Page 2 of 2

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Mon Sep 02, 2013 7:29 pm
by Roger
Ek jag al jare met geweer, toe begin ek jag met swartkruit, natuurlik vir die grooter uitdaging en toe begin ek boogjag. Vir my is geweer jag nou n bysaak. As ek n paar dae het om te jag op n boog plaas, vat ek altyd n middag of n oggend om te W&S. Verder sit ek in die hide. Ek moet met iets huis toe gaan.

Met geweer het ek nog nie baie gesukkel nie. Dis my ondervinding. Hier in die vrystaat met ons vlaktes moet jy net 100-250m kan skiet om n bok of twee huis toe te vat.

Oneties vir my is daai gesuipery en dan word daar gejag. Bokke word gekwes in die pens, poepol, ens.. Dis oneties. Manne wat NET van n bakkie af skiet en dan brag hulle kan 300m + "jag".

Net my 2c.

Roger!
:-)

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Wed Sep 04, 2013 11:11 am
by KalahariKlong
Manne, ja baie interresant. Ek was so paar dae weg en sien hier is darem weer so bietjie gesels.
Dimitri, dankie vir jou skrywe. Ons dink redelik die selfde oor dinge.
Ek haal my hoed af vir 'n man wat met 'n boog kan W$S.

Groete
KK

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Wed Sep 04, 2013 1:17 pm
by Fonsie
Eugene, solank jy net soos "Robin Hood" van ouds jou biltong met die armes deel, kan jy maar by water... skiet... ek bedoel jag... jammer...

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Wed Sep 04, 2013 2:24 pm
by Eugene
Fonsie wrote:Eugene, solank jy net soos "Robin Hood" van ouds jou biltong met die armes deel, kan jy maar by water... skiet... ek bedoel jag... jammer...
Jy weet mos ek deel altyd.... ;) 8)

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Sun Oct 06, 2013 11:13 pm
by morne smith
Goeiedag almal
Ek het lanklaas saamgepraat. Werksdruk het my bietjie besig gehou.Gelukkig hou Zack my op datum van wat aangaan op die forum.
Almal hier bo het sinvolle bydraes gelewer en ek voel beslis dat daar onderskei moet word tussen bokskieters en bokjagters, hetsy boog of geweer. Die belangrikste vir my gaan oor die dier. Ek jag al 14 jaar met die geweer en 5 jaar met die boog. My en my vrou se boogbokke het ons nie uit hides geskiet nie. Die plaas waar ons die bokke geskiet het, het bloot nie hides gehad nie. Ons moes 'n diesel stalk doen toe ons ons Nyalas gaan skiet het, want die plaas was bloot te groot om hulle te voet gaan soek het. Nadat ons hulle gesien het het my vrou afgeklim en die cruiser het verder gery. Sy het steeds haar bok te voet genader en hom geskiet met die boog. Haar kans op sukses was dus steeds 30% en die bok s'n 70%. Ek het die volgende dag presies dieselfde patroon gevolg en ook sukses behaal. My punt is: Lees die omstandighede, plaas, diere se gedrag en gewoontes en as 'n diesel stalk gaan veroorsaak dat jy vars en wakker by jou bok gaan aankom en jy kan hom vinnig en menslik dood, dan is dit mos 'n wen wen situasie vir albei partye.
Ek was altyd groot mond en het gese dat ek nie uit 'n hide my boogbokke sal skiet nie, want tot op daardie stadium het ek nog nooit op 'n plaas met 'n boog gejag uit 'n skuiling nie. Eendag toe bel my goeie vriend uit JHB my en vra of hulle kan oorslaap in Bloem, want hy en sy vrou wil kom boogjag op 'n plaas net buite Bloem. Ons het daardie oggend voor sonsopkoms in die skuiling geklim. Ek het die PH gevra wat is die reels rondom hul skuilings op die plaas en hy het gese daar is geen reels nie. Hier mos ons dadelik besef het dat ons vandag niks gaan skiet met die boog nie. Ons kon dus enige tyd in en uit die skuiling klim net soos die hoopvolle(onsuksesvolle) boogjagters die naweek voor ons. Daar was net 'n soutlek op 20m en 'n pragtige voeltjie waarin ons heeldag moes vaskyk. Ons het later 'n boomstomp aangesien vir 'n rooi hartebees. Namiddag toe klim ons uit die skuiling om te gaan piepie en toe bel ek die ph en se kom haal ons asb. Ek het my jaggeweer by die huis gaan haal en my vriend en sy vrou het 'n springbok en swartwildebees agterop hul bakkie gelaai later daardie middag. Ek het gisteroggend 'n lechweram gaan skiet ook net buite Bloemfontein. Ons het hom gaan soek met 'n Kubota pypkar en toe ons hom sien het ek afgeklim en ons het hom te voet agterna gesit.
Onthou op hierdie stadium staan my persoonlike rekord nog dat ek "nog nooit 'n dier uit 'n skuiling geskiet het nie" Dit was baie gou duidelik dat hierdie ram geweet het ons was daar vir hom vandag en dat hy my nie vandag 'n skoot van dertigmeter of nader gaan gee nie. Ek het voorgestel dat ek terugstap na die skuur waar daar lusern was. Die werkers het lusern gegooi en Raymond sou die ram stadig druk terug na die stoor. Ek en Gideon het in 'n vragmotorsleepwa geklim en met sakke lusern in die deur se opening gepak en 'n skietopening gelos. Die ram het stadig aangestap gekom na ons toe. Hy het op 10.9 m kom vreet aan die lusern reg van voor. Toe ek solank my boog wou span het hy my gehoor, gesnork en weggespring net om op 30 meter weer om te draai en terug te kyk na ons. Ek het hom kwaai quatering to op sy linkerskouer geskiet. Hy het omgedraai en gehardloop Na omtrent 100m het hy onder 'n bos gaan le in die koelte om sy laaste rusplekkie te gekry. Die omstandighede, bokgedrag en situasie het dus veroorsaak dat ek nou ook 'n boogbok uit 'n :skuiling met wiele" geskiet het!!! Dit het gewerk en die bok is menslik gedood.
Horses for Courses Menere. Wat en hoe jy dit ookal doen, as dit beter is vir die bok, DOEN dit. Ek voel dat ek die bok eers gejag het en toe dit nie werk nie hom geskiet het uit 'n pasmaak skuiling.

Groete

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Sat Aug 09, 2014 9:52 pm
by INGOZI
Ek moet erken ek is baie beindruk met die wyse waarop hierdie gesprek gevoer word, mens word vinnig iets toegesnou as jy die kwessie van hide jag of skiet oor water bespreek of selfs kritiseer omdat daar juis soveel mense tans is wat dit as hulle enigste metode gebruik.

Ja daar is daadwerklik redes hoekom dit die mees koste effektiewe opsie is vir beide boer en jagter en dit bied aan baie mense die geleentheid om 'n bok met die boog te skiet wat hulle heelwat langer sou vat het hulle net te voet gejag. Baie mense dink verkeerdelik dat ek streng anti hide skiet is, wat ek nie eintlik is nie, ek sien dit ook net soos die oorspronklike skrywer as skiet en nie jag in die ware sin van die word nie. As ek 'n bok uit 'n hide geskiet het voel ek persoonlik skuldi omdat ek nie juis gewerk het vir die bok nie, waar as ek hom op die voet loop soek het ek eerder voel dat ek my kant gebring het.

Soos ek nou die dag vir 'n vriend se op ons jaarlikse bosveld jag toe hierdie einste topic bespreek is o die kampvuur: Om vanuit die hide by water 'n bok met die boog te skiet is soos om aas aan die lyn van jou vliegstok te sit, ja jy gaan'steeds die vis moet haak, baklei en land, maar dis nou nie eintlik die idee gewees nie. Netso met boog jag, die idee is nie om dinge so te manipuleer dat jy verseker is van jou bok nie, dan kon jy netsowel gebly het by geweer jag, om met die boog te jag gaan juis oor die uitdaging daarvan asook die perke wat daardie wapen het.

Maar dit maak sekerlik van niemand 'n skurk as hy iets by water of voer geskiet et nie, solank hy net ook sal eerlik wees en erken dat dit eintlik maar in die ware sin van die word skiet was, en nie jag nie. Nie een of ander metode is die alfa en omega nie, maar elkeen het sy goeie punteen tekortkominge. Wat jou eie persoonlike rede is om vanuit 'n skuiling te skiet is jo saak want jy hoef aan niemand antwoord te gee oor hoe, wat en waar jy jag nie, maar onthou net dat dit nie juis was waaroor die uitdaging daarvan om met boog te jag gaan nie.

Alles van die beste,

Engee Potgieter

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Sun Aug 10, 2014 11:47 am
by Stefan764
INGOZI wrote:Ek moet erken ek is baie beindruk met die wyse waarop hierdie gesprek gevoer word, mens word vinnig iets toegesnou as jy die kwessie van hide jag of skiet oor water bespreek of selfs kritiseer omdat daar juis soveel mense tans is wat dit as hulle enigste metode gebruik.

Appels

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Fri Aug 15, 2014 12:18 pm
by dawiec
Dimitri baie waar woorde! op die einde van die dag moet elke ou met sy gewete saamleef oor hoe hy die bok geskiet het. As jy vrede het met dit dan is dit goed so.
ek het nou twee jaar terug 'n boog by Dimitri gekoop maar steeds ontwyk die bokke my... ek hou van w&s so ek gaan aanhou tot ek my bokkie kry. Sopas 'n ghillie suit gekoop en kom ons hoop ek sal sukselvol wees!
bygesê al skiet ek ook niks die dag nie is die ervaring in God se natuur vir my eerste prys.

mooiloop!

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Fri Aug 15, 2014 7:19 pm
by Marc
Stefan764 wrote:
INGOZI wrote:Ek moet erken ek is baie beindruk met die wyse waarop hierdie gesprek gevoer word, mens word vinnig iets toegesnou as jy die kwessie van hide jag of skiet oor water bespreek of selfs kritiseer omdat daar juis soveel mense tans is wat dit as hulle enigste metode gebruik.

Ja daar is daadwerklik redes hoekom dit die mees koste effektiewe opsie is vir beide boer en jagter en dit bied aan baie mense die geleentheid om 'n bok met die boog te skiet wat hulle heelwat langer sou vat het hulle net te voet gejag. Baie mense dink verkeerdelik dat ek streng anti hide skiet is, wat ek nie eintlik is nie, ek sien dit ook net soos die oorspronklike skrywer as skiet en nie jag in die ware sin van die word nie. As ek 'n bok uit 'n hide geskiet het voel ek persoonlik skuldi omdat ek nie juis gewerk het vir die bok nie, waar as ek hom op die voet loop soek het ek eerder voel dat ek my kant gebring het.

Soos ek nou die dag vir 'n vriend se op ons jaarlikse bosveld jag toe hierdie einste topic bespreek is o die kampvuur: Om vanuit die hide by water 'n bok met die boog te skiet is soos om aas aan die lyn van jou vliegstok te sit, ja jy gaan'steeds die vis moet haak, baklei en land, maar dis nou nie eintlik die idee gewees nie. Netso met boog jag, die idee is nie om dinge so te manipuleer dat jy verseker is van jou bok nie, dan kon jy netsowel gebly het by geweer jag, om met die boog te jag gaan juis oor die uitdaging daarvan asook die perke wat daardie wapen het.

Maar dit maak sekerlik van niemand 'n skurk as hy iets by water of voer geskiet et nie, solank hy net ook sal eerlik wees en erken dat dit eintlik maar in die ware sin van die word skiet was, en nie jag nie. Nie een of ander metode is die alfa en omega nie, maar elkeen het sy goeie punteen tekortkominge. Wat jou eie persoonlike rede is om vanuit 'n skuiling te skiet is jo saak want jy hoef aan niemand antwoord te gee oor hoe, wat en waar jy jag nie, maar onthou net dat dit nie juis was waaroor die uitdaging daarvan om met boog te jag gaan nie.

Alles van die beste,

Engee Potgieter
Appels
Beter sou ek dit nie self kon stel nie

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Fri Aug 15, 2014 10:23 pm
by Peruvs72
Ek self het nog nooit 'n bok van 'n bakkie af geskiet nie en nog nooit die behoefde gehad om 'n boog te gebruik nie. Ek persoonlik het op meer jagtogte gegaan as om diere te skiet. Die idee om in die veld te stap is baie aanloklikker as die actual skiet van die dier vir my. Ek hoor van die manne wat so ver skiet en dink dus goed dat ons almal anders is. Ek self dink nie ek sal vir ure op my gat by 'n watergat met 'n boog sit nie. Ek wil net noem dat baie van hierdie anti-jag mense dink die gebruik van 'n geweer is on-sportief maar dus OK met 'n boog. Hulle het nie 'n idee hoe moeilik dit is om 'n bok te bekruip nie. Wys hoe ver hulle dink. Min weet hulle dat meeste van die boog jagters by 'n water gat sit en wag. Ons moet dit maar dit stil hou anders dink hulle julle boogtagters is ook oneties. :laugh: As 'n ou van 'n bakkie af skiet of 'n boog gebruik of lang afstand skiet en hy doen dit met die regte gesindheid (om die dier so gou as moontlik te dood) is hy ok in my boek. Wat my bloed egter laat kook is die cowboys wat langs gemsbokke jaag en potshots vat en op youtube post en hulself jagters noem.

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Sun Aug 17, 2014 3:22 pm
by Koos Barnard
Dagse
Ek het in die nuutste Jagter/Hunter 'n boogjag-artikel geplaas van 'n vlakvark wat by die water geskiet is. Diegene wat my ken (en Forumlede) sal weet dis nie my voorkeurmanier van jag nie. Ek het egter besef dat ander mense dinge dalk anders wil doen as ek en daarom het ek die water getoets. In my voorwoord vra ek dat Jagter-lesers hul menings moet lug oor hierdie tipe jag en indien lesers tevrede is dat ons artikels oor sulke jagte publiseer sal dit in die toekoms gedoen word. As die teenkanting egter te groot is sal ek dit noodwendig moet stop. Laat my gerus weet wat julle dink.

Hoop nie hierdie is 'n te groot hijack van die onderwerp nie.
Mooi loop

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Sun Aug 17, 2014 4:41 pm
by henning
Ek het n wens, dat mense nie vir ander moet voorskryf hoe om te jag of skiet nie en dat die klem moet val op hoe vinnig en effektief die dier gedood is.

Ek het baie waardeering vir die manne wat net W&S, en ek geniet dit ook, maar hoekom is dit nodig om afbrekende kommentaar te lewer as iemand van n bakkie af skiet. Dieselfde prosses vind plaas, jy haal aan, skiet en die bok word gedood, so eenvoudig. Ek bedoel nou nie om enige persoon te na te kom nie maar ek voel dit grens aan kinderagtig om vir iemand te se jy het n bok geskiet en nie gejag nie, voel dit is nie nodig om die onderwerp op te bring nie tensy jy voel jy het iets om te bewys.

Ek moet erken dat geweer jag by water voel nie vir my reg nie, maar ek kan nie insien dat boogjag n problem kan wees nie.

Groete
Henning

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Sun Aug 17, 2014 4:52 pm
by Eugene
henning wrote:Ek het n wens, dat mense nie vir ander moet voorskryf hoe om te jag of skiet nie en dat die klem moet val op hoe vinnig en effektief die dier gedood is.

Ek het baie waardeering vir die manne wat net W&S, en ek geniet dit ook, maar hoekom is dit nodig om afbrekende kommentaar te lewer as iemand van n bakkie af skiet. Dieselfde prosses vind plaas, jy haal aan, skiet en die bok word gedood, so eenvoudig. Ek bedoel nou nie om enige persoon te na te kom nie maar ek voel dit grens aan kinderagtig om vir iemand te se jy het n bok geskiet en nie gejag nie, voel dit is nie nodig om die onderwerp op te bring nie tensy jy voel jy het iets om te bewys.

Ek moet erken dat geweer jag by water voel nie vir my reg nie, maar ek kan nie insien dat boogjag n problem kan wees nie.

Groete
Henning
Dankie vir die waarheid! Niemand word geforseer om op 'n sekere manier te jag nie, so as jy nie daarvan hou nie, moenie dit doen nie! Maar om dan vir die wat daarvan hou, voor te skryf dat dit skiet is en nie jag nie, klink vir my baie soos daai speelgrond "my pa is die sterkste" argument.....

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Sun Aug 31, 2014 10:52 pm
by acssa
Ek jag van die bakkie af... en op voet... ek maak dit so maklik as moontlik want ek soek vleis om te eet... vir my en die plaas werkers...

Ek het ook n boog of 2 wat ek mee teiken skiet saam die vrou en seun... as jy teiken skiet met n boog leer jy een ding!

... boog jag is n " brag" ding... ek vra altyd die boog jagter net een vraag... as jy die bok was en word geskiet, wat kies jy tussen geweer of boog... sal verbaas wees wat meeste van hulle antwoord.

Skel my maar... lol

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Mon Sep 01, 2014 7:12 am
by VdWalt
acssa wrote: ... boog jag is n " brag" ding... ek vra altyd die boog jagter net een vraag... as jy die bok was en word geskiet, wat kies jy tussen geweer of boog... sal verbaas wees wat meeste van hulle antwoord.

Skel my maar... lol
Ek het altyd gewonder hoekom skiet ek met die boog.
Dankie vir die uithelp. ;)

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Mon Sep 01, 2014 8:13 am
by Pappabeer
Eugene wrote:
henning wrote:Ek bedoel nou nie om enige persoon te na te kom nie maar ek voel dit grens aan kinderagtig om vir iemand te se jy het n bok geskiet en nie gejag nie, voel dit is nie nodig om die onderwerp op te bring nie tensy jy voel jy het iets om te bewys.

Groete
Henning
Dankie vir die waarheid! Niemand word geforseer om op 'n sekere manier te jag nie, so as jy nie daarvan hou nie, moenie dit doen nie! Maar om dan vir die wat daarvan hou, voor te skryf dat dit skiet is en nie jag nie, klink vir my baie soos daai speelgrond "my pa is die sterkste" argument.....
Net so manne...
acssa wrote: ... boog jag is n " brag" ding... ek vra altyd die boog jagter net een vraag... as jy die bok was en word geskiet, wat kies jy tussen geweer of boog... sal verbaas wees wat meeste van hulle antwoord.
Ek kies met graagte die boogjagter wat kan skiet, as die moroon wat die bakkie bestyg met sy halwe bruin boksie patrone van verlede seisoen, geweer eertse keer aan geraak sedert laas seisoen, en reeds n paar brandewyne in die lyf...

My laaste boog bok het helfte sovêr gehardloop as my laaste W&S bok, altwee goeie doodskote.

Persoonlik geniet ek die hele spektrum van jagmetodes, en netso, is handwapen jag die volgende op my lysie. Dit is dan ook hoekom ek nou 4500km in totaal aflê om 'n jakkals kursus te doen. Ek boer nie, het nie n probleem met jakkalse nie, en wil defnitief nie geld uit hulle maak nie, maar dit sit nog n dimensie by my jag by.

Tans jag ek baie met my oopvesier gewere, boog, en haal elke dan en wan n skoot uit van die bakkie af. Ek het op n punt gekom wat n springbok karkassie net te klein is om nie n kopskoot te kry nie. Dan word meeste van die biltong nog huistoe gebring met n teleskoop geweer en ek probeer nog met my haelgewere ook jag.

Wat boogjag by water betref dink ek dit is n baie veiliger manier om te begin as W&S, omdat dit baie van die veranderlikkes uit die vergelyking haal.

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Mon Sep 01, 2014 8:38 am
by henried
BWB op 25m met die boog, sy het 40m van die hide geval.
Boog altyd eerste.... :laugh:

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Mon Sep 01, 2014 8:56 am
by Jake1
As jy nie ñ vervulde jagter is nie gaan jy ophou jag.

Dis baie eenvoudig. Doen wat jou hart opreg vir jou sê, en bogger die res. ;D

Re: Sinvolle gesprek: Boogjag by water

Posted: Mon Sep 01, 2014 9:38 am
by Eugene
henried wrote:BWB op 25m met die boog, sy het 40m van die hide geval.
Boog altyd eerste.... :laugh:

Daai was netjies gewees! :)