die veld te kom nie.

Gideon het sy SWB eerste geskiet, maar hy kan self later sy storie kom vertel. Ek en Johann het besluit om ons aandag op die blessies toe te spits, maar van die voet af was dit 'n ander ding, aangesien hulle ons van ver af kon sien aankom. Johann het toe besluit om by so 'n kliprantjie te gaan wegkruip, en ek het met so 'n ompad probeer om die blessies in sy rigting aan te keer. Dit het nie gewerk nie, en die hele trop, behalwe die ram het deur die draad gekruip na die aangrensende plaas toe, saam met 3 SWB'e. Die ram het my egter heeltyd dopgehou, en ek het stadig probeer naderkom, maar dan het hy ook op en af langs die draad gedraf op soek na deurkruipplek. Die naaste wat ek kon kom was 324m met my rangefinder gemeet. Toe die ou weer lekker stilstaan, slaan ek my geweer se tweepoot uit, neem dooierus oor 'n lekker groot klip, en met die wind wat omtrent 90 grade van sy boude se kant af gewaai het teen seker so 30km/h die skoot geneem. Ek het op die blad gemik, en gehoop dat die wind die koeël sal druk na die nek toe, wat ook so gebeur het, en die bok het net daar geval met 'n perfekte nekskoot. Groot vreugde. Toe ek by die bok kom, kon ek aan die horings sien dat hy ook 'n gereelde draadkruiper was. Nick kan gerus ook daai naby foto van die horings plaas.

Nou ja, Johann kon darem later die dag ook nog twee blessies skiet, maar maklik was dit nie.

Aan die skaal het die bokke soos volg geweeg - ek hoop ek onthou reg:

Gideon se SWB - 63kg
My Blessie - 35kg
Johann se blessie - 34 en 23kg
Petrus se blessie - 34.5kg

Die jag was baie lekker, en as daar nog bokke beskikbaar is na die ander manne hul beurt geneem het, sal ek graag weer wil gaan probeer.

Nick, weereens dankie vir al jou moeite. Die dag was great!!!

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Nickvn »

Draad kruiper....
IMG_2222.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Jean Marais »

Dankie Nick
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Rasmus »

So is ons toe ook nou tuis. Baie dankie Nick vir die geleentheid dit was voorwaar n lekker dag.

Die groot bul loop nog...... Maar ek het sy adres.

Daar is baie en mooi blesse daar. Vroeg die rekening oopgemaak met een. SWB het ons ontwyk gemaal soos net die narre van die veld kan. Lekker bekruip en leopard crawl kon ek tot so 150m van hulle af kom met die hulp van n koppie! Soos dit maar gaan was daar nie n groot bul nie en meestal koeie met laasjaar se kallers.

My broer het toe sy rekening oopgemaak met sy eertse blesbok n baie mooi ram!

So is ons toe weer agter die swartwildebeeste aan gehol en gemaal, gehol en gemaal....... Na n ewigheid het hulle ver gaan staan, baie naby of net so raps oor die sogenaamde streep....

Die 6.5 het sy kant gebring met die wind en al. En ons het darem n vleis bul gelaai.

Die middag was afgesluit met nog twee blesse. Een het ongelukkig meer as een skoot benodig...... Kan nie glo hy vat so lank om te val nadat sy lewer flenters geskiet is.

Ek het die dag afgesluit met n lekker skoot op n blesbok wind het gestoot! Mirage was ook al sigbaar ek het gekompenseer vir afstand en wind en alles het perfek uitgewerk. Lekker nekskoot.

Weereens dankie Nick. Sê vir die groot bul hy moet rustig wees ek het sy nommer.......
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by VdWalt »

Baie geluk met die bokke!
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Hugov »

Hello almal.

Nick baie dankie vir n bitter lekker dag jag! Die manne het die baie geniet dit was n taai lang dag maar beslis die moeite werd!

Ou "slootbok" het toe darem n skoot in die engine kamer gehad. ;D so ek weet wragtig nie wat met daai poot storie gebeur het nie?????

"Weerlig kam bok" :-X is n ander storie.... Ek het net soos my dinges geskiet en die bok hoog op die blad getref, toe ek die pote in die lug sien het ek nogals goed gevoel vir so rukkie...... My maat Jaco kon hom darem toe vir my genadiglik platrek.

Dit was n effense lang dag ek het 02:00 by my huis gery om die manne op te laai en is so 23:15 weer tuis gewees ek trek nog so bietjie ampere......... Maar ek sal dit more weer doen! Baie dankie vir die effort en reel van die jag Nick, ons waardeer dit opreg, volgende keer vat ons jou op vir n braai en paar verversings ;)

Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Nickvn »

Hier is n paar fotos van Rasmus hulle se jag.

Rasmus met n mooi blessie.
IMG_2272.jpg
Broer Paul met sy Blessie. Die Zebras wou ook kom kyk waaroor al die bohaai is. Hulle het geweet hulle in nie op die pryslys nie en dit het hulle maar baie widgat gemaak.
IMG_2274.jpg
En die SWB van Rasmus. Daai groot swarte het nie so groot geword omdat hy dom is nie. Daai man het n systap soos Habana, as jy weer sien staan hy doer en kyk vir jou. Hierdie een is nie te sleg nie.
IMG_2276.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
paul_v
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Fri May 10, 2013 8:01 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by paul_v »

Weereens, dankie Nick. Dit was nou 'n lekker manier om die week mee aftesluit.

Die bokke het soos volg uit geslag.

Swart Wilde bees was 63kg
Blesbokke 36.2, 35.5, 33.8, en 32.8.

Dit was ook my eerste blesbok wat ek geskiet het, en maak dit toe sommer twee!

Dankie vir boet Rasmus met al die raad en leen van die roer, ons maak weer so.

Lekker naweek,

Paul.
Howa .308
Zabala 12br s/s
CZ Redhead Deluxe 12br o/u
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Jean Marais »

Ai manne, ek is bly julle het die jag ook geniet soos ons groep. Dis harde werk daar in die veld, maar uit en uit die moeite werd.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Giepie »

Nou pas teruggekom van my ander trippie. Lyk my ek het die eerste bok van hierdie jaar daar geskiet. ;)

Daardie swb'e en blessies is lekker hans as jy in die bakkie is, maar sodra jy uitklim gee hulle pad.

Toe ons daar aankom in die jagkamp het ons gedag ons maak vroeg klaar. Die bokke het lekker naby rond gehardloop en mekaar gejaag. Ons wou toe eers vir Johann en Petrus kans gee om hulle bokke te kry, so ek en Jean moes net so om met die bakkie verder ry. Daar kom en verpes die een swb bul ons mos om sommer so naby te kom rond staan. Ons was nie seker of ons kan los trek nie. Ons fone was toe in die ander kar en Nick bel ons om te sê ons moet daai bul laat lê, maar nou ja, ons het toe nie.

Jean en Johann gaan wag toe by die koppie vir wanneer die blessies daar gaan verbykom, so ek en Petrus, my seun, ry toe saam met Nick om hulle te probeer aankeer. Hierdie blessies was nie so gehoorsaam nie. Die een swb het seker maar by sy gebied probeer bly, maar ook net so buite ons afstand. Toe dit lyk of hy wil rustiger raak klim ek toe aan die weg kant van die bakkie af. Die bul staan toe omtrent 150m weg, toe klits ek hom met my nuwe 375H&H so op die knop van die voorpoot, deur die een long en pens, met die Barnes TTSX 250gr wat onder die vel gaan vassteek. Julle het Nick se foto gesien, die bul lyk nie daar so groot nie, maar hy het toe 70kg geslag.

Ek is baie tevrede met myself, my geweer en my bok. Baie trots ook op Petrus wat sy eerste bok geskiet het, al was dit so bietjie hoog en agter toe, maar die bok het gelê. Hy neem nou daardie .303 nou by my oor. (Ek gaan daardie roer mis).

Hier is hoe die koeël gelyk het wat ons herwin het. 243,3gr van 'n 250gr. Ek is tevrede. http://i1185.photobucket.com/albums/z348/Giepie14/2013-06-18154457_zps024e7ef0.jpg

Weereens baie dankie vir 'n lekker dag Nick. Voorreg om jou te ontmoet het.

Mooi dag vir julle almal.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Nickvn »

Was weer vanoggend uit gewees met n paar manne daar uit die Burgersford / Lydenburg area. Hulle was begroet met n wit skouspel. Selfs die gonge het koud gekry. -3deg
IMG_2308.jpg
Die jag was darem warm en die manne het mooi gegooi. Hier is n paar mooi SWB wat hulle kom haal het. Totaal vir die dag was 6 SWB en 3 Blessies.
IMG_2319.jpg
IMG_2328.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Nickvn »

Gedurende die laaste jag het die SWB die drade gebreek en deur gegaan na die buur plaas toe. Daar was spesifiek 3 groot bulle wat aan die verkeerde kant van die draad gebly het en aanhoudend die drade gebreek het. Ek het toe twee van die draadbrekers so rukkie terug geskiet.
IMG_2386.jpg
Julle kan die draad merke op die horings sien.

Ek het verlede Donderdag die laaste een geskiet wat die drade so gebreek het. Die eienaar het toe die drade vervang en ons het meeste van die bokke wat deur gebreek het Vrydag terug gejaag.

Nou dat al die drade weer reg is en die bokke weer in die regte kamp is kan ons nou voortgaan om die laaste SWB bulle uit te haal. Daar is ses redelike mooi bulle oor wat iemand soek om hulle te kom haal.

Gee my maar n skreeu as julle belang stel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Jean Marais »

Hallo Nick

Wanneer moet/kan die jag plaasvind? Ek stel beslis belang, maar sal eers Desember plan kan maak - as dit reg is.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Nickvn »

Hi Jean
Die eienaar wil so gou as moontlik die bokke afhaal. Ek glo nie daar sal nog oor wees by daardie tyd nie. Ek het al meeste vas gemaak. Daar is nog net twee oor.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Jean Marais »

Dis reg so Nick. Dankie vir terugvoer. Gaan ons volgende jaar weer geleentheid kry om by julle te kom jag?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Nickvn »

Ek glo dat ons dan weer sal kan n paar afhaal. Daar is nog steeds te veel diere op daai plaas. Ek sal jou laat weet volgende jaar. Groete
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse

Wat is nog beskikbaar en wat is die koste verbonde?

Groete
Kobus
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Nickvn »

Hi Kobus. Al die beskikbare bokke is bespreek ongelukkig. Ek sal jou onthou as daar kansellasie is. Groete
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by JAGTERSREG-JRM »

Nick

100% baie dankie
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Jean Marais »

Nickvn wrote:Ek glo dat ons dan weer sal kan n paar afhaal. Daar is nog steeds te veel diere op daai plaas. Ek sal jou laat weet volgende jaar. Groete
Baie dankie Nick.

Sien uit om dan van jou te hoor.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Giepie »

Dankie Jean, sal plan volgende jaar moet maak. My 270 se langbene toets. ;D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Post by Nickvn »

Hi Amal, ek het n kansellasie gehad en het nou weer twee SWB beskikbaar. Gee my n skree as julle belangstel. Nog steeds a bargain teen R2000 per bul.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Post Reply