Page 2 of 2
Re: Beste vervanging van S365
Posted: Sat Sep 07, 2019 3:17 pm
by tripodmvr
Vraag van my kant af. Hoekom laai jy so naby aan die lande?
Indien jy wel so wil laai dan sal jy jou lading moet aanpas na wat ek aanbeveel het. Die volgende hoër node is oor maks druk. As jy die brandtempo kan afkry met 'n langer TPL kan jy dan beter dopvulling kry met nodespoed van 3150/65vps.
Re: Beste vervanging van S365
Posted: Mon Sep 09, 2019 1:01 pm
by Skietstoel
Intussen het ek al my meetgereedskap se akkuraatheid getoets en gevind dat my lyman skaal spot-on weeg en het met my Magnetospeed deur n Chrony geskiet. Alhoewel die chrony 4 meter voor die tromp was, het dit effens hoer lesings gegee as die MS. Ek het 2 skote met 42 g S365 geskiet(steeds 87gr VMax) en die gem snelheid was 3386 ‘/s daarna 3 skote met 41gr H3450 en gem snelheid van 3294 gekry. Ek het die punte 0.5 mm weg van die lande af geseat. (akkuraat gemeet op ogief vd punt).
Ek kan nou bevestig dat ek beslis hoer snelhede kry as wat die tabelle aandui - dalk gedeeltelik toe te skryf aan my 26” Walther loop en dalk ook weens hoe die kamer geruim is deur my geweersmid.
Re: Beste vervanging van S365
Posted: Mon Sep 09, 2019 1:04 pm
by Skietstoel
Die volgende stap is nou om die lading afwaarts aan te pas tot by n veilige node.
Re: Beste vervanging van S365
Posted: Mon Sep 09, 2019 4:48 pm
by Skietstoel
tripodmvr wrote:Vraag van my kant af. Hoekom laai jy so naby aan die lande?
Indien jy wel so wil laai dan sal jy jou lading moet aanpas na wat ek aanbeveel het. Die volgende hoër node is oor maks druk. As jy die brandtempo kan afkry met 'n langer TPL kan jy dan beter dopvulling kry met nodespoed van 3150/65vps.
Ek gee hier meer besonderhede van my 243:
87gr V-Max met Hodgdon H4350 dryfmiddel
CCI 200 large rifle primers
Spoed gemeet met Magnetospeed by tromp.
TPL 66.70mm
Bump 66.98mm. (Teen lande)
Looplengte is: 665mm(26.18”)
Dopvolume: 53.625 grein;
Dop lengte:51.50 mm lank
Temp so 22 grade
41 gr@ 3274 es 9
41.5gr @3306 es 6;
Ek het altyd geskiet @ 3264’/s met S365 en sal graag daar rond wil bly as dit moontlik is.
Re: Beste vervanging van S365
Posted: Mon Sep 09, 2019 9:00 pm
by tripodmvr
My berekening stem ooreen met voorheen gekry. Die hoër node word ook getoon.
38.7gr = 3132vps
41.1gr = 3280vps Druk 66K psi
Re: Beste vervanging van S365
Posted: Mon Sep 09, 2019 10:11 pm
by Fafa
Ek het op my 243 van S365 na IMR4350 oorbeweeg en ek is verskriklik beindruk met my groeperings!
Re: Beste vervanging van S365
Posted: Tue Sep 10, 2019 6:37 am
by Skietstoel
tripodmvr wrote:My berekening stem ooreen met voorheen gekry. Die hoër node word ook getoon.
38.7gr = 3132vps
41.1gr = 3280vps Druk 66K psi
Baie dankie vir al jou insette Tripod! Hoogs gewaardeerd. Sal bietjie n paar rondtes gaan laai en toets. Teleurgestel met dopvulling en twyfel of ek goeie ES gaan sien, iets wat belangrik is vir goeie akkuraatheid oor langer afstande. Wonder of al die dryfmiddel 100% brand in die loop...
Lyk my dat ek verder moet soek na n meer geskikte dryfmiddel vir my spesefieke geweer vir beter dopvulling.
Re: Beste vervanging van S365
Posted: Tue Sep 10, 2019 6:45 am
by Skietstoel
Fafa wrote:Ek het op my 243 van S365 na IMR4350 oorbeweeg en ek is verskriklik beindruk met my groeperings!
Dankie vir jou inset Fafa, watter punt gebruik jy en watter lading werk daarvoor? IMR 4350 was ook op my lysie as moontlike alternatief vir S365. Meer detail oor jou ladings en resultate sal op prys gestel word.