Page 18 of 30
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Dec 15, 2013 8:09 pm
by JPS
Jaco,
My 4kaartjies is nou net betaal en bewys deurgemail as JPS as verwysing. Jy behoort ook een direk van bank te kry net om seker te maak jy kry die bewys
Mooiloop
JP
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Dec 15, 2013 8:13 pm
by DWB
Ek het ook nog 4 ingegooi. Nou net
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Dec 15, 2013 8:47 pm
by NicoSmit
Het ook nog 2 kaartjies gekoop so nou het ek ook my 4 kaartjies en is in die running vir die jagte
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Dec 15, 2013 9:16 pm
by Jakkalsgat
R 90 550 met 3 ure oor!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Dec 15, 2013 10:09 pm
by Jakkalsgat
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Dec 15, 2013 10:11 pm
by Jan Nel
Jaco
Ek en Theresa skenk nog 'n wegbreek naweek vir 4 persone ter waarde van R2800.00 in 'n selfsorg chalet op Buyskop Lodge - vir die eienaar van kaartjie nommer 2000 - maw as ons ten minste die R100 000.00 kerf maak.
http://www.buyskop.co.za
Groete
Jan
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Dec 15, 2013 11:02 pm
by Jakkalsgat
Jan
Baie dankie
Daar hoor julle die eienaar van kaartjie no 2000 is outomaties die wenner van hierdie wegbreek naweek vir 4 persone en verder gee Robbie aan dieselfde persoon 4kg biltong om te geniet op hierdie wegbreek.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Dec 15, 2013 11:06 pm
by Pvdw
Ons krag is af!!! Kan nie die rekenaar opstart on laast kaartje te koop nie!!! Hoop dit kom aan voor 12.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Dec 15, 2013 11:10 pm
by Jakkalsgat
R91 750 50 minute om te gaan
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Dec 16, 2013 12:03 am
by Jakkalsgat
More Manne
Hierdie kompetisie is nou gesluit.
Dankie vir elkeen se bydrae en deelname.
Groete
Jaco Stander
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Dec 16, 2013 6:51 am
by Beretta
Manne
Dan is dit seker nou tyd om vir Jaco en die manne wat hom help en almal wat n bydrae gemaak baie baie dankie te se vir julle bydrae. Dat julle bereid was om te gee om n verskil in iemand se lewe te maak namens myself en my dogter BAIE BAIE DANKIE MAG JULLE EN JULLE GELIEFDES N WONDERLIKE KERSFEES EN NUWE JAAR HE.
Beretta
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Dec 16, 2013 7:56 am
by Marc
Beretta wrote:Manne
Dan is dit seker nou tyd om vir Jaco en die manne wat hom help en almal wat n bydrae gemaak baie baie dankie te se vir julle bydrae. Dat julle bereid was om te gee om n verskil in iemand se lewe te maak namens myself en my dogter BAIE BAIE DANKIE MAG JULLE EN JULLE GELIEFDES N WONDERLIKE KERSFEES EN NUWE JAAR HE.
Beretta
Beter kon ek dit nie self stel nie, dankie aan julle elkeen. Mag die bydrae meningte gelukkige gesiggies he
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Dec 16, 2013 8:15 am
by Eugene
Dankie aan almal wat deelgeneem het, voorstelle gemaak en en gereeld navrae gedoen het oor waar ons staan. Baie dankie ook aan die borge wat pryse en aansporingspryse geborg het. Sonder julle sal hierdie kompetisie nie gewerk het nie.
Manne, laat ons nooit vergeet dat ons bevoorreg is om in die posisie te wees om te kan gee nie en laat ons nooit versuim om te help, as dit in ons vermoë is nie!
Ek dink hierdie jaar se bydraes en ondersteuning het almal se stoutse verwagtinge oortref! Baie dankie aan die Jaracal-lede se onbaatsugtige bydraes hierin!
Daar gaan 'n paar kinderharte wees wat ongelooflik bly gaan wees!
Laastens, baie dankie en ook geluk aan Jaco! Sonder 'n dryfveer soos hy, sou hierdie poging, nooit suksesvol gewees het nie.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Dec 16, 2013 9:39 am
by douw
Eugene wrote:Dankie aan almal wat deelgeneem het, voorstelle gemaak en en gereeld navrae gedoen het oor waar ons staan. Baie dankie ook aan die borge wat pryse en aansporingspryse geborg het. Sonder julle sal hierdie kompetisie nie gewerk het nie.
Manne, laat ons nooit vergeet dat ons bevoorreg is om in die posisie te wees om te kan gee nie en laat ons nooit versuim om te help, as dit in ons vermoë is nie!
Ek dink hierdie jaar se bydraes en ondersteuning het almal se stoutse verwagtinge oortref! Baie dankie aan die Jaracal-lede se onbaatsugtige bydraes hierin!
Daar gaan 'n paar kinderharte wees wat ongelooflik bly gaan wees!
Laastens, baie dankie en ook geluk aan Jaco! Sonder 'n dryfveer soos hy, sou hierdie poging, nooit suksesvol gewees het nie.
hoor, hoor!!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Dec 16, 2013 9:46 am
by Silent Hunting
More almal,
Groot dankie en geluk aan almal wat dit gemaak gebeur het. Dit was voorwaar briljant gewees.
Henk
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Dec 16, 2013 10:22 am
by ROBBIE1
Woorde kan soms nie alles se wat n mens eintlik bedoel nie!
Sonder elke deelmener, sou hierdie nie moontlik gewees het nie, ek dink elke lid wat hier deelgeneem het, verdien n klop op die skouer, en die seeninge van ons Vader, weet net julle maak n masiewe verskil in daai kinder harte!
Dankie Jaco en die span wat gehelp het, onbaatsugtig julle tyd hierin gesit het, mag dit wat julle almal gesaai het, menigvuldig na julle terugkeer!
n Ekstra Gessende Feestyd vir almal, en n uit julle skoene geseende 2014!!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Dec 16, 2013 11:44 am
by tafjak
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Dec 16, 2013 12:36 pm
by Jean Marais
Van my kant af ook, wel gedaan aan almal wat deelgeneem het. Die welwillendheid van almal wat deelgeneem het, is onbeskryfbaar.
Wat jy saai, sal jy maai. Baie dankie
Geloftegroete
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Dec 17, 2013 7:55 am
by Hilux01
Dankie aan almal wat relings getref het en in die enjin kamer geswoeg het
ook aan almal wat pryse en bydraes gemaak het
Volgende jaar mik ons vir daai R100 000 of hoe?
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Dec 17, 2013 11:37 am
by Frikkiedbr
Ek wil net vir die anonieme vriend baie dankie sê wow.
Dan ook aan Jaco, Baie dankie vir al die harde werk hier, en almal wat by gedra het.
Sien uit na volgende jaar se fonds insameling.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:17 pm
by douw
Frikkiedbr wrote:Ek wil net vir die anonieme vriend baie dankie sê wow.
Dan ook aan Jaco, Baie dankie vir al die harde werk hier, en almal wat by gedra het.
Sien uit na volgende jaar se fonds insameling.
Kom Frikkie, uit daarmee. Watse geheim is die anonieme vriend. Hier is 'n storie, agter die storie.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:26 pm
by Frikkiedbr
Hello Douw Nee daar is nie 'n storie agter en http://emoticoner.com/files/emoticons/smileys/no-comment-smiley.gif?1292867644
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:32 pm
by douw
Frikkiedbr wrote:Hello Douw Nee daar is nie 'n storie agter en http://emoticoner.com/files/emoticons/smileys/no-comment-smiley.gif?1292867644
Is die "no comment" op aanbeveling van jou prokuroof?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:35 pm
by Pvdw
Douw hy is skuldig!!! vreeslik vinnig om te "no comment"
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:36 pm
by Frikkiedbr
http://emoticoner.com/files/emoticons/smileys/offline-smiley.gif?1292867648