Skietstoel direk van vevaardiger.

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
Post Reply
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Skietstoel loop soos soet koek.

Nog 'n paar gelukkige eienaars met hul 3D Skietstoele.

Eben Espach                          Potchefstroom.                      Gesien
Johan de Vries                      Klerksdorp                            Gesien
Thys Bekker                          Marong                                Gesien
Charl Bekker                        Lichtenburg                          Saam met my geskiet
Jannie Jacobs                        Upington                                Forum
Hansie Myburg (Hansman)    Benoni                                  Forum- hou die man se toerusting   
                                                                                                    dop op die forum   
Last edited by Ian on Thu May 10, 2012 8:24 pm, edited 1 time in total.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Geluk aan Philip Marais met sy nuwe skietstoel. Ek moes die stoel bou dat dit op twee verskillende bakkies pas (Toyota en Mazda). Hy het die stoel twee weke terug ontvang en se dat dit is wat hy wou gehad het. Hy gee ook sy sel nommer vir vewysings 0832778772 .

Geniet die stoel Philip.
Last edited by Ian on Thu Jul 26, 2012 9:35 pm, edited 1 time in total.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Skietstoel vir linker- en regterhandse skuts.

Ek word genader deur twee broers wat 'n skietstoel wil bestel maar die probleem is dat die een links skiet en die ander een regs. Ek gaan staan by my skietstoel en werk die stoel binne 10 minute uit. Daar word een arm, een geweerrak en een elmboogrus gebruik. Daar is twee sluitmoere wat met die hand los draai dan swaai die arm en die geweerrak om. Die rugleuning trek uit en word in die teenoorgetelde kant in 'n glystuk ingedruk. Die elmboogrus swaai 270 grade om en het ook 'n afstandbeheer houer vir links en regs.
Foto's 1 - vir die regerhandse skut
Foto's 2 - vir die linkerhandse skut 
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ian on Wed Apr 03, 2013 9:35 pm, edited 2 times in total.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Freek »

Lyk baie netjies Ian. Handig as mens met minimum verstelling die skiet rus kan swaai dat hy vir links en regshandige skuts werk. Sien jy het redelik dink werk in gesit om hierdie outjie die lig te laat sien.

Wel gedaan! Ek neem aan die nuwe eienaars is tevrede. 8)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by G-force »

Mooi gedoen Ian,ek glo daai manne gaan baie jakke roer met daai stoel.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Cobus(Cobb) »

Aaa manne, ek is 'n gelukkige man. Nou net met Ian gepraat en klink my dat my stoel amper oppad is na my toe....links en regs om vir my en Dewie met sy links skietery..

Kannie wag om hom te test drive nie...

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Marc »

Goeie nuus  8)

Mag julle twee hom deur sit  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Dawid »

Geniet julle nuwe stoel Cobus.

Ek het al van Ian se stoel afgeskiet en hy is heel gemaklik.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Cobus(Cobb) »

Manne, die stoel is klaar, hy is by die huis en gou vanmiddag ingewy....sommer op 'n onwelkome Indian Myna...

Ian, ou maat, die stoel is prima, dankie vir al jou moeite en ek het hom vir Dewie ook laat toets, het net die Nylon nut vervang mer 'n wingnut, nou gebeur al die verstelling met die hand en geen tools is nodig nie.

Manne, as jy stoel soek, asook hokke, gee vir Ian 'n lui...die produk is baie goed, die diens is nog beter.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Cobus

Ek sien jy haal gou 'n probleemdier uit wat moeilikheid maak. Geniet die stoel.

Groete
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Geno »

Manne,
Ek het self die afgelope naweek met Ian se stoel gejag. Hy werk baie goed, en ek sal hom enige tyd aanbeveel.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Manne

Dankie aan al die forum lede wat my geondersteun het naamlik:

Cornè en Marius Mitchel
Prohunt ( Oom Johan)
Gerhard vir jouself en die verwysing van Reg
Geno vir die verwysing van Arno.

Ek sukkel om weer foto's te laai maar ek leer nog >:(

Groete Ian
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by BLOK »

Aitsa

Ian jy weer op die lyn, so bly lanklaas van jou gehoor. :D

Groete
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Dawid »

Ian,

Welkom terug ou maat......hel dis goed om jou weer hier te sien.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Reggie Gerber »

Welkom terug Ian

Groete

Reggie
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Marc »

Welkom terug Ian, goed om jou naam weer te sien opduik ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Gerhard »

Ian,

Dankie ek sal n foto laai sodra die as op my stoel is.

Sien uit daar na om die elektriese probleme uit gesort te kry met jou stelsel.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Dankie Gè (G-force) vir jou ondersteuning en vir die mail wat jy vir my gestuur het
en mag die skietstoel net vreugde en plesier verskaf. Jy en Prohunt (Oom Johan) is die enigste persone
wat elk met Ranger's en met 4D skietstoele in SA jag. Sal jy so gaaf wees en 'n foto plaas as jou bakkie klaar
is? Ek brand om dit te sien.

Groete Ian
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by G-force »

Ian dis reg so,die stoel lyk heel gaaf.Sodra hy op is en aan die gang is sal eknpaar fotos plaas.zdankie vir jou onstettende vinnige en profesionele diens.Sal enige tyd weer met jou handel dryf.
Mooiloop.
Ge
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Beste Gè

Dankie vir nog 'n verwysing van Renor

Groete Ian
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Boertjie »

Ian

Lyk of jy woel so in die stilte...

Boera
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by G-force »

Ian wrote:Beste Gè

Dankie vir nog 'n verwysing van Renor

Groete Ian
My plesier Ian :)
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Skietstoel werk oortyd die afgelope week
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Reggie Gerber »

Awsome Ian

Ek gaan jou een van die dae bel vir n stoel

Reggie
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Cobus(Cobb) »

Vrinne, ek kan net bevestig dat die stoel baie oulik, eenvoudig en prakties is...die krag toevoer van battery na lig is ook baie goed uitgedink en vervaardig, met minimum onderhoud en geen sigbare drade nie...Ek het al menige manne in parkeer areas gevang dat hulle die ding mooi uitloer en baie vrae vra.
Goeie produk Ian.....

Net 1 ander vraag...hoe klim julle manne oor daai spul jakke terug in die stoel....my dik pensie benodig die tailgate af, met baie vashouplek, anders kom ek nooit bo nie.... :o

Cheers
Post Reply