Dit is onmoontlik om te sê, die manne/vrouens by die CFR sal besluit. Selfs jou DFO kannie sê nie.JR68 wrote:So is ek ook in die moeilikheid
Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Daar lê reeds 9 500 aansoeke landswyd by die onderskeie DFO's. Hulle kan dit nie verwerk nie en ek is redelik seker dat hulle nie die aansoeke wat reeds ingedien is kan vervolg nie. Ook nie toesluit nie, want daar is nie plek nie.
Hou net jou kwitansie, dit is belangrik.
Hou net jou kwitansie, dit is belangrik.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Chev
Die beginsel is:
* handig aansoek in 90 dae voor verval datum by jou DFO.
* indien jy dan jou kwitansie en die ander SASP dokument as bewys het dat jy ingehandig het is jy reg met die wet.
* as CFR langer as 90 dae (wat gewoonlik die geval is) vat is dit hulle saak.
Nou wonder ek net weer wat die
met gemiddelde opleiding en kennis van die VB Wet 60 van 2000 gaan doen by die pad blokade. 
Die beginsel is:
* handig aansoek in 90 dae voor verval datum by jou DFO.
* indien jy dan jou kwitansie en die ander SASP dokument as bewys het dat jy ingehandig het is jy reg met die wet.
* as CFR langer as 90 dae (wat gewoonlik die geval is) vat is dit hulle saak.
Nou wonder ek net weer wat die
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Verteenwoordigers van SAJWV en Kaapjag is besig met voorbereiding in die Weskaap om saam die provinsiale hoof van vuurwapenaansoeke te gaan sien om te probeer bepaal wat die instruksies is aan hulle ten opsigte van laat hernuwing aansoeke. Ons is bewus van sekere stasies wie eenvoudig weier om aansoeke om hernuwing te aanvaar wat ingedien is na die verstryking van die 90 dae. Daar is ook gerugte van beslaglegging op lisensies wat steeds gelisensieer is in terme van die ou groen boekie stelsel. laasgenoemde KAN hulle nie doen nie want dit is strydig met die hofuitspraak wat gelewer is ten gunste van SAJWV 'n jaar of drie gelede. Onthou net dat as jy 'n wit kaart tipe lisensie op 'n stadium gekry het, geld die wet daar rondom en jy kan nie nou sê maar ek het nog 'n groen lisensie ook nie!
Om die vraag te antwoord of jy in die moeilikheid is as jy nagelaat het om voor die verstryking van die 90 dae aansoek te doen, ja jy is. Wat staan jou te doen. Gaan doen aansoek by jou DFO en indien hy weier om die aansoek te aanvaar, vra dat hy dit op skrif stel en hou die bewys. Indien hy jou aansê dat jy aansoek moet doen om die lisensie te kanselleer en wapen inhandig, moet dit nie doen nie, hy moet aansoek doen daarvoor en nie JY nie. Kontak jou vereniging waarvan jy 'n lid is en hoor wat jou verder te doen staan. Post hier as jy hulp nodig het met die prosedure, ek het nie nou al die skrywes beskikbaar nie maar ek sal dit kry en post as algemene inligting vir ons lede indien nodig.
Ek wil ook 'n beroep doen aan lede wie wel aansoek gedoen het vir hernuwing na die verstryking van die 90 dae en wel SUKSESVOL was om hernuwing te bekom om my asseblief te PM met hul besonderhede. Ons is bewus van sulke gevalle en daardeur is 'n president geskep, so wat goed is vir die een moet geld vir die ander en ons wil dit gebruik in ons onderhandelinge met die provinsiale verteenwoordiger van die SAPD asook nasionaal. Jou besonderhede sal nie bekend gemaak word nie, maar ons soek net getalle.

- Henry
- Full Member

- Posts: 137
- Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Het SMS van my hernuwing vandag gekry. Die is nou uiteindelik goedgekeur. Wag nou nog net vir die nuwe kaart.Henry wrote:My hernuwing is al 11 Mei ook ingehandig, en ek wag ook nog steeds. Myne het ook Augustus verval.Hein22 wrote:Nee hulle doen nie! Ek wag al vanaf Mei vir 'n renewal wat se lisensie in Augustus verval het. Nog niks to nou. 5-6 maande nou al.Vlakvark Soldaat wrote:
Maar die issue is, bly hulle binne die 90 dae met uitreiking van die liksens? Ek hoop maar net so.
Net ter inligiting. Ek het aansoek ingehandig op 11 Mei 2015, lisensie het verval op 3 Augustus 2015.
Moenie vra nie. Net dat dit te doen het met SMSe lees sonder brille, en toe ek Vrydag die 8ste Mei by die DFO se kantoor aankom, was die al gesluit vir die dag. Maar nou ja, Volgende keer roer ek my litte sommer 2 weke voor die 90 dae D-dag.
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Henry, nou gaan jou nuwe lisensie seker verval op 3 Augustus 2025 en nie Maart 2026 nie.
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1702
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Goeie observasie!
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Ek was gister by my DFO om aansoek te doen vir loop vervanging. Daar was n vrou wat haar revolver lisensie kom hernu het. Sy was laat met haar hernuwing en sy moes haar vuurwapen net daar inhandig.
Die finale wet het Dinsdag deur gekom dat dit nou so gedoen word.
Een van die personeel lede daar het gesê dat sy dit nie sou gedoen het nie.

Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Tel gerus jou sëeninge wat in die Vrystaat mag ons nie loop of kaliber verander nie.Heinz Petersen wrote:Ek was gister by my DFO om aansoek te doen vir loop vervanging. Daar was n vrou wat haar revolver lisensie kom hernu het. Sy was laat met haar hernuwing en sy moes haar vuurwapen net daar inhandig.
Die finale wet het Dinsdag deur gekom dat dit nou so gedoen word.
Een van die personeel lede daar het gesê dat sy dit nie sou gedoen het nie.
Johnnie
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Heinz, die nuwe riglyne vir hantering van laat indiening van aansoeke om hernuwing van lisensies, waarvan jy praat is iets wat huidiglik deur Martin Hood namens die handelaars aangevat word en 'n Hoogeregshof aansoek is op pad.
Johnny, ek probeer uitsluitsel kry oor die situasie in die Vrystaat rondom vervanging van lope en kaliber veranderings en sodra ek iets uitvind laat weet ek jou.

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Dit is korrek, maar die wet staan op die oomblik en indien jy 'n inbreker in jou huis doodskiet met 'n wapen waarvan die lisensie volgens die wet verval het, gaan Martin Hood 'n tweede verdieping by sy strandhuis kan aanbou met die regskostes wat hy uit jou gaan maak, om jou uit die tronk te hou.jamalley wrote:Heinz, die nuwe riglyne vir hantering van laat indiening van aansoeke om hernuwing van lisensies, waarvan jy praat is iets wat huidiglik deur Martin Hood namens die handelaars aangevat word en 'n Hoogeregshof aansoek is op pad.
Johnny, ek probeer uitsluitsel kry oor die situasie in die Vrystaat rondom vervanging van lope en kaliber veranderings en sodra ek iets uitvind laat weet ek jou.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Gawie, dit is volgens SAPS riglyne, nie die wet nie.
Hierdie hele herlisensiering storie ontaard weer in totale chaos, wat weereens die onbeholpenheid van die SAPS en die staat bewys.
Ek verstaan nie hoe 'n wapen wat wettig bekom en gelisensieer is, ewe skielik onwettig word deur bloot 'n administratiewe sperdatum te mis.
Maar dis maar net in my wêreld.

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1702
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
+1!swc-tr wrote:Ek verstaan nie hoe 'n wapen wat wettig bekom en gelisensieer is, ewe skielik onwettig word deur bloot 'n administratiewe sperdatum te mis.
Maar dis maar net in my wêreld.
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Manne, as jy wakker slaap en nie agterlosig of nalatig is nie, het jy mos nie 'n probleem nie?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3957
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Ons DPO was vir 'n maand op verlof en toe weer 'n maand geneem voor sy provinsiaal toe is. So 2 maande net omdat ons nie iemand het wat belangstel om hulle werk te doen nie. Sonou is die 3 maande tydperk oorskry deur baie, maar dit is ok want dit kom van SAPS se kant af. Hulle maak wette en regulasies soos dit hulle pas.Gawie(13mm) wrote:Manne, as jy wakker slaap en nie agterlosig of nalatig is nie, het jy mos nie 'n probleem nie?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Henry
- Full Member

- Posts: 137
- Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Gawie, volgens wat ek verstaan, is jou lisensie nog steeds geldig as jy betyds aansoek gedoen het, tot en met die dag wat hulle jou hernuwing afgekeur het. Of hoe verstaan ek nou? DIt maak mos nou nie sin dat jy skielik jou wapen nie mag gebruik nie net omdat hulle hulle voete sleep nie.Gawie(13mm) wrote:Dit is korrek, maar die wet staan op die oomblik en indien jy 'n inbreker in jou huis doodskiet met 'n wapen waarvan die lisensie volgens die wet verval het, gaan Martin Hood 'n tweede verdieping by sy strandhuis kan aanbou met die regskostes wat hy uit jou gaan maak, om jou uit die tronk te hou.jamalley wrote:Heinz, die nuwe riglyne vir hantering van laat indiening van aansoeke om hernuwing van lisensies, waarvan jy praat is iets wat huidiglik deur Martin Hood namens die handelaars aangevat word en 'n Hoogeregshof aansoek is op pad.
Johnny, ek probeer uitsluitsel kry oor die situasie in die Vrystaat rondom vervanging van lope en kaliber veranderings en sodra ek iets uitvind laat weet ek jou.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Manne, ons praat nou almal by mekaar verby.
1.Die wet van 2000 sê en het nog altyd gesê dat jy 'n kurses moet voltooi deur 'n geakkrediteerde instansie om bevoegdheid te bekom om 'n vuurwapen te besit. Reg of verkeerd?
2. Indien jy die bevoegdheid bekom het kan jy aansoek doen vir die 'n lisensie vir die spesifieke wapen waarvoor jy bevoegdheid bekom het. Reg of verkeerd.
3. Vir 'n handwapen is die tydperk waarvoor die lisensie geldig is, 5 jaar en 10 jaar vir 'n geweer. Dit het betrekking op die deursnee skut of jagter. Reg of verkeerd?
4. Jy moet 90 dae voor die lisensie verval, aansoek doen om hernuwing van jou lisensie. Reg of verkeerd?
5. Indien jy tot dusver al die wette gehoorsaam het en aansoek gedoen het om hernuwing, voor die 90 dae wat die lisensie verstryk, kan geen lid van die SAPD van jou eis om jou wapen in te handig nie. Reg of verkeerd?
Waar lê die probleem dan nou? Hoekom moet die SAPD se onbevoegdheid om die stelsel te bestuur nou die skuld kry as jy agterlosig, vergeetagtig of net eenvoudig te hardkoppig was om jou lisensie te hernu?
Die Ingelse het mos daai gesegde van iets in der voege:" Moenie jou neus afsny net om jou gesig 'n punt te bewys nie!"
Hel man, ons is mos almal groot mense wat onself roem op ons opvoeding wat ons onder die ou sisteem gekry het. Dinge was of reg of verkeerd. Nou het alles mos 'n grys gebied en as jy met jou broek op jou knieë gevang word blameer jy almal behalwe om jou pak te vat.
As ek die pot nou heel mis gesit het, is julle welkom om my op die regte pad te lei. Ek sal nie aanstoot neem nie, maar ek gaan ook nie net met jou saamstem omrede ek nie hou van die manier wat die SAPD ons behandel nie.

Net soos Gawie sê, short and sweet.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Henry
- Full Member

- Posts: 137
- Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Gawie
Ek praat van die situasie waar mense 90 dae of vroër vir hernuwings aansoek gedoen het, maar met die verval van die lisensie 90 dae later, nog niks gehoor het van die SAPD nie. Wat nou gemaak as jy jou wapen dringend nodig het?
My DFO het my laat weet dat as ek die kwitansie vir die aansoek om hernuwing by my het, mag ek die wapen gebruik tot en met die notifikasie deurkom dat my aansoek om hernuwing afgekeur is.
Ek praat van die situasie waar mense 90 dae of vroër vir hernuwings aansoek gedoen het, maar met die verval van die lisensie 90 dae later, nog niks gehoor het van die SAPD nie. Wat nou gemaak as jy jou wapen dringend nodig het?
My DFO het my laat weet dat as ek die kwitansie vir die aansoek om hernuwing by my het, mag ek die wapen gebruik tot en met die notifikasie deurkom dat my aansoek om hernuwing afgekeur is.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Dit is al reeds hier op Jaracal bespreek op 'n ander draad.Henry wrote:Gawie
Ek praat van die situasie waar mense 90 dae of vroër vir hernuwings aansoek gedoen het, maar met die verval van die lisensie 90 dae later, nog niks gehoor het van die SAPD nie. Wat nou gemaak as jy jou wapen dringend nodig het?
Indien jy jou kant van die wet nagekom het en jou kwitansie as bewys het dat jy voor die 90 dae tydperk aansoek gedoen het, kan selfs die Guptas jou nie dwing om afstand van jou wapens te doen nie. Indien dit wel die geval is dat jy die wet nagekom het en 'n lid van die SAPD bevraagteken dit, moet hy 'n bevel van 'n regter bekom om jou onbevoeg te verklaar om 'n wapen te besit en slegs dan kan hy beslag lê op jou wapen. Ek maak hierdie stelling omdat hy geen grondige rede het om jou wapen wettiglik te konfiskeer nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Ek voel jammer vir die duisende wapen eienaars daar buite wat nie eers bewus is van hierdie storie nie - en ja daar is baie.
My persoonlike gevoel is dat hulle hierdie stront van hernuwings heeltemal moet skrap. Dit maak nie sin hoekom ek nou weer van voor af moet aansoek doen vir die wapen nie, dit is weer motiveer ens ens, dieselfde as van voor af aansoek doen. Pyn in die gat!

Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Gawie, in 'n ideale Suid Afrika is jou stelling korrek:Gawie(13mm) wrote:Manne, ons praat nou almal by mekaar verby.
1.Die wet van 2000 sê en het nog altyd gesê dat jy 'n kurses moet voltooi deur 'n geakkrediteerde instansie om bevoegdheid te bekom om 'n vuurwapen te besit. Reg of verkeerd?
2. Indien jy die bevoegdheid bekom het kan jy aansoek doen vir die 'n lisensie vir die spesifieke wapen waarvoor jy bevoegdheid bekom het. Reg of verkeerd.
3. Vir 'n handwapen is die tydperk waarvoor die lisensie geldig is, 5 jaar en 10 jaar vir 'n geweer. Dit het betrekking op die deursnee skut of jagter. Reg of verkeerd?
4. Jy moet 90 dae voor die lisensie verval, aansoek doen om hernuwing van jou lisensie. Reg of verkeerd?
5. Indien jy tot dusver al die wette gehoorsaam het en aansoek gedoen het om hernuwing, voor die 90 dae wat die lisensie verstryk, kan geen lid van die SAPD van jou eis om jou wapen in te handig nie. Reg of verkeerd?
Waar lê die probleem dan nou? Hoekom moet die SAPD se onbevoegdheid om die stelsel te bestuur nou die skuld kry as jy agterlosig, vergeetagtig of net eenvoudig te hardkoppig was om jou lisensie te hernu?
Die Ingelse het mos daai gesegde van iets in der voege:" Moenie jou neus afsny net om jou gesig 'n punt te bewys nie!"
Hel man, ons is mos almal groot mense wat onself roem op ons opvoeding wat ons onder die ou sisteem gekry het. Dinge was of reg of verkeerd. Nou het alles mos 'n grys gebied en as jy met jou broek op jou knieë gevang word blameer jy almal behalwe om jou pak te vat.
As ek die pot nou heel mis gesit het, is julle welkom om my op die regte pad te lei. Ek sal nie aanstoot neem nie, maar ek gaan ook nie net met jou saamstem omrede ek nie hou van die manier wat die SAPD ons behandel nie.
1. Die polisie waarsku jou betyds dat jou lisensie gaan verval;
2. Jy doen maklik en vinnig aansoek voor 90 dae vir die hernuwing;
3. Die SVR handel die hernuwings vinnig af voor die ou lisensie verval;
4. Daar is dus geen onderbreking tussen wettige lisensies nie;
5. Indien jy laat is of vergeet het vir welke rede ook al, daar 'n proses in die wet is wat voorskryf hoe daar te werk gegaan moet word met die wapen wat steeds jou eiendom is waarvan net die lisensie verval het (admin prosesse, laat boetes of wat ook al).
Ongelukkig kom die polisie nie hulle kant van die saak na met punte 1 tot 4 nie, en vir punt 5 is glad nie in die wet voorsiening gemaak nie en daarom die chaos op die oomblik met die herlisensiëring en spesifiek die laat aansoeke. Die hoof van die SVR kan nie net voorskryf dat jy jou wapen moet "surrender" nie, dit beteken jy doen afstand van jou eiendom om dit te laat vernietig net omdat jy laat was met 'n administratiewe proses! Dit is 'n ongrondwetlike opdrag om so 'n "pak soos 'n man te vat" soos jy dit noem.
SA Jagters maak die volgende aanbevelings indien jy wel in die ongelukkige posisie is om laat met jou aansoek om hernuwing te wees:
1. Doen aansoek om hernuwing of dan 'n nuwe lisensie van voor af.
2. Sluit die wapen in jou kluis toe en moet dit onder geen omstandighede gebruik totdat die nuwe lisensie in jou besit is nie. Jy kan selfs vir 'n stoor permit by jou DFO aansoek doen.
3. Indien jou DFO egter daarop aandring dat jy die wapen moet inhandig, doen dit maar jy moet weier om die vrywillige inhandiging vorm te onderteken, dit is nie vrywillig nie, of jy haal vrywillig deur en skryf daar "onder protes en dwang" en teken daarby. Laat die DFO ook sommer teken dat hy jou dwing om die wapen te "surrender". Maak 'n kopie van die vorm en hou dit.
-
Suikermuis
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Goeienaand almal
In beginsel stem ek ook saam met Gawie. Wat die praktiese aspekte egter aan betref stem ek saam met Oom Hercules.
Die afgelope vier weke probeer ek by ons plaaslike DFO n afspraak kry. Elke slag as ek hom direk op sy selfoon skakel, is hy egter nie voor sy rekenaar nie of besig om prisoniers te vervoer of in n "meeting".
Ek bevraagteken nie die wetlike verpligting om te hernu nie. In praktyk is dit egter nogal n uitdaging om jou kant skoon te hou.
Groete
In beginsel stem ek ook saam met Gawie. Wat die praktiese aspekte egter aan betref stem ek saam met Oom Hercules.
Die afgelope vier weke probeer ek by ons plaaslike DFO n afspraak kry. Elke slag as ek hom direk op sy selfoon skakel, is hy egter nie voor sy rekenaar nie of besig om prisoniers te vervoer of in n "meeting".
Ek bevraagteken nie die wetlike verpligting om te hernu nie. In praktyk is dit egter nogal n uitdaging om jou kant skoon te hou.
Groete
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Dankie Hercules.
Gawie, ek dink jy mis my punt.
Ek stem saam met al jou stellings, die probleem is egter dat omdat daar 'n administratiewe sperdatum gemis is, iemand nou skielik in 'n krimineel verander. In my denke is daardie persoon steeds in besit van 'n wettige wapen, waarvan slegs die lisensie verval het, gee hom 'n boete, soos met voertuig lisensies.
Terloops, my lisensies verval eers in 2021 as jy wou weet.......
Gawie, ek dink jy mis my punt.
Ek stem saam met al jou stellings, die probleem is egter dat omdat daar 'n administratiewe sperdatum gemis is, iemand nou skielik in 'n krimineel verander. In my denke is daardie persoon steeds in besit van 'n wettige wapen, waarvan slegs die lisensie verval het, gee hom 'n boete, soos met voertuig lisensies.
Terloops, my lisensies verval eers in 2021 as jy wou weet.......
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV
Miskien is dit die probleem met ons samelewing: Ek mis nie julle "punte" nie, ek verskil in beginsel van julle idee van, " wag tot ek uitgevang word, dan sal ek 'n poging aanwend".
Oortree die wet; baklei tot jy blou is; betaal jou boete en vertel dan vir die hele wêreld hoe verkeerd die stelsel is!
Dit is juis agv. ons negatiewe houding teenoor die wet dat daar 'n verdere las op die administratiewe agterstand ontstaan.
Verstaan my mooi: Ek verdedig nie die SAPD of die wapen wet van 2000 nie. Daar is baie dinge waarmee ek ook nie saamstem nie, maar nie een daarvan het, of kan my van my wapens ontneem tensy ek die wet oortree nie.