Page 2 of 25

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 4:12 pm
by nightro suppressors
Hello manne bly om te sien julle geniet die suppressors so baie .
Ok hier is die specs al twee is 175mm lank op die groot kaliebers is hulke 50 mm diameter en weeg 460g
Op die kleiner van .22 tot 308 is hulle 260g en diameter 38mm
Al die suppressors het standard 10baffels in sal gou n paar fotos op laai


Groete Gerrit

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 4:42 pm
by Geno
Gerrit se fotos:

.30-06
IMG-20140415-WA0022.jpg

.308
IMG-20140415-WA0023.jpg
IMG-20140415-WA0024.jpg

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 5:05 pm
by Beretta
Wat is die verskil tussen n staal of yster en n aluminuim silencer se aantal skote wat geskiet kan word

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 5:12 pm
by Piet Pille
Heinz Petersen wrote:Het iemand al met die Moose kd tedoen gehad.
Ek self het nog net gehoor van hom by n vriend van my.
Hallo Heinz,

Hulle is baie gewild hier in Namibie.
Ek het 2 pelle wat met hulle skiet en hulle werk goed. Hulle is net volgens my te lomp en te duur! As ek reg onthou kos dit jou R3800 vir een (met skroefdraad sny) in Windhoek by die handelaar. Dis meer as dubbel wat Henk se Silencer my gekos het, skroefdraad sny ingesluit, en hy is defnitief nie dubbeld so goed nie.

Ek is nie seker of hy van staal of aluminium gemaak word nie, maar sover ek kan onthou kan jy hom oopmaak om skoon te maak binne.

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 6:57 pm
by Roberto
As ek dit reg het het Henk 3 modelle waarvan die "huntbuddy" een is.Nie seker van die ander se name nie,maar al wat ek weet is dat die ene wat my kon tevrede kry is ek dink net sy stanaard KD,die "huntbuddy" is heelwat korter as ek dit nie mis het nie.Ag ons almal se oor-toetse is seker maar verskillens,maar in 'n stil Karoo nag hoor jy die verskil duidelik.My nederige ondervinding was maar net dat Henk s'n hoorbaar stiller is as die ander wat ek probeer het.

Groetnis

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 10:36 pm
by maxboostsa1
Is die nightro staal of aluminium?

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 6:59 am
by BRNO (Pierre)
Roberto wrote:As ek dit reg het het Henk 3 modelle waarvan die "huntbuddy" een is.Nie seker van die ander se name nie,maar al wat ek weet is dat die ene wat my kon tevrede kry is ek dink net sy stanaard KD,die "huntbuddy" is heelwat korter as ek dit nie mis het nie.Ag ons almal se oor-toetse is seker maar verskillens,maar in 'n stil Karoo nag hoor jy die verskil duidelik.My nederige ondervinding was maar net dat Henk s'n hoorbaar stiller is as die ander wat ek probeer het.

Groetnis
Jy is reg. Die HB het Henk juis ontwikkel om n ligter en korter KD te wees, sodat mens gemakliker met dit in die veld kan stap en jag. hier boet hy wel die demp van klank in, sowel as effe recoil vermindering.

Die "vol" een, wat nog n naam moet kry, is wat jy getoets het, en waarna ek ook vroeer verwys het, het ook 10baffels in, wat die demp van klank en recoil in n hoer klas sit.

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 7:04 am
by Nickvn
Henk se nuwe een het 10 kamers, nie 10 baffels nie as ek dit reg het.

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 7:25 am
by BRNO (Pierre)
Nickvn wrote:Henk se nuwe een het 10 kamers, nie 10 baffels nie as ek dit reg het.
Nick. Dis dieselfde ding. 10 baffels wat 10 kamers maak. Die spasieering is volgens my die sleutel tot sukses.

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 8:39 am
by tau
BRNO (Pierre) wrote:
Nickvn wrote:Henk se nuwe een het 10 kamers, nie 10 baffels nie as ek dit reg het.
Nick. Dis dieselfde ding. 10 baffels wat 10 kamers maak. Die spasieering is volgens my die sleutel tot sukses.
Nee 9 baffels = 10 kamers, 10 baffels = 11 kamers ++>:

Maak nie saak nie Henk se diens is bitter goed en dit maak baie van ons so bietjie baie eenseidig tot sy produk(ek altans).

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 9:24 am
by Eugene
Tau, diens en veral naverkope diens, is 'n baie belangrike aspek van enige moontlike aankoop!

Ek het gelukkig nog net uitstekende diens van beide Henk en Gerrit gekry! Ek kan enige van die twee met gemoedsrus aanbeveel!

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 9:50 am
by tafjak
Jis, ma die manne praat lekker hier.

Ek is nie regtig die jagter wat my verknoei aan hoe stil(sag) die knaldemper is nie, eerder hoe gemaklik hanteerbaar die ding is met waar ek die hgeweer wil gebruik.

As nagjagter/jakkals is ek meer geneig om kd te kies wat die ligrefleksie van die teleskoop af te hou. As dit merkbare klank demp en die terugskop neutraliseer sal ek dit gebruik. As dit geen of min knal demp sal ek eerder daarsonder klaarkom. Omdat ek met gewere skiet wat min terugskop het, is die klankdempfaktor belangrik, maar belangriker die ligrefleksie op die teleskoop.

Maw, hoe kleiner die diameter van die demper en hoe korter hoemeer sal ek daarna kyk om te gebruik.

Terminator-, Silent Hunter- en Johan v Rensburgknaldempers is die wat ek gebruik. Silent Hunterkd's gee die minste refleksie op die telescope, Johan se "off set" -tegniek gee ook baie min refleksie. Al3 het baie goeie, nee, uitstekende klankdemp.

Ek het ook knaldemper van S&O ontvang, egter nog nie getoets nie. Het al skoot of 2 daarmee op die geweer geskiet, maar te min om enige "report" daaroor te doen. Dit is baie lig en sal dit eerder op dagjaggeweer sit om die baie groot gewigvoordeel te gebruik, ook waar hoe" vergrotings gebruik word.

Mooiloop

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 9:55 am
by jamalley
Die uitslae op julle toetse sal baie interesant wees, kan nie wag nie.

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 11:28 am
by Silent Hunting
More alamal,

Dink Taffie slaan die spyker op sy kop. Man moet gebruik wat vir hom werk.

Daar is baie verskillende soorte kds beskikbaar. Party sagter, swaarder, duurder, ens as ander. As die heel duurste op die mark vir jou werk, gebruik hom. As die heel goedkoopste op die mark vir jou werk, gebruik hom. Kom maar neer op persoonlike voorkeur.

Persoonlik kyk ek altyd vir waarde vir my geld as ek enige iets koop. Soms koop ek die duurste, ander keure die goedkoopste. Solank ek waarde vir my geld kry en tevrede is met die produk.

As iemand gaan reel vir 'n "meet wie het die grootste en dikste", laat weet maar. Ek sal 'n KD stuur.

Groete,

Henk

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 11:51 am
by Katefbessie
Ek het nie soveel ervaring met die toets van KD's nie, maar kan se dat ek bitter gelukkig is met die nightro.. my 2de een is op bestelling. Ekt my Ase Utra verkoop om die Nightro op te sit! baie happy!

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 12:23 pm
by maxboostsa1
Is die nightro staal of aluminium?

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 12:28 pm
by Geno
Aluminium, met die eerste baffle van staal.

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 12:48 pm
by tafjak
Net nog 'n straaltjie.

Die menslike oor is seker die swakste "gadget" om te gebruik om "knaldemping" te meet. Party dae is die lugdruk swaar en ander dae weer nie. Party nagte klink die knaldemper super sonnies, ander nagte weer baie harder. Alles hang maar af in watter weersomstandighede dit getoets word. Vir die jakkals/katjagters is die aande wanneer die knaldemper ampers snaaks baie sag is die nagte waarin jy geld maak.

Mooiloop, jammer vir die laat berig

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 1:00 pm
by Jake1
Ek sal baie graag die uitslae wil sien aangesien ek soms iets wil verwyder met minste steurnis vir ander wild, en al meer as een demper gebruik het. Ek wil ook my gehoor beskerm want jag kan ek nie met 'n ding op my ore nie. My ore gaan dit nie hou teen hierdie koers nie. >:D

Wat almal soek is 'n demper wat 1cm lank, met selfde deursnee as die loop is, wat 100% klank demp en 100% recoil verhoed :-\ Ja dit bestaan nie.

1) Dus wil mens weet waar moet jy die grens trek tussen klankdemping en 'n algemeen aanvaarde "te onhanteerbare" groot knaldemper.

Silent Hunting dink ek het tong in die kies gesĂȘ "As iemand gaan reel vir 'n "meet wie het die grootste en dikste", laat weet maar. Ek sal 'n KD stuur." :confused:


2) As mens 'n klein demper met 'n grote wil vergelyk net vir knaldemping weet ons reeds wie wen. Ek wil weet wie se knaldemper van ongeveer dieselfde grote die meeste klank demp, m.a.w. wie se ontwerp demp klank die beste.

Daarna eers kan mens 'n berekende keuse maak en 'n berekende prys aan die demper koppel. Die materiaalkoste is irrelevant, ek wil betaal vir tegnologie. :)

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 1:09 pm
by G-force
Right kerels.Ek glo nie mens kan se die een of daai een is beter nie want van hulle is groot,ander klein,ander swaar en ander lightweight.Van hulle is duur en ander nie so duur nie.
Ek het n decibel meter gekry om die toetse te doen.Ons gaan Geno se .204 gebruik omrede hy n hele paar silencers het wat daar alreeds pas.Ek soek n toets silencer van al die silencer bouers en fundis wat belangstel.Numenor se hul sal een gee wat op daai geweer pas.As Geno net dalk vir ons kan se watse thread ensv sy geweer het dan kan ons lekker toets en sommer video neem ook.Ons sal die datum en plek gee sodat die wat belangstel saam kan kom kyk.

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 1:22 pm
by Geno
1:13mm
.204Ruger.

Gooi.
Ek het dan sover die volgende KD's wat pas op die roertjie:

Terminator
Nightro
AimZonic
A-Tec
Discreet
Numenor

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 1:26 pm
by LUAN
Ek kan ook n decibel meter kry(ken iemand by die gesondheids departement) maar het net 2 silincers Piet jacobs en n Huntbuddy.

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 1:40 pm
by Lamtjop
Roberto, Geno en ander wat al baie knaldempers op een geweer getoets het. Het jul groeppering verander tussen verskillende fabrikate, was dit soveel dat n lading verander moes word?
Groete Tjops

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 1:43 pm
by Jake1
Geno wrote:1:13mm
.204Ruger.

Gooi.
Ek het dan sover die volgende KD's wat pas op die roertjie:

Terminator
Nightro
AimZonic
A-Tec
Discreet
Numenor
Julle gaan geskiedenis maak, sonder 'n "bang" :laugh:

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 1:44 pm
by Burger
Heirdie gaan n interesante toets wees en aangesien ek in die mark is vir knaldember sal ek die ene angstig dop hou. Ek soek een wat die meeste recoil verminder en wat nie langer as 150mm is nie.
Hy hoef nie die sagste te wees nie, recoil is my grootste vyand in my geval. Gewig in die omgewing van 400gr sal mooi werk met n deursnee van 38mm