Page 2 of 2

Re: My eenkeer in 'n leeftyd Njala by Sweethome

Posted: Thu Jun 25, 2015 1:25 pm
by Marc
;D ;D ;D Ek hoor die slidders was bedrywig voor ons aankoms, gelukkig was almal bed toe teen ons aankoms ++>:

Eugene ek self het n paar mooi tattoos opgedoen deur die loop van die week en ek moet sĂȘ ek haal my hoed af vir die Zulus wat met n draagbaar {Bok daarop} deur al daai bosse druk en klowe klim. Ek het my mal gesukkel, net met my roer in my hand, om regop daar uit te kom en hulle loop hom soos berg bokke in gelid ! Dis iets om te beleef !

Re: My eenkeer in 'n leeftyd Njala by Sweethome

Posted: Thu Jun 25, 2015 1:51 pm
by Jakkalsgat
Geluk Marc

Baie mooi bul en klink na besonderse jag. Jy is in die laaste 2 seisoene geseen met 'n paar uitsonderlike diere en kan jy verseker die Skepper dank en jouself daarna op die skouer klop.

Groete
Jaco

Re: My eenkeer in 'n leeftyd Njala by Sweethome

Posted: Thu Jun 25, 2015 5:13 pm
by Marc
Jakkalsgat wrote:Geluk Marc

Baie mooi bul en klink na besonderse jag. Jy is in die laaste 2 seisoene geseen met 'n paar uitsonderlike diere en kan jy verseker die Skepper dank en jouself daarna op die skouer klop.

Groete
Jaco

Net so Jaco...net so

Re: My eenkeer in 'n leeftyd Njala by Sweethome

Posted: Fri Jun 26, 2015 8:13 am
by Hilux01
Peet

Hoe lekker smile ek nou oor jou slange kommentaar
JOhan het ook daar saam met ons om die kampvuur langstories vertel oor die slange...ek kom agter hy is nie mal oor hulle nie ;-)

Re: My eenkeer in 'n leeftyd Njala by Sweethome

Posted: Fri Jul 10, 2015 3:12 pm
by nyati375
Baie mooi bok! Geluk!

Dis storie was ook lekker om te lees...