Page 2 of 2

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Posted: Sat Jan 18, 2014 11:34 am
by Wouter Roets
Hallo Robbie

Baie geluk met daai Bul van bulle. n 31 5/8's" blou wildebees staan nie een oomblik terug vir n 60 duim plus koedoe nie. Dit is voorwaar nie n tipe horinglengte wat elke dag geskiet word nie en jy kan jouself baie gelukkig ag.

Groetnis
Wouter

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Posted: Sat Jan 18, 2014 11:57 am
by ROBBIE1
Dankie julle manne. Waar wat jy se Wouter, dis hoekom ek hy maar gedoen moet word. Die een venoot by Big Buck het my toe sommer ook oortuig om hom 3D te laat doen, so ons sal sien as hy klaar is hoe lyk die ou man!

Wie stel belang?

Ek begin volgende week vir die eienaar hides opsit, en het hom vanoggend oortuig om manne saam te vat om te help om die bulle uit te haal. As iemand belang stel, jy kan vir jou n bwb gaan skiet teen R20/kg karkas gewig, verblyf net R150.00 per dag/nag.

As iemand belang stel laat weet my, ons sal so die eerste week in Febr klaar wees met die hides, en dan moet die bulle uit voor einide Febr, NET BULLE mag geskiet word.

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Posted: Sat Jan 18, 2014 1:22 pm
by 375fanatic
Waar is dit Robbie

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Posted: Sat Jan 18, 2014 5:58 pm
by Frederik
Blik-sem Robbie ek het hom geskat hier net dalk oor 30" wyd jou net daardie groot lyf laat die horings kleiner lyk.
Baie geluk

Re: Mooi Blouwildebees bul!!

Posted: Sun Jan 19, 2014 10:31 am
by 2vierniks
Baie mooi!