Re: Kalibrering van Quickload
Posted: Mon Jan 16, 2012 8:31 pm
Hallo Manne
Ek en Dok het nou die aand lank oor QL gepraat en veral die Weighting Faktor settings. Ek sien ook dat daar n hele paar manne is wat QL gebruik en dat die informasie so bietjie verskil tussen mekaar.
Hier is ook n paar manne, waarvan ek een is, wat informasie uitgee op QL baie keer vir manne wat nie so gesout is met die herlaai aspekte nie. Ek en Dok het goed gedink om so bietjie n riglyn te skep hoe QL van die forum se kant af ingespan behoort te word met die uitgee van herlaai informasie.
Ons almal het nou gesien QL moet in die meeste gevalle gekalibreer word met praktiese bevindinge van die geweer en komponente resultate. Met die kalibrering van QL moet soos Ludwig tereg gese het eers so bietjie met die ontbrandingseienskappe gespeel word en daarna moet die Weighting Facktor aangepas word. Vir veiligheids onthalwe probeer om nie te veel onder die 0.45 faktor te boer nie. Daar is net n sekere hoeveelheid kalibers wat in elk geval kwalifiseer vir n laer syfer. Soos julle gesien het kom druk af en spoed tel op so as dit nie heeltemal reg is nie bly dit VEILIGER vir almal!
Laat mense wat raad soek met hulle kalibers ten minste n gemiddelde spoed van drie skote met die spesifieke komponente vir jou gee sodat hierdie verstellings gemaak kan word alvorens nodespoed en dies meer deur jou bepaal word. Dit is die enigste manier om n veilige en akurate voorspelling te maak.
Ons almal staar ons vas teen Lott 61 van S365 maar in realiteite tree Lott 63 van S365 net soos S355 op. Die resultate is op n druppel S355 s'n so indien n persoon met die Lott laai op informasie wat hier uitgedeel is met die regte S365 in gedagte sit mens met aansienlike hoer druk wat ons almal weet in sekere omstandighede gevaarlik kan wees. Sorg dat jy ook elke moontlike gegewens ontvang voordat jy jou voorspellings maak. Dit sal ook dalk wys wees om liewer n band spoed te gee van so 50ft/sek uit mekaar uit waar die node sal le bv. as die node voorspelling 2865ft/sek is maak die band dan 2840-2890ft/sek. Met sekerheid sal die node erens in die band gevind word en dan met TPL verstellings net geskaaf word.
Hierdie is nog steeds baie korter as die ou manier van ladingontwikkeling en sal die klein verskille wat deur die verskillende gebruikers van QL gemaak word verskoon. QL soos ons almal al gesien het is n waardevolle hulpmiddel maar kan ook nie pa staan vir onverskillige herlaai praktyke nie so die mense wat wel raad kry of iets self daarmee uitgewerk het laai verantwoordelik. As iemand jou n lading gegee het en jy kry al die spoed 5gr onder die voorspelling, raporteer dit terug sodat toegewengs gemaak kan word. DINK asb mense! Maak seker dat jy werk op die regte gegewens en volg dit tot op n druppel. Hou by die riglyn van 10% van kaliber as jou sprong met TPL bebaling vir n nuwe ladingontwikkeling. Daar is n goeie rede vir hierdie vertrekpunt! Daar is uitsonderings maar dan moet jy dit met die regte komponente en voorsorgmaatreels toepas.
Ak hierdie dinge word net gese met almal se veiligheid ten doel so hou asb daarby.
Groetnis en veilig laai.
Wouter