Page 2 of 4
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Thu Oct 03, 2013 3:13 pm
by Gerrie Smith
immelmanw wrote:Gerrie Vark wrote:Jy kan dalk kyk na Rem 700 VSF 308 ook, ons het 1 hier by Wildman Weskaap - 021 981 8180. Anders Tikka - for life!
Groete.
Gerrie, pal van my was nou die dag daar toe het jy die Musgrave aanbeveel vir die Veldskiet, is die Remington en Tikka in die geval beter as die Musgrave, sien jy noem hom nie?
Hallo Willem
Die grootste verskil, is dat die Musgrave hand gemaak is en nie massa produksie nie - dit is ook hoekom mense vir hulle gewere laat bou, in die kaliber van hulle keuse en dan ook meer betaal. Dus as jy 'n beprekte buget het, stel ek nie 'n Musgrave voor nie!
Groete
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Thu Oct 03, 2013 8:29 pm
by immelmanw
Gerrie Vark wrote:immelmanw wrote:Gerrie Vark wrote:Jy kan dalk kyk na Rem 700 VSF 308 ook, ons het 1 hier by Wildman Weskaap - 021 981 8180. Anders Tikka - for life!
Groete.
Gerrie, pal van my was nou die dag daar toe het jy die Musgrave aanbeveel vir die Veldskiet, is die Remington en Tikka in die geval beter as die Musgrave, sien jy noem hom nie?
Hallo Willem
Die grootste verskil, is dat die Musgrave hand gemaak is en nie massa produksie nie - dit is ook hoekom mense vir hulle gewere laat bou, in die kaliber van hulle keuse en dan ook meer betaal. Dus as jy 'n beprekte buget het, stel ek nie 'n Musgrave voor nie!
Groete
Gerrie, dit maak sin. Sal so handgemaakte geweer ook baie akkurater wees as die massavervaardigde Tikka's en Remington's?
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Fri Oct 04, 2013 9:04 am
by Gerrie Smith
Willem, byna elke keer!
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Fri Oct 04, 2013 9:05 am
by Geno
Gerrie,
Watse aksies is op die handgemaakte gewere?
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Fri Oct 04, 2013 10:30 am
by Capt. Yoda
So julle manne glo die nuwe Musgrave is beter/meer akuraat as n Tikka T3 Sporter?
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Fri Oct 04, 2013 11:23 am
by Pappabeer
Geno, dis n Militêre VZ-24. Met n thumbhole aan die kant van die receiver vir ekstra akuraatheid.

Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Fri Oct 04, 2013 11:25 am
by Geno
Pappabeer wrote:Geno, dis n Militêre VZ-24. Met n thumbhole aan die kant van die receiver vir ekstra akuraatheid.

Dankie.
Ek het gedink dis daardie aksies. Jy weet, die met die super vinnige locktimes, en baie stywe toleransies om stof op die oorlogsveld uit te hou

Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Fri Oct 04, 2013 11:41 am
by Pappabeer
Geno wrote:Pappabeer wrote:Geno, dis n Militêre VZ-24. Met n thumbhole aan die kant van die receiver vir ekstra akuraatheid.

Dankie.
Ek het gedink dis daardie aksies. Jy weet, die met die super vinnige locktimes, en baie stywe toleransies om stof op die oorlogsveld uit te hou

Netso... En vir ekstra pasmaak afwerking het die kolf nie ook n thumbhole kontoer wat flush met die aksie is nie. Maar dalk keer dit ook n bietjie stof uit
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Fri Oct 04, 2013 3:43 pm
by Gerrie Smith
Geno - K98 aksie (Mauser) op die Musgrave.
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Fri Oct 04, 2013 4:18 pm
by Geno
Hoe vergelyk die K98 aksie met die Savage model 12 en Tikka T3 aksie itv akkuraatheid, lock time en rigiditeit?
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Fri Oct 04, 2013 4:49 pm
by Pappabeer
"HOME | FIELD | FIELD DELUX | EXHIBITION | VARMINTER - NUTMEG | VARMINTER - BLACK PEPPER
FIELD DELUX
VZ 24 Action, Adjustable Timney Trigger, 45° Safety Catch, Wrap Around Checkering, Black Ivory Grip Cap, Musgrave Black Recoil Pad, Quick Detachable Swivels, Satin Blue, Oil Finish Stock, No sight, Steel Recoil Lugs."
Jy kan lekker stripper clips in daai VZ gooi om die ander manne in die veldskiet af te stof. Jy moet dit vir jou volgende Jakkals gun oorweeg Geno, dan hoef jy nie in die donker rond te tas vir enkel koele nie

Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 7:35 am
by immelmanw
Pappabeer wrote:"HOME | FIELD | FIELD DELUX | EXHIBITION | VARMINTER - NUTMEG | VARMINTER - BLACK PEPPER
FIELD DELUX
VZ 24 Action, Adjustable Timney Trigger, 45° Safety Catch, Wrap Around Checkering, Black Ivory Grip Cap, Musgrave Black Recoil Pad, Quick Detachable Swivels, Satin Blue, Oil Finish Stock, No sight, Steel Recoil Lugs."
Jy kan lekker stripper clips in daai VZ gooi om die ander manne in die veldskiet af te stof. Jy moet dit vir jou volgende Jakkals gun oorweeg Geno, dan hoef jy nie in die donker rond te tas vir enkel koele nie

Dewald, daai lyk na die antwoord. Ek gaan by Willem Botha uitvind of SAJSV dit sal toelaat. Dit jou skietspoed dramaties verbeter, mits jou oorhaal spoed e die slagpen spoed mekaar nie halfpad ontmoet nie.......
Ek sal ook by David Tubb hoor, ek dink n mens kry n speedlock vir die K98.
Waar kan n mens an dieclips kry?
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 7:39 am
by immelmanw
Gerrie Vark wrote:Willem, byna elke keer!
Gerrie, is dit moontlik dat ons mekaar n Woensdagoggend op Durbanville Skietbaan kan ontmoet, jy bring n rak Musgrave 243, ek sal Savage, Tikka en Remington bring, ook twee soorte fabrieksammo, en doen dan n lekker volledige toets vir die forumlede, daar is so baie vrae ens. Dit sal die besluitnemingsproses vergemaklik met die aankoop van n jakkals of Veldskietgeweer?
Ek is byna elke Woensdag nou beskikbaar. Laat weet asb.
Willem@so.co.za of 0828540804 of 0861114330
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 7:41 am
by Geno
immelmanw wrote:Gerrie Vark wrote:Willem, byna elke keer!
Gerrie, is dit moontlik dat ons mekaar n Woensdagoggend op Durbanville Skietbaan kan ontmoet, jy bring n rak Musgrave 243, ek sal Savage, Tikka en Remington bring, ook twee soorte fabrieksammo, en doen dan n lekker volledige toets vir die forumlede, daar is so baie vrae ens. Dit sal die besluitnemingsproses vergemaklik met die aankoop van n jakkals of Veldskietgeweer?
Ek is byna elke Woensdag nou beskikbaar. Laat weet asb.
Willem@so.co.za of 0828540804 of 0861114330
Dankie vir die aanbod om vir ons 'n toets te doen, Willem!
Ek sien baie uit na die resultate!
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 7:45 am
by WillemS
Willem
Ek sien die Howas sal die rondte moet uitsit, hulle is ver te goedkoop en ook nie in voorraad nie!
Cheers
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 7:48 am
by VdWalt
Geno wrote:immelmanw wrote:Gerrie Vark wrote:Willem, byna elke keer!
Gerrie, is dit moontlik dat ons mekaar n Woensdagoggend op Durbanville Skietbaan kan ontmoet, jy bring n rak Musgrave 243, ek sal Savage, Tikka en Remington bring, ook twee soorte fabrieksammo, en doen dan n lekker volledige toets vir die forumlede, daar is so baie vrae ens. Dit sal die besluitnemingsproses vergemaklik met die aankoop van n jakkals of Veldskietgeweer?
Ek is byna elke Woensdag nou beskikbaar. Laat weet asb.
Willem@so.co.za of 0828540804 of 0861114330
Dankie vir die aanbod om vir ons 'n toets te doen, Willem!
Ek sien baie uit na die resultate!
Ek ook - jammer dis so wyd want dit sou lekker gewees het om te kom kyk.
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 8:09 am
by tau
My pel het een van die Nuwe Musgrave's. Hy het sy dies en nuwe doppe na my gebring en ek het hom help herlaai. En met die lading ontwikkeling het hy 2 van die 3 skoot groepe met nuwe doppe onder 10mm geskiet. So die gewere kan, as die drywer gewillig is. Ek self is 'n GROOT Remington fan, maar dink die musgrave het potensiaal.
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 10:16 am
by Gerrie Smith
Willem, ons kan so maak, ek wag net vir 'n 243 wat beskikbaar is om dit mee te doen. Ons het net nuwe gewere in die winkel op die omblik, so nie sal ek 'n klient vra vir 'n geweer. Net 'n vraag: wie gaan die skud wees vir die toets?
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 11:29 am
by immelmanw
Gerrie Vark wrote:Willem, ons kan so maak, ek wag net vir 'n 243 wat beskikbaar is om dit mee te doen. Ons het net nuwe gewere in die winkel op die omblik, so nie sal ek 'n klient vra vir 'n geweer. Net 'n vraag: wie gaan die skud wees vir die toets?
Laat weet as julle reg is, ek het n klient met n Musgrave......Reynardt Vos, sal hom vra, die belangrikste ding is dat die geweer van die rak af moet wees.
Ons moet sommer vir Oom Chris van Niekerk kry om te skiet? of jy kan die Musgrave skiet dan skiet ek die ander? of dalk vir Terry Harrison, die manne sal graag help!
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 12:03 pm
by varkjagter
kan nie wag vir die resultate nie,die ding gaan nog interesant raak
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 12:26 pm
by Danie01
Beste om kliente te kry wat kan skiet en met hul eie gewere te kom skiet. As mens iemand kry wat goed kan skiet, maar hou v nie van savage nie, sal hy swakker met savage skiet omdat hy mental so ingestel is.
Of 3 skuts moet elkeen met elke geweer n groep skiet met die 2 soorte ammunisie wat meeste op die rakke verkoop word vir jag.
Sien uit na resultate
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 12:43 pm
by Arnold
Dit gaan interessant wees!
Onthou ook dat in die veldskiet kompetiesies is geen teiken se volpunt telarea kleiner as 1 MOA nie (Willem help asb as ek verkeerd is)
Dus volgens my opinie sou 'n geweer wat 5 skote binne 'n 100mm kol op 350m kan sit (binne 2 min) slaag aan my persoonlike vereistes, natuurlik sal ek die een vat wat al 5 skote binne 50mm sit
As julle die toets doen moet julle asb 5 skote skiet aangesien dit so in die veldskiet kompetisies vereis word. 3 skoot groepe is nie so veelseggend nie.
Oom Chris sal julle ook vertel om die akkuraatheid van 'n geweer te bepaal moet 5 X 5 skoot groepe geskiet word en die gemiddeld daarvan geneem word ... dit kan 'n duur uitstappie wees as jy 4 gewere met 2 soorte ammo het (200 rondtes totaal)
Ek sou definitief stem vir Oom Chris of Terry as skuts.
As dit moontlik is kan die toets ook gedoen word met die klient se self gelaaide ammo (vir al die gewere indien beskikbaar) om die verskil te merk. Die kans is egter dat as die skut se geweer nog is soos hy van die rak af kom hy ook rak ammo skiet

Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 12:49 pm
by Capt. Yoda
Manne as iemand n tikka T3 Sporter wil ruil vir n Musgrave nuut of oud praat met my ek sal n plan maak
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 3:13 pm
by varkjagter
dagse kerels
willem het die toets as voorstel gemaak ,kom ons los die formaat in sy hande en kyk waarmee hy ons veras .
groete varkjagter
Re: help kies tussen savage model 12 ftr of tikka super varm
Posted: Tue Oct 08, 2013 3:21 pm
by tau
Jammer kerels ek sal nie kan skiet nie.......vreeslike skedule en alles. Kry maar vir Harrison hy is OK.
Heeehaaaa. Net so ietsie. Alle roere skiet mos nie met alle ammo nie, of hoe? maak die ammo oop vir elke shop en die skut bepaal die vermoe. Ook die telskope moet dieselfde wees.