Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Pak die aksie van die geweer.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Ek het 10 skote met my 223 geskiet met ladingontwikkeling wat wat MOA was en ladings met 3 grein verskil het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Theunodb
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am
Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Nee ek doen een op n slag. Het so ruk terug eers net ladings verander om spoed te meet. Het toe lading gekies waar die spoed mees konstant was, en toe met daai lading die TPL getoets.tripodmvr wrote:Ek wil graag jou metodiek verstaan. Wissel jy beide TPL en lading of is al die teikens met een lading geskiet?
Toe ek TPL getoets het, was dit almal dieselfde lading. ( die eerste stel fotos in oorspronklike vraag)
Toe ek vir spoed getoets het was dit almal dieselfde TPL ( die 2e stel fotos wat ek laaste opgelaai het) Hierdie is lank terug gedoen, het die fotos net bygesit om my saak te versterk dat dit gebeur afgesien van die tpl.
Die eerste 2 fotos in die oorspronklike vraag was ‘n dubbel toets, het 50 patrone gelaai. 25 het ek ge-full size, 25 het ek net ge-necksize.
Het altwee batches van 25 presies diesefde lading gelaai, net die tpl gestel. Linkerkant is neck size, regterkant is full length.
Die lading ontwikkeling maak die hoof vraag moeiliker. Ek kan nie verduidelik hoekom ek altyd ‘n 3e flyer het nie
Replace your shooting diary!
http://www.worldofhunt.com
GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
https://onelink.to/56748m
- Theunodb
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Het hierdie op my TODO lys gesitswc-tr wrote:Pak die aksie van die geweer.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Replace your shooting diary!
www.worldofhunt.com
GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
https://onelink.to/56748m
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Will ook weet of die metode korrek is, hoe sal dit druk en spoed beinvloed en as dit doen gaan dit so baie wees dat jy met die lading ook moet werk?Theunodb wrote:Het altwee batches van 25 presies diesefde lading gelaai, net die tpl gestel.tripodmvr wrote:Ek wil graag jou metodiek verstaan. Wissel jy beide TPL en lading of is al die teikens met een lading geskiet?
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- Theunodb
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Bietjie off topic, maar vinnige google bevestig dat die COAL definitief die pressure beinvloed, of dit groot genoeg invloed het dat jy jou lading moet aanpas sal een van die ouer manne moet se.Joe13 wrote:Will ook weet of die metode korrek is, hoe sal dit druk en spoed beinvloed en as dit doen gaan dit so baie wees dat jy met die lading ook moet werk?Theunodb wrote:Het altwee batches van 25 presies diesefde lading gelaai, net die tpl gestel.tripodmvr wrote:Ek wil graag jou metodiek verstaan. Wissel jy beide TPL en lading of is al die teikens met een lading geskiet?
Replace your shooting diary!
www.worldofhunt.com
GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
https://onelink.to/56748m
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
As jy TPL stel doen jy eintlik aanpassings wat die druk verander. Dit wysig spoed verkry en sodoende kan jy die node bereik. Ek het gevind dat lading aanpassing gewoonlik die antwoord is om op die node te kom.
As julle let op my plasing oor die geringe verskuiwing se invloed dan wou ek julle wys dat jul groepe eintlik verbasend goed is. Nie alle gewere het die vermoë om een gat groepe te skiet nie. Jy moet dus saam met jou geweer se beperkings ook leef. 'n Jaggeweer, 30 jaar gelede, is as goed beskou as dit 3MOA kon skiet. Deesdae word 1 MOA as norm aanvaar.
As julle let op my plasing oor die geringe verskuiwing se invloed dan wou ek julle wys dat jul groepe eintlik verbasend goed is. Nie alle gewere het die vermoë om een gat groepe te skiet nie. Jy moet dus saam met jou geweer se beperkings ook leef. 'n Jaggeweer, 30 jaar gelede, is as goed beskou as dit 3MOA kon skiet. Deesdae word 1 MOA as norm aanvaar.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2589
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Stupid vraag?? jammer vir die hijack..
As jy laai vir 'n node, en gaan skiet, en jy is nie op die spesefieke node nie, pas jy lading aan om by oorspronlike node te kom, of verander jy Burnrate om by nuwe node uit te kom?
As jy laai vir 'n node, en gaan skiet, en jy is nie op die spesefieke node nie, pas jy lading aan om by oorspronlike node te kom, of verander jy Burnrate om by nuwe node uit te kom?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Jou spoed teen lading bepaal die BRF. (Geweerdata word nou as vaste inset aanvaar). Met die nuwe BRF word die nodespoed bereken deur die lading te wysig. Dit gebruik jy in jou volgende skietsessie om te sien of jy nou wel die spoed bereik het. Indien nie, word verdere klein aanpassings gedoen. Indien jy egter binne 0,5gr van die node is behoort die groepe wat toemaak te dui op jou sukses al dan nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Is nou net deur dieselfde oefening met vriend se .300WSMTheunodb wrote:Bietjie off topic, maar vinnige google bevestig dat die COAL definitief die pressure beinvloed, of dit groot genoeg invloed het dat jy jou lading moet aanpas sal een van die ouer manne moet se.
Kort en lank van die storie, doen eers TPL (of jump) toets, daarna kan lading aangepas word om nodespoed te bereik.
In die geval, het 1mm jump (vanaf zero jump, koeel teen groewe) 5% vermindering in druk gegee, terwyl spoed maar met 0.8% geval het.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Het gister weer gesien dat as my spoed reg is op 100m, is die groepe mooi. Stel net TPL op langer afstande. Dalk is ek maar net gelukkig elke keer met tpl raak raai op lading ontwikkeling.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
1ste 5 skote uit nuwe kamer op 100m. .2gr inkremente gewees met kruit.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Foto te groot. Kry nie geplaas nie.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Ek wens ek het hierdie gedoen vir my laaste ontwikkeling met n koeël wat baie jump sensitief is.swc-tr wrote:Is nou net deur dieselfde oefening met vriend se .300WSMTheunodb wrote:Bietjie off topic, maar vinnige google bevestig dat die COAL definitief die pressure beinvloed, of dit groot genoeg invloed het dat jy jou lading moet aanpas sal een van die ouer manne moet se.
Kort en lank van die storie, doen eers TPL (of jump) toets, daarna kan lading aangepas word om nodespoed te bereik.
In die geval, het 1mm jump (vanaf zero jump, koeel teen groewe) 5% vermindering in druk gegee, terwyl spoed maar met 0.8% geval het.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Met Windows 10. Regs kliek op foto wat oop is. Resize na keuse heel bo = S en stoor as naam plus "klein" of "small". Nou sal hy maklik laai.Silent Hunting wrote:Foto te groot. Kry nie geplaas nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Ek werk van foon af...
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Laai die Photo & Picture Resize App op jou foon af.
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Was basies so 12 x 8mm gat gewees. Ek weet egter hy gaan tpl verstelling benodig op bv 300m. Punt wat ek probeer maak is dat ek met Arnold is dat die lading moontlik die oorsaak is. Chrony is jou vriend. Kry spoed reg en die res val in plek.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Ek verstaan nou nie lekker nie, verskoon my onkunde.swc-tr wrote:Is nou net deur dieselfde oefening met vriend se .300WSMTheunodb wrote:Bietjie off topic, maar vinnige google bevestig dat die COAL definitief die pressure beinvloed, of dit groot genoeg invloed het dat jy jou lading moet aanpas sal een van die ouer manne moet se.
Kort en lank van die storie, doen eers TPL (of jump) toets, daarna kan lading aangepas word om nodespoed te bereik.
In die geval, het 1mm jump (vanaf zero jump, koeel teen groewe) 5% vermindering in druk gegee, terwyl spoed maar met 0.8% geval het.
Hoe bepaal jy die regte TPL as jy nog nie op node is nie? Hoe weet jy wat die regte TPL is as jy na die tyd aan die lading gaan karring?
Bepaal jy eers TPL dan spoed
of
Bepaal jy eers spoed en speel dan met TPL om groepe kleiner te kry.
Last edited by Joe13 on Wed Apr 24, 2019 11:32 am, edited 2 times in total.
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Henk se teiken
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190424/3056ec014efe3778f7db3b69267a6bda.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190424/3056ec014efe3778f7db3b69267a6bda.jpg
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Joe, oor die algemeen maak ek my 1ste tpl altyd .5mm -1mm weg van lands of meer om kaliber grote van skag te seat. Selde wat ek meer as .3mm daarna moet verstel om groepe toe te maak op 300m. Soos genoem, dalk is ek maar net gelukkig...
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
Skuus, sien nou ek het jou vraag net halfpad geantwoord. Verstel eers tpl nadat my spoed op die nommer is.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Wat doen ek verkeerd? Altyd 'n flyer
My vertrekpunt is veiligheid bo alles!Joe13 wrote:Hoe bepaal jy die regte TPL as jy nog nie op node is nie? Hoe weet jy wat die regte TPL is as jy na die tyd aan die lading gaan karring?
Hierdie maak dat jy jou stert in die rondte begin jaag, soos die vraag oor die eier of die hoender.
Bepaal jy eers TPL dan spoed
of
Bepaal jy eers spoed en speel dan met TPL om groepe kleiner te kry.
Enige % verstelling aan TPL, het baie groter invloed op druk, teenoor dieselfde % verandering in ladingmassa.
Begin met veilige "medium" ladingmassa met koeel teen die groewe ("0" jump, mits beperkende faktore soos magasyn lengte, ens. dit toelaat), doen TPL/jump toets met korter wordende TPL, om te bepaal of die koeel seatingdiepte sensitief is. Indien nie moontlik, pas dan reel toe van minimum 80% kalibeer greep of skag van die koeel.
Met "beste" TPL bepaal, pas lading aan om nodespoed te bereik.
Dit is my manier, daar is sekerlik baie ander maniere ook.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."