Page 2 of 30

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 5:07 pm
by Smitstertjies
Manne ek ken die Loeries baie goed. Dis n blanke kinderhuis op ons dorp wat GEEN staatshulp kry nie. Die trustees daar doen wonderlike werk om hierdie kinders hulle regverdige geleentheid in die lewe te gee. Maak asb oop julle harte en beursies!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 5:09 pm
by FHM
Smitstertjies wrote:Manne ek ken die Loeries baie goed. Dis n blanke kinderhuis op ons dorp wat GEEN staatshulp kry nie. Die trustees daar doen wonderlike werk om hierdie kinders hulle regverdige geleentheid in die lewe te gee. Maak asb oop julle harte en beursies!
AMEN ! Kom ouens - asb :-[

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 7:46 pm
by Beretta
Manne
Hierdie is werklik vir goeie doel EK GAAN VERSEKER N PAAR KAARTJIES KOOP. Om te dink jy wen n jag prys bv dan is jou eerste jag booking kopseer nie nodig nie. Ek weet die manne wat die pryse geborg het sal jou op die hande dra soos bv Cassie wat jou net gaan skaap vleis voer. Ek sal nie mind net om te gaan net vir die skaap nie.
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 8:01 pm
by Silent Hunting
My kaartjies is gekoop. Kom manne, ons gaan groot.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Nov 01, 2013 8:10 pm
by Beretta
Manne
Hierdie is werklik vir goeie doel EK GAAN VERSEKER N PAAR KAARTJIES KOOP. Om te dink jy wen n jag prys bv dan is jou eerste jag booking kopseer nie nodig nie. Ek weet die manne wat die pryse geborg het sal jou op die hande dra soos bv Cassie wat jou net gaan skaap vleis voer. Ek sal nie mind net om te gaan net vir die skaap nie.
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Sat Nov 02, 2013 10:04 am
by Jakkalsgat
More manne

Die kompetisie is goed op dreef en het ek reeds betalingsbewyse ontvang van so ongeveer 250 kaartjies wat verkoop is. So vroeg in die kompetisie wil ek aan elke borg ons dank oordra vir julle skenkings en julle nooi om asb onder hierdie hoof iets te kom se van julle, fotos en webadresse plaas of andersins kan julle met my kontak en die inligting aan my gee sodat ek dit namens julle kan doen. Stuur epos met fotos ens na jacostander@telkomsa.net

Jaracallers

Aan elkeen wat al deelgeneem het en nog gaan deelneem, baie dankie en onthou so min as R50 koop vir jou 'n kans om 'n prys te wen.

Ek gaan nerens se wie al hoeveel kaartjies gekoop het nie maar hier is manne wat deelgeneem het wat my vanoggend 2 x moes laat sluk oor jul bydraes, julle weet wie julle is. Selfs deelnemer uit buurland en dan besef mens eers weer hoe bevooregd ons is om van hierdie forum gebruik te kan maak om te kan kommunikeer met mense asof hy net in die volgende straat is.

Jaracal

Hein baie dankie vir die bekskibaarstelling van die forum.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Sat Nov 02, 2013 5:08 pm
by Frederik
Lyk of die Kersfonds baie gegroei het teenoor laasjaar. :-)

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Sat Nov 02, 2013 6:01 pm
by Fanta300
My nommers ook in die hoed

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Sat Nov 02, 2013 6:17 pm
by Beretta
Jaco
Gee asb weer vir ons so n lusmaker van die pryse asb. Koop manne koop.
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Sat Nov 02, 2013 9:18 pm
by De beer
Bosvarkjag
IMG-20131026-WA0023.jpg

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Sat Nov 02, 2013 9:23 pm
by De beer
Net so lusmakertjie.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Sun Nov 03, 2013 6:29 pm
by Pappabeer
Net n vraag: ek weet nie of dit prakties is nie, gee bietjie julle opinies

Vir die gelukkige manne wat die jag pakette gaan wen, is dit nie moontlik om te reël dat n laaitie of twee uit die kinderhuis saam gaan nie? Of alternatiewelik om van die outjies, al is dit volgende jaar op n jag te vat. Ek dink dit kan n groot oomblik vir van daai outjies wees om te gaan jag. Hulle het tog nie pa's wat kan betaal of ooms met plase waar hulle kan skiet nie.

Laat weet maar wat julle hieroor dink.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Sun Nov 03, 2013 7:39 pm
by cassie_calvinia

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Sun Nov 03, 2013 7:40 pm
by cassie_calvinia

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Nov 04, 2013 7:17 am
by Beretta
Jaco
Hoe loop die kompetisie sover lyk my dit is maar stil.
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Nov 04, 2013 8:28 am
by Jakkalsgat
More Dewald

Nee, die teendeel is eerder van toepassing daar is reeds 294 kaartjies gekoop waarvoor ek bewys van betaling ontvang het. Al die fondse reflekteer nog nie op ons bankstaat nie maar R 14 700 se bewyse het ek al ontvang. Manne baie dankie vir julle bydraes en deelname en soos verlede jaar word hier weer bewys dat die Jaracallers se harte op die regte plek sit.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Nov 04, 2013 8:30 am
by henried
WELL DONE!!!!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Nov 04, 2013 10:22 am
by Lourens Potgieter
Ek sal weer soos laasjaar maak en my kaartjies so in beseringstyd koop. Ek kry bonus die 13e Desember, sal dan betaal.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Nov 04, 2013 11:13 am
by Marc
Deeg wrote:Ek sal weer soos laasjaar maak en my kaartjies so in beseringstyd koop. Ek kry bonus die 13e Desember, sal dan betaal.
Ons het amper dieselfde plan, myne is oppad Jaco, byt net bietjie vas ;D

Cassie dis darem maar mooi daar by julle O0

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Nov 04, 2013 11:51 am
by Beretta
Dankie Jaco jy is n yster beste man vir die job
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Nov 04, 2013 11:57 am
by cassie_calvinia
marc, ja, maar het maar fotos opgesit van die nat jare, nie die droogte nie! haha

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Nov 04, 2013 12:16 pm
by Eugene
cassie_calvinia wrote:marc, ja, maar het maar fotos opgesit van die nat jare, nie die droogte nie! haha
Ek is verlede jaar Desember daar verby en ek moet sê, daai wereld het 'n besonderse skoonheid aan hom. Erens tussen Calvinia en Williston, was daar 'n bord langs die pad van iemand wat een of ander ontwikkelling daar adverteer. Ek wou bel en uitvind, maar die vrou het nie so erg kans gesien vir daai wereld nie? ;)

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Nov 04, 2013 12:30 pm
by Hugo
Ekt my bydrae gemaak en wag vir my nommer. Dankie Jaco.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Nov 04, 2013 5:50 pm
by Silent Hunting
Marc wrote:
Deeg wrote:Ek sal weer soos laasjaar maak en my kaartjies so in beseringstyd koop. Ek kry bonus die 13e Desember, sal dan betaal.
Ons het amper dieselfde plan, myne is oppad Jaco, byt net bietjie vas ;D

Cassie dis darem maar mooi daar by julle O0

Marc,

Dit is ongelooflik mooi in daardie wereld. Gaan heelmoontlik weer volgende maand bietjie kuier daar by Cassie.

Henk

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Nov 04, 2013 5:54 pm
by cassie_calvinia
Silent Hunting wrote:
Marc wrote:
Deeg wrote:Ek sal weer soos laasjaar maak en my kaartjies so in beseringstyd koop. Ek kry bonus die 13e Desember, sal dan betaal.
Ons het amper dieselfde plan, myne is oppad Jaco, byt net bietjie vas ;D

Cassie dis darem maar mooi daar by julle O0

Marc,

Dit is ongelooflik mooi in daardie wereld. Gaan heelmoontlik weer volgende maand bietjie kuier daar by Cassie.

Henk
henk, boud net jou nommerplate goed vas!
nee hel, dit sal lekker wees as jy kom! dan kan ons lekker die plase deer ry, glo my, jyt nog niks gesien nie! het 2 lekker plekke waar ek wil dag roep. hulp sal welkom wees!
ek se vir my vrou, ons trek ook voordeel uit die kompetiesie, want dan kry ons darm 'n slag kuier mense ::)