[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 243
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 243
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 243
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
JARACAL • Trofee "Papier-bokke" - Page 2
Page 2 of 57

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Mon Nov 01, 2010 12:53 pm
by 243Songdaug
Ponkie het nou die dag gevra of daar regtig gras op al ons skietbaan se skietpunte is.

Net so 2 foto's om hom te wys dat daar wel gras is - die foto's is net na die winter geneem en die gras kry nog bietjie swaar.

Sishen Ystererts Myn hou die baan vir ons instand - so DANKIE KUMBA!  Ons beplan om binnekort nog 'n Boogbaan, 'n .22 baan asook 'n Praktiese Pistool baan(?) by te voeg.  Voorts het ons ook goedkeuring verkry om die Bisley baan te vergroot sodat ons 'n Charlie(C) baan ook kan opsit - om Internasionale Wedstryde te akkomideer!!!

Ek sukkel nog net om vir SA Jagters te oortuig om een jaar die Nasionale President skiet op ons baan te kom aanbied.

Ons is regtig bevoorreg
Image
Image
Image

Die res van die foto's wil nie nou op Photobucket laai nie.
Groete.
Jaco

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Mon Nov 01, 2010 1:03 pm
by 243Songdaug
Geno.

Jou groeperings is puik man!  Niks om oor te kla nie - regte "Bragger Groupings".  My boeta in Ausieland stuur ook alewig sy groeperings vir my - ek mind nie regtig oor die groeperings nie.

Ek soek net hul teikens!  Takbokke, Rooivosse, bosvarke, eekhorings en 'n klomp voe?ls(met kuiwe).

Groete.
Jaco

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Mon Nov 01, 2010 1:08 pm
by JACQUES BOTHA
JAA MAN
eK LIKE DAAI HELMIT SKOOTJIES WAT TYDENS OEFENING GESKIET IS....
Dis mos hoe mens moet gooi..EK dog n man moet speel soos wat jy geoefen het..
dan het die WP seker nie geoefen verlede week nie en die Sharks het geoefen lat dit klap..
mooi papier gooie daai.
Jacques 

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Mon Nov 01, 2010 1:54 pm
by Geno
Jaco, thanks man.
Jou 308 gooi baie mooi!

Die oorseese teikens klink nice.

Groete,
Eugene

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Mon Nov 01, 2010 3:59 pm
by 243Songdaug
Dankie maters.

Die 243 het darem ook nou die dag sy kant gebring.  Ek het die outjie ingestel op 300m en dus sal julle 8 skote op die teiken sien.  Hulle het so geloop:

1.  Sit links en hoog - ek stel toe regs en af - te veel - toegeplak
2.  Sit regs en laag - toegeplak
3.  Op die nommers - in die oranje! Nie toegeplak
Hierna het ek 'n 5 skoot groepering geskiet en hulle val toe net links van die oranje kol.

Die wind was redelik sleg, maar gelukkig net effens skuins en meer van voor.

Groepering gemeet:  21.161mm (Skote 4 - 8)
                            27.2mm (skote 3 - 8)

Image

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Mon Nov 01, 2010 6:48 pm
by Stefan764
Magtag!!

So moet n man gooi op 300m!! Bliksim!

Baie mooi 243SD, baie baie mooi! Laat my baie aan Lambie se skopvoet dink, mis nie baie nie... Haha!!

Eks nou sommer lus en haal my arme toetse van die gesprek af! Hel, sal maar moet beginne werk aan daai ladinfgbvan my wat nog onbekend is. n Man se jy gan jou tyd vat die afseisoen met die gelaaiery, tot jy n ander man se papierbokke sien met n gun wat kla reg is, dan raak jy sommer lus van voor af met geen keer aan jou nie!

Nou toe kom al die ander manne met die .243's, kyk of julle die man van die verhoog af kan skiet! Ek gan hard werk an die 7x64, wil ok dam so naby kan kom met 5 skote op 300.....

Sharks en 7mm groete,
Stefan

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Mon Nov 01, 2010 7:11 pm
by 243Songdaug
Dankie ou Stefan.

Ek het lank gesukkel om so te gooi en ek moet jou s? ek gooi baie gereeld. 

Een middag toe skiet ek 'n paar skote met 'n pasmaak 308 - nogal op 'n P14 aksie gebou.  Ek kon nie glo dat ek ook 'n eengat groepering kon skiet nie en net om doodseker te maak het ek dit weer gedoen!  Nou ja die koe?l was deur die kerk en ek het opslag besluit om vir my ook eendag as ek groot is 'n geweer te laat bou.

Nadat ek my 243 laat bou het by Gerrie Coetzee, het ek so stelselmatig al my lope vervang met Stainless pype wat so effens dikker en swaarder is, my aksies laat accurize, geleer om 'n geweer REG te pak en ek het bel? in goeie gehalte snellers.

Kos so ongeveer 10K per roer, maar glo my dis elke sent daarvan (en meer)werd!

Grooter en beter optics het natuurlik gevolg en daarna moes ek net oefen.

My raad is dus:  "Jy is net so goed as wat jou toerusting jou toelaat om te wees."

Groete.
Jaco

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Tue Nov 02, 2010 5:55 pm
by Stefan764
Jaco

Wat is jou raad dan vir my met my Tikka Hunter Deluxe (net soos hy van die rek af is, geen mods)??

Stef

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Tue Nov 02, 2010 7:51 pm
by 243Songdaug
Stef.

Persoonlik hou ek regtig baie van die Tikka's.

Al wat ek sal verander/doen  is: 
1.  Laat doen 'n oordentlike pakking - verseker dat die loop float.
2.  Koop die duurste teleskoop wat jy kan bekostig - Zeiss, Swarofski, Leupold, Nightforce....iets in daai lyn.
3.  Standaardiseer op een projektiel (gewig)
4.  Doen 'n oordentlike lading ontwikkeling
5.  Koop die beste gehalte komponente aan - doppe, primers ens.
6.  Doppe - spandeer bietjie tyd op jou doppe en berei hulle reg voor - sny primer pockets, deburr primer shaft, sny jou
          nekke en weeg jou doppe.
7.  Oefen gereeld - die belangrikste van die klomp, natuurlik!

As ek aan nog iets dink laat weet ek jou.

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Tue Nov 02, 2010 8:04 pm
by Stefan764
Dankie Jakes

Ek het n Leupold VX1 4-12x40 op. Skiet NORMA doppe en Hornady 139gr punte, maar het nog nie my lading gekry nie. Het op 51.0gr begin en opgegan tot 52.8gr (naby aan maks) ma hy group nie (sien fotos hier bo)

Gaan nou maar van 51.0 af na 49.0 toe werk

Groete
Stef

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Tue Nov 02, 2010 11:10 pm
by 243Songdaug
Stef.

Net 'n vraag - hoe het jy bepaal dat jy naby maksimum is?  Laai jy volgens Somchem se aangegewe ladings of het jy 'n chronograaf gebruik?

Een van die 7mm Rem's waarmee ek so af en toe speel verseg om met 139gr Hornady Interlocks te groepeer, maar met die Interbonds skiet hy subkaliber groeperings.  Ek dink daai roer het 'n snobistiese streep weg!

Laat hoor asseblief omtrent die vraag mbt jou maksimum lading.

Jou teleskoop is perfek vir jag, vir papierskiet is hy ietwat aan die kleinkant(maar darem nie te erg nie - ek skiet 'n 4.5 14 x 56 VXL op my 243.)  Jy gaan net so bietjie harder moet werk as die manne met die ho? vergrotings.  Net vir jou vir kennisname: die amerikaanse marine snipers skiet met 10x teleskope wat 10mm (op 100m) per kliek stel - en hulle skiet tot op 1000m daarmee!!! c Ek haal my hoed vir hierdie ouens af.

Ek glo dat 'n man net so goed skiet soos jy kan sien(Hendrik van Rensburg)

BELANGRIK:  Akkuraatheid is 'n relatiewe begrip - enige wapen wat konstant onder 1" groepeer op 100m is akkuraat genoeg, maar nie noodwendig aanvaarbaar vir almal nie - jy moet self besluit wat vir jou as akkuraat tel.

Mooi aand.
Jaco

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Wed Nov 03, 2010 6:26 am
by Stefan764
Jaco

Ek het die maks lading van 54gr op n blaadjie raakgelees. Ook my dop vol (VOL) kruit gegooi en dit was 54.6gr. Die ander rede hoekom ek nie so hoog wil laai nie is dat my loop dam so bietjie langer moet hou...

Groete
Stefan

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Wed Nov 03, 2010 7:00 am
by Chrisjan
Image
Hierdie is op 100m met my 9.3x62
3 Skoote met Impala 180gr en 61gr S335 in Lapua doppe. Hulle skiet teen 2860fps Ek het 'n CZ 550 met 21" Loop. 2" korter gesny.

Image
Hierdie is op 200m met 58gr S335. Was nog besig om te toets, Dit is 27mm c-t-c

Image
Die Groep lyk maar net mooi. Mooi 3 klawer.

Image
5 skoote met 58gr S335 en 180gr Impala punte.

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Wed Nov 03, 2010 7:05 am
by Stefan764
Mooi gegooi maat! Sien daai impala sny n koelronde gaatjie in die papier!

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Wed Nov 03, 2010 10:28 am
by 243Songdaug
Chrisjan jou yster!  Dis baie mooi gegooi daai!

Stefan, jy moet dalk oorweeg om die Sweetspot metode van Hendrik van Rensburg te probeer vir die soek van 'n lading.

Ek wil aansluit by Tafjak mbt 'n opmerking wat hy elders gemaak het en dit is dat loopleeftyd nie regtig so 'n groot issue is nie - BEHALWE op 'n 220 Swift.

Nadat ek 'n Chrony gekry het het my skiet baie vooruitgegaan, as jy weet hoe vinnig jou koe?l regtig trek kan jy daarvolgens jou lading opwerk - die ladings wat Somchem aangee is slegs 'n riglyn en hulle speel baie veilig - glo my.  Ek het al gevind op sommige wapens dat ek by maksimum lading is volgens Somchem, maar as ek die spoed meet loop die spoed net-net bokant die minimum spoed vir die betrokke kaliber.

Groete.
Jaco

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Thu Nov 04, 2010 9:10 am
by Stefan764
Sweetspot metode? Ek luister...

Thanks!  :)

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Thu Nov 04, 2010 9:19 am
by KSV
Stefan,

Vir jou gepos.

Hein

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Thu Nov 04, 2010 10:21 am
by Stefan764
Ek het hom gekry baie dankie Hein!

Bietjie vetterige dokument vir sommer net gou deurlees! Sal hom moet print en vanaand loop vuurmaak in die lapa voor ek hom aanvat! Haha!

Thanks nogmaals!

Gat vamiddag my nuwe ladings uittoets (49.0gr S365 to 50.8gr S365), sal more fotos upload. Hou maar duim vas...

Groete
Stef

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Mon Nov 08, 2010 8:32 am
by Stefan764
Image

Hier is my beste grouping wat ek tot dusver gekry het. Dis met Hornady 139gr punte.

Gan nou die Impalas ook probeer, wil 110gr laai vir so bietjie ekstra spoed. Enige iemand n idee watse spoed n ou sal kry met 110gr Impalas in n 7x64?

Groete
Stefan

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Mon Nov 08, 2010 10:03 am
by 243Songdaug
Stefan.

Die groepering lyk mos sommer netjies man!  Hoop jy het hom afgehaal en in die geweerkamer teen die muur vasgeplak?

Mooi dag.
Jaco

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Thu Nov 11, 2010 8:48 am
by Stefan764
Thanks Jakkie!

Nee hy ry saam in die bakkie vir motivering!! Haha! Ja nee die 7x64 van my hou van daai 139gr Hornadys...

Het gister Imaplas (110gr) geskiet mar eks nog ver van fotos opsit! Moet nou van voor af begin met dit.... Maar ek sien uit daarna! Veral omdat (volgens oom Kobus) daai 110gr teen net 48gr S341 teen 3030ft/sek loop.

TYD!! n Man kort net meer tyd! Die werk van my begin inmeng met my skietery....

Mar nou ja, kom ons hou aan probeer!

Groete
Stefan

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Sat Nov 13, 2010 11:18 pm
by 243Songdaug
HAHAHA - jy sal moet keer of jy raak ook "skiet bedinges" soos ek.

Ek s? al lankal dat my werk inmeng met my skiet tyd!  Geniet daai 7mm - dis darem maar 'n lekker kaliber daai.

My 303 Epps het vroe?r die week geland, so ek skeep op hierdie stadium al my ander roere af om die Epps aan die skiet te kry.  Moet nogal s? dat ek van die doppe se nuwe shape hou.

Groete.
Jaco

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Mon Nov 15, 2010 11:52 am
by Stefan764
Kry hom reg en kom sit die "trofees" hier op! Jagtersdok help my nou met my Impala ladings, sal laat weet einde van die week hoe het dit gegan!

Stef

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Tue Nov 16, 2010 9:35 am
by Stefan764
Jakes, group daai Ingelse Gun van jou al? Haha! Spot net! Sit bietjie die fotos op! Ek sien die "Papierbokke" raag nou al hoe wilder hier in die af-seisoen, manne kry hulle nie meer raakgeskiet/gesien? nie!!!! Haha! (Of hoe se ou JB, lag lag lag....)

Ek beoog om Donderdag bietjie te loop skiet saam Jagtersdok, hoop dinge gan mooi werk met daai Impalas...

Stef

Re: Trofee "Papier-bokke"

Posted: Tue Nov 16, 2010 10:09 am
by JACQUES BOTHA
PAPIER BOKKE
DIE  PROBLEEM IS EK SIEN NIE DIE GOED SO MOOI NIE. DALK MOET EK OOK GROETER SCOPE KRY EN BETER .
INGELSE ROER  HET IEMAND JOU INSIDE INFO GEGEE? EK PRAAT NIE DAAROOR NIE EK SE NET EK BLY BY DIE BONZAI 243.
AL IS DIE EINDPRODUK OOK AL WAT, AS EK DIE DOP OMDRAAI OET DAAR DRIE 2'S WEES MET N 50 AGTERNA...
AS JY NIE KAN SIEN NIE KAN  JY NIE SKIET NIE---IF YOU CAN SEE IT YOU CAN SHOOT IT--EK WEET NEI WATTER EEN IS WAAR NIE
jACQUES