'n DUUR Blesbokkie...

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by Carl »

Ek dink Peter Flack se verwysing na SCI en RW se beperking sal bepalend wees veral vir die VSA mark.

Hugo ek het ook nie probleem met redelik groot pryse vir 'n SB van Jules of the Karoo nie. Ongelukkig is daar 'n paar eende wat op die droë grond staan of gaan staan.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by Fritz »

http://www.sahunters.co.za/index.php?op ... Itemid=265

Net so interessante artikel. Jammer as dit al klaar op hierdie draad geplaas is.
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by Sako75 »

My mening is dat die vraag in hierdie tipe mark gedryf word deur die "belofte" van 'n finansieele voordeel in die toekoms vir die belegging. Die mark word met ander woorde gedryf deur die vraag na 'n finansieele opbrengs (stygende waarde of aanteel). Die waarde van iets kan mos bepaal word deur die verdiskonteerde stroom van toekomstige inkomstes? As mens van hierdie vertrekpunt gaan moet mens tot die gevolgtrekking kom dat terwyl daar nog mense is wat sal toetree tot die mark vir die "belofte" van 'n voordeel sal daar 'n vraag na die "bates" wees. Of hierdie diere 'n jagwaarde of eindwaarde het is dan irrelevant terwyl mense tot die mark toe tree om dit as 'n belegging te gebruik. Die lewende dier raak dan soos 'n "ou selfoon" wat amper "waardeloos" raak soos sy ekonomiese waarde uit hom geput word deur aanteel, ens. Die "ding" is nog daar maar sy groot waarde is in sy stroom inkomste, nie sy fisiese dele nie (se nou maar vleis, vel, horings, ens) nie.

Na my mening sal die mark begin platval wanneer mense nie meer toe tree tot die mark (vir watter rede ookal) as beleggers wat finansieele rendement soek nie. Om die risikos werklik te verstaan moet mens dalk uitwerk wat sal veroorsaak dat daar nie toetreders tot die mark sal kom nie?

Die stoom vir die enjin is die "geloof" of "belofte" dat die stroom van inkomste as gevolg van die belegging die belegging regverdig en dat dit binne houdbare risiko parameters behaal sal word.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by mariusr »

As iets nie sin maak nie? Is daar gewoonlik iets fout! Hierdie is kunsmatige mark geskep deur klomp baie baie ryk mense!! Geen mens in sy regte verstand sal daai pryse betaal vir blesbok net omdat hy ander kleur het so ook vir 42mil buffel! Die grap is daar is geen mark vir die diere behalwe onder die "mafia" self!? Nou moet ou wonder wat is die eintlike doel agter die ding?
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by Hugo »

Tel ek jaloesie op so tussen die posts?

En as jou blesbok more .sulke lammer gooi gaan jy hul dood skiet of verkoop vir R500k elk?
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by henning »

Ludwig wrote:Hugo, ek dink nie dit gaan daaroor nie. As jy kan geld maak hieruit en dit is binne jou beskikking, dan sal jy dom wees om dit nie te doen nie, maar ek dink waaroor die gesprek handel is 'n kunsmatige mark waar die belofte op opbrengs van 'n belegging deur niks konkreets gedryf word nie. Manne gaan nog vir 'n ruk lank groot geld uit die bedryf kan maak, mar beslis nie vir baie lank meer nie. As selfs net 50% van alle wildsboere die kleur variante op hulle plaas het, gaan hulle waarde uiteindelik nie veel meer wees as gewone wild nie. Die aanbod sal die vraag by verre oorskry en basiese ekonomiese beginsels sal geld. Hoekom is sogenaamde eksotiese klassieke sportsmotors so duur? Want hulle is vrek skaars en die vraag na hulle deur versamelaars is hoog. Hulle word as beleggings beskou, want hulle waarde sal nie oor tyd verminder nie, maar eerder verhoog en goeie opbrengste lewer. 'n 1962 Ferrari 250 LM kan vir amper $7m US verkoop. Daar is net 32 ooit gemaak en daar kan nie nog gemaak word nie. Die belofte vir toekomstige opbrengste in hierdie belegging is dus geregverdig. Daar sal altyd iemand wees wat so 'n eksotiese skaars Ferrari soek, maar sou hulle hipoteties gesproke vandag nog 200 van hierdie Ferraris iewers in 'n pakhuis opspoor, gaan dit al die ander se waarde afbring. Iets wat baie skaars en gesog is kan 'n uitermatige hoë prys regverdig, maar soos wildsboere nou spring om met hierdie kleur variante te teel gaan dit beslis nie meer vir lank 'n skaars en gesogte kommoditeit wees nie.
Ludwig dit is die beste opsomming wat jy hier gegee het.

Ek kry net jammer vir die minder gegoede boere wat ook hierdie trein wil ry en dit nie maak nie.
Dit is baie duidelik dat hierdie pryse gaan einde kry, net n kwessie van wanneer.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by mariusr »

Ludwig het dit nou mooi gestel.Toe ek laaitie was het die eerste wit kokatiele R2000 gekos! Vandag kry jy vir hulle so R150? Selfde met die ringnek parakiet mutasies. Blou ringnekke en wit was oorspronklike oor die R10k elk.Baie mense het groot geld verloor toe die mark in duie stort en die voels se waarde drasties gedaal het.Daar is ook nog paar kleure wat goeie geld kan maak maar die word ook goed beheer deur die ringnek vereniging of soos party ouens hulle noem die ringnek Mafia! Selfde gaan hier gebeur met die wild net kwesie van tyd!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by Hugo »

Ek verstaan dit 100% Ludwig.

Wat as ek vir jou se dat daar slegs 84 konings wildebeeste bestaan op datum asook die wit saalrug Blesbok het ek gehoor is daar 35.

Ek dink die mark op hulle gaan nie vinnig versadig raak nie, maaar die swart rooibok, goue bees, en nyala mark moet val!! MOET!!!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by James Wilson »

Naandsê manne. Ek is gereeld in die geselskap van die manne wat die diere teel en/of aankoop. Heelwat is my kliente en word hierdie diere gewoonlik getrou verseker( transito/ op en aflaai/ 30 dae daarna en dan n opsie vir n veldekking). Sonder uitsondering is hierdie boer, n boer wat reeds al op ander tereine( vee, saai, wingerd, delwery, eiendom) sy finansiele sukses gevestig het. Die uitlê van die meeste van die aankope, is fondse wat nie benodig word nie/afhanklik van is nie. Kras gestel kan die boer dit bekosyig om daardie geld te waag. Nog n ooreenkoms is dat baie van hulle grond het, wat onbenut is, baie keer is die grond onbenut omdat dit bloot onprakties is om iets daarop te doen. Klein kampies, soos tipies by eksotiese wild, kan dan benut word. Nog n manier om hierna te kyk is omset/kostes van die boer se reeds bestaande bron van inkomste. Kom ons kyk aan die hand van aartappel besproeing: om n hektaar aartappels te plant kos sowat R110 000. As die boer n paar honderd hektaar plant en hy plant dus net 3 hektaar minder: het hy R300 000, die gemiddelde koopsom van n swart Rooibok. Is dit nog regtig vir so n boer n groot waagstuk?

As ek aan die manne dit stel, dat hierdie lyk vir my soos n piramide skema, dan stem hulle saam. Soos reeds baie hier genoem het, is al wat die saak tans aanblaas is nuwe kopers. Dit is soos die Kubusse van Adriaan Neuwoudt, hier is nie tans eindverbruikers(jagters) nie. Uit my blootstelling aan die wild en jagbedryf se risiko dekking, kry ek ook gereeld met Outfitters en ph's te doen. Nou toegegee, dit is maar net 4 ph's wat ek mee gereeld, besigheid doen, maar hulle mark is oorwegend Amerikaners, Duitsers, Spanjaarde en Russe. Nie een van hulle het al ooit(soos in nooit ooit) vanaf sy agente in die buiteland of die jagters self ooit n versoek gehad vir die jag van kleur variasies nie. Swartwitpens en buffels ja, maar nie kleur variasies nie.

n Familie lid van my het so gesukkel met arbeid en jakkalse dat hy sy dorperstoet verkoop het. Sy arbeidsmag met twee derdes gesny het, en oorgegaan na eksotiese wild. Hy meen al val die mark ook na 10% van sy huidige waarde, dan maak hy nogsteeds meer geld as met skaap. Dit terwyl sy arbeids probleme en jakkalse verliese nou iets van die verlede is. Hy boer met goue bwb en switpense.

Kyk gerus ook die Namibiers begin nou die mark betree, n hele land wat wag om gestok te word. Ek glo dus, dat daar een of ander tyd n spreekwoordelike bubble bars, maar as een ban julle onlangs sulke veilings bygewoon het, sal julle sekerlik saamstem, ons is nog n entjie daarvanaf.

Persoonlik dink ek hierdie situasie is vir my as jagter baie posetief. Ek het reeds die afgelope twee jaar lekker springbok en rooibok rammme vir baie goedkoop uitgeskiet, sodat daar plek gemaak kan word, vir die nuwe eksotiese ram. Daar is tans baie geld, energie en posetiewe momentum in die jagbedryf. Die bedryf verskaf baie werksgeleenthede, en die ANC regering het selfs al sy agting vir die bedryf uitgespreek. Tans kan ek geen negatiewe aspek vir my, as jagter raaksien nie, trouens niemand waag te raak aan die wild en jagbedryf, in die land, daar is net te veel invloedryke rolspelers hier betrokke.

As daar in jou omgewing n wildveiling is, doen jouself die guns en gaan woon dit by. Ek glo jy sal aangenaam verras wees.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by Hugo »

Spot on James!!!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by PWV »

.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by Eugene »

Geno & Hugo, I stand corrected... Julle google vermoeë is beslis beter as myne!

Ek staan egter by my punt dat die jagter nie die eindverbruiker is nie en dat die borrel gaan bars sodra daar nie meer nuwe boere is wat gaan aankoop nie.

Julle mag my weer verkeerd bewys, maar ek wonder of 5% van die aantal "eksotiese" bokke wat op veilings verkoop word, deur jagters gejag word...

P.S. Geen jaloesie aan my kant nie, ek het nie eers gewone bokke nie en ook nie eers 'n swart bankbalans nie... ;) Ek gee maar net my opinie oor wat ek sien gebeur. 'n Goeie klient van my was net so opgewonde oor sy opbrengs van sy "belegging" by Maretha Maartens en kie. Hy was self redelik aggressief oor enige skeptiese denkers....
Aim small, miss small
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by James Wilson »

Eugene wrote:Ek staan egter by my punt dat die jagter nie die eindverbruiker is nie en dat die borrel gaan bars sodra daar nie meer nuwe boere is wat gaan aankoop nie. .
Wat Eugene hier noem is vir my, in kort, die crux van die saak. Wat my verbaas, is dat die boere wat hierby betrokke is, dit nie onken nie. Anders gestel: hulle weet maar te goed dat hulle aanwas, tans aan mede telers verkoop word. Wat betref dat die bubbel haan bars. Ek stem hiermee saam. Hoe anders? Maar vandat ek die eerste "te duur" bok verseker het, 14 jaar terug. Het ek al gesê, die mense moetnie hierby betrokke raak nie. Baie het betrokke geraak, en baie het onverklaarbaar skatryk geword. So glo ek die afgelope 14 jaar die bubble gaan bars( ek glo dit nounog) en so word baie manne net ruker en ryker. Al verloor hy nou, het hy nog baie meer geld gemaak, as sou hy net bly eendemensioneel, kruisras skaap en bees geboer het.


Eugene wrote:Julle mag my weer verkeerd bewys, maar ek wonder of 5% van die aantal "eksotiese" bokke wat op veilings verkoop word, deur jagters gejag word....
/

Eugene, ek stem saam, maar wil dit nog sterker stel: Nie 5% nie, nader aan geen/0%, viral as daar verwys word na eksotiese kleur variasies. Die buitelander het bloot, tans nie n behoefte hieraan nie.

Dit gesê, hou ek vol dat ek nognie n negatiewe aspek uit dit alles, vir ons as jagters kan sien nie.

Voetnota:

Ek woon die veilings by, ek is trots op wat ek sien, my mede Afrikaner boer(of mede wild liefhebber) vermag, ek verseker die diere, ek maak n lewe en ek wens die manne met die beste toe. MAAAAR as alles klaar is, dan skud ek maar net my kop. Ek verstaan nie wat maak die manne nie, maar op die oomblik werk dit, en dit werk bitter goed!!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by mariusr »

Ek dink dis fantasties wat die wildsboer die laaste 20-30jaar vermag het met ons wild in suid-afrika.Mense soos Piet Warren het die swartwitpens terug gebring hier by ons! Jagters kan nou al die bok hier by ons jag vir beter pryse as in Zim en Mosambiek!Maar ek moet se ek gaan nie eendag lekker jag op 'n plaas met klomp "smartie"diere op nie?Dit gaan net vir my te kunsmatig voel om die klomp kleur bokke so by mekaar te sien wat van nog jag.Wat is nou mooier as mooi pik swart bwb bul of mooi gewone 50"plus koedoe bul! Mooi gewone rooibok ram met sy rooibruin lyf en wit pens!Hoop maar die kleur variasies bly maar in die minderheid dat afrika bly soos hy altyd was en nie met kunsmatige diere verander word nie.Want een van dae gaan ons piek of wit olifante en wit buffels he? Hoe gaan dit nie lyk nie!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by mariusr »

Lees nou toevallig die nuwe Outfitter gaan kyk gerus die artikel Canned killings deur Peter Flack! Daar praat hy ook van die kleur variasies en wie die hoof spelers in die bedryf is!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by Hugo »

EK vermoed Peter Flack het n persoonlike issue met die manne in die bedryf, aangesien dit die 2de artikel in n maand is wat hy oor dit skryf.

Soos ek gese het, moontlik jaloesie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by Carl »

Hugo
Peter het nie persoonlike issues nie. Hy is te intelligent vir dit. Dink daaraan as dit persoonlik is kan die ouens hom mos hof toe vat. Weet jy wie hy is? En wat hy vir Suid Afrika en vir jag doen?

Lees sy artikels en kom bewys vir my waar hy verkeerd is en persoonlike aanvalle loots.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by mariusr »

Ja sien hy het in SA Jagters ook te velde gegaan oor die kleure! Maar die man weet darem waarvan hy praat hy het gejag waar ons net kan van droom!Praat nie eers wat hy al alles gejag het nie!
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2344
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: 'n DUUR Blesbokkie...

Post by henried »

Kyk die blesbok was duur maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, maar daar is tog 'n mark vir die springbokke, die grad slam.

Laaste wat ek gehoor het was 'n kopper een die duurste uit die groep, R7000 om te jag. Nou daar sal dalk manne wees wat die Blesbok grand slam ook wil skiet.

Ek sal eneing slam skiet as ek net geld het.... ++>:
Post Reply