Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Frikkiedbr »

http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1662696_618574481556613_196330066_n_zps2ff724c0.jpg
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2326
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dink voorstel is altyd n goeie maniere die manne wat nie omgee nie hoef nie daar te gaan lees nie 1TOPIC vir alle voorstelle.Indien jy ietsie meer wil weet oor n man gaan loer jy op die topic en dit sal uit die aard ook n idee gee met wie n man besigheid doen daar is tog baie lede wat items smous.

Help ok nie ons redeneer oor so n funksie nie want HEIN is die man wat sal kan se of so iets moontlik is.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Frikkiedbr »

NicoSmit wrote:Beter idee los die voorstellings klink soos 'n AA meeting Hello my naam is Kosie en ek suip soos 'n vis.....Hello Kosie!
Wel, jy sien dit werk so… ‘n Trop buffels beweeg net so vinnig soos die stadigste buffel. Wanneer die trop gejag word is dit die stadigste en swakste agter wat geskiet word. Die natuurlike seleksie is goed vir die trop as ‘n geheel, want die spoed en toestand van die trop verbeter deur die gereelde eliminasie van die swakste troplid. Op dieselfde manier funksioneer die menslike brein net so goed soos die swakste breinsel. Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle. Maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan. Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste breinselle vernietig, wat dan die brein vinniger en meer effektief laat funksioneer… en dit is hoekom jy altyd slimmer voel na ‘n paar doppe!
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Johan Nel »

Die feit is dat wanneer die nuwe manne die eerste post opsit is daar totaal geen reaksie van die ander mense op die forum nie, alvorens die man nie homself op een of ander wyse voorgestel het nie, en as die man nog hulp vra of jagplek of jagdiere vra, dan is die gort behoorlik gaar. Die afleiding is dus dat die gemiddelde ou hier op die forum wel tog daarvan hou dat 'n persoon homself op een of ander manier voorstel. Die protokol rondom hoe dit gekommunikeer word na nuwe lede toe is waarskynlik waaroor ons nog moet ooreenkom. Ek wil my skaar by die manne wat die voorstel gemaak het dat die nuwe lede tydens die proses van registrasie hulleself voorstel en dat hulle nie kan begin post voordat hulle wel hulleself op die bepaalde plek voorgestel het nie. Op daardie wyse vermy dit enige moontlike onaangenaamheid tydens 'n man se eerste post.
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Hugo »

http://i1276.photobucket.com/albums/y462/staffpicks/Animated_GIFs/1304665629_1304348548_ya5.gif

Iemand mis die bal, ek bedoel punt.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Capt. Yoda »

lmga
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Jaco123 »

Ek dink julle manne kort dit.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by KalahariKlong »

Snaaks dat die manne wat kla amper nooit of baie min onder die is wat nuwe lede verwelkom.
Ek het ook al 'n man of twee verwys, veral as hy soek soek instap opsoek na jagplek of met iets om te adverteer.
Ons kan mos maar die manne reghelp maar die groot ding is maar hoe mens dit doen.
Ek het nou al 'n paar baie mooi voorbeelde gesien van hoe dit behoort gedoen te word en wens ek kon dit kry om hier te post.

Groete
KK
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by tau »

Hi my naam is Tau. EK is bles, dom en ek kan nie spel nie, maaaaaaaaar oooooo flippet ek like jag, skiet, visvang en 'n koue goue.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by PWV »

tau wrote:Hi my naam is Tau. EK is bles, dom en ek kan nie spel nie, maaaaaaaaar oooooo flippet ek like jag, skiet, visvang en 'n koue goue.
Welkom Tau. HOOP JY GENIET DIT BAIE HIER.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Piet Pille »

Pieter Willem Vorster wrote:
tau wrote:Hi my naam is Tau. EK is bles, dom en ek kan nie spel nie, maaaaaaaaar oooooo flippet ek like jag, skiet, visvang en 'n koue goue.
Welkom Tau. HOOP JY GENIET DIT BAIE HIER.
Hallo Tau. Bly te kenne. My naam is Piet Pille. Ek hou van sukkel. Maar eeder van sukkel in die veld as in die kantoor. Ek skiet graag goeters en spek. Ek kannie wag om lekker saam te baklei hier met al die kwaai ouens nie >:D
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by tau »

Pieter Vorster wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:
tau wrote:Hi my naam is Tau. EK is bles, dom en ek kan nie spel nie, maaaaaaaaar oooooo flippet ek like jag, skiet, visvang en 'n koue goue.
Welkom Tau. HOOP JY GENIET DIT BAIE HIER.
Hallo Tau. Bly te kenne. My naam is Piet Pille. Ek hou van sukkel. Maar eeder van sukkel in die veld as in die kantoor. Ek skiet graag goeters en spek. Ek kannie wag om lekker saam te baklei hier met al die kwaai ouens nie >:D
Dankie Oom Pieter en Piet Pille. Piet Pille kan jy nie vir OOm piter korting gee op sy voorskrift(e) nie asb? Sien daar doen ek iets goed.

Piet Pille dit het gister mooi in die Kalahari gerem nou raak ek lus vir Springbokke skiet vanaf 'n cruiser in die Rooi duine.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Piet Pille »

Hallo Tau. Bly te kenne. My naam is Piet Pille. Ek hou van sukkel. Maar eeder van sukkel in die veld as in die kantoor. Ek skiet graag goeters en spek. Ek kannie wag om lekker saam te baklei hier met al die kwaai ouens nie >:D[/quote]

Dankie Oom Pieter en Piet Pille. Piet Pille kan jy nie vir OOm piter korting gee op sy voorskrift(e) nie asb? Sien daar doen ek iets goed.

Piet Pille dit het gister mooi in die Kalahari gerem nou raak ek lus vir Springbokke skiet vanaf 'n cruiser in die Rooi duine.[/quote]

Oom Pieter drink nie pille nie. Hy snuif leeumis en gorrel terpentyn. En skiet sy Tombi. Die tannie drink egter klomp pille- meestal kalmeerpille en koop ook baie oorpluisies....

I.v.m die rooi duine- Ek weet van 'n cruiser, doppie-opteller, pot- skropper en koelboks-operateur hier in die Grootfontein kontrei wat kan gaan help- laat weet as ek vir jou die nommer moet deurgee
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by tau »

Pieter Vorster wrote:Hallo Tau. Bly te kenne. My naam is Piet Pille. Ek hou van sukkel. Maar eeder van sukkel in die veld as in die kantoor. Ek skiet graag goeters en spek. Ek kannie wag om lekker saam te baklei hier met al die kwaai ouens nie >:D
Dankie Oom Pieter en Piet Pille. Piet Pille kan jy nie vir OOm piter korting gee op sy voorskrift(e) nie asb? Sien daar doen ek iets goed.

Piet Pille dit het gister mooi in die Kalahari gerem nou raak ek lus vir Springbokke skiet vanaf 'n cruiser in die Rooi duine.[/quote]

Oom Pieter drink nie pille nie. Hy snuif leeumis en gorrel terpentyn. En skiet sy Tombi. Die tannie drink egter klomp pille- meestal kalmeerpille en koop ook baie oorpluisies....

I.v.m die rooi duine- Ek weet van 'n cruiser, doppie-opteller, pot- skropper en koelboks-operateur hier in die Grootfontein kontrei wat kan gaan help- laat weet as ek vir jou die nommer moet deurgee[/quote]

Kan hy noodhulp toepas?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by PWV »

Pieter Vorster

Gee maar net kans. Jou tyd van pille en brille kom ook aan. Ongelukkig sal jy my dalk nie hoor lag nie, maar glo my ek gaan lê soos ek lag as jy deur die Kalaharisand ploeter.

Groetnis
P.W.V.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by KalahariKlong »

Baie welkom aan al die nuwe lede
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by PWV »

KalahariKlong wrote:Baie welkom aan al die nuwe lede
Jammer, KalahariKlong, maar ek moes net die volgend byvoeg (nie onder jou naam nie):

...ook welkom aan dié wat hulself nog nie voorgestel het nie en dié wat hulle eers later gaan voorstel as hulle eers begin tuis voel! ::)
Last edited by PWV on Thu Feb 20, 2014 9:53 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Gawie(13mm) »

Oom moet maar more by my kom koffie drink. Ons twee kan dan lamenteer oor ons liddorings ;)
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by James Wilson »

Dimitri wrote:
James Wilson wrote:Stefan, jy is korrek. Hier is Hein se opdrag, reeds in 2011:


Vir die ou manne op die forum asook die minder oues, daar het 'n kultuur ontstaan dat nuwe lede terreggewys word indien hulle hulself nie voorstel nie. Ek versoek elkeen om dit per PM aan die nuwe lid te doen/oor te dra. Baie nuwe ouens is selfbewus om te skryf en met sy eerste skrywe word hy in die bek geruk. Dit kan 'n slegte ondervinding wees wat die persoon nie weer sal laat skryf nie. Die terregwysing is dan privaat en sal dit makliker verwerk/aanvaar word as in die openbare forum.

Kom ons behou die gemaklike informele manier van die forum.

Vir die nuwe ouens:
Stel jou voor by nuwe aansluiting en laat weet ons van waar jy is en jou belangstellings.

Groete
Heinrich (Jaracal)
Dankie vir dit, James.

Enigste ding is dat die arme man/vrou dan dalk 20 PMs kry en dan voel hulle ook sleg want hulle dink dat hulle iets baie sleg gedoen het dat die hele Forum hulle PM.

Wat kos dit om net aangenaam en respekvol te vra of hy/sy hulself nie asb kan voorstel nie?
Dimitri, het n goeie punt. Maw, as iemand homself nognie voorgestel het nie, probeer hom sinvol oortuig om dit wel te doen. Moet hom dus nie dreig nie.

Voorbeeld! Nuwe lid: 505 Gibbs Hemmingway. ( hy neem al lekker deel, geniet die forum maar het nagelaat om homself voor te stel) hoekom hom uittrap?! Wat van?:" welkom 505, dit is n baie unieke username wat jy gebruik, wat is jou lojaliteit teenoor die 505 Gibbs en die bekende Hemmingway naam?"

Op die manier voel die nuwe lid welkom en lus om sy storie te vertel.

Kom ons wees nou maar eerlik, ons geniet almal n goeie storie. Maar hoekom iemand eers laat sleg voel? Gaan hy dan nogsteeds aktief deelneem?

Kom ons wees gasvry, hoflik en verwelkomend.

Indien n gevestigde lid verkies om dit nie so te doen nie, wees gewaarsku dat jy n nuwe lid aanvat n weerwil van die eienaar van Jaracal( Hein) se wense.

Gaan lees ASB weer die volgende:

"Vir die ou manne op die forum asook die minder oues, daar het 'n kultuur ontstaan dat nuwe lede terreggewys word indien hulle hulself nie voorstel nie. Ek versoek elkeen om dit per PM aan die nuwe lid te doen/oor te dra. Baie nuwe ouens is selfbewus om te skryf en met sy eerste skrywe word hy in die bek geruk. Dit kan 'n slegte ondervinding wees wat die persoon nie weer sal laat skryf nie. Die terregwysing is dan privaat en sal dit makliker verwerk/aanvaar word as in die openbare forum.

Kom ons behou die gemaklike informele manier van die forum.

Vir die nuwe ouens:
Stel jou voor by nuwe aansluiting en laat weet ons van waar jy is en jou belangstellings.

Groete
Heinrich (Jaracal)
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by BRNO (Pierre) »

Hugo wrote:http://i1276.photobucket.com/albums/y462/staffpicks/Animated_GIFs/1304665629_1304348548_ya5.gif

Iemand mis die bal, ek bedoel punt.
++>: ;D ++>: ;D ++>:
Veiligheid eerste manne!
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by NEGE3 »

James baie dankie. Die manier om 'n nuwe lid in te klim en sy tande uit te skop voor hy nog 'n letter kon tik staan my ongelukkig ook nie aan nie. Behandel mense met respek dan voel hulle darem welkom en lus om met ons te gesels. Hoekom wil iemand by 'n Forum aansluit as hy nie dieselfde belangstellings as ons geniet en 'n storie het om te vertel nie.
Respek dwing respek af.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Geno »

Aan almal wat bietjie opgelaas voel, hier is die medisyne.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/1017568_10152259009006079_646748869_n.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Eugene »

Geno wrote:Aan almal wat bietjie opgelaas voel, hier is die medisyne.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/1017568_10152259009006079_646748869_n.jpg
Dankie Geno! Kan mens namens iemand anders ook bestel en vra dat dit daar afgelewer word? ;)
Aim small, miss small
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Frikkiedbr »

Ma vang pietie by die koekblik en vra: watter een van die 10 gebooie geld nou hier? Pietie: "jy mag nie doodslaan nie"
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Chris Swart »

Geno wrote:Aan almal wat bietjie opgelaas voel, hier is die medisyne.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/1017568_10152259009006079_646748869_n.jpg

Jy kan. Maar posgeld is vir die koper se rekening :laugh:
Post Reply