Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Thx Eugene, voorspoed vir die jaar.
-
413-Jeffry
- Jr. Member

- Posts: 64
- Joined: Thu Oct 09, 2014 10:17 am
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Dankie manne.
Oor die kruit en die wapens in die motor berg verstaan en aanvaar ek dit so.
Die vraag oor die bevoegdheid krap nog aan my, want hoe kan jy onbevoeg verklaar word as jy "gereeld/jaarliks" gaan jag of selfs net redelik gereeld met jou SD gaan skiet? Met n kar toets hulle elke 5 jaar jou oe (wat n goeie ding is), maar hulle verwag nie van jou om jou bestuurslesensie oor te doen nie?
Mag my vrou (of enigiemand wie ek met my lewe vertrou) in besit wees van my kluis se sleutels?
Mag ek my eie kluis bou en waar kry ek die spec's vir dit?
Groete.

Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Ek het een van daardie bevoegdheidskaartjies met 'n vervaldatum op wat alreeds verstryk het. Toe ek my kaartjie wou gaan hernu was die DFO op Nelspruit adamant dat die bevoegdheidskaartjie geldig bly totdat my laaste lisensie verval.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Dit is korrek Johan. Bevoegdheid is verbind aan die lisensie se verval datum.Johan Nel wrote:Ek het een van daardie bevoegdheidskaartjies met 'n vervaldatum op wat alreeds verstryk het. Toe ek my kaartjie wou gaan hernu was die DFO op Nelspruit adamant dat die bevoegdheidskaartjie geldig bly totdat my laaste lisensie verval.
413. Daardie aspek word in die 2015 wysigings aangespreek. Ek weet SA Jagters het dit spesifiek onder die Wet skrywer se aandag gebring. Bevoegheid moenie verval as jy aan hou om te kwalifiseer nie.
Ons word egter weer onder dieselfde kam geskeer as die manne wat nooit skiet, oefen en net nou en dan gaan jag om weg te kom van die huis. Maar ek sien ook op heelwat plekke op die www waar ouens vra vra oor die FCA wat hulle in bevoegheid moes behandel en dan natuurlik ook weer self gaan oplees op 'n gereelde basis. (Ek praat nou nie van die tegniese aspekte wat ons hier aan raak nie)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
1. Streng gesproke volgens die wet, mag net die persoon wat 'n wettige lisensie het, toegang tot die kluis hê waar die wapen/s gestoor word. As jou vrou ook 'n lisensie het en julle bly in dieselfde huis, mag julle dieselfde kluis gebruik om julle onderskeie wapens te stoor. My vrou het egter 'n spaar sleutel vir die kluis, want as ek nie daar is nie en daars 'n probleem, moet sy haarself kan verdedig.413-Jeffry wrote:
Mag my vrou (of enigiemand wie ek met my lewe vertrou) in besit wees van my kluis se sleutels?
Mag ek my eie kluis bou en waar kry ek die spec's vir dit?
Groete.
2. Gaan kyk op SABS se website. Die standaarde vir kluise is daar, maar ek dink jy moet dit koop.
Aim small, miss small
-
413-Jeffry
- Jr. Member

- Posts: 64
- Joined: Thu Oct 09, 2014 10:17 am
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Weereens baie dankie manne.
Eugene, ek gaan gou loer en kyk wat ek kan kry by die SABS manne.
Groete.
Eugene, ek gaan gou loer en kyk wat ek kan kry by die SABS manne.
Groete.
-
413-Jeffry
- Jr. Member

- Posts: 64
- Joined: Thu Oct 09, 2014 10:17 am
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Daar is blykbaar n 2012 uitgawe van die wet op kluise en "strong rooms". As iemand dit het en vir my sal kan aanstuur sal dit gaaf wees.
Wat my wel bly maak is dat daar n wet is wat toelaat dat jy jou wapen "tydelike" in jou motors/karavaan mag stoor.
http://www.saaaca.org.za/?page_id=822

ZKK
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Terwyl ons n paar sakies bespreek oor die vuurwapen wet wil ek ook graag iets vra.
Ek het reeds 4 vuurwapens.
Ek het my revolver as n jagwapen geregistreer.
Ek het intussen my toegewyde jagter status ny NSA verwerf.
Ek het n pistool gekoop en is besig om nog n jag geweer te laat bou.
Ek het gehoor dat ek moontlik probleme gaan he as ek die pistool vir self verdediging wil registreer?
Die nuwe jag geweer kan ek seker net onder artikel 16 registreer?
Groete
Ek het reeds 4 vuurwapens.
Ek het my revolver as n jagwapen geregistreer.
Ek het intussen my toegewyde jagter status ny NSA verwerf.
Ek het n pistool gekoop en is besig om nog n jag geweer te laat bou.
Ek het gehoor dat ek moontlik probleme gaan he as ek die pistool vir self verdediging wil registreer?
Die nuwe jag geweer kan ek seker net onder artikel 16 registreer?
Groete
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Hier is die relevante bepalings in die Wet:-
Ek haal die Engelse taks aan, want die Engelse taks is geteken.
Section 13: Licence to possess firearm for self-defence
(1) A firearm in respect of which a licence may be issued in terms of this section is any-
(a) shotgun which is not fully or semi-automatic; or
(b) handgun which is not fully automatic.
(2) The Registrar may issue a licence under this section to any natural person who-
(a) needs a firearm for self-defence; and
(b) cannot reasonably satisfy that need by means other than the possession of a firearm.
(3) No person may hold more than one licence issued in terms of this section.
Section 15: Licence to possess firearm for occasional hunting and sports-shooting

(a) handgun which is not fully automatic;
(b) rifle or shotgun which is not fully or semi-automatic; or
(c) barrel, frame or receiver of a handgun, rifle or shotgun contemplated in paragraph (a) or (b),
and which is not a restricted firearm.
(2) The Registrar may issue a licence in terms of this section to any natural person who is an occasional hunter or occasional sports person.
(3) (a) Subject to paragraphs (b), (c) and (d), no person may hold more than four licences issued in terms of this section.
(b) If a person holds a licence issued in terms of section 13, he or she may only hold three licences issued in terms of this section.
(c) A person may not hold more than one licence in respect of a handgun contemplated in subsection (1) (a).
As ek die wet reg verstaan, mag 'n persoon slegs een lisensie in terme van Artikel 13 (Selfverdediging) besit ongeag of dit 'n handwapen of haelgeweer is.
As ek die wet verder reg verstaan mag 'n persoon ook slegs een lisensie vir 'n handwapen vir jagdoeleindes in terme van Artikel 15 besit.
As jy dus reeds 'n lisensie vir 'n handwapen vir jagdoeleindes in terme van Artikel 15 besit, sal die lisensie vir die pistool wat jy gekoop het en wat jy wil lisensieer, dus in terme van Artikel 13 (Selfverdediging) en/of Artikel 16 (Toegewyde Sportpersoon) gedoen kan word, tensy jy reeds 'n lisensie in terme van Artikel 13 (Selfverediging) besit.

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Ek aanvaar jou 4 bestaande wapens is onder Art15 gelisensieer?ZKK wrote:Terwyl ons n paar sakies bespreek oor die vuurwapen wet wil ek ook graag iets vra.
Ek het reeds 4 vuurwapens.
Ek het my revolver as n jagwapen geregistreer.
Ek het intussen my toegewyde jagter status ny NSA verwerf.
Ek het n pistool gekoop en is besig om nog n jag geweer te laat bou.
Ek het gehoor dat ek moontlik probleme gaan he as ek die pistool vir self verdediging wil registreer?
Die nuwe jag geweer kan ek seker net onder artikel 16 registreer?
Groete
Dan is jou spasie vir 'n SV wapen onder Art13 mos nog oop. Motiveer behoorlik, dan sien ek nie rede vir probleme nie.
Ja, die jaggeweer sal onder Art16 moet gaan.
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Dankie vir die terugvoer.
Ja, al 4 my vuurwapens is onder Art15 gelisensieer.
Maar my probleem is die onderstaande klousule uit die wet
"(b) If a person holds a licence issued in terms of section 13, he or she may only hold three licences issued in terms of this section."
So siende dat ek reeds 4 Art15 lisensies het, sal ek n nuwe wapen onder Art13 kan lisensieer?
Ja, al 4 my vuurwapens is onder Art15 gelisensieer.
Maar my probleem is die onderstaande klousule uit die wet
"(b) If a person holds a licence issued in terms of section 13, he or she may only hold three licences issued in terms of this section."
So siende dat ek reeds 4 Art15 lisensies het, sal ek n nuwe wapen onder Art13 kan lisensieer?
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Dalk moet jy meer spesifieke inligting oor die wapens wat reeds in jou naam gelisensieer is, asook watse Toegewyde Status (SPORTSKUT/JAGTER) jy by NSA bekom het, deurgee, vir 'n behoorlike antwoord.
Ek persoonlik dink as volg:
1. As jy Toegewyde Sportskut/Jagter status het, doen aansoek vir hernuwing van een van jou Artikel 15 wapens, maar dui aan dat jy nou in terme van Artikel 16 aansoek doen; en
2. Wanneer jou hernuwing goedgekeur is, doen aansoek vir die lisensie van die nuwe pistool in terme van Artikel 13; en
3.
Ek persoonlik dink as volg:
1. As jy Toegewyde Sportskut/Jagter status het, doen aansoek vir hernuwing van een van jou Artikel 15 wapens, maar dui aan dat jy nou in terme van Artikel 16 aansoek doen; en
2. Wanneer jou hernuwing goedgekeur is, doen aansoek vir die lisensie van die nuwe pistool in terme van Artikel 13; en
3.
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Is dit moontlik om vir die pistool vir beide Art13 en Art 16 aansoek te doen?
Wat sou die proses wees om een van die bestaande jag gewere te laat verander na Art 16, en hoe lank vat dit?
Wat sou die proses wees om een van die bestaande jag gewere te laat verander na Art 16, en hoe lank vat dit?
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Nee. Kies een.ZKK wrote:Is dit moontlik om vir die pistool vir beide Art13 en Art 16 aansoek te doen?
Daar is nie eintlik 'n proses nie. Mense het al allerhande idees probeer en erg gefrustreerd daarvan afgekom. Een daarvan is dat jy 'n nuwe aansoek invul (SAPS271) en jouself by beide koper en verkoper invul. Die probleem is dat die persoon wat die aansoek verwerk kan dink dat jy mal is, want jy het mos alreeds 'n lisensie...ZKK wrote:Wat sou die proses wees om een van die bestaande jag gewere te laat verander na Art 16, en hoe lank vat dit?
As ek in jou skoene was, sou ek vir die 2 wapens onder Art13 en Art16 aansoek gedoen het. Sluit net 'n afskrif van jou Toegewyde Status sertifikaat by albei in.
Die alternatief is om die pistool ook onder Art16 te motiveer. (Voor iemand kla, lees asb eers die laaste sin onder Art 16.)
Daar is meriete in die idee om eers behoorlike langtermyn-beplanning te doen, voordat jy jou eerste aansoek optrek. Maar liewers laat as nooit.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3953
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Ek roep net weer die draad op, baie waardevolle informasie.
1. Hoe maak die haelgeweer manne wat bokse hael patrone koop?
2. Moet ammunisie in 'n kluis wees of kan 'n staal kas gebruikword?
EK hoor 'n voeltjie fluit dat SPA nou moet begin om 10 inspeksies per kantoor/area per week/maand moet doen. As dit so is gaan klein dorpies se wapen manne vinnig geraak kan word.
Eugene sal so inspeksie met dokumentasie soos lasbrief gepaard moet gaan? Ek het geen probleem daarmee nie hulle kan maar inspeksie hou by my.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Jong man deurmekaar. Wat mag ek… onder die wet.
Die maagwerk en wapen verloor uit kar se kite gaan glad en geheel nie vlieg in die hof nie.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."