Stilste silencer

Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Stilste silencer

Post by Geno »

Wout.
Dis 'n Terminator kaliberspesifiek bestel vir die .204.
Ek sal vanaand sy gat meet en baffles tel.

Groete
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Plasmodium
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Jan 04, 2010 5:01 pm

Re: Stilste silencer

Post by Plasmodium »

Baie dankie Geno, en die ander manne! Dis goeie werk!!!
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2486
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Stilste silencer

Post by Flip Nel »

Ek het gou die sommetjie op exel gedoen, as jy die nommers optel soos gegee in die table, met die totaal wat die minste is, is die beste dan wen Silent Hunter. Baie geluk Henk

Decibel Gewig Lengte Breedte Prys Totaal
Aimzonic 6 3 1 11 11 32
Discreet 11 6 3 1 4 25
Nightro 12 2 5 3 10 32
Numenor Prototype 9 1 11 1
Numenor Reflex 2 13 14 7 12 48
Numenor Screw on 5 9 13 7 9 43
OFS 38mm 7 4 7 3 5 26
OFS 50mm 10 10 6 11 5 42
OFS Ultimate 1 14 11 11 13 50
Silent hunter 3 8 3 3 2 19
Terminator 14 12 2 7 1 36
Warrior - 13 11 8 11 7 50
Warrior - dun 4 5 8 3 3 23
Warrior - medium 8 7 8 10 7 40
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Stilste silencer

Post by PWV »

Henk, jou ou doring!!!
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Stilste silencer

Post by Silent Hunting »

Hehehe. Dankie. Alles te danke aan die Forum manne se ondersteuning en terugvoer.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Groukat
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm

Re: Stilste silencer

Post by Groukat »

Baie dankie Geno en kie,

Dis baie waardevolle inligting die.

Baie geluk aan almal se kd's.

Baie geluk henk, hierdie uitslae bevestig 'n paar toetse wat ek en vriende sommer met die oor gedoen het. Die oor kan baie bedrieglik wees, maar onder ons manne was joune die stilste.

Baie geluk met 'n puik produk.

Nogmals dankie vir almal se moeite, dit maak die soek vir silencers nou baie makliker.
User avatar
vanderlindedj
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Fri Jul 18, 2014 7:45 pm

Re: Stilste silencer

Post by vanderlindedj »

Hallo Almal

Dankie julle manne, dit was baie smart toets. Wat sal jul se met recoil? As ek na n silencer kyk, kyk ek na die volgende:
- Gewig (wil nie geweer onnodig te swaar maak nie)
- Lengte (nie geweer lomp maak nie)
- Recoil vermindering (dis tog wat maak dat jy beter skiet!)

Sal jul se n silencer wat stiller is het minder recoil of n swaarder een of...
Barnard 300NM 35grade Imp
Steyr Mannlicher Luxus 300WM
Howa 308win
Sako 223 Ackley
Norinco CQ 10" 223rem
Savage LRP 6.5mm
Walther M4 Carbine .22LR
Mauser .22LR
Pardus FIX 12Br
Beretta Silver Pigeon 12Br
Baikal SS 12Br
Glock 26 9mm
CZ P07 Duty
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Stilste silencer

Post by douw »

Baie dankie vir die toetse manne. Dit word opreg wardeer.

Groete
Douw
theterminator
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sun May 05, 2013 1:02 pm

Re: Stilste silencer

Post by theterminator »

NMM
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Stilste silencer

Post by Arnold »

Ek het die resultate bietjie op 'n ander manier verwerk waar die beste supressor in 'n kategorie 100 persent kry en die swakste kry 0.
As mens dan bloot die gemiddelde vat lyk die resultate so:

https://dl.dropboxusercontent.com/u/37019857/Geweer%20fotos/Supressor.jpg

Soos die manne sê, verskillende aspekte dra egter verskillend gewig vir sommige manne ...
theterminator
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sun May 05, 2013 1:02 pm

Re: Stilste silencer

Post by theterminator »

HI MANNE
Ek was baie lank laas op die forum, dempers hou my besig tot laat elke aand
kry ek nou vanmiddag 'n groot verrassing, een van die lede bring hier vir my die knaldemper toetse aan en my demper doen die swakste

Nou gaan ons 'n groot blik wurms oopmaak
ek wil so paar vrae vra

1. hoekom het niemand my gekontak om ook 'n demper vir die toetse te stuur nie
2. wat se apparaat is gebruik om die toetse mee te doen
3. waar is die apparaat geplaas tydens die toetse - langs die skut se oor, langs die geweer, voor die geweer ens
4. is daar 'n bevoegde persoon gebruik om die toetse te doen
5. wat was die db wat by elke demper gemeet is
6. het julle spesefiek gevra vir 204 dempers

hoekom ek die vrae vra
geno het 'n terminator demper gebruik wat ek meer as drie jaar terug vir hom gemaak het, hy het die demper gebruik tydens operasie mooihuil oop sweizer
volgens hom was daar op daai stadium niks wat sagter was as daai terminator nie
daar is sekerlik al 'n paar duisend skote deur die demper en is die demper al redelik gepak aan die binnekant met carbon en koper. so 'n gebruikte demper is verseker minder effektief as 'n nuwe demper
het hy vir die forum lede vertel dat dit 'n ou gebruikte terminator was wat getoets is

ek het vanmiddag met 'n dokter gepraat wat klanktoetse doen vir die goedgekeurde inspeksie-owerheid vir geraasmeting oor die toetse wat gedoen is
na sy verduideliking oor die klanktoetse en die apparaat wat gebruik word is dit vir my duidelik dat die toetse wat hier gedoen is eintlik 'n grap is
ek het ook met hom gereel dat hy die regte klanktoetse hier in bloemfontein kom doen en dit dan vir ons op die forum plaas. julle is welkom om my te kontak vir reelings oor die toetse
daar sal van 'n 223 tot 'n 375 getoets word, my dempers se toetse sal op my webblad geplaas word (webblad sal binnekort in werking wees)
hoekom al die kalibers - die manne wat dempers ingestuur het was nie baie eerlik nie, daar is van daai dempers wat baie groter is as die algemene dempers wat hulle vir groter kalibers gebruik
ek kry elke week ten minste 5-7 bestellings van skuts wat van die dempers het wat getoets is op die forum, wat die naweek langs 'n ander skut geskiet het wat 'n terminator gebruik en wat die verskil in klank hoor en dan sommer dieselfde middag of die maandag dan 'n terminator bestel
jy moet nominate vir watse kaliber jou demper is
ek kon ook my grootste demper ingestuur het en vir almal vertel het dit is 'n 204 demper

Wouter, jy het gevra wat fout gegaan het, hulle het 'n ou demper getoets
ek gebruik naatlose pyp op die nuwe dempers, die binnekant is so bietjie verander en ook nuwe powdercoat
die demper is sagter en ook sterker as die ou reeks ongelukkig ook duurder - R1400

nou ietsie vir die manne wat so oor die gewig kerm, 'n effektiewe demper het ongelukkig 'n prys - gewig en groote
my dempers is swaarder en groter as van die ander fabrikate, maar om die perfekte balans op jou geweer te kry moet die demper meer as 600 gram weeg, die swaarder demper sal ook meer terugskop absorbeer
alluminium dempers is baie lekker en lig maar oor die langtermyn hou hulle nie, ek het terminators by my wat tussen 4500 en 16000 skote deur het, die 16000 een is amper heeltemal toe van die aanpaksels
die kleiner dempers wat die skuts so op die groter gewere sit sal ook baie vinniger aanpak aan die binnekant as die groter dempers.

daar is nou 'n magdom manne wat dempers bou - amper elke ou wat 'n draaibank het bou dempers
lede wat op mdie forum en ander forums gebruik, kyk die manne se trackrecords, hoe lank bou hy al dempers, wat weet hy van die skiet-game, laat hy die goed bou of bou hy self, wat se waarborg het jy ens
ek bou al 10 jaar dempers en die meeste skuts/jagters het al van terminator dempers gehoor en op die forums daarvan gelees, ek het al male sonder tal dempers vir manne vervang wat nie eers my produk se skuld was nie, net omdat my naam vir my so belangrik is

op die foto van die dempers wat getoets is is daar 'n silent hunter langs myne, ek wil net graag weet hoekom lyk hulle al meer soos terminators?
dis makliker om 'n ding te na-aap as om 'n nuwe vorm uit te dink
die mense kom vertel my ook hoe kraak jy my produk af daar buite, ek het dit mos nie met jou produk gedoen nie
ek se weer ek bou dempers en nie trompette nie
kyk of al die manne wat nou so dempers bou nog oor 2 jaar hier gaan wees

mense wat belangstel in die regte klanktoetse deur geakrediteurde onafhanklike mense kontak my gerus
die toetse sal voor einde september plaasvind

groetnis
clarence
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Stilste silencer

Post by Eugene »

Waarom het die manne wat jou nou so vinnig bel, jou nie gesê van die toetse nie? Ek sal bietjie met hulle praat as ek jy was.......

Ek dink daar is darem seker nog so 50 ander KD's wat nie getoets is nie, hoop nie hulle almal kom doen nou "ref blaming" hier nie.....
Aim small, miss small
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Stilste silencer

Post by BRNO (Pierre) »

Clarens, dis darrem nou vir my snaaks dat jy laas hier was voor April die jaar. Op n stadium twee of wat jaar terug kon die mense nie genoeg van jou demper kry nie, en was jy darrem lekker aktief op die forum. Het dit jou nie ooit gepla dat jou kliente hier van jaracal se kant af minder raak (neem ek aan), en jy dalk gedink om maar weer hier te kom dagse en kyk wat gaan aan. Bloem is ook mos nou nie so groot plek nie, en die geweer mekka is maar redelik close knit daar. Snaaks dat niemand wat jou ken nie gese het van die "toets" nie.

Geno en kie, het dit van die begin af duidelik gemaak dat hulle geen fundis of experts is wat die tipe van toetse aanbetref nie, en het dit in hulle eie tyd en met eie fondse gedoen. Om te "monitor" was daar darrem die man wat van OVS kd's die more van Bloem af deurgekom het, ook met sy eie aparaat om seker te maak dinge verloop mooi.

Geno het ook darrem al n paar keer op die post genoem hoe en waar die meters geplaas is.

Daar was spesifiek vir .204 dempers gevra, en my .223 Silent Hunter was geoormerk vir die toets. Ongelukkig agv van n skewe skroefdraad het ek die ding stukkend geskiet n week voor die toets. My .243 demper is presies dieselfde aanmekaar gesit as die .223 sn, met slegs n effe groter gat, dus was hy voldoende vir die toets.

Ek sien jy mik ook so na Henk se produk. Ek kan jou se, dat ek baie komms met Henk het, en dat hy nog nooit jou produk afgekraak het nie, en self sy eie ontwerp i.t.v. baffels plasing ens onwikkel het. Enigste komentaar wat al ooit uitgekom het, van sy kant af, was dat jou demper werk, maar hy is net te swaar.

Nog n ding wat ek kan byvoeg, is toe ek ongeveer twee jaar terug my demper by jou, maar deur jou agent (kan nie sy naam onthou nie) aangekoop het, het dit sewe weke na die betaling geskiet het by my uitgekom. Dit was na ek later moes bel en smeek en stories van jagte wat opkom opmaak en vertel. Ek daag jou uit om die persoon wat vir jou die toetse gebring het te vra om n demper by Henk te koop, en kan jou verseker die demper sal binne sewe dae by jou wees. As daar iets fout ook gaan, stuur Henk die nuwe, en laat weet dat jy maar die oue moet terug pos wanneer jy tyd het.

Indien jy nuwe toetse wil doen sal dit natuurlik gaaf wees, maar net soos die eerste toetse moet joune ook oop wees vir enige iemand wat wil inskryf, en ek reken jy sal ook die kostes moet dra, net soos die manne voor jou.

Skep dan asb jou eie draad hiervoor, en run dit van daar af. Hierdie draad is geskep deur aktiewe lede van die forum, wat daagliks bydraes maak, net soos die bedoeling met die toets was.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Stilste silencer

Post by BRNO (Pierre) »

Flip Nel en Arnold, ek hou van die manier hoe julle manne die dinge uitredeneer met die gemiddelde. Dit sit so bietjie meer perspektief aan die uitslae. Wat dit egter wys is dat daar buite baie goeie produkte beskikbaar is, en ek reken elke man gaan sy produk kies, en daarby hou.

Ek persoonlik is n silent hunter man, en probeer dit sover verkoop as wat ek kan. Ek dink nie net Henk het n besondere goeie produk nie, maar diens, en naverkoopdiens, gaan jy sukkel om beter te kry.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Stilste silencer

Post by Geno »

Dok Arnold,
Dankie vir jou tabel. Dit maak baie sin.
theterminator wrote:HI MANNE
Ek was baie lank laas op die forum, dempers hou my besig tot laat elke aand
kry ek nou vanmiddag 'n groot verrassing, een van die lede bring hier vir my die knaldemper toetse aan en my demper doen die swakste

Nou gaan ons 'n groot blik wurms oopmaak
ek wil so paar vrae vra

1. hoekom het niemand my gekontak om ook 'n demper vir die toetse te stuur nie
2. wat se apparaat is gebruik om die toetse mee te doen
3. waar is die apparaat geplaas tydens die toetse - langs die skut se oor, langs die geweer, voor die geweer ens
4. is daar 'n bevoegde persoon gebruik om die toetse te doen
5. wat was die db wat by elke demper gemeet is
6. het julle spesefiek gevra vir 204 dempers

hoekom ek die vrae vra
geno het 'n terminator demper gebruik wat ek meer as drie jaar terug vir hom gemaak het, hy het die demper gebruik tydens operasie mooihuil oop sweizer
volgens hom was daar op daai stadium niks wat sagter was as daai terminator nie
daar is sekerlik al 'n paar duisend skote deur die demper en is die demper al redelik gepak aan die binnekant met carbon en koper. so 'n gebruikte demper is verseker minder effektief as 'n nuwe demper
het hy vir die forum lede vertel dat dit 'n ou gebruikte terminator was wat getoets is

ek het vanmiddag met 'n dokter gepraat wat klanktoetse doen vir die goedgekeurde inspeksie-owerheid vir geraasmeting oor die toetse wat gedoen is
na sy verduideliking oor die klanktoetse en die apparaat wat gebruik word is dit vir my duidelik dat die toetse wat hier gedoen is eintlik 'n grap is
ek het ook met hom gereel dat hy die regte klanktoetse hier in bloemfontein kom doen en dit dan vir ons op die forum plaas. julle is welkom om my te kontak vir reelings oor die toetse
daar sal van 'n 223 tot 'n 375 getoets word, my dempers se toetse sal op my webblad geplaas word (webblad sal binnekort in werking wees)
hoekom al die kalibers - die manne wat dempers ingestuur het was nie baie eerlik nie, daar is van daai dempers wat baie groter is as die algemene dempers wat hulle vir groter kalibers gebruik
ek kry elke week ten minste 5-7 bestellings van skuts wat van die dempers het wat getoets is op die forum, wat die naweek langs 'n ander skut geskiet het wat 'n terminator gebruik en wat die verskil in klank hoor en dan sommer dieselfde middag of die maandag dan 'n terminator bestel
jy moet nominate vir watse kaliber jou demper is
ek kon ook my grootste demper ingestuur het en vir almal vertel het dit is 'n 204 demper

Wouter, jy het gevra wat fout gegaan het, hulle het 'n ou demper getoets
ek gebruik naatlose pyp op die nuwe dempers, die binnekant is so bietjie verander en ook nuwe powdercoat
die demper is sagter en ook sterker as die ou reeks ongelukkig ook duurder - R1400

nou ietsie vir die manne wat so oor die gewig kerm, 'n effektiewe demper het ongelukkig 'n prys - gewig en groote
my dempers is swaarder en groter as van die ander fabrikate, maar om die perfekte balans op jou geweer te kry moet die demper meer as 600 gram weeg, die swaarder demper sal ook meer terugskop absorbeer
alluminium dempers is baie lekker en lig maar oor die langtermyn hou hulle nie, ek het terminators by my wat tussen 4500 en 16000 skote deur het, die 16000 een is amper heeltemal toe van die aanpaksels
die kleiner dempers wat die skuts so op die groter gewere sit sal ook baie vinniger aanpak aan die binnekant as die groter dempers.

daar is nou 'n magdom manne wat dempers bou - amper elke ou wat 'n draaibank het bou dempers
lede wat op mdie forum en ander forums gebruik, kyk die manne se trackrecords, hoe lank bou hy al dempers, wat weet hy van die skiet-game, laat hy die goed bou of bou hy self, wat se waarborg het jy ens
ek bou al 10 jaar dempers en die meeste skuts/jagters het al van terminator dempers gehoor en op die forums daarvan gelees, ek het al male sonder tal dempers vir manne vervang wat nie eers my produk se skuld was nie, net omdat my naam vir my so belangrik is

op die foto van die dempers wat getoets is is daar 'n silent hunter langs myne, ek wil net graag weet hoekom lyk hulle al meer soos terminators?
dis makliker om 'n ding te na-aap as om 'n nuwe vorm uit te dink
die mense kom vertel my ook hoe kraak jy my produk af daar buite, ek het dit mos nie met jou produk gedoen nie
ek se weer ek bou dempers en nie trompette nie
kyk of al die manne wat nou so dempers bou nog oor 2 jaar hier gaan wees

mense wat belangstel in die regte klanktoetse deur geakrediteurde onafhanklike mense kontak my gerus
die toetse sal voor einde september plaasvind

groetnis
clarence

More Clarence

my demper doen die swakste

Het jy Arnold se tabel gesien?
https://dl.dropboxusercontent.com/u/37019857/Geweer%20fotos/Supressor.jpg

1. hoekom het niemand my gekontak om ook 'n demper vir die toetse te stuur nie

Die onderskeie vervaardigers het my uit hulle eie gekontak.

2. wat se apparaat is gebruik om die toetse mee te doen

Hy het so gelyk. Ek ken nie die tipe goed nie.
http://www.acquris.se/images/tes_52a_sound_level_meter.jpg

3. waar is die apparaat geplaas tydens die toetse - langs die skut se oor, langs die geweer, voor die geweer ens

Toetsprosedure is hier genoem: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 75#p414711

4. is daar 'n bevoegde persoon gebruik om die toetse te doen

Nee. Net 'n jakkalsjagter/ hidraulic spesialis en 'n bok oester.
Dit was nooit die doel om 'n wetenskaplike/laboratorium toets te doen nie. Dis waarvoor die WNNR se dienste is.

5. wat was die db wat by elke demper gemeet is

Katefbessie sal dit moet plaas. Hy het alle datacapturing gedoen

6. het julle spesefiek gevra vir 204 dempers

Ja. So ook enige demper. Die grootste, swaarste dempers was ook welkom. Elke klient kan mos besluit wat hy soek. Groot, swaar en stil. of lig, klein en dalk minder stil.

geno het 'n terminator demper gebruik wat ek meer as drie jaar terug vir hom gemaak het

Vandag, presies 2 jaar terug

volgens hom was daar op daai stadium niks wat sagter was as daai terminator nie

Korrek. Jou dempers is en was nog altyd stil. Dis hoekom ek 4 van hulle besit nl. .22, .204, .25-06 en .308

daar is sekerlik al 'n paar duisend skote deur die demper en is die demper al redelik gepak aan die binnekant met carbon en koper.

Iewers tussen 800 en 1100 skote deur die spesifieke demper. Helfde daarvan met 28.2gr S335 en ander helfde met 26.2gr S335.

het hy vir die forum lede vertel dat dit 'n ou gebruikte terminator was wat getoets is
Ek het ja. Hier: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 00#p414745
Geno wrote:
junglejulian wrote:
@ Geno
Was al die silincers nuwes gewees of was daar van hul wat reeds op bestaande gewere gebruik was?
ek kan nie glo die Terminator het so uit die bus geval nie...

Die Terminator het so 1000 rondtes op my .204 gedoen vooraf.
Die Aimzonic so 500 rontes.
Die Silent Hunter is Pierre se .243 demper

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Stilste silencer

Post by JACQUES BOTHA »

Manne nou moet ons rustig raak
Hierdie toetse is nie gedoen om swakste en beste ind ei mark te bewys of iemand af te kraak of op te bou nie.
Dis slegs hulle mening in hulle tyd en hulle kriterea.
Jy kan dit lees en gebruik of dit los.
Hou by jou keuse , dis n absolute vry mark.
Almal kan siliver bou as hy wil.
Musgrave het al toentertyd silincers nou wel wimblikke gebou maar hulle het dit gedoen.
So kopiereg is seker nie hier issue nie .
Dan kies jou kriterea en koop by wie jy wil, dis jou keuse.
Ek het hunt buddy gekry om te toets ja gratis Baie dankie henk en is baie tervede met hom hy doen presies wat hy moet vir my.
My vraag is net altyd hoe kan iemand n betroubare produk en wat net so goed werk vir my teen R650 of kom ons se R850 in die mark sit en die gemiddelde prys is R1600 geskat.
Henk het een ding baie goed gedoen en na die gebruikers begin luister wat ander nie sommer doen nie. Die een van met gaatjies voorin wat Marc gebruik het my ook beiindruk as nuwe tegniek om hitte ontslae te raak. Savage arms wat die musscle brake in die silincer sit het ook na die mark geluister en aangepas .
Ek het een keer gelees willem immelman het geskryf hy wil net van nou af lekker skiet en nie in argumente oor kalibers en scopes betrokke raak nie (of so iets)
Nou ja manne ons kan hieruit leer sonder om af te kraak soos geno en ge hier gedoen het net hulle mening gelig
Lees dit en geniet dit en hou by wat vir jou werk.
Dis amper soos om met n 308 met 180 grein punte te le langs n ou met n 6mm extra turbo very fast intercool met 88 grein super hv bc en na n ghong te skiet op 300 en dan vir die ou met die 6mm te vra hoeveel het jy op of af gemik en hy se nee ek het dood senter gevat en dan dieselfde te doen met die 308 (albei gezero op 100meter vir argument) .
Doen jou eie ding en gebruik wat jy wil en koop die een waarvan jy hou.
Groete
I rest my case en gaan ook nie weer hier lees of skryf oor silincers nie.
My keuse : 1.werk hy vir my 2. wat kos hy
Jacques
Burger
Full Member
Full Member
Posts: 181
Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm

Re: Stilste silencer

Post by Burger »

Ek moet se ek is aangenaam verras oor die uitslae. Die groot name van knaldempers is behoorlik ore aangesit deur Henk se produk. Volgens die uitslae is Henk se produk wat gewig, lengte en doeltreffendheid aan betref baie geballenseerd.

Baie geluk Henk met die uitslag wat jy behaal het. Baie geluk ook aan almal wat deel geneem het. Daar is n paar knaldempers wat regtig baie mooi afgewerk is. Warren baie geluk met jou produk ( Warrior dun) wat n algehele eerste plek verwerf het. Volgens die foto is jou produk sekerlik vir my ook die mooiste afgewerk.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Stilste silencer

Post by BRNO (Pierre) »

Burger wrote:Ek moet se ek is aangenaam verras oor die uitslae. Die groot name van knaldempers is behoorlik ore aangesit deur Henk se produk. Volgens die uitslae is Henk se produk wat gewig, lengte en doeltreffendheid aan betref baie geballenseerd.

Baie geluk Henk met die uitslag wat jy behaal het. Baie geluk ook aan almal wat deel geneem het. Daar is n paar knaldempers wat regtig baie mooi afgewerk is. Warren baie geluk met jou produk ( Warrior dun) wat n algehele eerste plek verwerf het. Volgens die foto is jou produk sekerlik vir my ook die mooiste afgewerk.
Burger, ek moet hier by jou aansluit. Die Warrior is baie mooi afgewerk. Die groewe wat lyk soos die binnekant van n loop gee n lekker gevoel daaraan.
Veiligheid eerste manne!
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Stilste silencer

Post by Silent Hunting »

BRNO (Pierre) wrote:

Ja, julle is reg. Soos die engelse sou se: Thing of beauty.

Is oortuig sy afwerking alleen verkoop baie van sy dempers. Ekself is so impulsiewe koper en dit sou/ sal my maklik swaai om so iets te koop as ek dit in 'n winkel sien.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
SinWolf
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am

Re: Stilste silencer

Post by SinWolf »

Henk.... So maak net jou silencer mooier... Dan het jy nou "The best of both worlds" :) :) :) :)
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Stilste silencer

Post by BLOK »

Twee goet van my kant af.

1, Op die totale vergelyking tussen al die silencers reken ek Terminator en die Aimzonic redelik goed met mekaar vergelyk, al verskil is een kos R3500 die ander R1250.

2, Dan ek dink dit is onmoontlik vir die silencer van henk om n copy te wees van n Terminator, die uitslae is net te ver van mekaar om dit te staaf.

Ek is en was nog altyd en is nogsteeds n Teminator van, maar om die manne so aan te vat dink ek is die verkeerde skuif. Ek sou eerder die toets uitslae gebruik het soos die res van die vervaardigers seker ook sal doen en dit gebruik en kuik waar kan ek verbeter.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Burger
Full Member
Full Member
Posts: 181
Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm

Re: Stilste silencer

Post by Burger »

Het ek dit reg as ek se volgens die tabel is die OFS Ultimate die stilste knaldemper, as mens nou kyk net na geraas?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Stilste silencer

Post by Arnold »

Dit sal interessant wees om te sien hoe die resultate skaleer met dieselfde silencers maar bv. op 'n 243 en dan 'n 300 WM

Geno, is jou 25-06 se loop nie al uitgeskiet nie ... dan kan jy mos nou lekker toets met hom >:D
Laat elke vervaardiger R100 saam met sy silencer stuur om jou ammo koste te dek ;)
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Stilste silencer

Post by Silent Hunting »

Al wat ek weet, is dat Roberto 'n moerse gewilde topic begin het.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Stilste silencer

Post by Willie »

Clarence ek stel voor jy begin 'n nuwe draad. Skenk 'n KD aan 'n lid wat bereid is om 'n vergelykende toets te doen soos die manne met die ander hier bo gedoen het. Dan kan jou beste produk ook mos met die ander vervaardigers vergelyk word ++>: ???
Post Reply