Page 2 of 5

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Wed Jun 05, 2019 6:38 pm
by 22-250 Sniper
tau wrote:
22-250 Sniper wrote:Goeie naweek gehad met n paar oulike skote ek is veral trots op my Rietbok hy het n kopskoot op 407 mt gevat

Sent from my Nokia 7 plus using Tapatalk
Baie geluk. Hoeveel slag so rietbok uit?
Hy het 40kg uitgeslag horings was maar 13.5"

Sent from my Nokia 7 plus using Tapatalk

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Tue Jun 18, 2019 9:28 am
by dawiec
nog 6 dae dan ry ons oos kaap toe...die lus raak nou groot!!

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Tue Jun 18, 2019 3:02 pm
by jamalley
Die naweek se jag naby Kimberley het my net weereens laat besef - dat ons bevoorreg is om nog die geleentheid te kry om ons passie uit te leef.

Wat in my opinie begin het as die geleentheid van 'n leeftyd, naamlik om 'n opregte bontebok te gaan jag, het verander in die ervaring van 'n leeftyd toe die blouwildebees, waarvan ek 'n foto hier plaas aan my uitgewys word om te kan jag!!

Die blouwildebees het afgeslag met net die vel aan 197kg geweeg en 28,5 duim meet, terwyl die bontebok afgeslag met net die vel aan 48,9 kg geweeg het en 14 duim meet.

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Tue Jun 18, 2019 3:09 pm
by Wouter Roets
Geluk Jamally

Daai is n absolute monster blou willebees! Dink dit is die swaarste waarvan ek nog gehoor het. Geluk met die bontebok ook, daai gewig is self nie te versmaai nie.

Groetnis
Wouter

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Tue Jun 18, 2019 3:10 pm
by jamalley
Thx Wouter - ek was skoon emosioneel toe ek by die bok kom!!

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Tue Jun 18, 2019 3:12 pm
by tau
jamalley wrote:Die naweek se jag naby Kimberley het my net weereens laat besef - dat ons bevoorreg is om nog die geleentheid te kry om ons passie uit te leef.

Wat in my opinie begin het as die geleentheid van 'n leeftyd, naamlik om 'n opregte bontebok te gaan jag, het verander in die ervaring van 'n leeftyd toe die blouwildebees, waarvan ek 'n foto hier plaas aan my uitgewys word om te kan jag!!

Die blouwildebees het afgeslag met net die vel aan 197kg geweeg en 28,5 duim meet, terwyl die bontebok afgeslag met net die vel aan 48,9 kg geweeg het en 14 duim meet.

Baie geluk!!!!! Genugtig dit is 'n monster!!!

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Tue Jun 18, 2019 3:13 pm
by Wouter Roets
Ek kan dit absoluut glo. Ek se weereens dit is n spogbok van formaat!

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Tue Jun 18, 2019 3:18 pm
by Toyrsi
Baie geluk.
Mooi Bees daai

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Tue Jun 18, 2019 5:53 pm
by Pumba30-06
Ek was gelukkig om in Mei maand my eerse Gemsbok te skiet en kon die naweek 3 Springbokke skiet.

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Tue Jun 18, 2019 6:42 pm
by DWB
Mooi gemaak manne. Pragtige bokke.

Daai BWB en Bontebok is monsters

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Tue Jun 18, 2019 7:06 pm
by ruaanb
n monster van n bloue! baie geluk jamalley!

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Wed Jun 19, 2019 8:07 am
by tau
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190619/6f78fdfd4b1b642bf190dfdb51d6d62c.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190619/4ae0dd22c4551b22aed0b455c9e3536e.jpg

Ek was bevooreg om by Nico Harris te gaan jag saam met Pappabeer, Jan Kraal, Eugene Prokurower en nog manne wat nie op Jaracal is nie. 4 dae gery 3 dae gejag. Nie my Kudu bul gekry nie, maar ek het probeer. Het daagliks tot 12km in daai vallei gestap. Die veld is pragtig en die gras ruig so saggies bekruip is nie maklik nie. Oopvisier en jag vanaf voet uit en in Kamp so ver moontlik was my veruistes en as ek dit moet oor doen sal ek dit weer so doen. Het op die laaste middag 17;00 'n 2 sekonde kans op Kudu gekry, maar het besluit die donker is te naby en het verby gehou.

Baie ver van die Kaap af, maar dit was die moeite werd om 400km retoer te ry vir 'n 3 dae jag :laugh:

Dankie Nico en Pappabeer vir al julle moeite. EK skuld julle nou tarentaal jag in die Kaap ++>:

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Wed Jun 19, 2019 8:10 am
by JacquesT (Stompe)
tau wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20190619/6f78fdfd4b1b642bf190dfdb51d6d62c.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190619/4ae0dd22c4551b22aed0b455c9e3536e.jpg

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Wed Jun 19, 2019 8:51 am
by tau
Soos julle kan sien het ek so bietjie op en af geklim in die vallei. En voordat iemand nou weer gil jy stap te veel en jag te min, onthou ek moes darem uit na na kamp stap en het soms in die aande besef die donker gaan my vang en dan hy ek toon geklap om voor donker by die kamp te kom.


//uploads.tapatalk-cdn.com/20190619/37e3bf9e7a515805b13f1173f1f3dc2e.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190619/d619d5e2758a094b98142dbd11cd17b8.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190619/dd641eeec2e6b88dae60b59fc0d84294.jpg

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Sun Jun 30, 2019 8:04 pm
by Jaco v Zyl
Ons was bevoorreg om die naweek op n gesinsjag te Bray paar baie mooi diere te jag.

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Sun Jun 30, 2019 8:06 pm
by Jaco v Zyl
Nog n paar fotos

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Sun Jun 30, 2019 8:10 pm
by henried
Baie geluk, paar mooi varke. Daai roobok is self iets besonders, het julle hom gemeet?

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Sun Jun 30, 2019 8:32 pm
by Jaco v Zyl
Ja ons het, een horing meet 251/8en ander een 26”

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Sun Jun 30, 2019 10:26 pm
by jankraay
Jaco v Zyl wrote:Ja ons het, een horing meet 251/8en ander een 26”
Geluk met die bokke en dankie vir die deel Jaco. Altyd lekker om te sien hoe n gesin saam jag en dit geniet.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Sun Jun 30, 2019 11:13 pm
by Diesel Dog
Dankie vir die mooi fotos en geluk met die bokke. Daai bloue van Jamalley gaan lank by my spook.

DD

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Mon Jul 08, 2019 4:09 pm
by tau
Was bietjie "huistoe" vir twee weke. Suidwes is altyd lekker net jammer dit is tans baie droog. Ek kon so tussen vakansie hou so paar bokke ook jag. Nou nie W&S nie, maar gesellig op die bakkie.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/cdb00440a2436fb3e21a1ffb6ebeea87.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/aa26d70e37233b348a6e2e559d86bf7c.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/fb76f12493092485e8d23663efdb7281.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/9c789a01c0627084eb960a40aa972c2f.jpg

Glad nie 'n mooi jag nie, maar hierdie ou droeë koei het net gewys wat maak hulle nog in droogte. Sy wou by gat in ons grensdraad uit toe raak sy biltong. Swaarste Gemsbok koei by ver wat ek nog geskiet het skoon karkas aan hak 122.7kg nadat jy 2 dae gehang het. Toe sy ons sien hardloop st vir gat in draad. My Pa sê toe as sy sak vir die draad moet jy bakkie ry.

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Mon Jul 08, 2019 4:26 pm
by Capt. Yoda
Lekker Tau, daai biltong gaan diep lekker wees

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Mon Jul 08, 2019 4:33 pm
by Malan123
Lekker tau. Dit is 'n monster koei daai

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Mon Jul 08, 2019 4:36 pm
by ruaanb
monster!

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Posted: Mon Jul 08, 2019 4:37 pm
by tau
My swaer en seuns wou gaan jag en ek sou net saam ry. Het my .243 en 87gr Vmax gebruik. My swaer range met sy Burris en ek spin turrets.

Eienaar van plaas kry swaar droogte is bitter rof, so hy wil soveel moontlik bokke afkry, en hy vra toe ek moet asseblief vir hom Kudu skiet as ons en sien.

Nie 20 min op plaas sien ek koei in bos wegkruip en gee haar kopskoot vir mooi vleis so boer is gelukkig en my rekening is oop.

Toe begin sports op Springbokke uitskiet.

Dag helemal te goed begin.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/869719db44daffb65e8fc92b08296bf1.jpg
Darem paar mooi ramme met .243 geskiet.

Die een op 391meter.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/6c9f2508a957f6e8b1227b1ef142bc04.jpg

Monster ram 386m agter oor.

Kon 3 bokke skiet almal mooi kopskote 22-25kg karkas.....toe kom die wind op en ek begin doppe maak.

Gaan braai toe eerder en jongmanne jag verder.