Page 2 of 3

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Fri Apr 22, 2016 7:29 am
by Jakes
Ek het ruk terug n CD gekoop maar eers sondag getoets moet se dit werk mooi

Ons het bene en afval uitgesit die kraaie was die volgende dag daar

hulle het gevlieg toe ek daar aankom, na 20 minute speel ek kraai geluid
binne n minute het 3 terug gekom, wat my verbaas het hulle het dadelik om die boom gevlieg waar die roeper staan
hulle het tot 15 m verby my gevlieg
volgens keer wat ek 12br saam.

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Fri Apr 22, 2016 1:44 pm
by Jacques Kotze
Dis goed om te hoor Jakes. Ja ek het vandag by 'n boer gestaan en toevallig so 2 kraaie in die vêrte gesien en besluit toe gou om te kyk of ek hulle gou nader kan bring om sommer vir die boer te wys. Nie eens 2 minute nadat ek begin klanke speel het nie was daar 14 bo oor ons asook 2 witnek Rawe. Die man het sommer daar en dan 'n cd gevat en hy het nie eens haelgeweer nie. :laugh:

Bly om te hoor die cd werk vir jou. Trek jou cammos aan en sit vir jou 'n decoy uit. Sorg net dat jy genoeg "ammo" het.

Groete

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Thu Apr 12, 2018 1:18 pm
by gillie
Jacques, kan jy van die dooie kraaie weer uitsit as "decoys" ?

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Thu Apr 12, 2018 2:02 pm
by Pvdw
gillie wrote:Jacques, kan jy van die dooie kraaie weer uitsit as "decoys" ?
Die manne "dress" die dooie kraaie met draad staander. Dit werk glo puik.

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Thu Apr 12, 2018 2:16 pm
by Jacques Kotze
Ja. Ons gebruik die dooies weer en laat lê hulle mooi regop. Onthou net... as jy n kraai gekwes het... gaan soek hom... hy gaan die ander wat invlieg se aandag trek en moet hulle nie onderstebo neersit nie.

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Thu Apr 12, 2018 2:39 pm
by wlm
Bietjie van die topic af. Hoeveel verskil jou CD se klanke van die wat op my FoxPro gelaai was toe ek dit gekoop het?

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Thu Apr 12, 2018 5:03 pm
by Jacques Kotze
Die foxpro klanke is meer klanke vir swart kraaie (amerikaanse kraai) of cape crows. Hulle is saad vreters en doen nie juis skade. My klanke is klanke opgeneem deur myself en van ons plaaslike kraaie.

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Thu Apr 12, 2018 7:01 pm
by wlm
Dankie Jaques. Sal 'n slag by jou moet kom draai maak as ek Kaap toe ry.

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Thu Apr 12, 2018 7:35 pm
by Jacques Kotze
Ja man. Kom skiet saam met ons. Dit is altyd lekr om ouens te wys hoe om kraaie te beheer. Ek doen dit al baie lank en ek belowe jou my klanke is uit boonste rakke. Ek kan nou nie al my jagfotos wys nie... sal dalk probleme kry oor getalle... lol. Kontak my gerus vir enige raad oor kolgans of kraai jag. Dit is my hobbie ou maat. Groete

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Thu Apr 12, 2018 7:41 pm
by Jacques Kotze
Voel ook vry om vir ou Ivan Jones te kontak vir my cd's of my roeper wat ek bemark deur hom. Ou Ivan maak alle plastiek kolganse, duiwe en kraaie wat gevind word in die groot jagwinkels. Sy website is www.decoys.co.za

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Thu Apr 12, 2018 7:46 pm
by wlm
Jacques Kotze wrote:Ja man. Kom skiet saam met ons. Dit is altyd lekr om ouens te wys hoe om kraaie te beheer. Ek doen dit al baie lank en ek belowe jou my klanke is uit boonste rakke. Ek kan nou nie al my jagfotos wys nie... sal dalk probleme kry oor getalle... lol. Kontak my gerus vir enige raad oor kolgans of kraai jag. Dit is my hobbie ou maat. Groete
Klink lekker!

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Fri Apr 13, 2018 7:52 pm
by naas222
Jacgues... jou klanke.. het hulle n beskrywing by.. byvoorbeeld nom1 is n distress nom 7 n mating call... kan jy bitji uitbrei.. ek sal def een bestel as ek meer weet.. dankie

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Fri Apr 13, 2018 10:36 pm
by Dweetster
Ja dankie Naas ek het ook gewonder. Of hoe weet ek wanneer speel ek watse klank.
En wilde makou? Jy roep nie ook so iets nie? Ons het onodig baie hier en jy kom niks nader as 500mtr nie, tensy jy soos n mielie kan lyk.

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Sat Apr 14, 2018 3:51 am
by Jacques Kotze
Hi julle. My klanke het redelik goeie beskrywings. Sal n voorbeeld aanheg. Wilde makou laat neem nie sommer vir hom af nie. Sy klank is so baie fyn fluit geluidjie en ek het al my gat af gesukkel om vir hulle af te neem. Sal probeer plan maak vir julle.

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Sat Apr 14, 2018 5:04 pm
by naas222
ok het nou deur hul gegaan ...
nou as man cd koop... vertel jy my dan nou waneer ek hom speel.. ek benader nou die ding soos n jakkals.. bv.. ek sien hul vlieg. nou wat nou.. pypies 1 of raven 3...of.. nou sit ek onder boom en sien niks... moet nou iets speel... skop jy af met n distress of n karkas geluid? jy sal n kursus moet aanbied ;) vir jou maklik vir my grieks... of stuur jy n cheat sheet saam ;)

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Sat Apr 14, 2018 6:00 pm
by Pvdw
Naas ek het vir jou PM gestuur

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Sat Apr 14, 2018 6:16 pm
by Jacques Kotze
Dis maar n redelik eenvoudige ding om te skiet. Ek sal heeldag net met 2 klanke jag en dit is die eerste twee. Hulle is my beste jagklanke en ek het maar gesukkel om hulle met mense te deel. Kraai laat roep hom redelik maklik in. Ek speel my klanke klip hard om die hele kontrei se kraaie te laat weet hier gat iets aan, Nr 1 op cd, en dan sit ek al hoe sagter soos hulle ingevlieg kom. Vir die wat jy reeds op geskiet het of wat nie wil inkom nie gebruik ek Nr 2, n distress. Hy maak hulle mal. Die res van die klanke is baie sosiale klanke by karkasse byvoorbeeld wat ek gebruik om te speel in agtergrond. Van die klanke is 10 minute lank en lok klomp kraaie. Die Raven klanke is vir Rawe/Rinkhalse/Witnek Raaf. Dit is n massiewe groot kraai. Vlieg net in twees en is baie uitgeslaap. Jy leer die klanke ken net soos Vlekkie en Elsneus van Hein. Hulle verduidelik nie wat die klank beteken nie maar as jy hom eers gehoor het sal jy weet waar om hom te gebruik. En seker die belangrikste ding.... Sorg dat jy bleddie goed gecammo is met n goeie digte skerm. As hulle jou sien swenk hulle weg en jy mis n geleentheid.

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Sun Apr 15, 2018 7:22 am
by naas222
dankie... praat maandag met jou

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Sun Apr 15, 2018 7:23 am
by naas222
Pvdw wrote:Naas ek het vir jou PM gestuur
pvdw ons moet reel

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Sun Apr 15, 2018 8:25 am
by Jacques Kotze
Julle kan vir ou Ivan Jones bel van www.decoys.co.za.
Hy bemark al my cd's. Sy nr is 0832704970. As julle nie regkom nie... bel gerus

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Sun Apr 15, 2018 8:45 am
by Jacques Kotze
Hy het ook shell decoys van wilde makoue, kraaie, kolganse en duiwe. Sonder enige decoy is dit maar net moeiliker om voëls in te bring

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Sun Apr 15, 2018 9:41 am
by naas222
daai rotary kraai stand...
mmmmmm n jakals lokker

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Sun Apr 15, 2018 7:51 pm
by Dweetster
Wow Jacqeus ek stel ook belang.. Sal jou in die week kontak

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Sun Apr 15, 2018 9:32 pm
by wlm
Jacques
Die lokkers is baie lewensgetrou. Eintlik lyk dit na kunswerke. ;)
Kry jy dat die kraaie met jou klanke en lokkers kom sit, of nie?
Ek vra, want ek het nie 'n haelgeweer en kan ook nie 'n gat in 'n waenhuis met een skiet nie. al maak jy my binne_in een toe nie. Wil so 200m ver weg gaan le^ en hulle met die 223 roer.

Re: ScareCrow: Crow Hunting Sounds / Kraai Jag Klanke

Posted: Mon Apr 16, 2018 6:31 am
by Jacques Kotze
Hi. Ek moet nou eerlik wees met jou... in al dienjare wat ek met kraai decoys en kraai klanke jag het daar nog net 2 kraaie by my decoys kom sit. Hulle kom baie naby, soms 10 meter, verby jou gevlieg, maar is katvoet vir sit. As daar baie boomstompe of krale of sulke strukture is, sal hulle kom sit, maar dit gebeur maar min. Ongelukkig is haelgeweer maar die uitweg vir n ordentlike suksesvolle kraai jag. Op my vorige jag het ons 109 geskiet. Suksesvolle kraai jag = ordentlike digte skuiling, decoys en lok klanke. Kolganse kom sit wel tussen die decoys.