[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 243
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)

JARACAL • Langhoring springbok moontlik gevind??? - Page 2
Page 2 of 2

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Sat Nov 13, 2010 12:06 pm
by Wouter Roets
Geno
Ek jag so 4 jaar al daar, maar dink hierdie jaar was my laaste keer. Die eienaar is besig om dit n bietjie te verloor. Weet ook nie of die huidige personeel volgende jaar daar gaan wees nie, die eienaar maak nie reg nie. Ek praat onder koreksie maar hy het daai plaas vir R4'000'000 in 2004 gekoop, al 22'000 hektaar! Grootste bargian waarvan ek al gehoor het! n Mens sal jouself uit al jou sakgeld, die Keiser se deel, jou vrou se maandilikse triltaks en jou kinders se universiteitsgelde in 2 dae uit skiet. Hy is mos gedoop die "Jewel of the Kalahari" as ek dit nie mis het nie. Ek het n 60 jarige vriend wat elke jaar daar met sy seuns op die voet jag!
Wout

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Sat Nov 13, 2010 12:19 pm
by 243Songdaug
Louis102

Wat sit jy in jou lekblokke?  Dis regtig mooi horings wat jy geplaas het.  Ek hou van die dikker/swaarder horings wat jou bokke het.  Soos hierdie horings lyk hou ek van hulle - dis wanneer hulle so uit verhouding dun en lank kom raak wat dit bir my nie reg lyk nie.

Groete.
Jaco

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Sat Nov 13, 2010 12:47 pm
by Louis102
243Songdaug

Jammer, ek het per ongeluk jou nommers omgeruil by my vorige post sien ek nou - niks daarmee bedoel nie.

Ek het juis gewonder of dit nie dalk 'n afwesigheid van lek is wat veroorsaak dat die horings van my springbokke nie so vreeslik lank groei nie.  Het eenkeer iewers gelees van manne wat bietjie groeihormone van 'n soort in die bokke se lek sit om die horings langer te laat groei - hoe belaglik kan dit nou wees?  Die stel horings naaste aan die lens in die foto is 'n bok met uitsonderlike lang horings vir my plaas.  Hulle is egter maar in die omgewing van net oor die 16 duim.

Moet egter vir jou s? dat die hele gespoggery met "groot" of "langhoring" trofe? my heeltemal koud laat.  So 'n bok bly maar net mooier lewendig as opgestop teen 'n muur.  Vir my in elk geval.

Groete
Louis

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Sat Nov 13, 2010 2:51 pm
by Boesman
Louis102 wrote: MAAR die horing maak nie die bok nie, of hoe?
En ook glad nie die jag nie.

Louis, 16 duim is bo gemiddeld vir enige area. Seker nie te skaars in NAM nie, maar die gemiddeld is ver onder dit.

Hoewel ek sekerlik nie nee sal se om enige trofee of knewel van 'n bok te skiet as die kans hom voordoen nie, is dit vir my ook 'n bysaak. Kan nie glo dat daar mense is wat horings rek of foto's verander nie.

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Sat Nov 13, 2010 3:27 pm
by frinam
Louis, by my het ek 'n bok met 18 5/8 duim horings, maar nog nog nooit 'n ram met sulke eiers geskiet nie, dit is voorwaar 'n rekord ;D. Gooi weg die horings man, registreer die eiers!!! Groetnis-Frinam  (PS. As koning Leeu mooi vra, sal ek my horingkies ook wys)

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Sat Nov 13, 2010 3:34 pm
by Louis102
frinam wrote: ... (PS. As koning Leeu mooi vra, sal ek my horingkies ook wys) ...
Oom Frikkie s'n, of die springbok s'n?

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Sat Nov 13, 2010 4:51 pm
by frinam
Koning Leeu, met u toestemming, albei ;). Frikkie

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Sat Nov 13, 2010 5:12 pm
by frinam
Koning Leeu, soos belowe, my bokkie en sy horinkies! Groetnis-Frikkie
Image

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Sat Nov 13, 2010 11:13 pm
by 243Songdaug
Louis

Ek het om die waarheid te s? nie eers opgelet dat jy die nommer deurmekaar gegooi het nie!  Ek stem nogal met jou saam oor die horing metery en dies meer.  Ek PH so af en toe vir 'n vriend van my - Wynand de Klerk - puik ou en 'n fantastiese jagmaat.

Hy hou van my manier van doen wanneer ek vir hom PH en dis lekker om te weet dat hy aandring dat ek vir hom moet PH op sy 1 of 2 jaarlikse trofee jagte.  Ons het baie vroeg reeds die lengte ding uitgesort - ek jaag nie duime nie - ek soek 'n bok vir hom wat volgens my "reg" lyk - dit lyk darem asof hy vrede is met my keuses - sy trofee kamer(s) is oortrek met wild wat ons saam gejag het.

As ek eendag weer in Nam is kom, gooi ek dalk 'n draai by jou - waar in Nam bly jy?  Ek jag elke jaar vir so 10 dae in die Stampriet omgewing.

Groete.
Jaco  

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Mon Nov 15, 2010 7:44 am
by Stefan764
Nee ek stem, weet glad nie watse satisfaksie n ou kry om oor n stel vervalste horings te spog nie

Stefan

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Mon Nov 15, 2010 10:46 am
by Louis Kriel
Ek sweer daai bok is gekruis met 'n gerenuk, kyk hoe lank is daai ram se nek!

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Mon Nov 15, 2010 1:33 pm
by Wouter Roets
Frikkie
Wat n pragtige bok. Jy skop hom nou wragtag nie onder enige Suidwesdoring uit nie! Vertel so n bietjie meer van die monster.
Wouter

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Mon Nov 15, 2010 1:47 pm
by Stefan764
Frikkie

Ek wil net se ek het nie na jou Sprinbok verwys nie!  :o

Ek praat van daai stoor-springbok en dinge soos daai 82duim koedoe ens....

Bitter mooi Springbok van jou daardie, sal self ook graag meer wil weet oor hom!

Groete
Stefan

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Mon Nov 15, 2010 3:31 pm
by frinam
Stefan en Wouter, dankie vir die terugvoer. Ek het die bok op 'n plaas naby Leonardville geskiet tydens my wildoesjare. Toe ek die nag die paar bokke sien met die ram tussen hulle, het hy kompleet soos 'n jong koedoebulletjie vertoon tussen die ander springbokke. Het hom toe geskiet en vir die eienaar gevra of ek die stel horings kon kry. Die horings is geregistreer by SCI en soos in die vorige post genoem, 18 5/8 duim lank. Op daardie stadium, 1981, nr 1 by SCI en derde by Rowland Ward, (nie geregistreer). Toe die horings laat "mount" deur Profi taksidermiste in Windhoek. Sit ook met 'n eland wat 5de op die lys is,
40 1/4 dm, wat ek so 9 jaar gelede oos van Gobabis geskiet het. Sal die foto later plaas. Francois Marais het altwee die "koppies" gesien toe hy so 3 maande gelede hier by my 'n draai gemaak het. Mooi week - Duitswes groete.

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Mon Nov 15, 2010 4:16 pm
by Stefan764
Baie mooi Frikke, niks fout daarmee om met n rekord-bok te spog nie, JY het hom mos geskiet.

Gee my en Wouter net bietjie kans, ons gan self soek vir die nuwe nr1 Rooibok da op sy plaas in die nabye toekoms...

Groete vanuit die Republiek
Stefan

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Tue Nov 16, 2010 9:56 am
by Wouter Roets
Steef
Jy sal self sien daar is so paar in die hoe 26duim, meskien 27, maar om met daai springbok te kompeteer sal n ou 30 en 31duim toe moet gaan! Hulle moet nog gebore word op my plaas, hopelik! Ek het al n paar van hulle daar bo in die Etosha park raakgeloop en het my letterlik bek@k, sommer in die eerste paar kilometer in die park! Dan het hulle nog daai swart gevrete ook. As jy kyk hoe kort die Rowland vir die swartgesig is en jy daai 30/31 duimer kan skiet sal jy seker die grootste verskil(duim) inskrywing in die geskiedenis van Rowland he.
Wout

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Posted: Tue Nov 16, 2010 10:09 am
by Stefan764
Wouta
Ek sien nogtans kans om te gan probeer! Al probleem is ons gan met ons eksperiment nie tyd he vir horings skat nie! Daar gan ander belangriker aspekte wees! Sien moerse uit daarna!
Stef