Page 2 of 6

Re: Taai buffel

Posted: Thu May 21, 2020 9:00 am
by Wouter Roets
PWV wrote: Wed May 20, 2020 2:58 pm Wouter, hoe kan jy sê dat die eerste skoot op die nommer was? Ek het oor en oor gekyk, maar kan nie sien waar die skoot is nie.
Oom daar waar hulle praat oor die jag terwyl hulle by die buffel posseer. Jy kan die wond mooi op die skouer sien. Dit is heel moontlik dat daar met n solid die eerste skoot geskiet is. In my ondervinding wys n buffel nie sommer vreeslike reaksie met n solid uit n 375 nie, al word hy op die regte plek geskiet.

Ek dink n meer gepaste opskrif by die video sal eerder wees "How not to hunt your buffalo". Freek ek stem daai lyk vir my ook tipies na Steenbok pan se wereld. Sou ook nou my linker klinker gee om eerder daar te sit.

Groetnis
Wouter

Re: Taai buffel

Posted: Thu May 21, 2020 10:04 am
by PWV
Ek dink natuurlik die buffel was so vol gate geskiet dat jy hom as 'n spreier op jou grasperk kon gebruik as jy hom aan 'n tuinslang koppel!

Re: Taai buffel

Posted: Thu May 21, 2020 10:20 am
by BigBoreFanatic
:police:

Re: Taai buffel

Posted: Thu May 21, 2020 11:28 am
by Toxxyc
Kyk ek kies nie die skieter se kant nie, maar ek dink dis ook nie regtig mooi om die sy gewig in al die kommentaar te betrek nie. Dit het in my opinie niks met die hele storie te doen nie.

Re: Taai buffel

Posted: Thu May 21, 2020 12:01 pm
by Kallie Fernhout
https://youtu.be/90qcBT_wOpM

Ek kon dalk nou verkeerd gekyk het of die kammera kon n mens onder n wanindruk plaas maar op hierdie video van dieselfde outfitter skiet hul n Buffel en n paar minute later lyk dit of hul sommer weer op n heel ander dier skiet sonder om te probeer opvolg. Werk dit maar so in daai groot konsessies ? Ek vra want ek is n leek as dit by buffeljag kom

Re: Taai buffel

Posted: Thu May 21, 2020 1:51 pm
by BigBoreFanatic
:police:

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 8:14 am
by tripodmvr
Sien 'n hele klompie van die' kort snit buffeljagte. Onderstaande is die teenoorgestelde as die eerste een.

https://youtu.be/_NmJTVwJ2jU

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 8:30 am
by BeesBreet
Ek dink nie dis reg om die “gaste” aan te vat nie, die sirkus is nie hulle skuld nie. Hulle het alles gedoen wat vir hul gese is.

Kyk kerels nie een van ons hier is tevrede of gelukkig met die video nie. Maar ons kan nie vinger na die amerikaners wys nie.

Help my reg as jul dink ek is verkeerd?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 8:39 am
by Toxxyc
BeesBreet wrote: Fri May 22, 2020 8:30 am Ek dink nie dis reg om die “gaste” aan te vat nie, die sirkus is nie hulle skuld nie. Hulle het alles gedoen wat vir hul gese is.

Kyk kerels nie een van ons hier is tevrede of gelukkig met die video nie. Maar ons kan nie vinger na die amerikaners wys nie.

Help my reg as jul dink ek is verkeerd?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Nee ek stem saam. Ek het al met meer as een man gepraat wat buffels gejag het. Van hulle het die perfekte skote geskiet, met ander woorde, hartskoot, en toe die koeël tref sak die buffel in sy spore dood neer. Twee ouens het al gesê dit was een van die mees teleurstellende oomblikke van hulle lewens. Hoekom? Want hulle wil hê die buffel moet storm. Dis mos waarvoor mens gaan "dangerous game" jag. Nie om hom om te tik soos 'n duif op 'n foondraad nie.

So ja, ek stem saam. Dalk jaag die mense van die outfitters so vinnig op die buffels af na die skoot geskiet is om die kliënt die "ware ervaring" te gee. Sal nooit weet nie. Dis nie die kliënt se skuld nie.

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 8:44 am
by Wouter Roets
BeesBreet wrote: Fri May 22, 2020 8:30 am Ek dink nie dis reg om die “gaste” aan te vat nie, die sirkus is nie hulle skuld nie. Hulle het alles gedoen wat vir hul gese is.

Kyk kerels nie een van ons hier is tevrede of gelukkig met die video nie. Maar ons kan nie vinger na die amerikaners wys nie.

Help my reg as jul dink ek is verkeerd?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Bees ek stem, n buitelanse jag is uitsluitlik in die bereoepsjagter se hande. Ons moet ook dalk net besef dat n video amper nooit al die faktore kan deurgee nie en dit baie maklik is om die verkeerde aflydings te maak. So n mens moet so versigtig wees, veral die outfitters, deur wat jy op die openbare media plaas. Vat nou bv die bffels wat afgeneem is teen n wildsdraad op die video. Hierdie is juis een van die probleme wat oorsese jagters met SA het, so probeer hierdie tiepe goed vermy.

Groetnis
Wouter

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 8:53 am
by Capt. Yoda
Daai manne het n vinnige 6mm met n 70gr BT daar nodig gehad dan het die video somer vroeg klaar gemaak

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 10:14 am
by Koos Barnard
Nee Kaptein jy is verkeerd... 'n .204 Ruger!

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 10:43 am
by tripodmvr
Nog 'n kortetjie wat baie goed afloop.

https://youtu.be/timXuwTJJyI

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 10:47 am
by Pappabeer
BeesBreet wrote: Fri May 22, 2020 8:30 am Ek dink nie dis reg om die “gaste” aan te vat nie, die sirkus is nie hulle skuld nie. Hulle het alles gedoen wat vir hul gese is.

Kyk kerels nie een van ons hier is tevrede of gelukkig met die video nie. Maar ons kan nie vinger na die amerikaners wys nie.

Help my reg as jul dink ek is verkeerd?

Sent from my iPhone using Tapatalk

100% Erhard. Die hele manier hoe die jag behartig word, van die feinste aandag aan detail by die kamp, tot waar die klieënt opgestel word vir die skoot, met al die nodige verduideliking van skootplasing berus op die beroepsjagter en jagondernemer.

Al waarvoor die klieënt verandwoordelik is, is om dan sy skote reg te kan plaas. Die enigste kritiek wat moontlik die jagter toe kom is dat sy opvolgskote nie op standaard was nie. As jy oor die water kom om n buffel te jag is dit redelik aanvaarde praktyk om baie met jou swaar kaliber geweer te oefen vir n opvolg situasie.

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 12:31 pm
by tau
Sjoe maar hier is baie manne sonder enige skandes in die kas.

1. Die klong is nie so vet nie, hy is net groot.
2. Ons weet nie hoe ver hulle al op sy spoor was nie.
3. Die Pa lyk baie bang en miskien wou hy nie verder sy seun blootsel aan gevaar nie.
4. Of jy die Buffel op 10m met 'n spies dood steek en dan die ingewande braai op 'n vuur wat jy met stokkies maak en of jy hom op 1km met 'n 50 BMG skiet, hy is dood. Weg uit die ecosisteem.
5. Etise jagreëls is iets wat mense geskep het om hulleself te laat beter voel omdat hulle diere doodmaak. Die dier wil lewe as hy kon kies. Hy gee nie om of jy 50km gery of geloop het voor jy hom skiet nie.

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 1:58 pm
by Koos Barnard
Dag Tau
Ek stem nie heeltmal saam met jou stelling dat mense etiese reëls geskep het om hulself beter te laat voel omdat hulle diere doodmaak nie (altans nie ek nie). My stel reëls oor jag het eintlik bitter min met etiek te doen maar eerder met die bevrediging wat ek uit die jag put. Vir my is dit erg kunsmatig en damn vervelig om in 'n bakkie rond te rits tot die dier staan en dan die sneller te trek (en hier praat ek nou van jag vir my plesier, nie wild skiet om uit te dun of om noodsaaklike vleis vir die pot te kry nie). Vir my is daar geen adrenalien en geen opwinding om van 'n bakkie af te skiet nie of om 'n dier met 'n voertuig te soek nie. Buffeljag val vir my in daardie spesiale klas van, kom ons noem dit maar plesierjag of spesiale jag of uitdagende jag. Dis verseker so dat sommige mense net soveel bevrediging uit 'n jag put as hulle 'n dier van die bakkie af skiet as wat ek daaruit put om een te bekruip en op kortafstand te skiet. Die vraag is net hoekom gaan jag jy 'n buffel? Is dit bloot om hom by jou trofeelys te voeg of soek jy darem iets spesiaal. Kom ons vergeet van die jongman se skietwerk. Die hele manier hoe die buffel gejag is met die Cruiser (hulle het darem afgeklim vir die eerste skoot) stel jag in Suid-Afrika bloot aan groot kritiek. Ongelukkig kan ons nie meer sê f@k die buiteland en alle buitelandse jagters nie want hier maak ons soos ons wil. Ek het nou gesien net op ons tydskrif se facebookblad hoe verleë jagplase is om bookings te kry met die Covid-storie. Die feit is, ons is afhanklik van buitelanders en hoe ons jagte aanbied, gaan bepaal wie en hoeveel mense ons land besoek.

Die storie van dood is dood, maak nie saak hoe nie gaan nie by my af nie. Dit kan jy doen as jy vleis móét hê of 'n groot aantal dier binne 'n kort tydperk moet skiet. As jy iets spesiaals jag soos 'n buffel of leeu of selfs 'n koedoe en jy het mense van die buiteland moet jy vir hulle die jag spesiaal maak (by gebrek aan 'n beter beskrywing). Dit gaan oor jagbevrediging nie oor etiek nie. Ek het geen probleem om 'n 1000 diere van 'n voertuig af te skiet as ek moet nie, maar dit bly 'n kunsmatige uitdun-operasie en nie jag nie (dis my persoonlike mening). Ek wil die dier ordentlik jag om soveel as moontlik uit die ervaring te haal. Dis die jagte wat ek onthou en oorvertel rondom aandvure.

Die probleem met hierdie tipe video's waar buffels so gejag word is dat oorsese mense dit as die norm begin sien. Hulle dink dis hoe dit in Suid-Afrika gedoen word - jy skiet mak wild van bakkies af (of jy klim darem af en staan voor die bakkie). Daar is genoeg mense oorsee wat 'n "ware" Afrikajag wil beleef want hulle lees Ruark, Harry Manners ens en dan sien hulle sulke video's. Raai waarheen gaan daardie mense as hulle wil buffel jag? Hulle kyk elders en vermy Suid-Afrika.
Mooi loop

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 3:31 pm
by tau
Koos Barnard wrote: Fri May 22, 2020 1:58 pm Dag Tau

Oom weet hoe lief ek vir oopvisier jag is en om hard te werk vir my bok. Ou Nico Harris skud net sy kop as ek uit die berge kom flenster, moeg en gelukkig. EK gaan nou ongelukkig met OOm verskil.

Oom sê Oom stem nie saam met my stelling dat etiek en "mooi jag " mens gemaakte reëls is nie, maar dan noem Oom dadelik dat " die bevrediging wat ek uit jag put". Ek kry daardie presies dieselfde bevrediging uit 'n lekker ordentlike stapjag waar die bok mooi val na die eersteskoot. Op die einde van die dag is die oor my persoonike gevoel en ek is groot genoeg om dit te erken........'n mate ego streël. Net soo party ouens goedvoel om 'n bok op 600m te kan piets. Party mense kry genot om te rook, ek doen nie. Gaan ek nou loop vertel almal wat rook is verkeerd? En ja 'n Springbok wat so bene optrek na hy 'n Vmaz helmethou gekry terwyl ek oor die spieel van die bakkie skiet is ook lekker.

Dan die massiewe groot OLIFANT in die kamer, hoekom is een tipe dier belangriker of meer spesiaal om te skiet as ander? Weereens gaan ek myself voor die bus gooi, ek was al op grootkat jagte en wil self nooit ooit 'n Leeu skiet nie. Maar ek sal Swart wildebeeste skiet sonder om 'n foto te neem want hy is nie spesiaal nie. Daar is ons mos verkeerd. Kyk hoe kerm die groenes as jy Kameelperd skiet of Olifante. Dit is 'n mensgemaakte emosie en het niks met die ekologie of voortbestaan van die dier te doen nie.

Dan die dat oorsese mense ons bedryf moet kom bepaal, hoekom vee hulle nie eers op hull eie stoepe nie?

Die Amerikaners plant rye cow candy tussen woud lanings en bou groot stands en skiet dan bokke wat kom eet wat hulle al vir 3 maande afneem en sms 'e kry eiekeer wat die bok mis of water drink. Hulle ken sy gewoonte so goed hull weet daai bok gaan kom eet 16;32,20 sekondes die middag.

Die Euro's skiet varke met driven Hochskuts jagte met beaters en honde en trompette. Dit is inheemse varke en Roëdeer.

Ek wonder nou wat sal gebeur as ek op die "jagters vereniging van Texas" se weblad gaan kapsie maak teen hulle voer van Whitetail, wat hulle my sal toesnoer, maar hier wil ons mekaar voorsê en gewoonlik nog is dit naweek jagter en mak plaasjapies soos ek wat nie heeldag op die plaas is of jag met kliente nie.

Dan gaan ek nie vra mense meot hande opsteek nie, maar baie trofee jagte met oorsee se kliente geberu so. Die videos en fotos word mooi geneem, maar die 80 jarige Oom wat nou eers kan bekostig om sy Afrika droom te bewaarheid gaan nie heeldag kan tekkie klap agter Kudu's in die berge nie. Die oorgewig Amerikaner wil net by sy SCI jaar vergadering die grootste trofee ingee as "trophy of the year" Hy gaan na die jag by daai bok sit en vir "martha at home and the granchildren" vertel hoe hy die incredible beast op 100 m klokslag gedood het met sy .300 RUM, terwyl hy sy been op 150m vanaf die bakkie doodgeskiet het en die PH en sy hond toe daarna drie klowe verder die bok gedood het en terug gedra het moertoe moeg. Daai man kan nie minder omgee wat ons doen of oor Suid_afrika se image nie, want hulle is ook nie almal dieselfde nie.

Weereens ek geniet stapjag en die challenge wat dit bied. 'n PH wat sy sout werd is sal sy klient laat jag so vêr moontlik hy kan "eties" (kots ek amper in my mond), en dan sal hy ongelukkig moet begin "help" om vir Ou Bob van Texas sy bokke op die hak te kry. Bob het baie geld betaal om trofees huistoe te neem. En as hy die erenstige gun nut/ stapjagter is/was wat ons almal wil go jagters moet wees, Sou hy opgedaag het fiks, voorbereid en met su eie roer en rugsak. Hierdie ouens is oos iemand baie waar vroeë opgemerk het "toevallige" buffel jagters. Wat moet die PH doen? Nee sê in dieelfde moeilike mark wat julle vroeë van praat vir klient wat nou eweskielik 'n R80 000 Buffel bul wil skiet??

Ek wou bitter graag 'n PH word , maar na ek so paar vakansie gehelp het as appie het ek besef ek het nie geduld nie. Ek is net vrek bly my jagte word nie verfilm nie, ek kan darem nog jok en jull vertel dit was eenskoot doodkoot altyd.

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 3:34 pm
by tau
PWV wrote: Wed May 20, 2020 9:23 am Pateties!!! Ek sou te skaam wees om so 'n video vry te stel!!!
Dit is net olie op die vuur vir die groenes!!
Nou hoe nou? Oom post dan foto's waar Oom Springbokke so vanaf 'n bakkie skiet pragtig in die kop? Ek het natuurlik geen probleem daarmee nie, behalwe dat ek so wou saam skiet, maar nou kla Oom oor 'n ander man wat dit doen.

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 3:53 pm
by tripodmvr
Tau, my bene begin ook die ouderdom voel. PWV het nog 'n paar jaar op my. Voorts is sy jagte in duinwereld waar voetjag nie genoeg vleis gaan lewer nie. Vergewe dan maar die "diesel stalk"

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 3:58 pm
by joe rocket
tau wrote: Fri May 22, 2020 3:34 pm
PWV wrote: Wed May 20, 2020 9:23 am Pateties!!! Ek sou te skaam wees om so 'n video vry te stel!!!
Dit is net olie op die vuur vir die groenes!!
Nou hoe nou? Oom post dan foto's waar Oom Springbokke so vanaf 'n bakkie skiet pragtig in die kop? Ek het natuurlik geen probleem daarmee nie, behalwe dat ek so wou saam skiet, maar nou kla Oom oor 'n ander man wat dit doen.

Ja en gemsbokke tussen die bene. Julle weet hoe voel ek oor etiese jag topic, stront. Laat leef en leef. John is 110% reg. Ek gaan gooi sommer n olofie.

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 4:09 pm
by tau
tripodmvr wrote: Fri May 22, 2020 3:53 pm Tau, my bene begin ook die ouderdom voel. PWV het nog 'n paar jaar op my. Voorts is sy jagte in duinwereld waar voetjag nie genoeg vleis gaan lewer nie. Vergewe dan maar die "diesel stalk"
Oom Marius ek skiet hulle self vanaf die Cruiser in Namibië en ek gun Oom PW sy jag vir nog 30 jaar so vanaf die bakkie. Vrekkit ek sal hom nog saam my vat ook, maar ons moenie sekere diere vrystel van emosies en nie ander nie was die punt wat ek probeer bereik. Al probleem is Oom PW skiet die diere in die brein met eenskoot so man kan nie eers bietjie opvolg skote skiet op sy bokke nie.

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 4:10 pm
by DWB
Ek wil net graag noem….

Ek is dalk dik, maar ek is nie frikken krippel nie!!!!!!!!!!!!!

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 4:31 pm
by PWV
Mooi, Tau, jy is 'n man so na my hart wat reguit praat en jou gevoelens openbaar. Jou interpretasie van my post stel my egter geweldig teleur.

Ek het dit al hoeveel keer hier op die forum gestel dat ek tans 'n bakkiejagter/skieter is. Dit is geen geheim meer nie. Ek sal net graag wil hê jy moet aandui waar ek die foto's geplaas het waar ek van 'n bakkie af skiet. Ek ontken nie die skietery nie, maar ek soek die foto's.

Waarom jy die bakkieskiet hier te berde bring, na aanleiding van my post, weet ek nie. Ek het nêrens van 'n bakkie gepraat nie.

Hierdie aanval op my: Krap daar dalk iets in jou onderbewussyn waaroor jy my wil bykom.

Mooi dag.

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 4:34 pm
by PWV
joe rocket wrote: Fri May 22, 2020 3:58 pm
tau wrote: Fri May 22, 2020 3:34 pm
PWV wrote: Wed May 20, 2020 9:23 am Pateties!!! Ek sou te skaam wees om so 'n video vry te stel!!!
Dit is net olie op die vuur vir die groenes!!
Nou hoe nou? Oom post dan foto's waar Oom Springbokke so vanaf 'n bakkie skiet pragtig in die kop? Ek het natuurlik geen probleem daarmee nie, behalwe dat ek so wou saam skiet, maar nou kla Oom oor 'n ander man wat dit doen.

Ja en gemsbokke tussen die bene. Julle weet hoe voel ek oor etiese jag topic, stront. Laat leef en leef. John is 110% reg. Ek gaan gooi sommer n olofie.
Jason, ek dink jy het al reeds 'n paar olofies bygekom!! >:D

Re: Taai buffel

Posted: Fri May 22, 2020 5:11 pm
by Lategan1
Lategan1 wrote: Wed May 20, 2020 1:11 pm Beide aspekte vorm deel van dieselfde kant van die muntstuk. Dit staan nie los van mekaar nie.

Beste.
Ek gaan myself herhaal en die volgende bysit.

Die draad was in ‘n goeie trant. Duidelik word die gees van die letter hier kortliks deur lede gestel, misgekyk of eenvoudig net nie gelees nie. (Die twitter dilemma)

Veralgemenings sonder werklike onderbou of baie subjektief, sterk ook nie die gesprek nie. Ons almal ken die laataand doodskreeu langs die vuur, wie skreeu die hardste!

Kom ons beweeg nie soontoe nie asb.

Beste.