Page 2 of 2

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Wed Mar 26, 2014 4:55 pm
by vriell
BRNO (Pierre) wrote:
hencohugo wrote:Ai ouens, vang ek julle nou lekker. Dis my ma se mak skilpad Yster wat daar verby gestap het toe ons bietjie teiken geskiet het. My skoonma het ook soos van julle tekere gegaan toe ons haar die foto na die naweek gewys het. So ontspan. Geen skilpaaie is skade aangedoen tydens die fotosessie nie.

Groete

PS: ek sal dit verwyder en nie weer sulke grappe hier maak nie.
Ek dink dit was n goeie grap. Ongelooflik hoe vinnig iemand op die forum gekruisig kan word. Sterkte Henco.

Katefbessie. Jy vat die koek. Twee en n half uitkakke.
+ 10...

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Wed Mar 26, 2014 5:00 pm
by sako 30-06
Ludwig wrote:Mens dink partykeer jou onskuldige bedoelings wat net 'n gespot is, kan geen skadelike gevolge hê nie. HIERDIE man se twitter grap was ook nie bedoel om ernstig te wees nie, maar die persoon is gearresteer en hy sal waarskynlik nooit weer 'n lisensie vir 'n vuurwapen kan kry nie. Hierdie is nie 'n geslote medium nie en hier is verseker groenes en anti's tussen ons wat net wag dat ons 'n voet verkeerd sit waarop hulle ons weer kan aanval en ons almal weet hulle stel glad nie belang in die feite nie, solank hulle mense met emosie kan opsweep. Kyk maar watse emosie het daai foto hier ontlok tussen jagters. Dink wat dit gaan doen in die openbare oog.
Ek dink die les wat ons almal hieruit kan leer is moenie n twitter rekening he nie
:laugh:

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Wed Mar 26, 2014 5:03 pm
by hencohugo
BRNO (Pierre) wrote:
hencohugo wrote:Ai ouens, vang ek julle nou lekker. Dis my ma se mak skilpad Yster wat daar verby gestap het toe ons bietjie teiken geskiet het. My skoonma het ook soos van julle tekere gegaan toe ons haar die foto na die naweek gewys het. So ontspan. Geen skilpaaie is skade aangedoen tydens die fotosessie nie.

Groete

PS: ek sal dit verwyder en nie weer sulke grappe hier maak nie.
Ek dink dit was n goeie grap. Ongelooflik hoe vinnig iemand op die forum gekruisig kan word. Sterkte Henco.

Katefbessie. Jy vat die koek. Twee en n half uitkakke.
Dankie BRNO. Dit is nogal interesant om die kommentaar te sien.

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Wed Mar 26, 2014 5:05 pm
by vriell
Henco jy het verkeerde foto geplaas...hier is die regte een...Spesiaal vir die groenes !!

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Wed Mar 26, 2014 5:21 pm
by hencohugo
vriell wrote:Henco jy het verkeerde foto geplaas...hier is die regte een...Spesiaal vir die groenes !!

Len, jy moet nou nie die pap te dik aanmaak nie. Jy word ook nou ingeroep kantoor toe vir ses van die bestes. :police:

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Wed Mar 26, 2014 5:24 pm
by TOKELOS
Ludwig wrote: Dink wat dit gaan doen in die openbare oog.
Dankie Ludwig!

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Wed Mar 26, 2014 5:45 pm
by vriell
Gevleuelde woorde van 'n Forumlid "Hoekom het jagters nodig om elkgeval met die anti-jagters en groenes te redeneer? Nie een van die twee groepe gaan mekaar se standpunte verander nie. As die jagters net terug staan en die groenes los dat hulle soos mal goed te kere gaan oor hulle idees, sal mens vinnig sien dat hulle net met hulself redeneer, en niemand regtig meer na hulle sal luister nie. Maar hulle soek daai interaksie. Hulle wag vir daai absurde argumente van die jagters, sodat hulle vir die wereld kan wys, sien julle hoe redeneer hierdie klomp mense. Dis hoekom ek in my eerste post hier gesê het, jagters is hulle eie grootste vyand."

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Wed Mar 26, 2014 8:19 pm
by VdWalt
vriell wrote:
BRNO (Pierre) wrote:
hencohugo wrote:Ai ouens, vang ek julle nou lekker. Dis my ma se mak skilpad Yster wat daar verby gestap het toe ons bietjie teiken geskiet het. My skoonma het ook soos van julle tekere gegaan toe ons haar die foto na die naweek gewys het. So ontspan. Geen skilpaaie is skade aangedoen tydens die fotosessie nie.

Groete

PS: ek sal dit verwyder en nie weer sulke grappe hier maak nie.
Ek dink dit was n goeie grap. Ongelooflik hoe vinnig iemand op die forum gekruisig kan word. Sterkte Henco.

Katefbessie. Jy vat die koek. Twee en n half uitkakke.
+ 10...
Een van daai was namens my so hy is nie so skuldig nie.

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Wed Mar 26, 2014 10:23 pm
by Jake1
Ek het nou al orals gekyk op hierdie en ander forums vir "shot placements" vir voëls en kry dit nerens nie. Het enige iemand raad oor shot placement op die Visarend. As ek daar in Thabazimbi jag en daai visarende skree so van oggend tot laat wa-wawawa maak dit my mal........

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Thu Mar 27, 2014 7:30 am
by Zack Benade
Ek dink dit was n goeie grap. Ongelooflik hoe vinnig iemand op die forum gekruisig kan word. Sterkte Henco.

Katefbessie. Jy vat die koek. Twee en n half uitkakke.
Ek het dit ook geniet. Heel oorspronklik.

Miskien moet daar met skilpaaie geteel word met die doel om hulle te jag.
Mal jagpryse kan gevra word.
Dis al manier hoe ons kan keer dat hulle uitsterf en bewaar word vir ons nageslag ++>: ++>: >:D >:D

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Thu Mar 27, 2014 7:36 am
by Cobus(Cobb)
Hier was lanklaas 'n bietjie armdruk op die forum...
lekker man

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Thu Mar 27, 2014 7:37 am
by G-force
Hoe meet mens n skilly trofee?Om die dop of dalk nek lengte?

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Thu Mar 27, 2014 7:45 am
by Katefbessie
HAhahah nou maar toe HencoHugo! Jyt my sowaar lekker geflous!.... As ek die grap ingelees het en nie so Gullable (G-Force) was nie sou ek saam gelag het en obviously nie so op my perdjie gespring het nie!

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Thu Mar 27, 2014 7:46 am
by Zack Benade
Hoe meet mens n skilly trofee?Om die dop of dalk nek lengte?

"n trofee skilly dop vat ses dubbel brandewyn en coke. ++>: ++>:

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Thu Mar 27, 2014 7:51 am
by cassie_calvinia
Zack Benade wrote:
Hoe meet mens n skilly trofee?Om die dop of dalk nek lengte?

"n trofee skilly vat ses dubbel brandewyn en coke. ++>: ++>:
as ek 'n skilpad was, sou ek moer groot gewees het

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Thu Mar 27, 2014 10:12 am
by Skolla
G-force wrote: Hoe meet mens n skilly trofee?
Volgens spoed.

Re: In die kop geskiet op volspoed, +/- 70 meter

Posted: Thu Mar 27, 2014 11:03 am
by Louis Kriel
Eeissh boys ek wou nou met my trofee bergskilpad kom spog het, maar ek gaan dit nou maar los!