Page 2 of 3

Re: Mooi kat

Posted: Thu Feb 25, 2010 10:33 am
by Francois Marais
Jopie

Sien daai skootjie is pit senter, groot gegooi.

Mooi loop
Francois

Re: Mooi kat

Posted: Thu Feb 25, 2010 7:59 pm
by JopieFourie
...op Ops Tjank dat dit kan getel word...
Oom Brits

Daai kat is al `n ruk terug geskiet so ek kan hom nie bytel nie. Sal nuwes (as ek iets kry) maar so pos. Het 12Kg geweeg en op `n steenbok ingekom binne vyf minute vandat ek begin roep het.
...Sien daai skootjie is pit senter, groot gegooi...
Francois

Ja hy is op die ander skouer in. Die kat het so skuins van voor genader. .303 150 grein.

Groete

Re: Mooi kat

Posted: Thu Mar 11, 2010 8:49 pm
by Skolla
Het so n tydjie terug hierdie yster raak geloop.Het op steenbok klank ingekom. Ek vermoed hy was daar naby rond.Het hom ongelukkig nie geweeg nie maar hy was swaar.
Skolla
Image

Re: Mooi kat

Posted: Fri Mar 12, 2010 7:44 am
by BLOK
Baie mooi kat daai.

Blok.

Re: Mooi kat

Posted: Fri Mar 12, 2010 11:09 am
by boeta
Geluk aan die manne wat so katte inroep,want ek kry dit nie vir n moer reg nie,net my vanghokke kry dit reg.

Taffie ek sal maar iewers die jaar jou drywer moet raak dat ek n maar tips kan vang.Ek raak nou haastig vir daai braaivleisvuur stories.

Louis het jy my hemp grotes gykry.

Boeta

Re: Mooi kat

Posted: Fri Mar 12, 2010 1:08 pm
by Louis102
boeta wrote: Louis het jy my hemp grotes gykry.
Boeta

Kyk die lys by Myl108 topic en bevestig dat jou grootte reg is.  Self darem nou haastig see toe.

Louis

Re: Mooi kat

Posted: Fri Mar 12, 2010 2:31 pm
by Francois Marais
Skolla

YSTER kat, mooi man.

Mooi loop
Francois

Re: Mooi kat

Posted: Fri Mar 12, 2010 5:17 pm
by boeta
Louis

Is reg maak maar n spaar ook

Boeta

Re: Mooi kat

Posted: Tue Jun 01, 2010 1:51 pm
by tafjak
Foxie

Sien eers maande na jy die vraag gevra het dit.

Snaaks dat ek baie katte met springhaasklanke inkry(springhaas 2 veral). Hierdie katte het met DG1 en Kleinhasie combo omgekom. Scrubhare werk natuurlik ook die katte se gal.

Baie keer kry jy kat tot op 'n staduim geroep en dan pak hy af en sit en kyk net die w?reld. Dan verander ek gewoonlik na iets anders en meer as nie is dit gewoonlik 'n steenbok of springbok.

Re: Mooi kat

Posted: Wed Jul 07, 2010 10:01 pm
by Skolla
Die katjie behoort seker deur te gaan vir 'n A5 of A6 graad. Hulle s? hy was smaaklik..!

Image

Image

Image

Re: Mooi kat

Posted: Thu Jul 08, 2010 7:16 am
by KSV
Oom Kobus, trek my maag nou op 'n knop, en nog so vroeg ook.

Hein

Re: Mooi kat

Posted: Fri Jul 09, 2010 8:53 pm
by Christo
Ek sal pass.

Gril sommer net om daaraan te dink.

Christo

Re: Mooi kat

Posted: Fri Jul 09, 2010 10:36 pm
by Piet Breedt
Blikskottel, maar julle voer hulle lekker sagte lamsvleis. Seker die dat hy so vet is. Wat het hy geweeg?

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 8:22 am
by MEERKAT
More

Die kat was nie so groot 14.4kg maar het besonders baie witkleure en het 2 dorper lammers gevang.
Wou op geen klank inkom en moes nader kruip deur die klippe. Was amper mis op 293 meter gelukgodin was slag aan ons kant. Was dit nie vir Lightforce 12-42x56 was dit seker maar amper raak.

Is die 2de kat wat vanjaar geskiet is met so baie witkleur pigment.
[img]http://[/img]Image

[img]http://[/img]Image

Knou goggas af
MEERKAT

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 1:59 pm
by Piet Breedt
Kyk hoe trots is meneer Jack Russel op sy baas se skietvernuf.

Meerkat, is die "vuil" op die bakkie, daardie wat julle aanspuit vir nagjag?

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 3:24 pm
by MEERKAT
Hallo Piet

Die potlekkers maak die soeke na die goggas darem veel makliker vernaamlik as die goete in sulke hopies nader staan om afgeknou te word.

Die "vuiligheid" is maar die Oxcide poeier wat ons aankwas , bakkie seker so 18 maande terug geverf en dit hou darem nog.(Al deur paar reenbuie, sal seker moet slaggie oorverf)

Kannie verstaan waarom kinders onder dashbord wegkruip wanneer ons deur die dorp ry met die bakkie.

Hoor van die manne se geen hond op jakkals skiet bakkie, wat se die ervare manne?
Mooi loop
MEERKAT

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 4:39 pm
by Francois Marais
Wallie

Myne gaan saam, kan nie se dat ek n jakkals verloor het agv hom, hy het al n paar gekry wat ek sonder hom nie sou optel.

Mooi loop
Francois

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 5:37 pm
by GREYHOUND
Meerkat

Ek het al honderde jakkalse geroep en gevang met my windhonde sonder n geweer naby my!!!!

groete greyhound

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 7:46 pm
by MEERKAT
Dankie Greyhound

Stuur hulle net na jou toe die wat wil stry, jy kan hulle op die regte pad sit.

Nogal gedink die honde manne weet van beter.

Francois
Al moet ons 'n ou jakkalsie verloor wat ietsie ruik, die potlekkers is al deel van die arsenaal.
Laat ons bietjie sien hoe lyk jou potlekkers wed jou myne is mooier :) :) :)

lekker naweek
MEERKAT

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 8:09 pm
by Skolla
Piet Breedt wrote: Blikskottel, maar julle voer hulle lekker sagte lamsvleis. Seker die dat hy so vet is. Wat het hy geweeg?
Piet
Dit was nie n vreeslike groot kat nie,Taffie het hom so 13kg geskat. Die vet is n ander storie,ek dink dis van al my lammers. Ek het gedink ek laat hom bietjie oorkom wat hy aan my lammers doen, die dat ek hom vir my werksmense gegee het.En hulle het hom geniet.
Skolla

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 8:27 pm
by tafjak
Kobus

Ja, 13kg is seker nou nie van die grootstes nie, MAAR omdat dit 'n wyfie was, is dit groot!

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 8:32 pm
by Francois Marais
Kobus

Daai is sommer n YSTER gewig vir n wyfie kat.

Mooi loop
Francois

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 8:36 pm
by Niel Viljoen
Hallo manne
Nog so paar katjies!!!
Image
Hierdie een was nogal n ou knewel, het my amper 2 uur gevat voordat hy kon saamry!
Hy het die skaal op 24.5kg getrek.
Image
Was baie ou kat, kyk slytasie op tande.
Image
Image

Groete
Niel

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 8:43 pm
by Freddie101
Niel
Lyk my jy is lief virrie katjie. Jy moet hulle nie so uitroei as jy so lief vir hulle is nie. 24 .5kg !!! Sjoe isse MENEER.
Freddie

Re: Mooi kat

Posted: Sat Jul 10, 2010 8:44 pm
by Skolla
FM,Taffie
Ek dink ook dis n mooi kat.
Francois maar ek het die gesoute jakkals jagter (Taffie) redelik opgewonde gesien toe ons by die kat in die slagyster kom. Dit was net "skiet hom,skiet hom". Dit was nogal snaaks, agterna. Hy het darem verduidelik hoekom hy so opgewonde geraak het.
Ek het hom erg geniet.
Skolla