Page 2 of 2

Re: buffel trofee

Posted: Wed Sep 12, 2012 5:31 pm
by kopskoot
Geno wrote:
kopskoot wrote:
Geno wrote: Jisou Ronaldwatglodatsakodieenigstegeweeriswatsaakmaakenbestaan, dis darm maar 2 bitter mooi buffels!
Ek't hulle altwee met net een SAKO geskiet
Dieselfde Sako wat so gestoor het op die 1Sept DGS?
Geno hulle kan maar stoor, want die eerste skoot is altyd genoeg.

Re: buffel trofee

Posted: Wed Sep 12, 2012 5:37 pm
by DWB
Ronald! Mc.....d

Jy het dan hier bo gese dat die eerste buffel meer as een skoot nodig gehad het ;D

Re: buffel trofee

Posted: Wed Sep 12, 2012 9:31 pm
by kopskoot
DWB wrote: Ronald! Mc.....d

Jy het dan hier bo gese dat die eerste buffel meer as een skoot nodig gehad het ;D
Ja, maar dit was omdat ek met my 9.3 geskiet het. Het sommer gelieg oor die 375, want ek wou ook graag een van die manne wees.!! ;D ;D

Re: buffel trofee

Posted: Thu Sep 13, 2012 4:57 am
by Geno
kopskoot wrote: Ja, maar dit was omdat ek met my 9.3 geskiet het. Het sommer gelieg oor die 375, want ek wou ook graag een van die manne wees.!! ;D ;D
Hahahahahaha rrrraaaaaaak! ;D

Re: buffel trofee

Posted: Thu Sep 13, 2012 6:03 am
by DWB
Hehehehehehe

Ronnie, my maat ek is so bly om te sien jy is 'n closet 9.3 fan!!!!

En dat die 9.3 toe nou die doodskoot kon toedien toe die man wou snaaks raak is net 'n bonus.... ;D ;D ;D

Geno, jy moet mooi kyk hoe begin die CZ hulle plekkie in sy kluis inneem!
Daar is al 2!!!

Re: buffel trofee

Posted: Thu Sep 13, 2012 6:25 am
by Foxcreek
Met die saal kan jy nog 'n plan maak. Ek dink die die bloed gaan waai by die "toom-opsit-slag" en nog erger as jy daai stang moet insit!

Re: buffel trofee

Posted: Thu Sep 13, 2012 7:07 am
by Gerhard
Baie mooi bulle.

Weer eens baie geluk.

Gee bietjie data oor daai 350gr Barnes en die 375 H&H asb

Re: buffel trofee

Posted: Tue Sep 18, 2012 3:51 pm
by kopskoot
[quote

Gee bietjie data oor daai 350gr Barnes en die 375 H&H asb
[/quote]


Gerhard

Ek sal nie weer die 350gr TSX'e gebruik nie. Ek dink die koeel is te lank, en die spoed te laag, uit n H&H uit vir hulle. Ek sal van nou af net 300gr, of dalk 270gr'e skiet.

Op die eerste buffel, het ek sy groot skouer bene raak geskiet en het die koeel nie soos verwag gepenetreer nie. Die koeel is herwin, en is effens gebuig, wat daarop dui dat hy "getumble" het, na impak. Die tweede bul het ek n 300gr TSX gebruik. Full frontal skoot, deur die borsbeen. Die koeel het ons net voor sy skrotum uit gehaal. Dus baie goeie pentrasie.

Deur my ondervinning het ek besluit om by die 300greiners  te hou@2350f/sek. Jy het niks meer as dit nodig vir buffels nie. Inteendeel, ek dink dis meer as genoeg.

Mauritz Coetzee het n tyd terug, n artikel daaroor geskryf in wild en jag

Re: buffel trofee

Posted: Tue Sep 18, 2012 3:54 pm
by Gerhard
Bakgat man dankie vir die info...

Wys jou nou maar net weer wat n 300gr teen 2350fps kan doen ivm pennetrasie.  8)

Re: buffel trofee

Posted: Tue Sep 18, 2012 8:13 pm
by DWB
Sien, as jy die 375 teen die 9.3 se snelhede laai kyk hoe mooi maak hy dan  ;D ;D ;D

Ronald, daai is twee mooi bulle man!

Re: buffel trofee

Posted: Tue Sep 18, 2012 8:18 pm
by Gerhard
DWB wrote: Sien, as jy die 375 teen die 9.3 se snelhede laai kyk hoe mooi maak hy dan  ;D ;D ;D

Ronald, daai is twee mooi bulle man!


Moet nou nie n 9,3 met n 375H&H kom staan en vergelyk nie man...

Ek kan die 300gr jaag tot op 2600 fps as ek wil. 8)

Re: buffel trofee

Posted: Tue Sep 18, 2012 8:21 pm
by DWB
Hehehehe, nee wat manne, dis sommer so tong in die kuus, ek weet die 375 is tot meer instaat.

Maar dit beteken nie die 9.3 kan nie :D

Re: buffel trofee

Posted: Tue Sep 18, 2012 9:22 pm
by Piet Breedt
Mooi Ronald, ek het lekker gelag vir jou kleur beskrywing van adrenalien..........bruin.

Dit is regtig n groot voorreg om sommer twee van die manne plat te trek, meeste van ons droom maar net vir een.

Geno, ek hou van jou naam vir Ronald, dit is net bietjie kort.

Re: buffel trofee

Posted: Wed Sep 19, 2012 7:29 am
by kopskoot
Gerhard wrote:
DWB wrote: Sien, as jy die 375 teen die 9.3 se snelhede laai kyk hoe mooi maak hy dan  ;D ;D ;D

Ronald, daai is twee mooi bulle man!


Moet nou nie n 9,3 met n 375H&H kom staan en vergelyk nie man...

Ek kan die 300gr jaag tot op 2600 fps as ek wil. 8)
Ek wil nou nie vergelykings tref nie, maar het julle al opgemerk? Waneer n Ferrari by jou verby jaag op die highway, is daar altyd n outjie in n BMW op sy hakke wat wil wys hy kan ook.

Dog ek noem dit maar net! ;D ;D ;D ;D

Re: buffel trofee

Posted: Wed Sep 19, 2012 7:42 am
by DWB
Nee wat....

My ou Nissan 1 tonner het my nog nooit in die steek gelaat nie... En hy ry ORALS

Low Speed High Torque ;D ;D

Soos ek, groot stadig en sterk ;D ;D

Re: buffel trofee

Posted: Wed Sep 19, 2012 8:28 am
by DWB
kopskoot wrote:
Gerhard wrote:
DWB wrote: Sien, as jy die 375 teen die 9.3 se snelhede laai kyk hoe mooi maak hy dan  ;D ;D ;D

Ronald, daai is twee mooi bulle man!


Moet nou nie n 9,3 met n 375H&H kom staan en vergelyk nie man...

Ek kan die 300gr jaag tot op 2600 fps as ek wil. 8)
Ek wil nou nie vergelykings tref nie, maar het julle al opgemerk? Waneer n Ferrari by jou verby jaag op die highway, is daar altyd n outjie in n BMW op sy hakke wat wil wys hy kan ook.

Dog ek noem dit maar net! ;D ;D ;D ;D
Ronald, ek weet nou nie wat is die groter klap in die gesig nie... Die BMW of...?

Jy kan jouself ook nou maar net gaan vra wie was die voorloper...