Page 2 of 2
Re: Nuwe - Rooker & Kook
Posted: Fri Feb 05, 2021 7:47 pm
by Nico Harris
Ek ook onlangs n roker gebou. Ek het n brisket gerook met sekelbos en hy het baie lekker gesmaak.
Ek “dry rub” die brisket en sit hom op. As hy op 140*F intern kom draai ek hom toe in foil. Dan bly hy op tot hy 205*f binne temp meet. Haal hom dan af en sit in n coolbox on te rus vir n uur. Die stukke wat ek doen is so 2kg (min mense) dan vat hy so 6 ure op die roker.
Ek die roker self gebou en is n reverse flow smoker.
Re: Nuwe - Rooker & Kook
Posted: Fri Feb 05, 2021 7:52 pm
by Nico Harris
Vleis was botter sag. N tip is - 205*f is n “guideline”- die thermometer moet voel of jy him in peanutbutter indruk dan is die vleis reg

Re: Nuwe - Rooker & Kook
Posted: Sat Feb 06, 2021 8:45 am
by Toxxyc
Ek het oor nuwejaar 'n brisket gemaak ook in die Weber. Gerook en toe gebak teen 125°C vir so 8 ure. Toe in foelie en terug in die Weber vir nog 'n uur tot interne temperatuur (soos Nico sê) 95°C raak.
Toe af en in cooler box.
Van daar af het ek die sous in die foeliepakkie vermeerder met bietnjie kookwater en toe ingedik met Bisto. Die sous is toe ook gebakte baba-aartappeltjies gegooi wat ek net met 'n lepel "gekraak" het (effens platgedruk tot die skil bars).
Opgedis saam met romerige groentepotjie wat aan die kant gemaak is.
Edit: Oh ja, en die dry rub was growwe sout, varsgemaalde swartpeper en klein bietjie gedroogte knoffelpoeier.
Re: Nuwe - Rooker & Kook
Posted: Sat Feb 06, 2021 10:10 am
by tripodmvr
Raak ek toe hongerrrr.
Re: Nuwe - Rooker & Kook
Posted: Sat Feb 06, 2021 11:21 am
by Toxxyc
So nog iets wat lekker werk in die Weber/smoker se koudste kant is jalapeno poppers. Sonder 'n krummeltjie/degie om. Ek vat die grootste jalapenos wat ek kan kry en hol hulle uit. Dan stop ek hulle vol Balsamic and Onion roomkaas, en laat hulle regop in die Weber staan, aan die verste kant van die vuur af. Soos el dan braai met die deksel op, hou ek die ventilasiegate van die deksel bo die chillies. Dit vat tyd, maar maggies daardie braaivleisrook maak hulle baie baie lekker!
Vars gemaak. Die roes op die rooster wys hoe min ek daardie kant gebruik:
En klaar, reg om te hap. Die kleurverskil van die kaas se doppie en die plooie op die rissie is 'n duidelike teken dat hulle reg is:

Re: Nuwe - Rooker & Kook
Posted: Sat Feb 06, 2021 11:29 am
by Toxxyc
En dan nog net so fototjie of twee van die nuwenaarsbrisket wat ek gemaak het.
Vars op die rooster. Merk op die brikette brand al effens, maar net aan die een kant. Soos die tyd verloop steek hulle mekaar aan soos 'n stadige lont. Die metode word die 'snake method' genoem en werk FANTASTIES. Op 'n temperatuur van so 120°C kan ek gewoonlik so 12 ure uit 'n halwe sakkie brikette kry. Brikette wat lekker werk is Qeber se eies, en dan ook Charka. Ek het al ander gebruik (soos Bush Baby en daardie Builders Warehouse home brand) maar hulle gee 'n skerp, bitter smaak aan die vleis. Hulle werk vir braai, maar nie vir hierdie nie. Die stukkies hout waarmee ek gerook het is op die brandende deel gegooi. Daar is 'n pan onder die vleis vol kookwater om die lug binne in vogtig te hou. Belangrik: KOOKwater. Nie koud nie:
En hier is hy net voor ek hom toegedraai het. Merk die kleur van die vleis. Dis die rook wat daardie kleur gee:
Ek het ongelukkig nie after/eetfotos nie. Die ding het nie lank genoeg gehou nie.
Nuwe - Rooker & Kook
Posted: Sat Feb 06, 2021 7:27 pm
by Hein (Haan)
Ek het al n paar goed gerook op my offset smoker maar nog niks kom by bees shortrib nie.
Ek koop sommer n boks shortrib by die Abattoir en vries hulle.
Rub net met sout en peper, dan volg ek hom ook soos Nico se metode.
Beste vleis wat ek nog geëet het.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe - Rooker & Kook
Posted: Sat Feb 06, 2021 9:08 pm
by JJV
Hein (Haan) wrote:Ek het al n paar goed gerook op my offset smoker maar nog niks kom by bees shortrib nie.
Ek koop sommer n boks shortrib by die Abattoir en vries hulle.
Rub net met sout en peper, dan volg ek hom ook soos Nico se metode.
Beste vleis wat ek nog geëet het.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Beefshortrib, laank en stadig is een van die beste items wat jy kan rook!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe - Rooker & Kook
Posted: Sat Feb 06, 2021 9:16 pm
by JJV

Oppad UDS roker toe
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe - Rooker & Kook
Posted: Sat Feb 06, 2021 9:17 pm
by JJV

Besig om te rook met snacks vir die kok!!
Sent from my iPhone using Tapatalk