Page 20 of 30

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 12:58 pm
by Hilux01
Robbie

Trek my naam asb :laugh:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 1:02 pm
by ROBBIE1
:laugh: , Henk ek gaan ook maar net kyk jong, nie self trek nie, sorry . . . . >:D

Sal nog steeds laaik om daai ribbok jaggie by Cassie te kan wen, of die bergskaap, iets wat ek nog nooit geskiet het nie. Hou maar die duime vas manne, ek dink almal se senuwese is gadaaaaaaaaaaan en die opwinding is hoog!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 1:08 pm
by THOMAST
Wanneer word die fondse aan die kinderhuis/Loerie trustees oorbetaal ?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 1:10 pm
by ROBBIE1
Jaco sal daar beter kan inligting gee, ek weet net daar is van hulle direkteure vandag teenwoordig.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:05 pm
by FHM
Middagse manne,
ek het diekant van die draad al amper vergeet van die funksie !!! :):

Hel dis n beduidenswaardige bedraggie wat ons bymekaar kon maak vir die 'huis' - ek voel regtig geraak en trots om deel te wees hiervan!

Laat my asb toe om vir elkeen wat aktief deelgeneem het hierso n persoonlike "dankie" en "you are the man" toe te wens!
Want jy is ou vrind !

Mag elkeen van julle manne die beste Jaareinde / Kersfees ooit he met julle en julle s'n, en mag ons volg jaar met die Oubaas se genade bou, op n 'Jakkalswerf' wat net beter en beter sal word.

Dalk ook weer soortgelyke mede-deelsaamheid en onvoorwaardelik gee, vir die bloedjies wat weens omstandighede nie het nie.

Geseend is julle manne en maninne! :)

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:29 pm
by Stefan764
Die trekking is aan die gang, eerste kaartjie is getrek! Duim vashou manne!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:33 pm
by Stefan764
https://dl.dropboxusercontent.com/u/55333818/trekking.JPG

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:37 pm
by cassie_calvinia
hou ons op hoogte stefan

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:37 pm
by Stefan764
https://dl.dropboxusercontent.com/u/55333818/photo.JPG

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 4:00 pm
by FHM
Dankie Stefan, sjoe - lyk of die omies en anties oppi-plek-rus kan staan daarso! :)
Pragtige huis daar-binne-daai!

Se gou dat almal kan weet - waar en by wie word die trekking gedoen?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 4:02 pm
by Piet Pille
Aargh.... ek kry daai bokkoors gevoel hier in die pit van my maag!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 4:21 pm
by Jeagermeister
FHM wrote:Dankie Stefan, sjoe - lyk of die omies en anties oppi-plek-rus kan staan daarso! :)
Pragtige huis daar-binne-daai!

Se gou dat almal kan weet - waar en by wie word die trekking gedoen?
Dis binne S&O Pretoria Tak se winkel die trekking...

Duime vas Manne!

En Baie dankie Jaco Jakkalsgat vir die voor vat!! "n Bells vir jou

JM

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 5:08 pm
by Stefan764
Jeagermeister wrote:
Dis binne S&O Pretoria Tak se winkel die trekking...

En Baie dankie Jaco Jakkalsgat vir die voor vat!! "n Bells vir jou
Korrek, dankie Joe. Dis my kantoor se uitkyk daardie hehe.

Joe, ek maak seker Jaco kry vanaand n dubbel Bells, vars agter die Cruiser se siet uit! Die manne het waaragtag mooi gemaak. So proffesionele gedoente het ek lanklaas aanskou.

Die trekking is afgehandel, sover ek verstaan word alle uitslae op die vroegste more bekend gemaak. Die manne keer eers more huiswaarts na vanaand se ribbetjie aaagh ek bedoel ietsie braai so gee maar net so bietjie "gap"...

As ek net een dingetjie kan byvoeg, dit was vir my n moerske voorreg om daai oom en tannie van Loerie Kinderhuis se gesigte te sien toe Jaco daai tamaai tjek daar uitpluk.... WELL DONE JARACAL FORUM MANNE!!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 5:34 pm
by Piet Pille
Knap gedaan aan julle manne wat betrokke was.. Julle verdien daai "rum-en-rib" vanaand!

Stefan - gelukkig kan daai Cruiser se "siet" darem 'n mooi draggie vooraad akkomodeer.... met 'n Land Rover sou julle met 'n "nippie" moes tevrede wees! ;D

Vannand gaan 'n lang aand wees vir die Jaracallers wat moet wag vir more oggend en ek dink ook vir al die Loeries wat vir Kersvader 'n briefie gestuur het!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 6:35 pm
by Beretta
Manne
Ek was gelukig om genooi te wees na die trekking. Dit is waar wat Stefan se dit was n mooi gesig om die oom en tannies se gesigte te sien. Aan almal wat gegee het sonder twyfel dankie. Ja julle moet maar wag vir jou naam om te hoor wie gaan lekker jag volgende jaar ;)
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:12 pm
by douw
Hallo ouens

Ek was ook by met die trekking. Jaco, Jean en Eugene het alles baie vlot laat verloop. Dankie weereens aan julle 3 vir al die moeite en tyd. Dankie ook dat ek kon deel in die oorhandiging. Ek moet sê, ek het 'n knop in die keel gehad toe Jaco daai massiewe tjek aan hulle oorhandig. Die een tannie van die kinderhuis was sommer baie bly omdat daar paar rand gaan wees om die meisies se badkamers reg te maak. Glo baie gehawend en die geyser ook stukkend.

Baie dankie ook aan Stefan en kie. Dit bly maar 'n lekker winkel om in te kuier en rond te stap. Baie dankie ook vir die lekker koffie!

Om so bietjie die aap uit die mou te laat met die trekkings, dink ek kan ek noem, dat hier iemand is wat dalk heel verras gaan wees met 'n jag prys. Iemand wat redelik laat eers kaartjies gekoop het.

Weereens baie dankie aan almal wat bygedra het, en gereel het.

Groete en lekker aand
Douw

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:50 pm
by Marc
Douw

Snaaks hoe mens ook heeltyd met n prentjie in jou Kop rondloop van weesies wat by n kersboom staan met bokse en bokse vol geskenke om oop te maak, of dalk selfs n braai iewers by n oord waar hulle heel dag kan super tube, swem en lag. Min wetend dat die vooreg om net elke aand in n skoon warm bad of stort te mag klim die grootste geskenk ooit is.

My bydrae was maar klein, BAIE dankie aan die manne wat diep in hulle sakke gevat het om die kinders weer hoop en moed te gee vir die nuwe jaar wat voorle

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 7:20 am
by Hilux01
Mnre dis great om te sien
Dis lekker om deel te wees van n forum wat so n verskil maak

Ek hoop daar is nog fotos om te deel
Hopelike kom daai uitslae...dan kan almal se hol kol op die maag verby gaan :laugh:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 7:34 am
by Geno
Manne,
Van my kant af wil ek ook net sê:

WELL DONE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/20131218_155226.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/20131218_155409.jpg


Die Loerie trustees se gesigte spreek boekdele.

Trotse Jaracal groete,
Eugene

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 7:39 am
by Smitstertjies
Ek is vanoggend n trotse Jaracal lid. Wel gedaan Jaco en Span en elke man wat hierdie saak ondersteun het.

++>: ++>: ++>: ++>: ++>: ++>: ++>: ++>: ++>:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 7:43 am
by Alwyn
So baie het dit al gese... Maar ek gan maar weer!!

Dankie an Jaco en sy span so ook an almal wat by gedra het!!!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 7:58 am
by Martin82
That lady on the rights face says it all, I don't think she was expecting that. I wonder what the vegetarians donated to charity this year. Well Done Guys!!!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 8:18 am
by cassie_calvinia
enige idee hoe laat die gelukkige manne gaan weet?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 8:37 am
by Martin82
cassie_calvinia wrote:enige idee hoe laat die gelukkige manne gaan weet?
Ya im itching to know

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 8:41 am
by ROBBIE1
Martin82 wrote:That lady on the rights face says it all, I don't think she was expecting that. I wonder what the vegetarians donated to charity this year. Well Done Guys!!!!
Dit is die huismoeder, al 3 was totaal uit die veld geslaan, maar sy was sommer in trane!!

Dit was n voreg om dit by te woon, dankie Jaco, Eugene en Jean vir al julle moeite en dat julle van Klerksdorp en Bloem af gery het om dit te kom hanteer. Julle is ysters hoor!!