Page 2 of 4

Re: Raven se jagfotos

Posted: Tue Aug 23, 2011 3:47 pm
by Raven
Madako,

Ai ou maat, dis maar 'n foutjie. Ek weet die manne s? altyd haal die pense uit, maar ons doen dit net as ons weet die jag is lank/ tyd in die veld.

Persoonlik los ek niks agter in die veld vir jakkies  ;D
Bloed word ook toe geskop en gras met bloed op word met sand besmeer om reuke te bloem, en seker te maak ons Bees kom baklei nie by die bloedkolle nie.

Raven

Re: Raven se jagfotos

Posted: Tue Aug 23, 2011 3:51 pm
by Piet Breedt
Raves, genade 800m...!!!!!!!. Jy het seker die draai van die aarde ook in berekening gebring.

Geluk man, mooi skoot.

Dit bly darm maar lekker as so v?r een val.

Re: Raven se jagfotos

Posted: Tue Aug 23, 2011 4:07 pm
by Raven
Piet,

Ja man, dis een van daai skote wat ek nie weer maklik sal probeer nie agv van verskeie redes.
1. Dit is 'n bleddie lekker gevoel as die al die manne rondom jou s?.. "Daar val hy" maar...
2.  Nie so lekker as jy by die dier kom en hy lewe nog, ek het sy rug net agter die blaaie afgeskiet.

800meter gaan ek op oefen nog, maar ek gaan myself beperk op 450-500m max vir springbokke en dan moet die kondisies baie goed wees.

Dis persoonlik hoe ek voel, en dis waarvoor ek nou oefen voor volgende jaar se springbok jag.

Dit gaan alles met 85 gr GS custom/Nosler doppe op die 25-06 gedoen word, ek is volmoed vir die kombinasie en sal eenvan  die dae terugvoering gee.

Raves

Re: Raven se jagfotos

Posted: Tue Aug 23, 2011 4:14 pm
by JPS
Raves,
Ons ouens het nog nie "Police clearance" gekry om deur te gaan Nam toe nie so my vlug is nog op staanby todat hulledaar begin met die ogradering van die winkel.

As jy hulp nodig het om die doppe by Techfund te kry om saam met die GS customs deur te kom laat weet maar vir my ek is naby Dok en gaan baie gereeld daai kant (Middelburg / Witbank) toe, en kan deurvat vir jou.

Groete
JP

Re: Raven se jagfotos

Posted: Wed Aug 24, 2011 10:12 am
by Piet Breedt
Raves, watter 85gr GS gebruik jy?

Re: Raven se jagfotos

Posted: Wed Aug 24, 2011 11:47 am
by Raven
Piet,

Hierdie punte/koeels het die week by my aangekom - 257085HV129

Groete Raven

Re: Raven se jagfotos

Posted: Wed Aug 24, 2011 7:29 pm
by Piet Breedt
Laat weet hoe hulle perform

Re: Raven se jagfotos

Posted: Wed Aug 24, 2011 8:14 pm
by Biltongjagter
Kry solank hier onder 'n idee van hulle prestasie, Piet.
Hier is my bevindinge met die GSCHV koeels:
kyk by nommer 36
http://www.techfund.co.za/GSCTheysay.asp

Groete,
Eugene

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 07, 2012 10:41 am
by Raven
Manne,

Ek kon darem ook die naweek in die veld kom.
Hier is 'n paar fotos saam met die jagters wat die naweek by my kom jag het.
Die Gemmies was baie vet en swaar.

Gemsbok bul, uitslag 134kg, geskiet met 25-06 op 211m deur die ore.
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... C00319.jpg[/img]

Gemsbok BUL, uitslag 144kg(LEKKER GROOT BUL), Horings was 99cm en 101cm- So 39" Bul.
geskiet met 30-06 op 140m , hart long skoot.
150gr Spartan koeel.
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... C00334.jpg[/img]

Blesbok Ram , uitslag 39kg, 110m breinskoot.
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... C00340.jpg[/img]

Blesbok Ram , uitslag 45kg, 70m hartlongskoot.
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... C00343.jpg[/img]

Raven

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 07, 2012 10:45 am
by Geno
Raves,
Jy maak nie mooi nie my maat! Ek wil ook 'n slag weer iets in die dag skiet!

Groete,
Eugene

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 07, 2012 10:59 am
by BLOK
Geno wrote: Raves,
Jy maak nie mooi nie my maat! Ek wil ook 'n slag weer iets in die dag skiet!

Groete,
Eugene
Dit is nou baie fyn breg.

Raven lekker gedoen daar, kry ek darem nou smaak van n lekker lewer op die kole.

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 07, 2012 11:51 am
by Dippies
Darem paar mooi springbokkies tussen die fotos wat bakkie ry. ;D  :o

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 07, 2012 11:59 am
by Gerhard
Baie mooi Gemsbok bul daai tweede een.

Netjies Raven

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 07, 2012 12:06 pm
by Vlakvark
Mooi man

Netjies Raven

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 07, 2012 1:01 pm
by vlakvark1
Mooi so julle . Sal graag ook eendag n Gemsbok wil skiet ;)

Re: Raven se jagfotos

Posted: Thu May 10, 2012 9:11 pm
by Hilux01
Blikkies, daai is mooi gemsies, hier in die bosveld sukkel ons om 110kg te breuk met bulle

Re: Raven se jagfotos

Posted: Fri May 11, 2012 5:10 am
by cassie_calvinia
rave! hou op brek en nooi my!

Re: Raven se jagfotos

Posted: Fri May 11, 2012 10:26 am
by Marc
Raves, daai is bitter mooi Gemsies.

Man ek sal nie omgee in NAM te gaan jag een jaar nie  :'(

Re: Raven se jagfotos

Posted: Sun May 13, 2012 6:13 pm
by James Wilson
ek hoor die suidwesters skiet verder as wat die ou selfone kon bel 8)


Raves daardie ou gemsbok het intresante kort dik horings, kan dit wees dat dit so geslyt het?

Re: Raven se jagfotos

Posted: Sun May 13, 2012 6:19 pm
by Spanner
Raves, hoop julle het daai laaste blesbok se horings gemeet - sal graag wil weet hoe lank hulle is.

Re: Raven se jagfotos

Posted: Sun May 13, 2012 8:56 pm
by Marc
James wrote: ek hoor die suidwesters skiet verder as wat die ou selfone kon bel 8)

;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 28, 2012 1:22 pm
by Raven
Manne,

Ralph was die naweek by my, vir die naweek kon ons 2 jong koedoe bulle en 2 gemsbokke skiet.

Die jong bul vroeg oggend geskiet
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 0375-1.jpg[/img]

Ralph by een van die Gemsbokke
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... C00384.jpg[/img]

Ralph, Reggy, Norton
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... C00381.jpg[/img]

Gemsbokke was lekker vet!!
[img width=360 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 3701-1.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 103924.jpg[/img]

En die gewere wat die werk gedoen het - TIKKA 7REM MAG en 25-06 , en Sauer 300WIMMAG
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... C00377.jpg[/img]

Raven

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 28, 2012 1:30 pm
by Vlakvark
Raven
Mooi man hoe het die Sauer geloop Dis 'n bitter mooi geweer

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 28, 2012 1:57 pm
by Raven
Vlakkie,

Sy recoil is gemaklik en groeperings is op 'n tiekkie op 100m. Die gemsbok in die foto het 'n 165gr GMX deur die knoppe en ek kon nie die koeel herwin nie. Vleisskade was minimaal op die Blad. Die Sauer se gewig is ook heel gemaklik om te stap en jag, ons het seker so 5km+ gestap die naweek.

Ek moet nog net my trajek heeltemal uitsorteer op die langer afstande, al die bokke was op gemaklike afstande van 170m - 250m geskiet.

Raves

Re: Raven se jagfotos

Posted: Mon May 28, 2012 2:00 pm
by BLOK
Raven se straf fotos!!!


Jy maak weer nie mooi nie ek wil nie sien hoe jy daai geweer van my gebruik vir jou plesier nie. Wel n vet bok daai.