Page 2 of 3

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Mon Mar 27, 2017 1:13 pm
by Johan7
Dankie kerels, sjoe dis baie gedoen om ons gewone ouens te help! Jammer my Lynx het so swak gevaar, maar ten minste weet ek waar hy op die lys le! As ek kyk hoe die Rudolph hier van onder na bo kom eindig het by die waarde vir geld klas, dan se ek vir hom geluk! Dit was 'n netjiese stukkie werk en dankie vir almal se tyd!

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Mon Mar 27, 2017 1:15 pm
by ruaanb
Johan7 wrote:Dankie kerels, sjoe dis baie gedoen om ons gewone ouens te help! Jammer my Lynx het so swak gevaar, maar ten minste weet ek waar hy op die lys le! As ek kyk hoe die Rudolph hier van onder na bo kom eindig het by die waarde vir geld klas, dan se ek vir hom geluk! Dit was 'n netjiese stukkie werk en dankie vir almal se tyd!
Onthou dit is net 'n opinie. Vir jou is daai Lynx die beste! ;)

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Mon Mar 27, 2017 1:19 pm
by Johan7
ruaanb wrote:
Johan7 wrote:Dankie kerels, sjoe dis baie gedoen om ons gewone ouens te help! Jammer my Lynx het so swak gevaar, maar ten minste weet ek waar hy op die lys le! As ek kyk hoe die Rudolph hier van onder na bo kom eindig het by die waarde vir geld klas, dan se ek vir hom geluk! Dit was 'n netjiese stukkie werk en dankie vir almal se tyd!
Onthou dit is net 'n opinie. Vir jou is daai Lynx die beste! ;)
Ruaan, hy is!

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Mon Mar 27, 2017 1:57 pm
by Hein22
Ek wil net uitwys, nie een van daai teleskope daar was 'n slegte teleskoop nie. Die lynx se glas is baie goed, dit was sy meganiese eienskappe wat hom bietjie in die steek gelaat het in vergelyking met die ander scopes teenwoordig. Ek en Sangoma(Ian) het beide ons beste snellen kaart tellings met die lynx gelees.

Onthou, die Rudolph kan jy koop vir om en by 12k, Sightron vir 16k, lynx vir 19k, terwyl die res almal oor 20k is. Die rudolph is beslis nie 2 keer slegter (indien enigsins) as wat die Vortex is teen 24k nie... = goeie waarde vir geld.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Mon Mar 27, 2017 3:32 pm
by ruaanb
Is verseker so Hein.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Mon Mar 27, 2017 4:56 pm
by JohanvB
So watter scope het overall die beste presteer,of lees ek iets mis?

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Mon Mar 27, 2017 5:09 pm
by Hein22
Johan, daar kon sleg 'n definitiewe wenner aangewys word in die 100m oog toets, en daar het die Sightron S3 gewen. Die res van die toetse soos bv hoe elke waarnemer die turrets rate is sleg opinie.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Mon Mar 27, 2017 5:49 pm
by JohanvB
Dankie

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Tue Mar 28, 2017 9:01 am
by groblerlo
Dankie vir die toetse, dit help beslis.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Tue Mar 28, 2017 9:41 am
by Dirkonius
Netjies! Dankie julle.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Thu Mar 30, 2017 7:54 am
by snakker
Dankie vir almal se harde werk en die netjiese wetenskaplike benadering!!

Ek het self in die week my scopes vergelyk op so 50m (byna soos Snellen test) en terwyl die Sightron S3 naby kom, was die SHV vir my net daai rapsie beter - veral op kontras. Dis net (vir my oog) makliker om agter die SHV in te kom, en die fyn skrif is onmiddelik onderskeibaar, terwyl ek eers so bietjie moes "squint" by die S3.

Die Sightron S3 bly egter uitstekende waarde vir geld, en het 'n veilige plek in my arsenaal :-)

Dankie weereens vir die inisiatief om hierdie toets te doen, ek is seker baie manne in die skietgemeenskap gaan baat vind hierby!

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Sat Apr 08, 2017 9:44 pm
by Reloader270
Nog altyd gedink die arm man se teleskoop die Lynx is nie te sleg nie. Goed om die vergelykings te sien. Jammer Burris was nie deel van die toets nie.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Mon Apr 10, 2017 9:09 am
by Hercules Louw
Hallo Hein

Dankie vir julle baie interessante toetse, duidelik het daar baie moeite ingegaan om die resultate so objektief as moontlik weer te gee. Ek dink julle het goed daarin geslaag behalwe by die waarde vir geld gedeelte wat baie subjektief blyk te wees. By waarde vir geld sou ek reken moes daar gekyk word na wat elke scope bied vir sy prys en moes die eienskappe en funksionaliteite teenoor die standaard voorgestelde kleinhandelsprys vergelyk word, bv zero stop, interne verstelling, optiese kwaliteit, kruisdraad funksionaliteit, verligte kruisdraad, oog afstand en sensitiwiteit, vergroting bestek, diens en waarborg en wat ook al verder as belangrik geag word.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Mon Apr 10, 2017 9:34 am
by Hein22
More Hercules, die waarde vir geld was beslis subjektief en gebasseer op elke persoon se ervaring met die teleskope op die dag. Slegs wat ons getoets het sou dus die manne se waarde vir geld opinie bepaal het, nie goed soos verligte kruishare, interne verstelling ens nie. Sou mens hierdie goed in berekening bring kon dit moontlik hulle opinies verander het?... moeilik om nou te sĂȘ.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Wed May 31, 2017 2:20 pm
by Rem
Middag Hein,

Sommer vir interessantheid, is daar n rede hoekom jul nie die Burris XTR ii oorweeg het nie? Het self een is ongelooflik beindruk met die scope en sou graag wou weet hoe hy opweeg.

Alternatief as iemand al die Burris XTR teen bv die SHV of Sightron vergelyk het op n vorige geleentheid?

Dankie

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Wed May 31, 2017 2:55 pm
by Hein22
Ons wou baie graag 'n XTR daar gehad het maar die Burris eienaars is nie sulke nice ouens nie en niemand wou hulle teleskoop bring nie.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Thu Jun 01, 2017 2:08 pm
by Rem
Ai, maar dankie in elkgeval.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Thu Jun 01, 2017 2:46 pm
by ruaanb
Ek het my LX3 nou al so 2 maande en die volgende is al wat ek as 'n negatief kan uitlig.

Paralaks self is nie so sensitief nie, dit is eerder daai knop wat so styf draai.
34mm ringe en scope levels is amper so duur soos die scope self......

Andersins is ek meer as tevrede.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Thu Jun 01, 2017 3:47 pm
by dawiec
Hein dankie vir die toets. Lekker om te lees en 'n idee van ander scopes se "mark opinie" te kry. ek bly maar nogsteeds 'n vortex fan (en dis net my opinie >:+ !)

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Thu Jun 01, 2017 4:08 pm
by Eugene
Rem wrote:Middag Hein,

Sommer vir interessantheid, is daar n rede hoekom jul nie die Burris XTR ii oorweeg het nie? Het self een is ongelooflik beindruk met die scope en sou graag wou weet hoe hy opweeg.

Alternatief as iemand al die Burris XTR teen bv die SHV of Sightron vergelyk het op n vorige geleentheid?

Dankie
Ek het een van beide Rem en alhoewel ek nou nie by die toets was nie, kan ek jou my (persoonlike) indrukke en opinie gee.

Die XTR (5-25) is beter as die Sightron in die volgende aspekte:
1. Algemene gevoel is baie duursaam en voel soos 'n "duurder" scope;
2. Turrets verstel lekker en is 99.9% korrek;
3. Zero stop is baie luuks en handig;
4. 34mm tube;
5. FFP kruishaar, wat holdover op enige afstand maklik maak.

Die Sightron (8-32) is beter as die XTR in die volgende aspekte:
1. Kruishaar is dunner (maar SFP) en floating dot maak fyn skiet baie makliker. Vir my een van die beste kruishare daarbuite;
2. Beeld is in swakker kondisies vir my oog effens beter;
3. Paralaks verstel meer positief, veral op afstande verder as 800m.

Aan die einde van die dag, gaan jy nie 'n fout met enige van die 2 maak nie en jou persoonlike voorkeure gaan maar die deurslag gee. Die XTR is wel bietjie duurder as die Sightron.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Thu Jun 01, 2017 4:54 pm
by Sangoma (IAN)
Die Sightron het ook n 6-24x50 model wat in FFP beskikbaar is.
MOA en en Mill

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Thu Jun 01, 2017 5:24 pm
by Eugene
Sangoma (IAN) wrote:Die Sightron het ook n 6-24x50 model wat in FFP beskikbaar is.
MOA en en Mill
Yip. Ek het die 8-32 SFP een en het my post hierbo aangepas.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Thu Jun 01, 2017 7:23 pm
by Diesel Dog
Het iemand al een van die Bushnel scopes getoets met g3 ret

DMR II/HDMR II 3.5-21x 50mmffp

DD

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Thu Jun 01, 2017 8:23 pm
by joe rocket
Ek het een pel wat bogenoemde scope het, maar met G2 recticle. Die glas is baie helder, die turrets stel en klieks duidelik. Die scope "track" presies. Die kruis haar raak baie dun op 3 vergroting en weer dik op 21 vergroting, maar vir jag en gonge skiet werk dit mooi. My ander pel het die 4.5x30x50 ook met G2 recticle, baie lekker scopes die. G A precision rifles gebruik hierdie scopes en het baie toetse op "you tube" geplaas.

Re: Uitslae van middelklas teleskoop vergelyking

Posted: Thu Jun 01, 2017 8:44 pm
by Diesel Dog
joe rocket wrote:Ek het een pel wat bogenoemde scope het, maar met G2 recticle. Die glas is baie helder, die turrets stel en klieks duidelik. Die scope "track" presies. Die kruis haar raak baie dun op 3 vergroting en weer dik op 21 vergroting, maar vir jag en gonge skiet werk dit mooi. My ander pel het die 4.5x30x50 ook met G2 recticle, baie lekker scopes die. G A precision rifles gebruik hierdie scopes en het baie toetse op "you tube" geplaas.

Ek verkies Europese scopes ,maar het een van die bestel om te toets miskien veras hy my.

DD