Jag DVD ontstel my
-
Zack Benade
Re: Jag DVD ontstel my
Robbie jy noem 'n baie belangrike paar feite.
Die meeste kwesdiere is waar jagters die skoot nie 100% uitvoer nie. Jy noem een flaw genaamd "Flinch".
As 'n skut een skoot gefinch het vat dit duisend ander goeie skote om hierdie swak gewoonte af te leer en dit gebeur ongelukkig nie in 'n dag nie. Dit kom reg deu baie te skiet en reg oefen.
My eerlike gevoel is en ek sluit aan by Koos Barnard wat al verskeie kere genoem het dat jagters swak gewoontes aanleer as hulle groot kalibers skiet. Kalibers soos 30-06 ens.
Hoe groter die kaliber hoe groter is die kans dat jy meer skiet form flaws gaan maak.
Jy het verseker groot kalibers nodig vir groot wild maar die kuns is om die skoot nog 100% uit te voer en nie bang te wees vir die geweer nie. Jag eerder 'n kleinder kaliber wat jy beheer.
Groot kalibers is geneig om die jagter te beheer en dus hier waar kwes skote op diere begin.

henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Jag DVD ontstel my
henning wrote:Die eenvoudige antwoord is dat dit is slegte smaak om n bloed sport sensasioneel te maak.Zack Benade wrote:Die groot ding wat ons almal om geriefliksheid vergeet is dat dit altyd die klient is wat eerste skiet.
Nie een keer het hy voor die klient geskiet nie. Wie kwes die dier?![]()
Dis onregverdig teenoor hom om te se hy wond die diere om hulle 'n tweede keer te kan skiet. Hy doen sy werk waarvoor hy betaal word. As die klient of jagter die eerste skoot 100% reg geskiet het was dit onnodig vir opvolg skote.
Die blaam moet eerder deur die klient of jagter gedra word hiervoor??
As hy die klient aanhits om onaanvaarbare skote te skiet hoekom stop die jagter hom nie? Dis al verskeie kere deur gewone jagters hier bespreek dat 'n gids of PH nie vir die jagter moet besluit waneer om te skiet nie. Wat maak grootwild jag anders?
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
-
Zack Benade
Re: Jag DVD ontstel my
HenningDie eenvoudige antwoord is dat dit is slegte smaak om n bloed sport sensasioneel te maak.
Boks is ook 'n bloed sport. Internasionaal word dit ondersteun deur baie mense en die ander kant is ook waar, Baie mense wil Boks stop as 'n sport.
Nogtans word boks as 'n erkende sport aanvaar self op Olimpiese vlak.
Flieks,DVD's en selfs tydskrifte is vrylik beskikbaar.
Wat maak Jag anders as Boks?
Altwee is 'n bloedsport.
Sommige maak Dvd's en ander volg die as 'n beroep. As jy nie van jag vidoes hou nie moet dit nie kyk nie.Die een groep mense haat dit en die ander groep beoefen dit as sport, beroep (PH's) en stokperdtjie.
Ek is vir eers klaar van my kant, Dankie vir almal se insette. Julle het goeie punte beet.
Ek hou die onderwerp dop.
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Jag DVD ontstel my
Mark Sullivan vat maar so 2-3 safaris per jaar uit, selfs nou dat hy nie meer sy eie konsessie-area het nie. Daar is genoeg manne wat bereid is om te "sub-lease" so hy het geen probleem om jagplek te kry nie, al is sy konsessie-stories in Tanz opgeskort. Jag is nie waar hy sy geld maak nie, dis net die middele tot die doel. Hy verkoop genoeg DVD's per jaar in die US om meer dan op te maak vir alles, en dis waar die geld is vir hom.
Ek het `n klient wat die konsessie langs Mnr Sullivan gehad het tot redelik onlangs. Hy ken die man himself baie, baie goed.
As enigiemand dink dis snaaks om `n ou alleenloper buffelbul herhaardelik met `n .22 Hornet of `n 12-boor in die nier-area te skiet tot hy eventueel gatvol word daarvoor en begin storm, wel, kry vir jouself. Duidelik het Mnr Sullivan genoeg dom klante, en dis seker sy voorreg. Die gevaarlike wild professionale jagters wat ek ken werk egter anders.
Mark Sullivan maak goeie DVD's maar gevaarlike jag is vir seker nie wat op hulle is nie. Die man is `n akteur. Een met groot knaters en `n groot geweer, maar `n akteur desnieteenstaande.
Om Mark Sullivan se DVD's met ander ouens se produksies te vergelyk is geklik en getuig van `n totale gebrek aan ondervinding. Besluit maar welke skoen vir jou gaan pas.

Last edited by Johan van Wyk on Mon Mar 31, 2014 8:51 pm, edited 1 time in total.
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Miskien net om weer te fokus op dit wat ek beleef het met die stukke wat ek na gekyk het, wat my pla en ontstel met die tipe videos:
Die buffels wat ek sien het reeds skote/bloed op hulle lywe.
Die diere , die seekoei wat so erg dood geskiet is, was in `n poel water waar hy met een skoot dood geskiet kon word, 15 meter ver. Die seekoei is kans gegee om in die bos in te beweeg en daar is hy gekonfronteer om te storm...
Dit is waarmee ek `n probleem het, en elkeen van julle wat insette gelewer het stem saam volgens julle insette. Ek wil nie `n te groot ding maak van die storie nie, ek wil nie he dat lede mekaar begin aanvat oor iets wat ons nie kan verander nie, daarom wonder ek of ons nie die inset as voldoende moet aanvaar en die "post " moet sluit nie.
Ek hoor graag van julle, kan ons van die onderwerp afstap?
Groete
Gert Odendaal

.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Jag DVD ontstel my
Gert, jy het wel n goeie punt beet.
Die probleem le daarin dat, ons sport het sy "down side" en dit is dat n dier nie altyd met een skoot gedood kan word nie, maar om dit op die internet te gaan verkondig as sensasioneel is verseker die verkeerde benadering.
Ons weet mos nou al dat ons nie moet verkondig hoe die diere gedood word nie.
Groete
Henning
Die probleem le daarin dat, ons sport het sy "down side" en dit is dat n dier nie altyd met een skoot gedood kan word nie, maar om dit op die internet te gaan verkondig as sensasioneel is verseker die verkeerde benadering.
Ons weet mos nou al dat ons nie moet verkondig hoe die diere gedood word nie.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Jag DVD ontstel my
Stem 100% met jou Henning. Almal van ons het al gekwes en moes 2 of 3 skote op n dier skiet, maar ek kry skaam oor daardie enkele gevalle in my lewe, want ek het strond aangejaag, en dis glad nie iets om oor te brag nie!!
Dis soos bloed op n foto wat jy post, ek probeer altyd dit weg kry. As daar nie water naby is nie, vat ek sand en vryf dit tot dit nie meer sigbaar is nie, net uit respek vir die dier, mede jagters, myself en die groenes wat aanstoot kan neem.
Ek het mos Febr die eerste keer uit die tjopper bwbte geskiet. Dis ook nie vir my nie. Was n ervaring, maar sal dit nie weer doen nie. Die feit dat die diere so gejaag word met die tjopper, bring onwillekeurig die gedagte by my op in watse vrees daai dier moet wees, en dit sit my af totaal en al! Dalk is ek net te fyngevoellig, maar dis seker maar my liefde vir die natuur en die diere wat dit veroorsaak en die wyse wat ek van klein af geleer is om respek vir dit te he, en die wyse waarop elke mens mos maar n ding beleef en interpriteer. Vir n ander man sal dit lekker wees, en tereg, dis hoe dit beleef.
Ek hou nie van Markmse opnames nie, so ek kyk dit nie meer nie, punt!

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Jag DVD ontstel my
Ek het nou vir 4 dae lank agter 'n trop buffels aangeloop.... En as hulle nie gewond is nie is hulle maar net so skrikkerig soos meeste ander wild.....
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Deon was jy op `n staptoer dat jy agter buffels aanloop? Ek dog `n mens jag hulle of terg hulle soos Mark Sullivan waaroor ons almal so opgewerk raak?
Lekker om jou terug te he, het gewonder waar jy is , hoe ver is die .404 Jeff van jou ? Gee `n verslag van die bou proses asb? Hoor graag van jou buffel ondersteunings jag? Waar het julle die buffels gaan jag?
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Gert jy het geen rede om sleg te voel oor hoe jy oor iets voel nie. Die probleem lê eerder by die mense wat nie kan "voel" nie. Ek het ook al ontstellende dvd,s gekyk wat ek na die tyd gewens het ek nie gekyk het nie. Dit is onsmaaklike dvd,s en fotos wat ons sport in gedrang plaas, ek wil nie geasossieer word met laasgenoemde nie.
Ek het al saam met baie mense gejag en al baie goed gesien in die jagveld en kan vir 'n feit sê daar is ouens wat ek persoonlik ken wat jag vir die doodmaak gedeelte daarvan, en dit walg my so bietjie.
Dit is kwes of opvolg skote wat my sal laat dink en herbesin, maar nee ophou jag en skiet sal en kan ek nooit nie. Dit is ouens wat nie kan "voel" nie wat ons sport sal kelder.
J1

- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Ek het so paar van sy DVD's. Van hulle is OK, ander nie. Ek dink dit is nadat ek sy DVD's gekyk het wat ek besef het dat ek nooit in my lewe 'n leeu of luiperd sal skiet nie, ten minste nie op die manier wat hulle hom jag nie. Ek veroordeel nie hom of die jagmetode van die groot katte nie, dis net gladnie vir my nie.
Maar sy seekoei DVD is absoluut idioties verby. Idiot!!!!!!!
Hy maak eintlik 'n grap van God se skepping. Waar is die respek?
En al sy DVD's se titels het die woord "Death" in. "Black Death" "Death on the Run" "Shot to Death" ens ens. Ek dink daar is iets nie lekker met sy koppie.
Maar sy seekoei DVD is absoluut idioties verby. Idiot!!!!!!!
Hy maak eintlik 'n grap van God se skepping. Waar is die respek?
En al sy DVD's se titels het die woord "Death" in. "Black Death" "Death on the Run" "Shot to Death" ens ens. Ek dink daar is iets nie lekker met sy koppie.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Fritz "Death" verkoop, dis die ding, ek dink meeste ouens wat sy DVD's koop is nie eers werklik jagters nie. Hy vul slegs 'n behoefte in die mark en is gerig op wins. Of dit nou reg of verkeerd is, as daar geld gemaak kan word op 'n spesifieke manier sal iemand dit doen, of dit nou brood verkoop of "drugs" is. Net as jy die vraag na iets kan laat afneem sal dit gestop word.
-
Vlooi1996
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Mon Dec 23, 2013 2:55 pm
Re: Jag DVD ontstel my
Net so Koos!!!Koos Barnard wrote:As jy die Mark aap se boek gaan lees (daar is dalk seker 'n paar van hulle) sal jy sien dat hy baie duidelik se, eenskoot-doodskote is vervelig. Ja hy laat diere doelbewus kwes om 'n stormloop uit te lok. Kyk mooi na sy video's, hoe hy mense aanmoedig om na diere te skiet waar die uiteinde net 'n kwesskoot kan wees.
Sy video's is gemik op bemarking, hoe meer sensasie hoe beter. En vaal Jannie wat veel meer van sy rusbank af jag as in die werklikheid slurp hierdie gemors op. Marius ek stem verseker met jou saam.
Mooi loop
[glow]HUNTiNG....... If not, why not?[/glow]