Page 2 of 2
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 4:56 pm
by Gawie(13mm)
Baasvark wrote:Dan vra ek myself hoe kry 'n paar manne dit reg om daai monster sonder (sigbare blok en tackle) dit reg om dit so op die bakkie te laai.
Geno ek kom baie in die veld en moet se ek sien nie as 'n reel sulke diere nie....
As ek na die grond op die agter buffer kyk sal ek sê, met 'n graaf.
As jy nie weet nie, het jy nog nie gesukkel nie.

Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 5:19 pm
by Geno
Hy is op gewinch.
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 5:31 pm
by Jake1
Ek het hom opgesleep. My regterarm was nogal moeg want ek moes die geweer met my linkerhand vashou terwyl ek sleep

Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 5:58 pm
by NicoSmit
"Dit neem haar 'n uur om net n paar plooie van die tannies se gesig te verwyder." Ek dink dis moeiliker om 'n vrou se plooie wg te photoshop as om 'n dier te supersize

Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 6:15 pm
by DawieKotze
Ek sal nie kan sê of dit gedokter is of nie, maar daai agterklap se kettings moet blêddie sterk wees om daai gewig te kan hou!!
Bly 'n baie groot stuk vleis!
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 8:18 pm
by joe rocket
NicoSmit wrote:"Dit neem haar 'n uur om net n paar plooie van die tannies se gesig te verwyder." Ek dink dis moeiliker om 'n vrou se plooie wg te photoshop as om 'n dier te supersize

Veral as haar gesig soos n padkaart lyk

Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 10:41 pm
by theedge
Se ook maar net dink daai luiperd is mooi
Re: eland monster
Posted: Wed May 27, 2015 7:38 am
by Smirre
Manne
Daai tralies op die bakkie dateer nie uit die "ou dae" nie
Is dit n D/cab TOYOTA?
Bly n mooi bok
Re: eland monster
Posted: Wed May 27, 2015 8:07 am
by Jake1
Smirre wrote:Manne
Daai tralies op die bakkie dateer nie uit die "ou dae" nie
Is dit n D/cab TOYOTA?
Bly n mooi bok
Smirre ek dink jy is reg
Re: eland monster
Posted: Wed May 27, 2015 8:15 am
by musgrave270
Smirre wrote:Manne
Daai tralies op die bakkie dateer nie uit die "ou dae" nie
Is dit n D/cab TOYOTA?
Bly n mooi bok
Lyk soos 'n 2000-2003 model Hilux as mens na die agterligte kyk
Re: eland monster
Posted: Wed May 27, 2015 1:26 pm
by Vlakvark Soldaat
Ek het wel al in my kort lewe n eland bul gesien wat 430kg uitgeslag het... Maar dis beslis nie die norm nie.
Die eland in die foto is glo baar, maar die angle van die foto en die feit dat die bakkie n doublecab is met n kort bak, laat die dier baie groter lyk.
Re: eland monster
Posted: Sun Jun 21, 2015 8:21 am
by Boskamper
My 2c As daar 530kg teen daai bakkie klap le of opgeskuif word, dink ek hy sal nie weer reg toemaak nie. en die profiel lyk net nie reg nie.
Maar net hoe my oge kyk
Re: eland monster
Posted: Sun Jun 21, 2015 11:59 am
by Fanta300
Daai voorpoot lyk vir my baie dun vir so 'n gewig.
Jou bok lyk baie groter as jy 'n ent agter hom sit as die foto geneem word
Re: eland monster
Posted: Sun Jun 21, 2015 8:36 pm
by Rampie
Daai eland is by Grootfontein Namibië geskiet. Volgens die eienaar van die plaas was die skoon karkasgewig 396 kg. Ek het 'n foto waar die bok hang (voor dit afgeslag is). Ook baie indrukwekkend.
Groetnis,
Johan