Toegewyde status
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Toegewyde status
Dit klink my of dit net ek is wat so dink.... Nou met paar ander manne gepraat en hulle deel ook nie my opinie nie..... Dit lyk dus of ek die kat aan die gat beet het, sal more egter doodseker maak.
Aim small, miss small
- Speelmansjagter
- Hero Member

- Posts: 651
- Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm
Re: Toegewyde status
Lyk my dis maar moelik om regtig te se wat reg of verkeerd is.
Ek worry nie oor die vervoer van ammunisie of so nie. Wil maar net weet waneer ek die maksimum by my huis oorsky.
Hoe sal mens nou weet wat 'die wet' nou eintlik vereis as dit so anders geinterpreteer kan word.

.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
-
413-Jeffry
- Jr. Member

- Posts: 64
- Joined: Thu Oct 09, 2014 10:17 am
Re: Toegewyde status
Ek wens ook daar was n paar voorbeelde vir elke wet om dit meer verstaanbaar te maak. Die wet is so geskryf dat dit wawyd oop is vir eie interpretasie. Hoe moet mens nou weet of jy die regde ding doen of nie (waar is die lyn)?
Last edited by 413-Jeffry on Tue Jan 20, 2015 9:15 am, edited 1 time in total.
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Toegewyde status
12 Addisionele lisensies
(1) Die Registrateur kan 'n addisionele lisensie ten opsigte van 'n vuurwapen
beoog in artikels 13, 14, 15 en 16 uitreik aan elke persoon wat op dieselfde perseel woon
as die houer van die lisensie ten opsigte van die betrokke vuurwapen.
(2) Elke houer van 'n addisionele lisensie moet aan al die vereistes voldoen vir die
uitreiking van 'n lisensie ten opsigte van die betrokke vuurwapen.
(3) Indien die houer van 'n addisionele lisensie beoog in subartikel (1) van die
betrokke perseel wegtrek, verval sodanige addisionele lisensie en die persoon aan wie
sodanige lisensie uitgereik was, moet daardie lisensie onverwyld aan die Registrateur
teruggee.
Nou wat gebeur hier. Mag die addisionele lisensie houers nou ook die aantal ammunisie aanhou solank hulle op dieselfde perseel bly.

Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
- SAHunter
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm
Re: Toegewyde status
Totdat 'n Hooggeregshof die geleentheid gehad het om hierdie gedeelte van die Wet te interpreteer, sal daar maar altyd verskillende interpretasies tussen DFO's en lisensiehouers wees. Die probleem is dat die betrokke wetsbepaling en spesifiek hoe art. 91(2)(a) lees, oop vir argument na beide kante is. Dit is daarom vaag en verwarrend en sal iemand met toegewyde status wat in terme van hierdie bepaling strafregtelik aangekla word omrede hy meer as 200 ammunisie vir 'n art. 13 of 15 gelisensieerde wapen besit, waarskynlik die voordeel van die twyfel ontvang.
Maar fouteer eerder aan die kant van versigtigheid. 'n Man weet nooit wie die Landdros is voor wie jy gaan verskyn nie. Indien die betrokke bepaling in konteks gelees word (met ander woorde in konteks met die hele wet en die hele art. 91 en wat die wetgewer daarin beoog) en nie net in isolasie die spesifieke sin aan die begin van art 91(2)(a) nie, kan dit sekerlik nie die bedoeling gewees het dat iemand wat 'n art. 13-vuurwapenlisensie vir selfverdediging en 'n art. 15-lisensie vir 'n geweer vir geleentheidsjag hou (en daarom beperk tot 200 ammunisie per lisensie is - art. 91(1)), nou nadat hy toegewyde sportstatus vir kleiduifskiet ontvang het en 'n art. 16-lisensie net vir 'n nuwe haelgeweer ontvang het, skielik onbeperkte ammunisie ook vir sy pistool en jaggeweer kan koop of besit nie. Hy het geen saak uitgemaak waarom meer ammunisie vir sy pistool (selfverdediging) en geweer (geleentheidsjag) nodig is nie, slegs vir sy haelgeweer waarmee hy gereeld kleiduiwe in kompetisie skiet. Die tweede gedeelte in art. 91(2)(a) praat ook net van 'n lisensiehouer en magtiging wat deur die Registrateur vir die besit van meer as 200 ammunisie vir 'n vuurwapen (enkelfout) uitgereik is. 'n Magtiging uitgereik in terme van hierdie bepaling geld nie skielik vir alle ander vuurwapens wat die lisensiehouer mag besit nie. Die tweede gedeelte van art. 91(2)(a) kan daarom nie los van die eerste gedeelte, gelees word nie en is die verwysing na "'n lisensie" aan die begin van art. 91(2)(a), waarskynlik 'n verwysing na slegs 'n art. 16-lisensie en nie na alle lisensies uitgereik in terme van die Wet nie. "'n Toegewyde jagter of toegewyde sportpersoon wat die houer is van 'n lisensie uitgereik ingevolge hierdie Wet" in konteks kan tog net na 'n art. 16-lisensie verwys, hoewel dit teoreties moontlik is dat 'n toegewyde persoon ook ander lisensies in terme van art. 13 of 15 kan hou.
Vandaar dat handelaars nie sommer meer as 200 ammunisie aan 'n lisensiehouer vir 'n vuurwapen in terme van art. 15 uitgereik, sal verkoop nie - of hy nou op 'n ander wapen 'n art.16-lisensie hou of nie.
Dries101 en Eugene se interpretasie van art. 91(2)(a) is daarom nie so van die baan om dit eenvoudig af te skiet as verkeerd nie.

SA Hunter
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Toegewyde status
Jy kan nog steeds veilig speel deur 'n Aansoek vorm te voltooi by jou DFO om meer as die voorgeskrewe aantal rondtes en ontstekers te koop en/of in jou te besit te he.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Toegewyde status
Toegewyde jag gaan oor jag - dus sal jaggewere vrygestel wees van die beperkings.
Toegewyde sportskiet gaan oor vuurwapens wat op die baan gebruik word - pistole, rewolwers, haelgewere ens.
Die persoon is vrygestel van die beperkings en ek kan nie sien hoe daar nou bepaal word dat hy net sekere hoeveelhede ammunisie en slagdoppies vir sekere tipes vuurwapens mag aanhou nie.
Bekwaamheid gaan tog seker oor sy kennis en verantwoordelikheid rondom vuurwapens. Of dit nou 'n sportwapen of een vir jag is kan hy dit soortgelyk hanteer. Veiligheid is die hoof rede vir toetsing van die persoon en of dit nou 'n sportwapen of jagwapen is maak geen verskil in my oë.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- SAHunter
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm
Re: Toegewyde status
Tripodmvr - as die persoon 'n toegewyde jagter is en sy lisensie is in terme van art. 16 aan hom uitgereik, dan is daar geen beperking op die aantal ammunisie wat die persoon vir daardie jaggeweer kan koop of besit nie. Die debat hier gaan oor die geval waar 'n persoon ook ander wapens hou, maar daardie wapens is in terme van art. 13 of 15 aan hom uitgereik en nie op grond van sy toegewyde status in terme van art. 16 nie. Vir laasgenoemde wapens (selfverdediging of geleentheidsjag), gaan art. 91(1) nog steeds geld - nl beperk tot 200 rondtes per lisensie. Dit het ongelukkig niks met opleiding of wapenveiligheid te doen - dit gaan oor of 'n saak uitgemaak is waarom meer as 200 rondtes vir daardie spesifieke wapen nodig is - en die wetgewer beskou slegs 'n toegewyde jag of sportpersoon wat 'n lisensie vir 'n spesifiek wapen in terme van art. 16 hou, of 'n persoon wat op goeie gronde 'n vergunning van die Registrateur in terme van art. 91(2)(a) ontvang het, as vrygestel van die bepalings van art. 91(1).
SA Hunter
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Toegewyde status
Kom ons probeer die ding uitredeneer.
Wat was die bedoeling van die wetgewer met hierdie wet? Vir my lyk dit of die wetgewer die jagter of sportskut wou tegemoet kom om sy skiet aktiwiteite met minder rooi lint te kan be-oefen.
Kom ons kyk na die volgende senario:
Ek is 'n gewone geleentheids sport skut met 'n wonderlike geweer met 'n Seksie 15 lisensie vir geleentheids sport skiet. Die gogga byt my egter behoorlik en ek begin ernstig aan sport skiet deelneem. Nou kry ek my toegewyde status maar volgens van die kommentaar hier help dit my absoluut niks omdat my geweer nog onder Seksie 15 val. Ek het geen behoefte om nog gewere te koop nie maar wil graag bietjie meer ammo aanhou.
Die regulasie sê tog dat die beperking van 200 rondtes in die geval van toegewyde status wegval ten opsigte van enige wapen wat in gevolge die wet gelisensieer is, in die geval waar die lisensie houer oor toegewyde status beskik. Daar staan nie dat hy na 'n sekere datum of volgens een of ander Seksie gelisensieer moet wees nie.
Soos ek die wet verstaan, kan jy net van 'n misdryf aangekla word as dit pertinent in die Wet beskryf is dat 'n sekere handeling of versuim, 'n misdryf is.
My toegewyde status is in plek so ek gaan nie slaap verloor oor of ek 200 of 201 rondtes in my besit het nie en dit geld vir my Seksie 15, Seksie 16 of Selfverdediging wapens.

Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- SAHunter
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm
Re: Toegewyde status
Wat was die bedoeling van die wetgewer met hierdie wet? Vir my lyk dit of die wetgewer die jagter of sportskut wou tegemoet kom om sy skiet aktiwiteite met minder rooi lint te kan be-oefen.
Dit is so, maar dan moet jy nie jou nuwe status as toegewyde jagter of sportskut in 'n register by die klub en in jou laai wegbêre nie, maar vir die Registrateur daarvan in kennis stel sodat die SWR se rekords nie net op datum is nie, maar ook jou lisensie in terme van art. 16 uitgereik kan word. As jy die voordele van toegewyde status wil gebruik, waarom nie van die bepalings in art. 16 (wat spesifiek vir daardie doel in die Wet ingesluit is) gebruik maak nie - waarom sal 'n toegewyde persoon op die bepalings van art. 15 wil bly steun en die risiko loop dat 'n slim aanklaer of staatsadvokaat die bepalings van art. 91 so uitlê dat die vrystelling op die aantal rondtes, nie op art. 13 en 15 wapens van toepassing is nie?
SA Hunter
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
-
MrFive
- Full Member

- Posts: 144
- Joined: Thu Mar 27, 2014 12:54 pm
Re: Toegewyde status
I am currently an occasional hunter looking at now also becoming a dedicated sport shooter and hunter.
I understand and read the law dictating that the section the licence was issued under dictates whether you are allowed 200 rounds or more. Because I have the .22 as an occasional hunting/sport rifle I have handed in my application to possess more than 200 .22LR rounds in at my DFO on the 8/7/2014. I motivated it by saying that I could easily shoot 200 rounds on a single range visit, I am not always able to get the ammo that my rifle really likes and my friends who want to shoot with my rifle just need plinking ammo (@ R500 for 500 which in theory I am not allowed to buy) and not my prized Lapua Centre X (at R200 for 100) which I use to practise and improve my shooting skills.
My application was the first of its type that my DFO had seen and they did not even know what had to be attached to the application or if I had to pay anything for the application.
Eventually on the 16 July 2014 the CFR received the application and to date I have not received any correspondence regarding this matter. I have phoned on numerous occasions but I can never speak to the person dealing with these applications as they say he is never there.
It is very frustrating when you do your part to try and be a law abiding citizen but should I get caught I would refer them to my DFO (who has it on record that I applied for the more than 200 rounds) and say I handed in my application six months ago and I have taken it for granted that it was approved as I have heard nothing to the contrary.
I would also be very interested to know if it is easy to change the section under which the licence was issued to dedicated (once I have the status of course) and I would love to know how that would be done as I would seriously consider it going forward.

Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Toegewyde status
I think our shooting & hunting organisations should step up and give some guidance. It seems every DFO will give a new answer. Send them an email.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Toegewyde status
Ek het gisteraand weer hieroor gedink terwyl ek 150 9mmP rondtes herlaai.
Ek het 'n Art 13 "Self Defence" lisensie. Let wel dis nie sport skiet of jag vlg Art 16 nie.
1) The holder of a licence to possess a firearm referred to in Chapter 6 may not possess more than 200 cartridges for each firearm in respect of which he or she holds a licence.
2) The limitation in subsection (1) does not apply to—
a) a dedicated hunter or dedicated sports person who holds a licence issued in terms of this Act or any other holder of a licence issued in terms of this Act authorised by the Registrar to possess more than 200 cartridges for a firearm in respect of which he or she holds a licence on good cause shown; or
Ek het toegewyde status en al my ander lisensies is onder Art 16. My vraag is dus mag ek meer as 200 rondtes 9mmP ammunisie besit? Volgense sommige menings bepaal die lisensie jou status, maar daar is nie onderskeid vir art 13 lisensies nie.
As ek die bogenoemde dele wat in vetgedruk uitgelig word beteken dit dat die beperking nie geld nie.